GEE ONS VANDAG

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 13 views
Notes
Transcript
Mattheus 6:9–13 (Afrikaanse Ou Vertaling)
9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Ons almal soek oplossings vir die vrae wat in ons hart broei.
Iets wat die lewe my geleer het is dat met elke antwoord wat jy kry ruk jy meer vrae oop.
Die pendulums swaai tussen vrae en antwoorde. Of ‘n spiraal wat groter word. Oorsaak en gevolg.
Gaan dit oor die antwoorde of die proses in die soeke na oplossings en antwoorde.
Skole voer ons met antwoorde in plaas van om ons te leer navors en oplossings soek. Iemand sê ons prys ons kinders te veel vir die suksesse wat hulle behaal.
Vra elk dag vir jou kind “in wat het jy vandag gefaal en misluk?” Vra dan vir hom om ‘n lys op te stel van dit wat hy anders kon gedoen het om mislukking te vermy. Laat hom toe om oplossings te vind.
Luister na die talle vrae wat ons tans ondervind met die Corona virus. Almal soek net antwoorde.
Ek gaan twee illustrasies met u deel.
1. ILLUSTRASIE 1
Potchefstroom Gimnasium. 1968 Matriek wiskunde vraestel. Dit was ‘n proef skool. Onderwysers het self vraestelle opgestel. Interne eksamen.
Al die antwoorde wat gegee was, was verkeerd. Misleidend. Hulle het nie die antwoorde gesoek nie. Hulle wou weet of jy die metode of proses om by die antwoord uit te kom verstaan en kon gebruik.
2. ILLUSTRASIE 2
Genesis 37:5–11 (Die Lewende Bybel)
5 Een nag het Josef ’n droom gehad, maar toe hy sy broers vertel wat hy gedroom het, het hulle hom begin haat.
6 “Luister ’n bietjie wat ek gedroom het,” sê hy.
7 “Ek het gedroom ons was saam op die koringland besig om gerwe te bind toe die gerf wat ek gebind het skielik regop gaan staan, en julle gerwe almal rondom my gerf kom staan en voor hom buig.”
8 Sy broers vra toe vir hom: “Dink jy miskien jy gaan eendag oor ons heers en baasspeel?” Hulle het hom toe nog meer gehaat, nie net oor wat hy van hulle gesê het nie, maar ook oor sy drome.
9 Later het Josef weer ’n keer gedroom en vir sy broers vertel: “Ek het nog ’n droom gehad. In my droom het ek gesien hoe die son en die maan en elf sterre voor my buig.”
10 Hy het hierdie droom nie net vir sy broers nie, maar ook vir sy pa vertel. Maar sy pa het hom berispe en vir hom gesê: “Nee, watse soort droom is dit dié? Moet ek en jou ma en jou broers dan voor jou buig?”
11 Dit het die broers baie jaloers gemaak op Josef, maar sy pa het ernstig daaroor nagedink.
Die slot som of antwoord wat God gee is anders.
Genesis 45:4–8 (Die Lewende Bybel)
4 Toe sê Josef vir hulle: “Kom hier na my toe! “Hulle kom toe nader en hy sê weer: “Dis ek, julle broer Josef. Julle het my destyds verkoop as ’n slaaf en ek is hier na Egipte toe gebring.
5 Maar nou moet julle julle nie ontstel of julleself blameer omdat julle dit gedoen het nie. Eintlik het God my hiernatoe gestuur om mense se lewens te red.
6 Dis nou al twee jaar lank wat daar hongersnood in die wêreld is, maar dit sal nog vyf jaar lank so aanhou, en dit sal nie moontlik wees om te ploeg en te saai of iets te oes nie.
7 God het my vooruit gestuur hiernatoe sodat julle aan die lewe kan bly en ’n groot geslag word.
8 Dit was nie julle wat my hiernatoe gestuur het nie—dit is God wat dit gedoen het. Hy het my die koning se raadgewer gemaak wat seggenskap oor die paleis het en onderkoning van die hele Egipte is.
In sy reis van begin tot end het God hom nooit geantwoord waarom hy die swaarkry moes verduur nie.
Hy moes elke dag net vir daardie dag leef.
Hy het net ‘n droom gehad oor wat God met hom gaan doen.
Onthou jy nog hierdie droom wat God oor jou lewe het?
Hy sal voltooi wat Hy begin het.
Dit gaan nie oor die antwoord nie maar oor die proses of die metode of die beginsels.
Geestelike dissiplines is gewoontes, praktyke, en ervarings wat ontwerp is om jou te ontwikkel, te laat groei, en jou te versterk in sekere kwaliteite van jou gees-om die "spiere" van jou karakter te bou en uit te brei tot die uiterste van jou innerlike lewe.
1. GEESTELIKE DISSIPLINES
1. Gesprek met God. Gebed.
Open the Bible, start reading it, and pause at every verse and turn it into a prayer.
John Piper[1]
2. Gehoorsaamheid aan God se opdragte en Woord.
3. Konformasie tot Christus. “te wees soos Jesus.
4. 'N persoonlike studie van die skrif. Met ‘n daaglikse joernaal.
5. Om die Here te leer ken.
6. Op soek na Christus in alle dinge. Maak Hom die sentrale punt van alles in jou lewe
7. Getroue gee van tiendes en offerandes.
8. Betrokkenheid by ander gelowiges[2]
2. GEBED
Filippense 1:9–11 (Die Lewende Bybel)
9 Ek bid dat julle uit die ondervinding wat julle opdoen, dinge al beter sal verstaan, maar dat julle ook terselfdertyd al meer liefde sal hê.
10 Dit is ook my gebed dat julle reg sal kan besluit oor wat die beste is sodat julle rein kan wees en dat daar nie klagte teen julle sal wees nie, selfs ook as God julle beoordeel op die dag wanneer Christus weer kom.
11 Mag daar in julle lewe baie dinge wees wat bewys dat Jesus Christus julle in staat stel om alles te doen wat God wil hê, want dit sal aan God die eer gee, en mense sal Hom daarvoor prys.
Hebreërs 12:2-3 (Die Boodskap)
2Laat ons maar net die wedloop hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees.
Dink aan sy voorbeeld. Die skande en vernedering van die kruis was nie vir Hom te veel nie. Hy het dit alles verdra omdat Hy geweet het dat daar soveel blydskap daarna vir Hom wag. Kyk nou net, nou sit Hy op die ereplek by God in die hemel.
3Hou Hom gedurig in gedagte. Dink aan alles wat Hy moes deurmaak, ja, aan al die slegte dinge wat die sondige mense aan Hom gedoen het.
As julle sy voorbeeld volg, sal julle nooit moedeloos word en tou opgooi nie.
[1] Whitney, D.S., 2015. Praying the Bible, Wheaton, IL: Crossway.
[2] Stanley, C.F., 1999. Practicing basic spiritual disciplines, Nashville, TN: Thomas Nelson Publishers.
Related Media
See more
Related Sermons
See more