HY SAL JULLE MET DIESELFDE MAATSTAF MEET

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 22 views
Notes
Transcript
Matthew 7:1–2 (Die Lewende Bybel)
1 “Moenie oor iemand anders die oordeel vel en die straf aankondig nie; anders sal God oor julle ook die oordeel vel en die straf aankondig.
2 Hy sal julle op dieselfde manier oordeel as wat julle ander geoordeel het en Hy sal julle met dieselfde maatstaf meet waarmee julle ander gemeet het.
Matthew 18:23–35 (Die Lewende Bybel)
23 “Daarom kan die nuwe ryk van God vergelyk word met ’n sekere koning wat sy amptenare se sake wou nagaan.
24 Toe hy alles begin uitreken, word daar een voor hom gebring wat hom ’n bedrag van ’n paar miljoen geskuld het.
25 Maar die man kon dit nie betaal nie. Toe beveel die koning hulle om die man as ’n slaaf te verkoop. Sy vrou en kinders en al sy goed moes ook verkoop word om die skuld te betaal.
26 “Die amptenaar val toe voor die koning op sy knieë: ‘Gee my tog net ’n kans,’ smeek hy, ‘dan betaal ek u al die skuld terug.’
27 Toe kry die koning hom jammer en trek ’n streep deur sy skuld en laat hom gaan.
28 “Buite kry daardie selfde amptenaar toe ’n ander amptenaar wat ’n klein bedraggie aan hom geskuld het. Hy gryp hom aan die keel en sê: ‘Betaal nou dadelik daardie skuld.’
29 “Die man val op sy knieë en smeek: ‘Gee my tog net ’n kans, dan betaal ek die skuld terug!’
30 “Maar die eerste amptenaar wou nie en hy het die ander een in die tronk laat gooi totdat hy sy skuld sou betaal.
31 Toe die ander amptenare sien wat hy gedoen het, was hulle baie ontevrede en hulle het vir die koning alles gaan vertel wat daar gebeur het.
32 “Die koning laat roep toe daardie amptenaar en sê vir hom: ‘Jou ondankbare mens! Ek het ’n streep getrek deur al daardie skuld van jou omdat jy my gesmeek het.
33 Moes jy dan nie daardie ander amptenaar jammer gekry het net soos ek vir jou jammer gekry het nie?’
34 Die koning was so kwaad dat hy hulle beveel het om die man te martel totdat hy al sy skuld betaal het.”
35 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “Dit is wat my Vader in die hemel ook met julle sal doen as elkeen van julle nie sy broer met sy hele hart vergewe nie.”
Judges 1:7 (Die Lewende Bybel)
7 Toe sê die koning van Besek: “Sewentig van hierdie stede se konings met afgekapte duime en groottone het van die vloer onder my tafel af krummels opgetel. Nou betaal God my vandag op dieselfde manier terug as wat ek ander behandel het.” Hulle het hom later Jerusalem toe gebring waar hy uiteindelik dood is.
Die rabies het ‘n gebruik gehad waarin hulle altyd jou eie skaal gebruik het voordat ‘n kontrak gesluit was.
Galatians 6:7 (Die Lewende Bybel)
7 Moenie dink ’n mens kan God kul nie. As iemand so dink, maak hy ’n baie groot fout. Ons lewe op aarde is soos saad wat gesaai word om ’n oes daaruit te kry. Maar elkeen se oes sal afhang van die soort saad wat hy gesaai het.
Galatians 6:7 (Afrikaanse Ou Vertaling)
7 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
Related Media
See more
Related Sermons
See more