MAG JULLE RUSTIG EN VEILIG BY HOM VOEL

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 20 views
Notes
Transcript
Here, onse God.
Help ons om in u te bly soos wat U in ons bly want sonder U kan ons nie vrug dra en wees wat U wil hê dat ons moet wees nie. Sonder u kan ons niks doen nie. Ons wil U woord in ons hart bêre en uitleef want dan weet ons soos die Woord sê sal U vir ons alles gee wat ons vra in die Naam van Jesus Christus.
Laat U blydskap in ons bly sodat ons volkome sal wees. Dat ons mekaar sal liefhê soos wat U ons liefhet. Leef U lewe in en deur ons.
Dankie dat U salwing in ons woon daarsonder kan ons nie u werk aanpak nie Ons het nie nodig dat iemand ons iets leer nie U gees sal leer en lei sodat ons daagliks in oorwinning kan leef.
AMENMAG JULLE RUSTIG EN VEILIG BY HOM VOEL
PETRUS 1:2–3 (AFRIKAAN)
2 Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deur julle kennis van God en van Jesus ons Here!
3 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.
A Christian should be a striking likeness of Jesus Christ.… We should be pictures of Christ.… Oh! My brethren, there is nothing that can so advantage you, nothing can so prosper you, so assist you, so make you walk towards heaven rapidly, so keep your head upwards towards the sky, and your eyes radiant with glory, like the imitation of Jesus Christ.—Charles Spurgeon*[1]
1. In vers 2 is die belangrike konsepte dat jy nie by genade en vrede kan kom sonder ‘n ervarings, belewenis kennis van God en Jesus Christus nie.
This knowledge of the Lord Jesus possessed by the believer therefore,
· is not a mere intellectual knowledge of the facts concerning Him
· acquired by a study of the Gospels, for instance,
· but a heart experience of what and who He is
· gained by such a study
· plus a personal association with Him by means of the Word and the ministry of the Holy Spirit.
· It is a person with Person knowledge through intimate fellowship.[2]
Kolossense 2:10 (Die Lewende Bybel)
10 En julle het reeds alles wat God vir julle wou gee, want julle is aan Christus verbind. Hy is die hoogste gesag wat daar is en Hy het seggenskap oor alles.
Soos ‘n pasgebore baba het jy al die toerusting om net te groei en sterk te word met die nodige voeding.
God herroep nooit ‘n model terug met foutiewe toerusting nie.
God het jou geneties, geestelik gestruktureer om sy heerlikheid en mag te beleef.
2. In vers drie moet ons let op iets belangrik. In die Engelse vertalings staan daar. “According as” is hōs, (ὡς,) “assuming that, seeing that.”[3] Dus “siende dat Sy Goddelike krag on salles geskenk het……”
Die krag wat hier ter sprake is, is die krag wat alle weerstand oorkom, inherente krag, Krag in die persoon wat deel van sy nuwe natuur is, ingebore, wat deur hom uitgeoefen word.
Ons het hierdie krag in die verlede ontvang, volmaak. Ons besit dit nou om te kan werk met geen beperking daarop nie.
(The Message)
2 Grace and peace to you many times over as you deepen in your experience with God and Jesus, our Master.
3 Everything that goes into a life of pleasing God has been miraculously given to us by getting to know, personally and intimately, the One who invited us to God. The best invitation we ever received!
Die Boodskap
God, hulle Vader, weet al lankal dat hulle Syne is, want die Heilige Gees het hulle Syne gemaak. Daarom luister hulle nou na Hom.
Jesus het gesorg dat hulle vir God aanvaarbaar is; daarvoor moes Hy egter sy eie lewe gee.
Mag God vir julle baie goed wees.
Mag julle rustig en veilig by Hom voel, sonder dat enigiets julle pla.
Ons is bly, want God hou sy beloftes
3God, die Vader van Jesus Christus, is darem groot en wonderlik.
Hy self het ons sy kinders gemaak.
’n Mens staan verstom voor sy geweldige goedheid.
God het ons beloof dat wat Syne is, ook ons s’n is.
“hy toon soveel potensiaal en belofte” word daar van baie mense gesê. Dalk was dit ook van jou gesê in verskillende fases van jou lewe. Op skool, Universiteit, in jou loopbaan maar ook in die begin van jou bekering en die pad wat jy met God begin loop het.
Maar die vraag wat gevra word is “Sal hy opleef daarna toe?” Word wat hy bedoel is om te wees? Hoogtepunt in sy lewe bereik?
Wat van jou as jy vandag die somme maak? Alles het by God begin. Jy het sy roeping, sy beloftes, sy krag, sy bystand sy aanmoediging om ‘n sukses te bereik.
Bereik jy wat God wil hè dat jy moet wees?
Here, onse God.
Help ons om in u te bly soos wat U in ons bly want sonder U kan ons nie vrug dra en wees wat U wil hê dat ons moet wees nie. Sonder u kan ons niks doen nie. Ons wil U woord in ons hart bêre en uitleef want dan weet ons soos die Woord sê sal U vir ons alles gee wat ons vra in die Naam van Jesus Christus.
Laat U blydskap in ons bly sodat ons volkome sal wees. Dat ons mekaar sal liefhê soos wat U ons liefhet. Leef U lewe in en deur ons.
Dankie dat U salwing in ons woon daarsonder kan ons nie u werk aanpak nie Ons het nie nodig dat iemand ons iets leer nie U gees sal leer en lei sodat ons daagliks in oorwinning kan leef.
AMEN
* From Spurgeon’s Sermon, Christ’s People—Imitators of Him.
[1] Morgan, R.J., 2000. Nelson’s complete book of stories, illustrations, and quotes electronic ed., Nashville: Thomas Nelson Publishers.
[2] Wuest, K.S., 1997. Wuest’s word studies from the Greek New Testament: for the English reader, Grand Rapids: Eerdmans.
[3] Wuest, K.S., 1997. Wuest’s word studies from the Greek New Testament: for the English reader, Grand Rapids: Eerdmans.
Related Media
See more
Related Sermons
See more