WANEER ‘N ROTS ‘N STRUIKEBLOK WORD
Sermon • Submitted
0 ratings
· 7 viewsNotes
Transcript
1. Wanneer jy in God se pad staan.
2. Wanneer jy die saak van God op vleeslike manier hanteer.
Alles begin eintlik in vers 18-19
Matthew 16:18–19 (Die Lewende Bybel)
18 Ek sê nou vir jou, jy is Petrus, ’n rots, en Ek sal my kerk op hierdie vaste rotssteen bou. Daarom sal selfs die mag van die hel dit nie kan oorwin nie.
19 Die mag wat Ek jou gee, is die sleutels van God se nuwe ryk. Enigiets wat jy verbied, sal wees wat in die hemel ook verbied word en wat jy toelaat, sal wees wat in die hemel ook toegelaat word.”
Matthew 16:21–28 (Die Lewende Bybel)
21 Na hierdie gesprek het Jesus sy dissipels duidelik begin wys dat dit vir Hom noodsaaklik is om na Jerusalem toe te gaan. Daar sou die volksleiers, die senior priesters en die Skrifkenners Hom ’n verskriklike lyding laat deurmaak. Hy sou doodgemaak word, maar op die derde dag sou God Hom weer uit die dood lewendig maak.
22 Petrus neem toe vir Jesus eenkant toe om Hom op die vingers te tik hieroor. “Nee, Here,” het hy gesê, “mag God U help dat so iets U nie oorkom nie. Dit mag nooit met U gebeur nie!”
23 Maar Jesus het omgedraai en vir hom gesê: “Gee pad van My af, Satan! Jy wil my dwarsboom, want jy dink nie oor hierdie dinge soos God dink nie, maar soos mense dink.”
24 Jesus sê toe vir sy dissipels: “As iemand my volgeling wil wees, moet hy sy eie belange prysgee en die kruis dra soos ’n mens wat ter dood veroordeel is, en saam met My kom.
25 Want as ’n mens sy lewe vir homself wil behou, sal hy dit verloor. Maar as ’n mens gewillig is om sy lewe prys te gee ter wille van My, sal hy dit behou.
26 Wat sal dit ’n mens help as hy alles op die wêreld besit as sy lewe daardeur verwoes word? Of wat kan ’n mens betaal om jou lewe reg te maak as dit eers verwoes is?
27 Want Ek, die Redder, sal kom met die Goddelike heerlikheid van my Vader. Die engele sal met My saam kom. Ek sal elke mens oordeel en kyk hoe sy werk was en dan vir hom gee wat hy verdien.
28 Hoor nou wat Ek vir julle sê, party van julle wat hier staan, sal nog voor julle dood sien hoe Ek, die Redder, kom as Koning.”
What was Peter’s mistake? He was thinking like a man, for most men want to escape suffering and death.
He did not have God’s mind in the matter.
Where do we find the mind of God? In the Word of God.
Until Peter was filled with the Spirit, he had a tendency to argue with God’s Word.