JULLE MOET STERK WEES
Sermon • Submitted
0 ratings
· 13 viewsNotes
Transcript
Efesiërs 6:10 (Die Lewende Bybel)
10 Daar is nog net een “ding wat ek vir julle wil sê. Julle moet sterk wees, maar die krag kom van die Here want al die mag behoort aan Hom.
Ephesians 6:10 (NRSV)
10 Finally, be strong in the Lord and in the strength of his power.
Illustrasie
Pa en seun by boksgeveg.
“will it help him? Yes son, only if he can punch!”
“The cardinal reality presented in the book of Ephesians is that, as believers, we are in Christ and are one with Him. His life is our life, His power our power, His truth our truth, His way our way, and, as Paul goes on to say here, His strength is our strength[1]”
1. Julle moet sterk wees, Jy moet sterk wees soos iemand wat aanhoudend besig is om sterkte soos ‘n kleed aan te trek. Mense wat slim is sal altyd die nodige voorsorg tref vir moeilike tye wat kan kom. Die gesondheid industrie beloop miljarde omdat mense belê in persoonlike gesondheid. Ons teks begin deur vir ons te sê dat jy energie daarin moet belê om aanhoudend sterker te word.
2. Maar die krag kom van die Here. Relatiewe of gemanifesteerde krag. Hierdie krag kom in jou eenheid met Jesus Christus en die werking van die Heilige Gees in jou lewe. Pinkster mense werk nie met teorieë nie maar met ervaring en belewenis. Dit is nie net bloot na ‘n sterk geloof wat hier na verwys word nie. Dit is die innerlike krag van God.
3. Want al die mag behoort aan Hom. Mag is krag wat jy van buite ontvang. Dit is God wat in jou werk. “one may sometimes say “become strong … by receiving some of the Lord’s great strength” or “… by letting him make you strong”[2]”
Gingrich, R.E. sê die volgende:
The implications of the command—
· We as Christians dare not be weak and we need not be weak.
· A confession of weakness is a confession of disobedience to God.
· We can be strong, continuously strong (durative tense), not in ourselves, but in our connection with the Lord and His strength.
General Short and Admiral Kimmel need not have been weak at Pearl harbor in 1941. They foolishly failed to use the power of the U. S. Air Force and the power of the U. S. Navy which were at their command.
· We Christians often sinfully fail to use the power of God which is at our command.
· Our present verse commands us to use this divine power in our struggle without enemies and thus win the victory and glorify God’s name.[3]
In Efesiërs 1:18-21 (Die Boodskap) vertel Paulus vir ons van hierdie krag.
18Ek bid verder dat God julle geestelike oë sal oopmaak sodat julle sal kan besef wat julle van Hom kan verwag noudat Hy julle na Hom toe geroep het. God gaan vir julle, as sy spesiale kinders, gee wat Syne is. Hy gaan julle skatryk maak.
19-21Verder bid ek ook dat julle sal agterkom dat die krag van God wat in ons werk sterker as enigiets anders is. Ons het gesien hoe geweldig daardie krag regtig is toe God Jesus uit die dood laat opstaan en vir Hom die belangrikste plek in die hemel gegee het. Daardie selfde krag werk ook in ons as Christene. Nou regeer Jesus natuurlik oor al wat mag of regeerder of koning is. Niemand, ek herhaal, niemand en niks sal ooit belangriker of sterker as Jesus kan wees nie; nie nou nie en ook nie in die toekoms nie.
Gebed. Here, onse God.
Maak ons geestelike oë oop sodat ons kan besef wat ons van u kan verwag noudat ons u kinders is. U gee aan ons wat aan U behoort
U krag wat in ons is, is groter as enige ander krag. U het dit bewys toe Jesus uit die dood opgestaan het. Dit is hierdie opstandings krag wat vandag in my lewe sal werk. Jesus regeer oor alles. Elke mag, krag of siekte of selfs die Corona virus. Niks is belangriker vandag as Jesus Christus nie en daaro verheerlik en Hom in hierdie dag met my lewe
Amen.
[1] MacArthur, J.F., Jr., 1986. Ephesians, Chicago: Moody Press.
[2] Bratcher, R.G. & Nida, E.A., 1993. A handbook on Paul’s letter to the Ephesians, New York: United Bible Societies.
[3] Gingrich, R.E., 1997. The Book of Ephesians, Memphis, TN: Riverside Printing.