Eendag as ek groot is
Sermon • Submitted
0 ratings
· 16 viewsNotes
Transcript
Die waarde van ‘n lewe
Die waarde van ‘n lewe
Pandemie leer ons dat die lewe kwesbaar is en onvoorspelbaar is.
Tog maak ons planne en droom oor ‘n toekoms vir onsself - en in 99% van ons almal se toekoms drome hou die toekoms iets beter in as die hede. Ons hoor gereeld woorde soos “‘n vyf jaar plan” of “eendag as ek groot is” of een van die dae sal ek dit of dat of ek beplan om oor soveel maande of soveel jaar hier te wees en dit of dat te doen - en ook in meeste gevalle werk dinge nie uit soos wat ons dit beplan nie - maar tog hou ons aan om planne te maak.
Ten spyte van die onvoorspelbaarheid van ons lewens - maak ons planne, droom ons drome en beweeg ons saam as ‘n kollektiewe mensdom in ‘n bepaalde rigting in.
So in die middel van die jaar wil ek jou uitnooi om te gaan kyk na die lysie wat jy gemaak het op 31 Desember 2020 - hoeveel van daardie nuwejaarsvoornemens het uitgewerk soos wat jy dit beplan het?
Hoe behoort ons te leef?
Hoe behoort ons te leef?
‘n Vraag wat ons almal konstant besig is om te vra, sonder dat ons dit noodwendig besef. Daar is soveel stemme daar buite wat ons probeer oortuig oor wat die regte of die beste manier is om te leef en baie van daardie stemme het gewoonlik ‘n bepaalde ekonomiese agenda. Maar dan is daar ‘n ander stem, ‘n stem wat hierdie vraag oor hoe ons behoort te leef op ‘n eerlike manier te antwoord - die stem van God. God se woord is nie kwesbaar en tydelik en onvoorspelbaar nie - God se woord is konstant en ewig en waar.
Een van die boeke in die Bybel wat hierdie vraag aanspreek is die boek van Jakobus. Hierdie word gesien as wysheids literatuur wat aan dit ‘n tydlose ewigheidswaarde gee. Ons lees saam uit hoofstuk 4:13-17
(lees)
Met wie praat die skrywer?
Met wie praat die skrywer?
Handelaars wat daarop uit is om mense uit te buit vir persoonlike wins… Hierdie mense het ‘n stuk arrogansie - hulle plaas hulle vertroue - hulle geloof in die feit dat hulle wins gaan maak uit ander se verlies en hierdie uitbuiting skep dan die illusie by hulle dat hulle in beheer is van hulle eie lewens - dat hulle lewens minder kwesbaar is of meer voorspelbaar is.
Die wysheids digter waarsku hierteen en maak enigeiemand wat dit lees attent daarop dat ons vertroue in God moet bly en dat ons afhanklik moet bly van God.
Wat beteken afhanklikheid?
Wat beteken afhanklikheid?
Net versorging?
Afhanklikheid in elke aspek van ons lewens.
Maklik om dit te verloor - GELOWIG SELFS WANNEER DIT GOED GAAN
Moet ons geen planne maak nie?
Moet ons geen planne maak nie?
Jakobus is nie teen beplanning nie, maar waarsku teen arrogante beplannig met ander woorde om planne te maak sonder om God in ag te neem.
(tannie wat kar rol) - ons moet eienaarskap neem van dit wat die Here vir ons gee
Hoe behoort ons dan te leef?
Hoe behoort ons dan te leef?
Maak God die begin en einde van al jou planne…
Wat wil jy he?
Wat wil God vir jou he?
Mag jy ontdek dat die Here reeds vir jou alles gegee het wat jy nodig het om te wees wie Hy wil he jy moet wees. Mag dit vir jou genoeg wees en mag God jou seen in alles wat jy doen. Amen