ONTVANG DIE HEILIGE GEES #2
Sermon • Submitted
0 ratings
· 41 viewsNotes
Transcript
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees…….
Hobbs, H.H., 1990. My favorite illustrations sê die volgende:
Some church members refuse to assume their proper responsibility in church life.
A mother complains because her child has no Sunday School teacher. But she refuses to teach.
Others make demands of the pastor and want expanded church ministries. But these same persons often do not give as they are able to pay for the things they want.
Someone said that the kicking mule is not helping to pull the load.
Complaining, critical church members seldom do their part to make the church thrive.
Their complaints and criticisms are but a smoke screen to cover up their own failures.[1]
WAAROM IS DIE DOOP IN DIE HEILIGE GEES SO BELANGRIK IN ELKE GELOWIGE SE LEWE?
Want Dit Is Die Christen Se Bron Van Krag Vir Lewe En Diens
Handelinge 4:31–33 (Afrikaanse Ou Vertaling)
31 En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
32 EN die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.
33 En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.
1. Krag Om Versoeking Te Oorwin En 'N Heilige Lewe Te Leef
Romeine 1:4 (Afrikaanse Ou Vertaling)
4 en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,
Romeine 8:13 (Afrikaanse Ou Vertaling)
13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
2. Krag Om Meer Effektief Te Bid
Romeine 8:26–28 (Afrikaanse Ou Vertaling)
26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
3. Krag Om Meer Te Meer Effekektief Lief Te Hê
Romeine(Afrikaanse Ou Vertaling)
5 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
4. Krag Om Die Woord Van God Beter Te Verstaan
1 Korintiërs 2:14 (Afrikaanse Ou Vertaling)
14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Johannes 14:26 (Afrikaanse Ou Vertaling)
26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Johannes 16:13 (Afrikaanse Ou Vertaling)
13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
5. Krag Om Meer Effektief Te Preek
Handelinge 4:8 (Afrikaanse Ou Vertaling)
8 Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,
Handelinge 4:31 (Afrikaanse Ou Vertaling)
31 En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
1 Korintiërs 2:4 (Afrikaanse Ou Vertaling)
4 en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,
6. Krag Om Die Werke Van Jesus Te Doen
Johannes 14:12 (Afrikaanse Ou Vertaling)
12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
Johannes 14:16 (Afrikaanse Ou Vertaling)
16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
Johannes 16:7 (Afrikaanse Ou Vertaling)
7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
7. Krag Om Die Stem Van God Duidelik Te Onderskei
Romeine 8:16 (Afrikaanse Ou Vertaling)
16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
8. Krag Tot Aanbidding
Johannes 4:24 (Afrikaanse Ou Vertaling)
24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Gebed:
Ons Hemelse Vader, ons bid dat u ons gebrek aan entoesiasme vergewe.
Ons bid dat U ons moet vergewe vir ons koudheid.
Ons bid dat U ons vergewe dat ons U so min lief het en U so swak te dien.
O God, help ons om onsself te wy aan u en u diens.
Mag die Gees wat oor Gideon en Josua en Elía gekom het, en wat op die dag van Pinkster gekom het, hier op ons kom.
O Gees van die lewende God, val hier op ons, en mag ons harte aan die brand wees vir die seun van God. En mag ons gewillig wees om ons waardigheid en posisie opsy te lê en te staan, en in die wingerd uit te gaan en vir U te werk.
O Gees van God, kom op ons en gee ons krag om vir Christus te werk; krag om die evangelie te verkondig, krag om die storie van die kruis te vertel. Ons vra dit alles in die naam van u geliefde seun. Amen. (vry vertaal)
Dwight L. Moody's[2]
[1] Hobbs, H.H., 1990. My favorite illustrations, Nashville, TN: Broadman Press.
[2] Ritzema, E. ed., 2012. 400 Prayers for Preachers, Bellingham, WA: Lexham Press.
