MAG DIE HERE AAN JULLE GOED DOEN
Sermon • Submitted
0 ratings
· 9 viewsNotes
Transcript
Numeri 6:24–26 (Die Lewende Bybel)
24 Mag die Here julle seën en julle beskerm.
25 Mag die Here vir julle goed wees en julle sy genade gee.
26 Mag die Here aan julle goed doen en julle sy vrede gee.
Kan jy reken op dit wat God sê? Kom ons kyk of ons kan waarneem wat God oor Homself sê.
Ons leer ook iets van God se mense.
Numeri 23:13-26
Bileam praat die tweede keer oor Israel
13Toe sê Balak vir Bileam: “Kom saam met my na ’n ander plek toe waarvandaan jy net ’n deel van die Israeliete kan sien. Van daar af kan jy hulle dan vir my vervloek.”
14Hulle is toe na die vallei van Sophim toe tot op die top van die berg Pisga. Daar het Balak weer sewe altare gebou en ’n bul en ’n ram op elkeen geoffer.
15Toe sê Bileam vir Balak: “Bly jy hier by die brandoffers. Ek gaan so ’n bietjie eenkant toe om te kyk of die Here met my wil praat.”
16God het toe vir hom gesê: “Gaan nou terug na Balak toe en gee vir hom die boodskap van My af.”
17Toe Bileam terugkom, het Balak en die amptenare van Moab nog steeds by die brandoffers gestaan. Balak wou toe by hom weet: “Wat het die Here gesê?”
18Toe antwoord Bileam: “Staan ’n bietjie nader, Balak, seun van Sippor. Luister mooi!
19God is nie ’n mens nie, daarom lieg Hy nie. Hy gaan nooit terug op sy woord nie.
Dink jy God belowe iets en doen dit nie?
Het Hy al ooit iets gesê en nie sy woord gehou nie?
20“God het my beveel om hulle te seën,
om sy goedheid oor hulle af te bid.
Dit kan ek nie verander nie.
21“G’n teëspoed sal Jakob tref nie;
Israel sal nie swaarkry nie,
want die Here hulle God is by hulle.
Hulle is baie opgewonde omdat Hy hulle koning is.
22“God het hulle uit Egipte laat trek
en Hy veg vir hulle
met sy reusekrag
wat g’n gelyke ken nie.
23“Geen towerspreuk kan iets aan Jakob doen nie. Geen waarsêery het enige krag oor Israel nie.
“Van nou af sal die mense oor Israel praat en sê: ‘Kyk wat het God alles vir hulle gedoen!’
24Die volk Israel is soos ’n magtige leeu wat nie gaan lê totdat hy sy prooi verskeur en kant en klaar opgevreet het nie.”
25Toe sê Balak vir Bileam: “As jy dan nie hierdie volk gaan vervloek nie, mag jy hulle ten minste ook nie seën nie.”
26Bileam antwoord: “Ek het mos vir jou gesê ek kan net doen wat die Here my toelaat om te doen.”
GEBED
Die Here sal julle seën en julle oppas.
Die Here sal met deernis na julle kyk en baie goed vir julle wees.
Die Here sal julle gebede beantwoord en vir julle vrede gee.
Die here sal sorg dat dit met julle goed gaan.”
AMEN