MOENIE BANG WORD NIE, VERTROU NET OP JESUS
Sermon • Submitted
0 ratings
· 11 viewsNotes
Transcript
HEBREËRS 10:19-25 Die Boodskap)
19My liewe vriende, ons hoef nou nie meer onseker of bang te wees om na God toe te gaan waar Hy in die Heiligste deel is nie.
Ons kan dit doen omdat Jesus vir ons gesterf het.
20Ons het gesê dat daar tussen die twee kamers in die Heilige plek ’n gordyn gehang het.
Jesus se liggaam kan met dié gordyn vergelyk word.
Die gordyn van Jesus se liggaam is geskeur om so ’n nuwe pad na die lewe saam met God oop te maak.
21Christus is die groot priester wat in beheer is in God se huis.
22Juis daarom kan ons opreg in God se huis ingaan sonder om te twyfel oor dit waarop ons vertrou.
Ons binneste is mos silwerskoon gemaak deur die bloed van Jesus, sodat niks ons meer pla nie,
en ons liggaam is met skoon water gewas.
God breek nooit sy woord nie; op Hom kan ons reken.
23Daarom kan ons sonder enige twyfel vashou aan die beloftes wat God aan ons gemaak het.
24Laat ons gedurig maniere soek om mekaar opgewonde te maak om goeie dinge vir mekaar te doen en lojaal teenoor mekaar te wees.
25Juis daarom moet ons gereeld bymekaarkom en nie sommer wegbly nie, al doen party van julle dit moedswillig.
Laat ons mekaar se hande vat en mekaar daarmee help, veral as ons daaraan dink dat dit nie meer lank is voor die Here weer kom nie.
Gebed. Here onse God
Dankie dat ons deur Jesus Christus U Seun met vrymoedigheid in die allerheiligste kan ingaan om by U te wees. Ons lees in U word en weet deur ervaring dat U betroubaar is end dat ons U beloftes kan glo. U sal doen wat U beloof het. Dankie vir mede gelowiges wat u op my pad gebring het wat my ook help en aanmoedig en dat ek saam met hulle U en aanbid en loof. Gee dat ek ook vir andere tot hulp en aansporing van hulle geloof in U sal wees..
Vrae om biddend te antwoord:
1. Wat weerhou jou daarvan om met vrymoedigheid, in Geloof na God te kan gaan.
2. Hoe kan Jesus hierdie versperring vir jou afbreek.
3. Wie is hierdie persone wat God op jou pad gebring het om jou aan te spoor. Bid vir hulle
4. Wie is die mense wat vir wie jy moet aanspoor en hulp gee. Doen jy dit.
5. Wat is die hindernisse dat God jou nie kan gebruik in Sy diens nie.
6. Wat is nodig om jou ‘n beter hulp te maak vir ander.
7. Jy kan nie met ‘n stomp byl kap nie. Maak jou gereedskap skerp.