Geestelike RUS

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 14 views

Om geestelik te rus, is om vrede met God te vind deur Jesus Christus. Hierdie rus word belowe aan almal wat op God vertrou en Hom gehoorsaam.

Notes
Transcript

Die menslike begeerte vir geestelike rus

Lamentations 5:19–22 DIEBYBEL:A19331953
Ú, Here, sit vir ewig, u troon is van geslag tot geslag. Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae? Bekeer ons tot U, Here, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd. Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot?

Geestelike rus is by God alleen

Matthew 11:28–30 DIEBYBEL:A19331953
Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.

God belowe SY Kunders geestelike rus

Hebrews 4:9–11 DIEBYBEL:A19331953
Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.
See also Ps 1:3; Ps 37:7; Ps 116:7; Ps 119:165; Ps 125:1; Ps 131:1–3; Pr 29:25; Is 30:15; Is 32:17–18; Is 58:11; Je 6:16; Je 17:7–8; Jn 14:1; Ro 8:6; 1 Pe 3:

Geestelike rus is nie vir die goddelose nie

Psalm 1:4–5 DIEBYBEL:A19331953
So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.

God se aanbod van rus verwerp deur 'n ongelowige volk

Is 28:12; Je 6:16
Isaiah 28:12 DIEBYBEL:A19331953
Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.
Jeremiah 6:16 DIEBYBEL:A19331953
So spreek die Here: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.
Related Media
See more
Related Sermons
See more