DIE HERE IS NIE MEER IN DIE GRAF NIE
Sermon • Submitted
0 ratings
· 17 viewsNotes
Transcript
Johannes (Afrikaanse Ou Vertaling)
9 Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie.
Jesus staan op en verskyn aan sy volgelinge
1Daardie Sondagmôre was die son nog nie eens op nie, toe was Maria Magdalena al by die graf. Sy het dadelik gesien dat iemand die groot klip voor die ingang van die graf weggerol het.
2Toe sy dit agterkom, vlieg sy om en hardloop na Simon Petrus en die ander dissipel toe (dit was die een van wie Jesus baie gehou het). “Die Here is nie meer in die graf nie. Hy’s weg!” hyg sy. “Ek weet nie waarheen hulle Hom gevat het nie.”
3Petrus storm toe saam met die ander dissipel uit die huis uit. Hulle sit dadelik af graf toe.
4Die ander dissipel het vir Petrus weggehardloop en eerste by die graf gekom.
5Hy steek toe by die ingang vas en loer by die graf in. Net die linne het daar eenkant gelê.
6Toe Petrus daar aankom, bars hy sommer by die graf in. Hy het ook net die linne daar sien lê.
7Die spesiale lap wat hulle op Jesus se gesig gesit het, het nie by die ander linne gelê nie. Dit het eenkant alleen gelê, mooi opgevou.
8Die ander dissipel, wat eerste daar was, het nou ook sy moed bymekaargeskraap en in die graf ingegaan. Daar het hy al die linne sien lê. Dit het hom oortuig dat Jesus regtig is wie Hy gesê het Hy is.
9Tot in daardie stadium het hulle nog nie verstaan wat die Skrif daarmee bedoel dat Jesus moes sterf en weer uit die dood moes opstaan nie.
10Daarna is die twee daar weg, elkeen na sy eie huis toe.
Daar word aanvaar dat met die ”Skrif”, die Ou testament bedoel word.
Lukas 24:13–28 (Afrikaanse Ou Vertaling)
13 EN twee van hulle was dieselfde dag op pad na ’n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.
14 En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.
15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.
16 Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.
17 En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle be-droef?
18 En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen ’n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?
19 En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat ’n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk;
20 en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het.
21 En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.
25 En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!
26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?
27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
Lukas 24:31–32 (Afrikaanse Ou Vertaling)
31 Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.
32 En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?
1. DIE DAWID TEKS.
Psalm 16:5–11 (Die Lewende Bybel)
5 Here, U is my erfenis en U red my U is die deel wat ek vir altyd gekry het.
6 Die dinge wat U vir my uitdeel is wonderlik, dis ’n pragtige erfenis!
7 Ek prys die Here, want Hy wys my wat om te doen, en selfs in die nag praat Hy met my in my binneste.
8 Ek dink gedurig aan die Here en omdat Hy so naby aan my is, sal ek altyd vastigheid hê.
9 Daarom is ek vol vreugde en blydskap en is ek seker dat ek veilig is.
10 U sal my nie aan die dood se mag oorgee nie, en nie toelaat dat u getroue dienskneg in die graf vergaan nie.
11 U het my gewys wat die werklike lewe is, want die volle vreugde is net by U, en u beskerming sal altyd iets wonderliks bly
2. PETRUS SE TEKS
Handelinge 2:25–32 (Die Lewende Bybel)
Petrus haal in vers 25 tot 28 Psalm 16 aan en sê dan:
29 “Broers, dit is tog duidelik dat ons voorvader Dawid dood is en ook begrawe is—ons weet vandag nog waar sy graf is.
30 Maar hy was ’n profeet en hy het geweet God het ’n eed gesweer dat iemand uit sy nageslag op sy troon sou sit.
31 Daarom het hy in die toekoms gesien hoedat die Redder uit die dood sou lewendig word sodat Hy nie gebly het by die wat dood is nie en ook nie in die graf vergaan het nie.
32 Hierdie Redder is Jesus wat deur God weer lewendig gemaak is, en ons kan almal bevestig dat dit so is.
3. PAULUS SE TEKS
Handelinge13:32–38 (Die Lewende Bybel)
32 “Daarom bring ons twee vandag ook vir julle hierdie Goeie Nuus. God het die beloftes aan ons voorvaders gemaak,
33 maar ons wat hulle nageslag is, sien nou hoedat God die beloftes laat uitkom, want Hy het Jesus weer lewendig gemaak. Dit is soos dit in die tweede Psalm staan:
‘Jy is my Seun. Vandag het Ek verklaar dat Jy my Seun is.’
34 “Noudat God sy Seun weer lewendig gemaak het, kan Hy nooit weer sterf nie. God het dit bevestig toe Hy gesê het: ‘Die heilige beloftes wat Ek aan Dawid gemaak het, is absoluut betroubaar. Ek sal vir julle doen wat Ek gesê het.’
35 Op ’n ander plek het God weer gesê: ‘U sal u kneg wat aan U toegewy is nie aan die dood oorlaat nie.’
36 “Hierdie woorde verwys nie na Dawid nie. Dawid het God gedien, en solank hy op aarde geleef het, het hy gedoen wat God wou hê. Daarna is hy dood en is hy by sy voorvaders begrawe, en sy liggaam het tot niet gegaan.
37 Maar die dood kon Jesus geen skade aanrig nie want God het Hom uit die dood lewendig gemaak.
38 Broers, julle moet die boodskap wat ons nou vir julle bring, goed verstaan. God kan julle sondes vergewe op grond van wat Jesus Christus vir julle gedoen het. Deur die wet van Moses kon julle saak by God nooit regkom nie. Maar as iemand op Jesus Christus vertrou, neem God sy skuld weg.
Dit Is Dan Die Implikasie Van Paasfees Vir Jou En My.
i. Jesus het uit die dood opgestaan sodat ons sondes vergewe kan word, dat ons weer innerlik rein kan voel (is. 1:18).
ii. Wanneer ons na die Opgestane Here kom in bekering en geloof, vergewe hy ons sonde, spoel ons harte uit en maak ons nuut.
iii. Dit was Dawid se boodskap.
iv. Dit was Christus se boodskap.
v. Dit was Petrus se boodskap.
vi. Dit was Paulus se boodskap.
vii. En vandag, na al die jare, is dit ons boodskap.
viii. Sal jy dit ontvang?[1]
[1] Morgan, R.J., 2002. Nelson’s Annual Preacher’s Sourcebook 2003 Edition., Nashville: Thomas Nelson Publishers.