Tekens van die tye in die laaste dae (4)
Verstaan Openbaring -DIE CHRONOLOGIESE VOLGORDE VAN GEBEURE - N0. 4 • Sermon • Submitted
0 ratings
· 13 viewsDit is die gebeure in Openbaring - tekens van die tye - wat daartoe lei dat dit die begin van die VERDRUKKING is.
Notes
Transcript
DIE OOPMAAK VAN DIE EERSTE SES SEëLS
DIE OOPMAAK VAN DIE EERSTE SES SEëLS
OPENBARING 6
OPENBARING 6
Die eerste seël - die wit perd
Die eerste seël - die wit perd
REV 6:1-2
1 EN ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ’n donderslag: Kom kyk!
2 En ek het gesien, en kyk, daar was ’n wit perd. En hy wat daarop sit, het ’n boog; en aan hom is ’n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ’n oorwinnaar en om te oorwin.
Die WIt PERD = Die AntiChris wat homself ten toon stel as die Prinse van vrede vir die wêreld
BOOG SONDER PYL = Sal die begin van sy oorwinnings behaal met diplomasie - bedrog - leuens - Die satan is die vader van die leuens
KROON = omdat hy ‘n kroon dra weet ons dat sy pogings van misleiding gaan slaag
Die Tweede seël - die vuurrooi perd
Die Tweede seël - die vuurrooi perd
3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!
4 En ’n ander perd, ’n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ’n groot swaard is aan hom gegee.
Die vuurrooi perd = Die vrede op die aarde wegneem - daar sal oorlog wees
Vriende - ouers - kinders - familie - susters - broers - almal gaan teen mekaar veg
Dit proklameer dat meer mense in hierdie tyd sal sterwe as enige nader tydgleuf in die geskiedenis
Die derde seël - die swart perd
Die derde seël - die swart perd
Rev 6:5-6
5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ’n swart perd; en hy wat daarop sit, het ’n skaal in sy hand.
6 En ek het ’n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ’n Rantsoen koring vir ’n penning en drie rantsoene gars vir ’n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.
Swart perd = verteenwoordig hongersnood en pessiektes wat altyd sal volg gedurende of na ‘n oorlog
Skaal = dui op die skaarsheid van voedsel
Ons moet verstaan dat die wêreld die KRUIS verwerp het en dit staar God se oordeel in sig
Rantsoen koring en drie rantsoene gars vir ‘n PENNING = genoeg gas en koring vir een persoon vir een ete = Pening - normale loon vir die dag
Baie sal sterf van die honger omdat daar nie finansies sal wees nie
Moet nie die olie en wyn beskadig nie = olyf bome en druiwe wingerde kan produseer sonder dat dit onderhou word
MAW dit produseer natuurlik en hoef nie elke seisoen herplant te word nie
DIE Druiwe en Olywe kan ook beteken dat net die heel rykstes nog heelwat gaan besit op daardie stadium
Die vierde seël - Die VAAL perd
Die vierde seël - Die VAAL perd
Rev 6:7-8
7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!
8 En ek het gesien, en kyk, daar was ’n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
Vaal perd = Kleurloosheid is simolies van die DOOD
SY NAAM is die dood en die doderyk het hom gevolg
‘n KWART = 25%van die aarde se bevolking sal onmiddelik uitgewis word - Dit sal nou +/- 2 biljoen mense wees
Dood en doderyk wys daarop dat die mense wat gaan sterwe ongelowiges wees - gelowig beland nie in die doderyk nie maar gaan na hulle VERLOSSER
Die Vyfde Seël - die wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van die Here vasgehou het
Die Vyfde Seël - die wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van die Here vasgehou het
Rev 6:9-11
9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
10 En hulle het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ’n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.
Kort na die verdrukking begin het sal daar ‘n baie groot sielle oes wees
Die meeste van die gelowiges wat jier sterwe sal deur die magte van dei AntiChris vermoor word
Die Sesde Seël - Die groot aardbewing
Die Sesde Seël - Die groot aardbewing
12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ’n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ’n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ’n vyeboom wat deur ’n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
14 en die hemel het weggewyk soos ’n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;
15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,
16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?
Die seël beskryf dat die aardbewing nou deur bonatuurlike wyse sal plaasvind
Vulkaniese uitbarstings sal plaasvind - die son het swart geword -
Die bewoners op aarde sal hierdie verskynsel sien as komende van God self
Want die mense sal uitroep -DAT DIE BERGE OP HULLE MOET VAL - net om weg te kom van die oordeel van God