Waaroor gaan Pinkster? Pinkster gaan nie oor "vreemde tale"nie, dit gaan nie oor "tonge van vuur" nie, dit gaan nie oor 'n "magige rukwind" nie, dit gaan nie eers oor die Heilige Gees nie. Pinkster gaan oor wat die Heilige Gees kom doen het. Die Heilige Gees het Jesus onder die kollig kom plaas.
Pinkster gaan dus oor Jesus, wie Hy is en wat Hy kom doen het.