Sermon on 2 Corinthians (W.T)

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 12 views
Notes
Transcript

Votum

Koninkryks tyd

Ons is tans in Koninkryks-tyd (die langste tydperk van die kerklike jaar). Gedurende hierdie tydperk kyk ons terug na die uitloop van die Koninkryk van God.
Markus 1:14-15
14Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig. 15Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”
Ons lewe in die era van die Koninkryk van God… Radikaal anders as die koninkryk(e) van die wereld. Jesus het in sy lewe, sterwe, opstanding en hemelvaart die betekenis van hierdie nuwe era kom openbaar. Die evangelie - hierdie goeie nuus van hierdie nuwe era moet sigbaar word vir die wereld. Ek en jy het vandag ook die verantwoordelikheid om hierdie nuwe era aan te kondig en sigbaar te maak in daad en in woord. Voorreg om in hierdie era te leef en ons prys God vir hierdie gawe

Inleiding

Verhouding tussen gemeente en gemeenskap (inleiding tot Kor.)

Hoekom is die kerk relevant?
Vir wie bestaan die kerk?
Verhoudings tussen gemeentelede, Paulus en gemeente en gemeente en gemeenskap
Agtergrond van brief
Die laaste van 4 briewe
Probleme in die gemeente
Paulus se gesag (vals profete)
Seksuele losbandigheid (konteks van gemeenskap) - geskiedenis van korinte
1ste brief - morele tugting; verdediging van gesag
laaste brief - voor te berei vir sy laaste besoek aan hulle

Teks

13Daar staan in die Skrif: “Ek het geglo, daarom het ek gepraat.” Ons het dieselfde Gees wat die geloof wek, en ons glo, daarom praat ons ook. 14Ons weet immers dat God, wat die Here Jesus uit die dood opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek en ons saam met julle voor sy troon sal stel. 15Ons doen dit alles om julle ontwil, sodat die genade van God steeds meer mense kan bereik. Dan word die dankgebede ook meer, en God ontvang die eer.
16Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. 17Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. 18Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
1Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is, afgebreek word, ons 'n vaste gebou in die hemel het. Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan.

Praat uit geloof ; lewe uit geloof

Paulus se woorde kom vanuit die Gees van God wat lewe bring.
Paulus praat nie ter wille van homself nie; maar ter wille van God
Is ons bewus van ons eie woorde?
Hoe voel jy oor wat jy nounet gese het?
Dien ons God en dien ons mekaar met ons woorde?
Die krag van woorde… > stuur vir iemand ‘n mooi woord wat nie met ‘n agenda kom nie
Lewe uit die verbond met die opstanding
God sal ons opwek soos wat Jesus opgewek is
Ons deel in Jesus se opstanding!
Gee hoop wat groter is as enige swaarkry - want ons weet dit is nie die einde nie
Wat was die swaarkry wat die gemeente verduur het? - Om nie soos die wereld te wees nie

Lewe vir dit wat ewig is

“Ons lewe vir die onsigbare dinge - dit wat ewig is”
Die Koninkryk van God lyk anders as die wereld. Dit is ook die enigste koninkryk wat nie vernietig kan word nie.
Ons moet dit sigbaar maak met ons woorde en met ons dade.
Hoe doen ons dit? - deur gesonde verhoudings te kweek met mekaar en met ons gemeenskap - meer daaroor in ons reeks.
Krag van woorde - video
Related Media
See more
Related Sermons
See more