ELKEEN WAT DIE WIL DOEN VAN MY VADER DIÉ IS MY BROER EN SUSTER
Sermon • Submitted
0 ratings
· 242 viewsNotes
Transcript
Matthew 12:46–50 (Afrikaanse Ou Vertaling)
46 EN terwyl Hy nog met die skare spreek, staan sy moeder en broers daarbuite en wou graag met Hom praat.
47 Toe sê iemand vir Hom: Dáár staan u moeder en u broers buite en wil graag met U praat.
48 Maar Hy antwoord en sê vir die een wat Hom dit vertel het: Wie is my moeder? En wie is my broers?
49 En Hy steek sy hand oor sy dissipels uit en sê: Dáár is my moeder en my broers.
50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.
Jou verhouding met God en sy Koninkryk is en bly die belangrikste. Dit is die enigste familieband wat God self erken.
Blomberg, C., 1992. In sy kommentaar Matthew stel dit so:
Jesus spreek nie direk sy familie aan nie, maar bestraf hulle implisiet. Hulle verdien geen voorkeurbehandeling nie.
Menslike verwantskap neem nie prioriteit oor geestelike verwantskap nie, en Jesus is besig om skares te bedien wat sy geestelike familie insluit.[1]
John 7:5 (Die Lewende Bybel)
5 Selfs al was hulle sy broers het hulle nie in Hom geglo nie.
Mark 3:20–21 (Die Lewende Bybel)
20 Daar het weer so ’n menigte mense om Hom saamgepak dat Jesus en sy dissipels nie eers kans kon kry om iets te eet nie.
21 Sy moeder en sy broers het gehoor wat aan die gang was en hulle het gekom om Hom terug te neem huis toe want hulle het gedink Hy is nie meer by sy volle verstand nie.
Gingrich, R.E., 1985. In sy kommentaar The Gospel of Matthew stel dit so:
Na Israel se verwerping van Christus, hoofstukke 11 en 12, breek Christus alle natuurlike verhoudings met Sy familie en Sy nasie en openbaar 'n nuwe geestelike verhouding met wie ook al die wil van Sy Vader (Christene) sal doen.
Kort na hierdie openbaring, onttrek Jesus die aanbod van die Koninkryk van die hemel aan die Jode en dan, na Sy opstanding, Bied Hy die verborgenheid vorm van die Koninkryk aan alle mense, Jode en heidene.
Eens tevore, in 11:28-30, het Jesus 'n yslike nuwe geestelike verhouding met gelowiges van alle nasies geopenbaar.[2]
Matthew 11:28–30 (Die Lewende Bybel)
28 “Kom na My toe, dan sal Ek julle rus gee, julle almal wat moeg is en swaarkry onder die laste wat julle dra.
29 Dra dan my juk en leer by My, want Ek is nederig en saggeaard. By My sal julle rus kry.
30 Want die juk wat Ek julle gee om te dra, is sag en die las wat Ek op julle lê, is nie swaar nie.”
WAT VERWAG GOD DUS VAN ONS.
Dat ons Sy kerk en mense sal liefhe soos wat Hy hulle liefhet.
2 Timothy 1:8 (Die Lewende Bybel)
8 Jy moet jou dan nie skaam om van ons Here te praat nie. Jy moet ook nie skaam wees om te sê dat jy my vriend is nie al is ek in die tronk, want dit is omdat ek die Here dien dat ek hier sit.
Wees gewillig om ook saam met my swaar te kry ter wille van die Goeie Nuus oor Jesus Christus, want God sal jou krag gee.
2 Timothy 1:8 (The Message)
8 So don’t be embarrassed to speak up for our Master or for me, his prisoner. Take your share of suffering for the Message along with the rest of us. We can only keep on going, after all, by the power of God,
DAAROM WORD VAN ONS VERWAG OM IN OORGAWE TE LEEF
1 Thessalonians 5:16–18 (Die Lewende Bybel)
16 Julle moet altyd vol blydskap wees.
17 Bid sonder om op te hou.
18 Dank God vir alles, want dit is wat Hy wil hê julle moet doen omdat julle aan Christus Jesus behoort.
Psalm 119:63 (Die Lewende Bybel)
63 Ek is lief vir almal wat U eer en u reëls nakom.
MAAR ONS MOET VERSIGTIG OMGAAN MET ONGELOWIGES
2 Corinthians 6:14–17 (Die Lewende Bybel)
14 Twee diere wat glad nie bymekaar pas nie kan nie in een juk saam trek nie.
Net so moet julle ook nie probeer om een te wees met iemand wat nie in Christus glo nie. Kan daar ooit ’n vennootskap wees tussen reg en onreg? Of hoort lig en donkerte miskien bymekaar?
15 Sal Christus en die duiwel ooit saamstem oor iets?
Of kan ’n Christen en ’n ongelowige ooit eenders wees?
16 Kan ’n mens sê die tempel van God en afgode is dieselfde?
Onthou! Dit is julle wat nou die tempel van die lewende God is. God het dit in die Skrif so uitgedruk:
“Ek sal in hulle woon en saam met hulle leef, Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.”
17 Dit is daarom dat die Here ook gesê het: “Gee pad van hulle af en moet niks met hulle te doen hê nie.
Moenie raak aan die dinge wat Ek verbied het nie, dan sal Ek julle my eiendom maak.
James 4:4 (Die Lewende Bybel)
4 .............. julle dan nie dat vriendskap met die sondige wêreld vyandigheid teenoor God beteken nie?
As ’n mens ’n vriend van die wêreld wil wees, word jy ’n vyand van God.
True friendship and true love are founded on certain things without which they cannot exist.
(i) Friendship is founded on a common ideal.
People who are very different in their background, their mental equipment, and even their methods, can be firm friends, if they have a common ideal, for which they work, and towards which they press.
(ii) Friendship is founded on a common experience,
and on the memories which come from it. It is when two people have together passed through some great experience and when they can together look back on it, that real friendship begins.
(iii) True love is founded on obedience.
“You are my friends,” said Jesus, “if you do what I command you” (John 15:14). There is no way of showing the reality of love unless by the spirit of obedience.[3]
Hebrews 2:11 (Die Lewende Bybel)
11 Jesus, wat ons heilig maak, en ons wat heilig gemaak word, het dieselfde Vader. Dit is daarom dat Jesus nie skaam is om ons sy broers te noem nie
[1] Blomberg, C., 1992. Matthew, Nashville: Broadman & Holman Uitgewers.
[2] Gingrich, R.E., 1985. Die Evangelie van Matteus, Memphis, TN: Riverside Printing.
[3] Barclay, W. ed., 1976. The Gospel of Matthew, Philadelphia, PA: The Westminster John Knox Press.