VERGEWE MY HIERDIE ONREG!
Sermon • Submitted
0 ratings
· 11 viewsNotes
Transcript
‘n mens sou nooit kon dink dat Paulus die gemeente om verskoning moet vra dat hy hulle verontreg het nie.
Paulus het die beginsels van God verstaan. As jy oorvloedig wil maai, ontvang, Moet jy die saad insit.
Dink daaraan as ‘n Boer na jou toe kom en sy hy verwag ‘n groot oes die jaar. En jy vra hom hoeveel saad hy gesaai het en hy sê: “Die meeste het ek self opgeëet, die res lê in die stoor vir die maer jare, en ek het niks geplant nie. Ek dink ek weet hoe jy daaroor sal dink.
In ons jare in die platteland het ek gevind dat Boere mense is wat bereid is om die meeste te waag. Hulle insetkoste beloop miljoene. Dan wag hulle op die opbrengs as alles goed gaan. Een ding wat hulle nie kan beheer nie is die natuur. Hulle is afhanklik van God. Hulle waag alles wat hulle het.
In ons huidige toestand in die land kan ons by hierdie ouens gaan leer. Alles of niks.
Paulus het ‘n onreg aan die gemeente gedoen deur nie van hulle te verwag dat hulle God se werk moet ondersteun nie. Hy het geweet dat God nie afwyk van die beginsels wat Hy self ingestel het nie. As die gemeente nie gee nie gaan hulle nie ontvang nie.
As jy geseënd wil bly moenie nalaat om God se geld vir Hom te gee nie Dit is ook die enigste plek in die Bybel waar God jou toestemming gee om Hom te toets.
2 Korintiërs 12:13 (Die Boodskap)
Sê my, het ek julle al ooit afgeskeep? Het ek julle slegter behandel as die ander gemeentes, behalwe dat ek geweier het om julle geld te aanvaar? Vergeef my tog dat ek julle hierdie verskriklike “onreg” aangedoen het.
2 Korintiërs 8:9 (Die Lewende Bybel)
9 Julle weet hoe lief ons Here Jesus Christus ons gehad het. Hy wat al die rykdom van God besit het, het om julle ontwil arm geword. En omdat Hy so arm geword het, kan Hy ons nou ryk maak.
2 Korintiërs 8:12 (Die Lewende Bybel)
12 As julle gewillig is om te gee, verwag God dat julle sal gee wat julle het. Hy verwag nie dat julle sal gee wat julle nie het nie.
Gebed
’n Dankgebed van Dawid
10Dawid het ’n lofprysing aan die Here in teenwoordigheid van die hele vergadering uitgespreek. Sy woorde was: “Geloof sy U, Here, God van ons voorvader Israel, van ewigheid tot ewigheid. 11Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe. 12Van U kom rykdom en eer. U heers oor alles. Mag en krag word deur U geskenk, en dit berus by U om enigiemand groot en sterk te maak. 13En nou loof ons U, ons God, ons prys u glansryke Naam, 14want wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het[1]
Amen.
[1] Anon, 1998. Die Bybel: Nuwe Vertaling, Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.