God ken jou (begrafnis Dewald)
Sermon • Submitted
0 ratings
· 20 viewsNotes
Transcript
Votum & Seengroet
Votum & Seengroet
1In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2Hy was reeds in die begin by God. 3Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. 4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 5Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.
Genade en Vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus
Lied 1
Presensie
Presensie
Bly naby aan mekaar sodat jy nie verlore raak nie
Uitstappies en staptoere
Deel van iets groter as jyself - address lines
Ons lewe in gemeenskappe en in groepe, hoekom?
Ons het mekaar nodig want nie een van ons was al ooit alleen nie
Het jy al besef dat jy nog nooit alleen was nie - nog geen mens was al ooit alleen nie…
Die profeet wat nooit alleen was nie
Die profeet wat nooit alleen was nie
Jeremia was baie alleen maar was nooit alleen nie
Kort oorsig van sy uitdagings en die tye waarin hy geleef het
Teks is die 1ste 10 verse
Alles wat ons hoef te weet oor God se teenwoordigheid (lees)
Jeremiah 1:1–10 (NRSV)
1Die woorde van Jeremia. Hy was 'n seun van Gilkija en 'n priester uit Anatot in Benjamin.
2Die woord van die Here het tot hom gekom tydens die regering van koning Josia van Juda, seun van Amon. Dit was in die dertiende regeringsjaar van Josia. 3Daarna het die woord van die Here tot Jeremia gekom tydens die regering van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, en telkens tot die einde van die elfde regeringsjaar van koning Sedekia van Juda, seun van Josia. In die vyfde maand van daardie jaar is die inwoners van Jerusalem in ballingskap weggevoer.4Die woord van die Here het tot my gekom: 5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.6“Ag, Here my God,” het ek geantwoord, “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.” 7Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur,
en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. 8Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het. 9Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê. 10Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.
Wat gebeur alles met Jeremia (voordat hy ‘n woord inkry)
Wat gebeur alles met Jeremia (voordat hy ‘n woord inkry)
God ken hom
Intieme verbintenis (yada)
Kan nie verbintenis breek nie - daar nog voordat ons gevorm word
God vorm hom
yatsar - selfde woord om formasie van skepping te verduidelik; yotser “pottebakker” - geduldig, versigtig, uniek
Heiligmaking - qadash
^Alles nog voor geboorte…
Ons was nog nooit alleen nie - wat waar is vir Jeremia is waar vir my en vir jou en dit was waar vir Dewald…
God plaas ons waar ons moet wees
God plaas ons waar ons moet wees
Ons is vol van verskonings…
Jeremia was regtig nog ‘n jonglat gewees
God belowe ons van sy teenwoordigheid en rus ons toe met wat ons nodig het.
God is vandag met jou, hy was nog altyd by jou en sal altyd by jou wees.
Jy hoef nie bang te wees nie - God is by jou.
Die lewe gaan gebeur (Jeremia het dit rof gehad) - MAAR hy was nooit alleen nie.
Die dood leer ons van die lewe
Die dood leer ons van die lewe
Wat doen jy met die tyd wat God vir jou gegee het?
Wat doen jy met die gawes wat God vir jou gegee het?
Waar gaan soek jy betekenis?
Lig en stilte
Huldeblyk
Lied 2
Seengroet:
Die Here sal jou seen en jou beskerm. Die Here sal vir jou vertroosting en bemoediging gee deur die belofte van sy teenwoordigheid. Die God van liefde sal jou vashou en jy sal nooit alleen wees nie. Amen