ALLES WERK TEN GOEDE MEE

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 7 views
Notes
Transcript
Wat het Covid 19 En die jaar my geleer.
James 4:13–17 (Die Lewende Bybel)
13 Hoor hoe praat julle! Julle sê: “As ons nie vandag wegkom nie, gaan ons more na die of daardie stad toe.
Ons sal ten minste ’n jaar daar bly om besigheid te doen want daar sal ons goed geld maak.”
14 Julle weet nie eers of julle more nog sal leef nie! Julle lewe is soos ’n wasem.
Die een oomblik sien ’n mens dit nog en die volgende oomblik sien jy niks.
15 Julle moet liewer sê: “As die Here wil en as ons lewe, sal ons dit of dat doen.”
16 Maar nou spog julle oor al julle grootdoenerige planne. Om so te spog, is verkeerd.
17 Onthou, as ’n mens weet wat die regte ding is om te doen en jy doen dit nie, dan het jy sonde gedoen
James 4:13–15 (The Message)
13 And now I have a word for you who brashly announce, “Today—at the latest, tomorrow—we’re off to such and such a city for the year.
We’re going to start a business and make a lot of money.”
14 You don’t know the first thing about tomorrow. You’re nothing but a wisp of fog, catching a brief bit of sun before disappearing.
15 Instead, make it a habit to say, “If the Master wills it and we’re still alive, we’ll do this or that.”
Ons het almal die jaar met groot vooruitsigte en beplanning begin.
Dagboeke gekoop, begrotings uitgewerk, “to do list” opgestel en die lewe ingestorm
Toe kom Covid 19
Nou weet ons dat talle mense hulle werk verloor het. Besighede het deure moes toemaak en sluit.
Die regering kom nie hulle beloftes na nie. Misdaad verhoog. Bedrog neem toe.
Ons is nou in ‘ afwaartse spiraal vasgevang.
Dit raak mense nie net finansieel nie. Jy word geestelik en liggaamlik daardeur geraak.
1. Wie het kon dink dat jy met ‘n masker op in die Bank sou instap?
2. Dat jy by elke winkel jou hande moet was.
3. Dat jy elke keer afstand meet tussen mense.
4. Dat jy jou mense by die Hospitaal se deur aflaai en weer daar oplaai sonder besoeke.
5. Dat jy die bejaardes moet besoek deur ‘n venster. En as hulle sterf kan jy hulle nie besoek nie
6. Dat kerke gesluit word en jou mense ‘n afspraak moet maak en sy plek bespreek.
Miskien moet ons nou regtig begin leef soos wat Jesus ons aangeraai het.
Ek gaan nou net drie tekste met jou deel.
Matthew 6:30–34 (Die Lewende Bybel)
30 So mooi versier God die blomme in die veld wat vandag blom en môre verdroog is en verbrand word. Sal Hy dan nie nog baie beter vir julle sorg nie, julle wat so min op Hom vertrou!
31 Julle moet julle dan nie bekommer oor waar julle iets sal kry om te eet en te drink of oor waar julle klere sal kry om aan te trek nie.
32 Dit is oor al hierdie dinge wat die ongelowige mense gedurig begaan is. Maar julle hemelse Vader weet dat julle dit nodig het.
33 Waarop julle in die eerste plek moet konsentreer, is dat God se koningskap erken sal word en dat mense sal doen wat Hy wil hê.
Dan sal Hy vir julle boonop al hierdie dinge gee wat julle nodig het.
34 Moet julle dan nie vandag al oor more se probleme kwel nie. As more gekom het, kan julle daaroor dink. Elke dag het genoeg van sy eie probleme.”
Matthew 6:33–34 (The Message)
33 Steep your life in God-reality, God-initiative, God-provisions. Don’t worry about missing out. You’ll find all your everyday human concerns will be met.
34 “Give your entire attention to what God is doing right now, and don’t get worked up about what may or may not happen tomorrow.
God will help you deal with whatever hard things come up when the time comes.
Julle moet soos kindertjies word.
Matthew 18:3 (Die Lewende Bybel)
3 Toe sê Hy vir sy dissipels: “Luister nou wat Ek vir julle sê: as julle nie in julle harte ’n verandering ondergaan en soos klein kindertjies word nie, sal julle nie in die nuwe ryk van God inkom nie.
Matthew 18:3 (The Message)
3 and said, “I’m telling you, once and for all, that unless you return to square one and start over like children, you’re not even going to get a look at the kingdom, let alone get in.
Romans 8:28 (Die Lewende Bybel)
28 Ons weet dat God alles wat gebeur, laat saamwerk tot ons voordeel as ons Hom liefhet, want God het ons geroep omdat Hy vooraf so besluit het.
In vers 26 tot 27 gee Paulus die antwoord ook vir jou vandag.
26Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help.
. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie
27Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons.
Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God.
En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid.
En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.
Related Media
See more
Related Sermons
See more