Gelowiges is eerstelinge van die Skepping en daarom Ambassadeurs vir God en va Sy koninkryk.
Files
Notes
Transcript
GEBED
Here, ek lees vandag uit U woord omdat ek U liefhet. Mag U woord voortdurend oor my liefde wag hou — Amen.
SKRIFLESING
James 1:16–18 AFRIKAAN
16Moenie julleself mislei nie, my liewe broers. 17Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. 18Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat ons, om dit so te stel, eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het
OORDENKING
Jakobus het ons tot hier opgeroep om standvastig te wees. Hy gee egter nie sommer enige voorbeeld van hoe en waarop dit gebasseer moet wees nie. Hy vertel ons van God. Hoe alles wat goed is uit Hom vloei en Hy self standvastig is in Sy wese.
Die verwagting wat Jakobus dus teken is gebasseer op die karakter van God. In die lig hiervan moet ek en jy weet dat ons geroep is om in hierdie koninkryk van God te deel en daarom moet ons die goedheid en standvastigheid van God reflekteer in ons optrede.
Mag ek en jy altyd onthou, te midde van alle omstandighede, dat ons ambassadeurs van God is in hierdie wêreld. Mag hierdie waarheid deel wees van ons denkproses maar in besonder ook van ons optrede.
GEBED
Here, vul asseblief my gedagtes opnuut met waarheid oor U en waarheid oor my roeping as U kind — Amen.