Die Heiligheid van die Huwelikslewe

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 16 views
Notes
Transcript
GOD, not you, made marriage. His Spirit inhabits even the smallest details of marriage. And what does he want from marriage? Children of God, that's what. So guard the spirit of marriage within you. Don't cheat on your spouse. (Mal 2:15)
Heilig is die plek waar God Woon
Heiligheid is die teenwoordigheid van die Here.
As God huwelik bepaal het dat ‘n man sy ouerhuis sal verlaat en sy vrou aankleef. Wat was Sy doel? (Gen 2:24)
dāḇaq: A verb meaning to cling to, join with, stay with. It is used of something sticking to or clinging to something – BONDING
WAT WIL GOD VAN DIE HUWELIK He?
Kinders wat die Here dien.
Dis ‘n reuse taak en nie moontlik as die huwelslewe nie HEILIG is nie!
“The Spirit of Marriage is HOLINESS”
Dis dan ook ons ervaring, wanneer ons reg leef in waarheid, eerlikheid, vrug van die Gees, lojaliteit, diensbaarheid, selfverloening dan beleef ons intense huweliksvreugde. Aan die ander kant, wanneer ons leuens, bitterheid, aanstoot neem, jalousie, selfsug, eie begeertes begin toelaat skeur en verbrokkel die verhouding.
Baie jong mense wil nie trou nie, want hulle is bang vir die inperkings, reels en verantwoordelikheid van die huwelikslewe.
SO wat is Heiligheid in die Huwelik REGTIG?
DIS EERBIED EN RESPEK vir mekaar:
Ons vloek, skel, verkleineer, spot, en praat nooit af na ons maat nie!! Want jy sal dit nooit doen voor mense vir wie jy baie respek het nie. Die huweliks is Heilig, ons is aan mekaar afgesonder!
Ons loop ‘n reguit blaamlose pad van liefdevolle eerbied vir mekaar. Die kerk gebou is altyd gesien as ‘n heilige plek. Jy praat anders daar. Net so die Huwelik!
We tend to think of holiness as something that has to do with being good, staying in line, and doing the right things. But when we understand principles of covenant, we realize that “keeping all the rules” is an inadequate description of holiness.
Holiness is the essence of a fully honored relationship.
Holiness is a covenant term which describes both the complete, undefiled union of marriage, as well as the complete, undefiled union of the Godhead.
AS GOD DESIGNED IT, MARRIAGE IS HOLINESS.
In Hebrew, the word traditionally used for marriage derives from the word for holiness.
Many Christians understand that holiness means being “set apart,” and they think about being set apart from sinful behaviors. But that is like saying that marriage is about giving up old romantic friendships. “No more girlfriends or boyfriends” is a starting point, but it is not the main point.
Holiness is being “set apart from” in order to be “set apart FOR.”
Ek leef heilig vir jou, vir ons, vir ons kinders, vir die gemeente,vir die Here.
Holiness means cutting out what does not belong in a relationship so that we can be devoted to what does belong.
Soos wat voorwerpe vir tempeldiens voorberei en af gesonder is, so sonder ek my hande, my oe af vir my vrou en my man. Ek behoort nou nie meer aan die wereld nie, ek behoort aan jou!
Ring Simbolism
The reason of why weddings rings are placed on the fourth finger of your left hand comes from ancient times. The Roman’s believed that the vein on that finger is connected to the heart. That is how that vein was named, “vena amoris” meaning “vein of love.” The Roman’s would place a ring on both of the couples fourth left-hand finger as a representation of the new married couples eternal love.
Hoekom moet ons trou?
‘n Bybelse fundering
In die lig van al hoe meer huwelike wat eindig in die skeihof, al hoe meer jongmense wat saambly, huwelik seremonies wat te duur geraak het, en tans te midde van Covid 19 nie kan plaasvind nie, is die onwillekeurige vraag: Hoekom moet ons trou? Dis tog net ‘n papier. Is ons nie voor die Here getroud as ons alreeds saam geslaap het nie?
Alvorens ons hierdie vraag kan beantwoord: Hoe seker is jy dat jy die res van jou lewe verbind wil wees aan een persoon? Hoe weet ek dit is my lewensmaat? Dis ‘n bespreking vir ‘n ander tyd.
Die bevel om te trou:
Die bevel om dat persone moet trou, ‘n huwelikverbond kontrak maak word in die skrif bepaal vir:
Om saam kinders te verwek en groot te maak. (Gen 2:21-24)
Om ‘n vredeskontrak tussen nasie te beslis. (Deut 21:10-14)
Die verkragter moes met slagoffer trou. (Deut 22:28-29)
Die naaste familielid moes met die weduwee en kinderlose vrou van sy broer trou, om sy natalingskap te verseker. (Deut 25:5-6)
Dis interessant dat romantiese liefde nie ‘n rede volgens die skrif is vir huwelikbevestiging nie. In Bybelse tye, was huwelike deur die onderskei gesinne gereël. Die naaste wat ons kom aan romantiese liefde is die boek Hooglied.
Die fokus dus van die skrif is die kinders: Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar ‘n nageslag moet wees
wat Hom eer. (Mal 2:15) Sielkundiges, beraders en maatskaplike werker is dit eens: vir kinders om as gesonde gebalanseerde volwassenes op te groei het hulle ‘n standvastige, stabiele huisgesin nodig, wat voortbou van generasie tot generasie. ‘n Gesin waar beide die ouers ‘n betrokke is aan die opvoedkundige proses van die kind se opvoeding, veral ten opsigte van waardes. Waardes word deur modellering en voorbeeld oorgedra.
Drie fases van die huwelikverbond:
Die Bybel verduidelik drie fases and aspekte van die huweliksverbondsluiting:
Kontrak (Contract)
Voltrekking (Consummate)
Feesviering (Celebration)
Isak en Rebekka:
Kontrak (Gen 24:33; 51-53; 57-58)
Voltrekking (Gen 24:64-67)
Jakob & Leah
Kontrak (Gen 29:15-20
Voltrekking (Gen 29:21-26)
Feesviering (Gen 29:27-28)
Jakob & Ragel
Kontrak (Gen 29:27)
Voltrekking (Gen 29:30)
Feesviering (Gen 29:27-28) [1]
Kontrak:
In Bybelse tye is die kontrak deur die ouers onderhandel, die bruidsprys is bepaal en aan die ouers betaal soos, nog regoor Afrika en die ooste die norm is. Die kontrak was veral bepalend om toe te sien, dat die paartjie self-versorgend is, en dat daar voorsiening gemaak is vir hoe hulle gaan leef. Kwessies soos huisvesting en toekomstige voorsieninge vir die gesin is vasgestel.
Voltrekking:
Die OT huweliksverbond is voltrek in die Chuppa Tent,[2] waarna die bloedbevlekte doek uitgebring is om maagdelikheid te bewys. D.W.S die verbondsdaad het tydens die seksdaad gebeur. Bloed: ons kan nie skei nie. Ons kan nie na ons dood, ons testament verander nie. Daarom word daar in die Bybelse verbondsluiting ‘n dier doodgemaak in 2 gedeel, en die 2 persone stap ‘n syfer 8 roete tussen die stukke vleis. Dit simboliseer dat ons ook nie die kontrak sal KAN verbreek nie. Na verbondsluiting KAN ons nie skei nie. Die syfer 8 simboliseer ewigheid. Daar ‘n ring aan ‘n vinger, ‘n ewigheid simbool. Sommige maak dan derhalwe die afleiding dat dit dan nie nodig is vir paartjies om wettiglik te trou nie. Hulle is voor die Here getroud. Waarom het Jesus dan nie die vrou wat by ‘n man gebly het, se verbintenis bekragtig nie? “Dis reg wat jy nou gesê het: ‘Ek het nie ‘n man nie.’ Jy het reeds vyf gehad, en die een wat jy nou het, is nie jou man nie.” (Joh 4:17) Dit beteken dat daar tog ‘n publieke seremonie moet plaasvind, waarby getuies betrek word, om jou eenheid en eenwording te verkondig.
Feesviering:
Omdat daar nie baie melding gemaak word van die program van die huwelikseremonie in die Bybel nie, en dit ook deur die eeue verkillende vorms aangeneem het, word die afleiding gemaak dat dit nie belangrik is nie. Tog is dit duidelik dat in Bybelse tye, daar ‘n baie noue band was tussen die paartjie en die uitgebreide gesin en gemeenskap. Die hele gemeenskap is genooi. (Joh 2) Huwelike is nie gesien as ‘n romantiese ontvlugting van 2 persone teenoor die res van die familie nie. Hierdie neiging is deur Hollywood populêr gemaak, dat 2 verliefde persone teenoor die hele gemeenskap en familie staan. Hierdie konsep is vreemd tot die Bybel; jou lewe, werk, voorsiening, en oorlewing was afhanklik van die gemeenskap. Isolasie was bloot nie moontlik nie. Die uitgebreide familie het gehelp kinders grootmaak, versorg, kinders geleer en mekaar beskerm. Die wettige publieke seremonie was dus onombeerlik en belangrik. Dis hier waar die hele gemeenskap hulle goedkeuring, maar ook hulle ondersteuning aan die jong paartjie aanbied.
Die mees belangrikste deel van die publieke verbintenis en beloftes wat gemaak word, is die spreekwoordelike streep wat getrek word: Ek belowe my trou nou aan een persoon.
Die verbreking van hierdie trou en beloftes word ten sterkte deur die Bybel veroordeel as egbreek! (Exo 20:14; Deut 5:18; Mat 5:27; 19:18; Rom 7:3; 13:9) Die huweliksverbond word gesien as heilig, met die oog op die heiligmaking van die man en vrou, om die ideale omstandighede te skep vir kinders om in die wee van die Here groot te word.
Die straf wanneer iemand die eg breek
Egbrekers sal gestraf word: Dood (Gen 20:7; Lev 20:10) Verskriklike oordeel (Eze 16:35-41); hulle het bloed op hulle hande (Eze 23:45; Mal 2:10-17) Sal nie die koninkryk of hemel sien nie (Rev 22:14-15).
Related Media
See more
Related Sermons
See more