HULLE HET DIE HERE AANGEROEP IN HUL BENOUDHEID
Sermon • Submitted
0 ratings
· 7 viewsNotes
Transcript
Psalm 107:28–29 (Afrikaanse Ou Vertaling)
28 Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.
29 Hy het die storm ’n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.
Trust
Trust in yourself and you are doomed to disappointment.
Trust in your friends and they will die and leave you.
Trust in money and you may have it taken away from you.
Trust in reputation and some slanderous tongues will blast it.
But trust in God and you are never to be confounded in time or in eternity.
Dwight L. Moody[1]
Die mens, ’n skipbreukeling—God, ons Skeepskaptein
Die storm op see word so lewendig beskryf in verse 23–27 dat ’n mens byna seesiek word by die lees daarvan. Dit het selfs die bemanning se mae laat draai soos ons wel in die derde been van vers 26 kan agterkom (eie vertaling):
“Hulle het in die lug in opgeskiet
en in die diep waters neergeplons—
hulle het in die storm naar geword.”
Toe hulle ervaring en vernuf (letterlik: hulle wysheid) hulle nie uit die moeilikheid kon help nie (v 27), moes hierdie geharde matrose se gevloek plek maak vir die refreingebed wat alle mense in nood sover moes bid (v 28). Ook hulle is verhoor en was verheug oor die kalmte wat hulle in staat gestel het om hulle bestemde hawe te bereik. Ná die gewone lofrefrein (v 31) moet hulle hulle gelofte nakom. Matrose getuig in die erediens voor die hele gemeente en voor die ouderlinge hoe Jahwe hulle van skipbreuk gered het! (v 32).[2]
Psalm 107:30–32 (Die Lewende Bybel)
30 Hulle was bly toe dit weer rustig word en Hy hulle by hulle bestemming aanbring.
31 Laat hulle die Here loof vir sy getroue liefde en vir die wonders wat Hy vir hulle gedoen het.
32 Laat hulle Hom eer voor die volk en Hom prys as die leiers bymekaarkom.
Gebed. Here, Onse God. Gaan saam met ons op die reis van ons lewens,
help ons om troos te vind vir ons hartseer,
vrede vir ons vrese, dapperheid om in geloof te wandel.
Here, help ons om u te vertrou met ons hele lewe,
dat ons deur u genade heel en gesond kan wees na liggaam, siel en gees.
Dit vra ons in Jesus se naam.
Amen
[1] Water, M., 2001. Bible Promises made easy, Alresford, Hampshire: John Hunt Publishers Ltd.
[2] Burden, J.J., 1991. Psalms 101–119, Kaapstad: N G Kerk-Uitgewers.