Die Heilige Gees en Jesus

Pinkster 2020  •  Sermon  •  Submitted   •  Presented   •  14:47
0 ratings
· 28 views
Files
Notes
Transcript

Die Heilige Gees in Jesus se lewe.

Die Heilige Gees se betrokkenheid en werking in Jesus se lewe is al in die Ou Testament voorspel.

(Jes. 11:2) en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here.

(Jes. 42:1) DAAR is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ’n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring.

(Jes. 61:1) DIE Gees van die Here Here is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;

Jesus was deur die Heilige Gees ontvang (conceived).

(Luk. 1:35) En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.

Die Heilige Gees het op Jesus gekom nadat Hy gedoop is.

(Mat. 3:16) En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ’n duif neerdaal en op Hom kom.

Jesus was deur die Heilige Gees gelei gewees.

(Mat. 4:1) TOE is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.

(Hand. 1:1-2) DIE eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;

Jesus het deur die krag van die Heilige Gees wonders gedoen.

(Mat. 12:28) Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

(Hand. 10:38) met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

Die Heilige Gees het Jesus uit die dood opgewek.

(Rom 8:11) En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

Ek dink nie daar kan by iemand enige twyfel wees dat Jesus afhanklik was van die Heilige Gees se betrokkenheid in Sy lewe nie. Ons sê dat ons ’n “drie-enige-God” aanbid. Die Bybel self verklaar dat God een is, m.a.w. dat daar ’n nou band en interaksie tussen die Vader, die Seun en die Heilige Gees is (Gen. 1:26) En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis,...

(1 Joh. 5:7) Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

As Jesus, wat God-mens is, so ’n verhouding en “afhanklikheid” van die Heilige Gees gehad het, hoeveel te meer het ons as feilbare mense, nie die Heilige Gees nodig nie.

Het jy wysheid nodig wanneer jy besluite moet maak en jy weet nie wat die regte besluit is nie? Kan jy uit jou eie uit die duiwel weerstaan en nooit kwaad word, nooit die verkeerde goed sê nie, altyd die waarheid praat, nooit sonde doen nie? Het jy vrymoedigheid om vir siekes te bid sodat hulle gesond word? Kan jy wonders doen en weet jy wat die toekoms inhou? Ek dink ons almal weet die antwoord op hierdie vrae is “Nee”, tensy jy die Heilige Gees in jou lewe het en in ’n naby verhouding met Hom leef. En selfs dan, bly die Heilige Gees soewerein God. Dis nie ons wat die Heilige Gees besit nie, dis die Heilige Gees wat ons moet besit.

Net soos wat olie krities belangrik is vir kar se enjin om goed te werk en nie vas te brand nie, net so is die Heilige Gees noodsaaklik in ons lewens.

Ek het gister gesê dat Pinkster nie gaan oor ’n studie van die Heilige Gees as ’n onderwerp nie sodat ons net meer kennis van Hom mag hê nie. Nee, Pinkster gaan oor ons harte wat nader aan God moet groei. Dit moet groei in blydskap, in dankbaarheid, in geloof en in afhanklikheid.

Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar wag op die belofte van die Vader – Handeling 1:4

Related Media
See more
Related Sermons
See more