Ek en my huis sal die Here dien

Afrikaans Uitreik  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 373 views
Notes
Transcript

Inleidend

‘n Voorreg om hier te wees.
‘n Onbeskryflike voorreg, vriende!
(Baie dankie, Armin, my broer, waarvan ek nie eers geweet het nie … )
Maar dis NIE hoekom ek dit n voorreg ag om hier te wees nie!
Ek is dankbaar vir die uitnodinging,
maar dit is meer as net ‘n hoflike dankbaar heid
dat ek se, dis n voorreg!
U sien, ek glo me my hele hart, dat dit in God se beskikking is
dat ek en julle vanaand hier bymekaar is!
Dit was bestem, voor die aarde bestaand het
en lank voor party van one gedink het ons is slim om hierheen te emigreer!
Maar hier is die ding!
As dit waar is dat God alle dinge bestem
dan is ons hier in God se plan
en God het ‘n plan met ons!
Die vraag is nou,
verstaan ons dinge nog so?
Indien wel, sal vanaand ook vir julle
‘n voorreg wees.
/////////////////////////////////////////////
Kom ons bid saam!
((Gebed))
//////////////////////////////////////////

SING: Soos n Wildsbok smag na water

Die Wet van die Here
Exodus 20:1–17 AFRIKAAN
1 Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: 2 “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. 3 Jy mag naas My geen ander gode hê nie. 4 “Jy mag nie vir jou ’n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. 5 Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, 6 maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam. 7 “Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. 8 “Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. 9 Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, 10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. 11 Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig. 12 “Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee. 13 “Jy mag nie moord pleeg nie. 14 “Jy mag nie egbreuk pleeg nie. 15 “Jy mag nie steel nie. 16 “Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie. 17 “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ’n slaaf of slavin, ’n bees of ’n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.

SING: “Praat ek mense, engele tale”

Joshua 24:1–24 AFRIKAAN
1 Josua het al die stamme van Israel bymekaargebring in Sigem. Hy het die leiers van Israel, die hoofde, die regters en die ampsdraers geroep, en hulle het hulle plekke kom inneem in die teenwoordigheid van God. 2 Toe sê Josua vir die hele volk: “So sê die Here die God van Israel: Lank gelede het julle voorvaders—onder hulle was Tera, vader van Abraham en Nahor—anderkant die Eufraat gewoon en hulle het ander gode gedien. 3 Ek het julle voorvader Abraham anderkant die Eufraat geneem en hom die hele Kanaän laat deurgaan. Ek het hom baie nakomelinge gegee. Aan hom het Ek vir Isak gegee, 4 aan Isak vir Jakob en Esau. Aan Esau het Ek die Seïrberge gegee om in besit te neem, maar Jakob en sy nageslag is af na Egipte toe. 5 “Ek het vir Moses en Aäron gestuur en Ek het Egipte met rampe getref soos Ek dit goedgevind het. Daarna het Ek julle uitgebring: 6 Ek het julle voorvaders uit Egipte gebring, en toe hulle by die Rietsee kom, het die Egiptenaars hulle agtervolg met strydwaens en ruiters. 7 Julle voorvaders het na My geroep om hulp, en Ek het dit donker laat word tussen julle en die Egiptenaars en die see oor die Egiptenaars laat kom sodat dit hulle bedek het. Julle eie oë het gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het. Daarna het julle lank in die woestyn gebly. 8 “Toe het Ek julle gebring na die land van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het. Hulle het teen julle oorlog gemaak, maar Ek het hulle in julle mag oorgegee sodat julle hulle land in besit kon neem. Ek het hulle uitgeroei om vir julle plek te maak. 9 “Toe Balak seun van Sippor en koning van Moab teen Israel oorlog wou maak, het hy vir Bileam seun van Beor laat roep om ’n vloek oor julle uit te spreek. 10 Maar Ek het nie na Bileam geluister nie, en hy moes julle teen wil en dank seën. So het Ek julle gered uit die hande van Balak. 11 “Julle het deur die Jordaan getrek en by Jerigo gekom. Die mense wat in besit was van Jerigo, die Amoriete, Feresiete, Kanaäniete, Hetiete, Girgasiete, Hewiete en Jebusiete, het teen julle oorlog gemaak, maar Ek het hulle in julle mag oorgegee. 12 Ek het al vantevore die twee Amoritiese konings laat moed verloor, en dít het hulle voor julle uit verdryf, nie julle swaarde en julle pyl en boë nie. 13 “Ek het julle ’n land gegee wat julle nie bewerk het nie, stede wat julle nie gebou het nie, maar waar julle kon gaan woon; julle eet van wingerde en olyfboorde wat julle nie geplant het nie. 14 “Betoon dan nou eerbied aan die Here en dien Hom met opregtheid en met trou. Sien af van die gode wat julle voorvaders anderkant die Eufraat en in Egipte gedien het, en dien die Here. 15 Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” 16 Die volk het geantwoord: “Ons dink glad nie daaraan om die Here te verlaat en ander gode te dien nie. 17 Dit is die Here ons God wat ons en ons voorvaders uit Egipte, die plek van slawerny, gebring het. Hy het daardie groot wonders voor ons oë gedoen en Hy het ons beskerm op die hele pad wat ons gekom het en teen al die volke deur wie se gebiede ons getrek het. 18 Die Here het al die volke voor ons uit verdryf, die Amoriete wat in die land gewoon het. Ook ons sal die Here dien. Hy is ons God.” 19 Maar Josua het vir die volk gesê: “Julle kan nie die Here dien nie. Hy is ’n heilige God, Hy is ’n God wat onverdeelde trou eis en julle opstandigheid en sonde nie sal vergewe nie. 20 As julle die Here verlaat en julle dien vreemde gode, sal Hy wat aan julle goed gedoen het, teen julle draai en rampe oor julle bring en ’n end aan julle maak.” 21 Die volk het vir Josua gesê: “Nee, ons sal die Here dien!” 22 Toe sê Josua vir die volk: “Julle is self getuies daarvan dat julle gekies het om die Here te dien,” en hulle antwoord: “Ons is.” 23 Toe sê Josua: “Verwyder dan die vreemde gode tussen julle uit en wy julle heeltemal aan die Here die God van Israel.” 24 En die volk sê vir Josua: “Ons sal die Here ons God dien, ons sal na Hom luister.”

Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.

Uit die geskiedenis

Joshua 24:2 AFRIKAAN
2 Toe sê Josua vir die hele volk: “So sê die Here die God van Israel: Lank gelede het julle voorvaders—onder hulle was Tera, vader van Abraham en Nahor—anderkant die Eufraat gewoon en hulle het ander gode gedien.
GESKIEDENIS
RSA se geskiedenis
Stigtingsdag
Die Groot Trek
Die Boereoorlog
Apartheid
Is ons trotse Afrikaners!
Kultuur-bewus
Roem op ons geloof!
(Maar, waar was God in ons huise, in ons ossewaeans, en in ons harte
terwyl ons geskiedenis ontvou het??)
Israel se geskiedenis
Die Bybel - Die openbaring van God!
(Glo ons dit nog?)
(Wereldse “waarhede”
Skepping (Almagtige God)
Helige God (Heilig Heilig Heilig)
Teen Sonde!
Onverdiende Genade!
God se Standvastige Belofte!
This is not the end, yet! (2nd Best exotic Marigold Hotel)
Ons is nog nie in die beloofde land nie!
Maar die resi duur voort, vriende!
En die reis is belangrik!
Want die bestemming is … voorwaardelik!
Ek kom MY beloftes na! se God ...
“En julle ...” Mens kan nie eers meer sien wie julle dien nie!
Joshua 24:13 AFRIKAAN
13 “Ek het julle ’n land gegee wat julle nie bewerk het nie, stede wat julle nie gebou het nie, maar waar julle kon gaan woon; julle eet van wingerde en olyfboorde wat julle nie geplant het nie.

Onverdiende guns (Genade)

Kom ons tel die geskiedenis op
Die Bybelse geskiedenis
vir ons gegee om te verstaan!
wat God van ons verwag!
(Geskiedenis vertel)
Seen - rebellie - straf - genade - belofte!
(Alles geneur … altyd … met n doel!
Dien die Here! DIEN DIE HERE!
Nie! afgode, of die eie ek nie!
Joshua 24:14 AFRIKAAN
14 “Betoon dan nou eerbied aan die Here en dien Hom met opregtheid en met trou. Sien af van die gode wat julle voorvaders anderkant die Eufraat en in Egipte gedien het, en dien die Here.
Geloof?
of KULTUUR?
‘n Misverstaan - of ontekenning - van ons geskiedenis!
Wie is ons, vriende?
Afrikaners?
Ozzies?
Wie is ons Here en ons God?
Is dit tyd om finaal te kies, Geliefdes
wat so baie van ons troue Vader gekry het?
Joshua 24:15 AFRIKAAN
15 Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”
Hoe antwoord die volk!
Joshua 24:16 NIV
16 Then the people answered, “Far be it from us to forsake the Lord to serve other gods!
Goedkoop beloftes, terwyl dit goed gaan!
Geloofsbelydenis beloftes!
Trou beloftes!
Doop beloftes!
(Maar, nou ja, partykeer kan ons opgewerk en begeester raak ...
‘n Skeet koue water!
Joshua 24:19 AFRIKAAN
19 Maar Josua het vir die volk gesê: “Julle kan nie die Here dien nie. Hy is ’n heilige God, Hy is ’n God wat onverdeelde trou eis en julle opstandigheid en sonde nie sal vergewe nie.
HY is n Heilige God!
En God eis heiligheid van sy Volk
Die buitengewone einde van Joshua se boek!
Joshua 5:13–15 AFRIKAAN
13 Josua was naby Jerigo. Toe hy sien, staan daar ’n man voor hom met ’n ontblote swaard in die hand. Josua het na hom toe gegaan en hom gevra: “Is u aan ons kant of aan ons vyande s’n?” 14 “Nee,” sê die man, “ek is die aanvoerder van die leër van die Here. Daarom is ek hier.” Josua het diep gebuig en vir die man gesê: “Wat wil u aan my, u dienaar, sê?” 15 Toe sê die leëraanvoerder van die Here vir Josua: “Trek jou skoene uit, want die plek waarop jy staan, is ’n gewyde plek.” Josua het dit gedoen
!

Gebed

Sing: “Ek sien n nuwe hemel kom!

Seenspraak !
Numbers 6:24–26 Afrikaanse Ou Vertaling
24 Die Here sal jou seën en jou behoed; 25 die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; 26 die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Amen!

SING: “Ons Vader”

Related Media
See more
Related Sermons
See more