Vandag is nie te groot nie

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 9 views
Notes
Transcript

Groot dae

Wat was jou grootste dag?
Troue - ontbyt het te lank gevat… Dit is ‘n groot dag.
Ons kom baie keer op ‘n plek waar dit voel asof die krisis, die hekkie, die struikelblok of die uitdaging net te groot is… Jy voel asof jy nie deur dit gaan kom nie.
Maar vandag is nie te groot nie. Wanneer ons hierdie groot dae het en begin twyfel begin onseker raak dan is die enigste realiteit dat nog niks wat nog ooit met jou gebeur het te groot was nie - want jy is nogsteeds hier. Vandag is nie te groot nie.
Die psalm digter het ‘n paar groot dae gehad en ook gevoel asof die dag te groot is en wat die psalm digter gedoen het is om uit te roep na God toe.

Vanuit die dieptes

Die oseaan vloer - die bodem daar waar jy nie laer kan gaan nie - letterlik Rock Bottom.
Roep dat God se ore aandagtig moet luister na die detail van die klagtes.
Verwag dat die digter gaan begin kla…
Feedback vorm wat oppad is. Die lysie is oppad van alles waaroor die digter nou gaan uithaal en begin oor kla

God se prioriteit is vergifnis - redding

Ons is geneig om vas te kyk in ons eie sondes en ons eie tekortkominge in so mate dat ons nie God se redding raaksien nie.
Die digter besef dat as God ons moet straf vir alles waarvoor ons onsself beskuldig dat geen mens nog sal staan nie. Die digter het duidelik ‘n baie diep persepsie van wat hy verkeerd gedoen het
Ons weet baie goed hoe sleg ons is - en wie vertel vir ons meestal hoe sleg ons is - jy self. Jy is die een wat jouself oordeel en vaskyk in jou eie tekortkominge en wanneer ons dit begin doen wanneer ons net ons eie tekortkominge raaksien dan word die dag te groot…
Maar vandag is nie te groot nie want daar is vergifnis by God
God se prioriteit sy mission ry dryf is om te vergewe en om te herstel en om op te bou om te bemagtig om te bemoedig om te versterk. So wanneer ek en jy begin om dit raak te sien om God raak te sien en kies om eerder vas te kyk in God se genade dan sal ons begin glo dat ons werklik instaat is tot enigeiets deur God wat in ons lewe.

My siel wag op die Here

Nie ‘n passiewe ongeduldige wag nie
‘n Opgewonde afwagting wat berus op die feit dat God iets groot gaan doen.
Ons fout is dat ons nie baie goed is daarmee om te wag nie. Ons sal eerder self ‘n pad begin stap en dan wanneer dinge moelik raak dan 911 ons die Here, waar as ons wag op God en hom volg en in die voetspore van sy heilige gees trap - hom toelaat om die baanbrekers te wees vir ons roeping dan sal geen dag te groot wees nie.
Mag jou siel uitreik na die God van vergifnis toe en mag jy sy genade sien en mag jy elke dag kies om vas te kyk in wat moontlik is en mag geen dag vir jou ooit te groot wees nie.
Amen
Related Media
See more
Related Sermons
See more