Die lewe is regverdig
Sermon • Submitted
0 ratings
· 14 viewsNotes
Transcript
Welkom
Welkom
Som jou week op in drie woorde
Hartseer week vir die gemeente… Baie verlies
Oom Theo De Koker (Vrydag oggend vroeg oorlede; rou diens hierdie Vrydag wat kom)
Tannie Joan van Niekerk (Gedenkdiens was Vrydag)
Oom Frans Ferreira (Rou diens is Dinsdag oggend)
Oomblik van stilte vir hulle en vir hulle families
Afkondigings
Afkondigings
Mei - let wel biduur begin in die 2de week van Mei asook die Bybelskool.
Bybelstudie - saal (bring jou eie beker koffie saam)
Bybelskool - konsistorie (bring jou eie beker koffie saam)
Spesiale verjaarsdae
Spesiale verjaarsdae
Tannie Elna Eksteen verjaar die 4de Mei en word 80 jaar oud.
Tannie Hester Murphy verjaar die 8ste Mei en word 81 jaar oud
Aanvangswoord
Aanvangswoord
Gebed
Gebed
Met ons hele wese wag ons op U ons Here. U is ons hulp en ons skild. Ons verheug ons harte oor U, ons vertrou op U Heilige naam. Mag u troue liefde oor ons wees, Here, terwyl ons op U wag. Amen
Seengroet
Seengroet
Ek wil graag he dat ons vandag en vir die volgende paar Sondae dat ons as gemeentes mekaar groet met ‘n seengroet. Daarom wil ek U uitnooi om deel te neem aan hierdie responsoriese seengroet:
Voorganger:
Genade en vrede vir julle van God die Vader
Gemeente:
Aan sy liefde is daar geen einde nie
Voorganger:
… en van God die Seun...
Gemeente:
Hy het ons skuld gedra
Voorganger:
En van God die Heilige Gees
Gemeente:
Hy maak ons nuut
Votum
Votum
Ons gaan vanoggend bietjie reis deur die wysheid wat God aan ons openbaar in sy woord en daarom wil ek graag as ons votum vanoggend begin met Prediker 3:
Ek het besef dat daar tussen hulle niks beter is nie as om vreugde te ervaar en die goeie te geniet in die lewe - ja, elke mens - dat hy eet en drink en die goeie geniet by al sy inspanning. Dit is ‘n gawe van God.
Dat ons ten spyte van al die teenspoed wat die wereld oor ons bring steeds die goeie in die lewe kan geniet - ‘n gawe van God. Kom ons prys God vandag vir hierdie gawe deur saam te staan en hom met ‘n loflied te eer. (3 staan, gaan sit)
Inleiding
Inleiding