Belydenis aflegging 2021
Sermon • Submitted
0 ratings
· 29 viewsNotes
Transcript
Geloofsbelydenis
Geloofsbelydenis
Inleiding tot geloofsbelydenis:
Kreed wat ons unite regoor die wereld. Iets wat gemeentes en gelowiges bymekaar bring (You’ll never walk alone)
Geloofsbelydenis in belydenis jaar
Iets wat die nuwe gemeente (kids) saam met die groter gemeente en gelowiges regoor die wereld saam bely. (Staan)
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en ’n ewige lewe.
Woordbediening
Woordbediening
Inleiding
Inleiding
Die mees waardevolle hulpbron in die wereld is water. Sonder water kan niks lewe nie. En dit is iets wat ons so maklik van selfsprekend aanvaar. In vandag se tyd is water ‘n simbool van vrede. Die geluid van water wat val help mens om te ontspan en dit is ‘n teken van hoop - veral wanneer ons bid daarvoor. Van kleinteid af word ons geleer om te bid vir water, te bid dat dit sal reen want ons weet hoe afhanklik ons daarvan is.
Maar water het nie altyd hierdie assosiasies gehad nie. In die Antieke Nabye Ooste of in eenvoudige terme: “Die Bybelse tyd” het water chaos gesimboliseer. Dit was ‘n mag wat onvoorspelbaar en onbeheerbaar was en dit was nie altyd met vrede geassosieer nie. Totdat ons sien hoe Johannes die doper begin het om met water te doop. (lees)
Teks
Teks
Markus 1:4-8
4so het Johannes gekom. Hy het in die woestyn gedoop en ‘n doop van bekering met die oog op die vergewing van sondes verkondig. 5Die hele landstreek van Judea en almal in Jerusalem het na hom gegaan, en hulle is deur hom in die Jordaanrivier gedoop, terwyl hulle hulle sondes bely het. 6Johannes het ‘n kleed van kameelhaar gedra, met ‘n leergordel om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geeet. 7Hy het gepreek en gese: “Na my kom Hy wat sterker as ek is. Ek is nie eers werd om te buk en die riempies van sy sandale los te maak nie. 8Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”
Uitleg
Uitleg
Die voorloper van Christus soos voorspel in Jesaja
Jesaja 40:3: ‘n Stem roep: “Maak in die woestyn die pad van die Here gereed; maak in die Araba ‘n grootpad vir ons God gelyk.
Johannes se outfit: Dieselfde kleed wat die profeet Elia gedra het
Wat beteken dit?
Wat hier gebeur is nie net ‘n oulike idee wat iemand gehad het nie - dit is deel van God se groot plan om homself met die heelal te versoen. Daarom doop Johannes met ‘n spesifieke agenda:
Bekering met die oog op die vergewing van sondes (‘n omdraai, stap van ‘n nuwe pad)
Betekenis van die Jordaan die “Araba”
Gebied wat die volk deurgegaan het uit Egipte en wat oorgegaan was toe hulle terugkeur vanuit ballingskap
Betekenis van doop in die Jordaan
(Proses) - mimiek van OT tradisie, erkenning van bekering en die begin van ‘n nuwe pad
Oorgangsrite
Oorgangsrite van belydenis van geloof
Die water vat jou terug 2000 jaar toe God die volk gered het uit Egipte
Terug na die redding uit die ballingskap
Terug na Jesus wat kom om die nuwe verbond in te stel
Terug na jou eie doop waar jy deel word van hierdie verbond
Vanaand: Vorentoe aan die ander kant van die rivier uit, gereed om die res van die pad te stap as ‘n nuwe mens - ‘n kind van God.
Die oorgangsrite van Belydenis van Geloof
Die oorgangsrite van Belydenis van Geloof
Hoe gaan dit werk?
Hoe gaan dit werk?
Jou naam word gelees;
Jy en jou ouers kom vorentoe;
Jou ouers gaan by die waskom gaan staan en jy gaan hier voor my en Christiaan kom staan
Dan gaan julle die volgende belofte lees:
Ek glo dat God my Vader is wat my liefhet en vir my sorg. Hy het Jesus gestuur om my te verlos en Sy Heilige Gees woon in my en lei my om as ‘n nuwe mens te leef.
Ek weet dat Jesus my Verlosser en Here is, en ek sal Hom oral bely.
Vir my is die Bybel waar en ek streef daarna om te leef soos die Bybel my leer.
Die kerk verteenwoordig God in die wereld, en ek sal kerk in die wereld wees.
Alle medegelowiges is my geloofsfamilie en ek wil my verantwoordelikheid teenoor hulle uitleef. Ek gee hulle ook die reg om my te help om altyd op die regte pad te bly.
Daarna gaan julle na die waskom toe gaan, julle ouers gaan julle hande was en Madelein gaan vir julle ‘n water bottel gee, waarna julle ouers weer gaan sit en julle by die tafel gaan sit. (Moet ek herhaal)
Die betekenis hiervan: Jou ouers wat jou hande was vat jou terug na die belofte wat hulle gemaak het toe jy gedoop was. Wat ons vanaand terugvat na die Jordaan rivier toe. Die geskenk wat julle kry die water bottel is ‘n herrinnering wanneer julle hier uitstap aan wie julle is. Wanneer jy in die wereld ingaan dat jy altyd sal onthou dat jy ‘n kind van God is.
Name:
Name:
· CLARYN BEUKES
· DANE DU PLESSIS
· JAYSON DU TOIT
· ABRIE KOTZE
· ALEC LUNDT
· MIA MARAIS
· WG PRETORIUS
· PIETER REYNECKE
· ANRI VAN DYK
· ULRICH VAN STADEN
Kersie aansteek geleentheid
Kersie aansteek geleentheid
Om jou kind op te dra aan God vir hierdie nuwe pad wat hulle stap
Nagmaal
Nagmaal
Formulier
Formulier
Die Here het self die nagmaal ingestel. Daarvan getuig Paulus (in 1 Kor 11:23-26): "Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het: Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: 'Dit is my liggaam; dit is vir julle. Gebruik dit tot my gedagtenis.' "Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: 'Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.' "Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom."
Gebruik
Gebruik
Brood
Gemeenskap met liggaam van Christus
Wanneer jy dit eet dink en glo dat sy liggaam gebreek was tot ‘n volkome versoening van al ons sondes
Beker van danksegging
Gemeenskap met bloed
Wanneer jy dit drink dink en glo dat sy bloed vergiet was tot ‘n volkome versoening van al ons sondes
Gebed
Gebed
Here, U is ons God. U is die Alfa en die Omega ons begin en ons einde. Ons kom dank U dat ons deel kan wees van U groot versoenings plan. Help ons om mekaar te versterk en mekaar te ondersteun sodat ons U lig kan skyn. Dankie vir elkeen van hierdie wonderlike mense wat U kom deelmaak het van U koninkryk vanaand. Ons loof U vir elkeen van hulle en mag hulle ‘n seen wees vir U en mag hulle lewens getuig van U liefde. Amen.
Afsluiting
Afsluiting
Staan vir ‘n slotlied en daarna gaan sit almal asb
Belydende lidmate gaan na die slotlied kapel toe gaan - die res moet asb weer gaan sit, ons sal die res verduidelik