Die jubeljaar van herstel van herstel vir die mensdom en die aarde

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 72 views

Comparrison of Covid 19 Conona Virus Lockdown and the Shabbat Rest of Jubileum

Notes
Transcript
Ek is so dankbaar dat soos ons die skrifte bestudeer, sien ons God het nog altyd ‘n plan, ‘n beter manier van doen en leef, ‘n rigsnoer en maatstaf van lewe waarby die hele mensdom kan baat vind as ons maar net wil luister en gehoorsaam. Ons hoef nie rond te skarrel en ons eie planne te probeer maak nie. Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. (2 Pet 1:3)
Oraloor van regoor die wêreld, hoor ons van die positiewe effek wat die wêreldwye inperking op die ekologie het. Toe Moses die Jubileum ingestel het, was dit met die oog op mense wat nog nooit ‘n nasie was nie, en vir 400 jr vasgevang was in onmenslike slawerny. Nooit weer mag mense wat in God se beeld geskape is, soos slawe behandel word nie.
Armoede volgens die Bybel is ‘n sistemiese probleem van die hart. Mense is óf arm a.g.v. van hulle luiheid, of a.g.v. hulle hebsug. Armoede is mens-gemaak.
“Like slavery and apartheid, poverty is not natural. It is man-made and it can be overcome and eradicated by the action of human beings.” Nelson Mandela
As ‘n deel van die populasie ongekende rykdom beleef, maar ‘n ander deel ongekende armoede dan is daar iets fout met die finansiële model. Baie skrywers, ekonome het in die laaste dekade hulle begin uitspreek oor die groeiende ongelykheid in die ekonomie.[1]
The ultimate test of any religion, ideology or worldview is the benefits it ultimately brings to the poor, the marginalized and oppressed. If we say we are Christians, we have to take poverty seriously. LandSummit - Thinktank[2]
Die jubileum was die Jode se gedetermineerde politieke wil om nooit die onmenslike sisteem van die Egiptiese Farao te dupliseer nie. Die jubileum dien as ‘n sosiale diens aan hulle mense, waar elke burger sy medeburger se broer bly, en so mekaar se toekoms verseker. Want die arm persoon wat ek vandag ignoreer word more die dief wat van my steel. Wanneer ek grond koop wat ek na 49jr moet teruggee, of skuld wat ek na 7 jr moet afskryf, dan hou ek verhouding met die lener, om seker te maak dat hy of sy in staat is om die skuld voor die tyd af te betaal. Sodoende word die samelewing nie ‘n slagoffer van kumulatiewe skuld nie. (Deut 15:1-5)
Sabbat is ‘n vorm van vrystelling, losmaak, staking, laat gaan, vrylating. Ek gee my liggaam waarmee ek werk verrig op, ek laat my liggaam rus. Sodoende gee ek ook die grond waarmee ek ‘n inkomste verdien oor, en laat dit rus.
Vir een dag in die week, is eienaar en dienskneg gelyk. Die slaaf dien nie sy meester nie, en die meester word nie bedien nie. Beide is skeppingswerke geskape in God se beeld, wat Sy genade geniet in dankbaarheid. Daarom is die Sabbat maaltyd ‘n feesmaal. Die arm persoon spaar om te minste vars brood met botter, heuning en sout te geniet; ‘n koningsmaal! Die eienaar is nie meer in beheer van sy dienskneg se liggaam nie. Tydens jubileum, gee die eienaar die beheer oor die grond ook oor. Die beginsel van herlewingslandbou is om die grond soos die mens se liggaam te sien, die kors van die grond is soos die vel van ‘n mens se liggaam en moet nie versteur word nie. Kos het sy voedingswaarde verloor, ek wonder as ons grond sou laat rus vir ‘n jaar, of die grond nie tog sal herstel en ook die smaak en voedingswaarde van die vrug nie. Dr. James Blignaut lei die “restory” inisiatief om verder land-people-degradation te keer.[3]
Die Farao wou nie die mense vir 3 dae laat gaan om te gaan offer aan hulle God nie. (Eks 5:1-2) Deur die Jubileum word elke eienaar ‘n tipe Moses, en koninklike Vader wat sy mense laat vrykom van slawerny. Een dag ‘n week, en elke sewe jaar word mense verlos van die piramide hiërargie van posisionele imperialisme en dominansie. Almal word weer uit sistemiese Egipte verlos, die plek van slawerny.
“Wanneer ’n mede-Israeliet in jou omgewing só in die skuld raak dat hy hom aan jou verkoop as slaaf, mag jy hom nie slawewerk laat doen nie.” (Leviticus 25:39, AFRIKAAN)
Omdat Ek die Israeliete uit Egipte laat trek het, is hulle my dienaars. Daarom mag hulle nie as slawe aan iemand verkoop word nie. Uit eerbied vir julle God mag julle ook nie so ’n mede-Israeliet hard behandel nie.” (Leviticus 25:42–43, AFRIKAAN)
wat deur julle aan julle kinders bemaak kan word as besittings en wat lewenslank hulle slawe sal wees. Julle mag egter nooit van julle mede-Israeliete slawe maak nie.” (Leviticus 25:46, AFRIKAAN)
Hy het soos ’n dagloner jaar na jaar vir die nie-Israeliet gewerk. Jy moet sorg dat hy nie hard behandel word nie.” (Leviticus 25:53, AFRIKAAN)
Daar is vir jare kritiek teen die 2 mono-teïstiese gelowe vd Jode en Christene, dat ons die heers oor die aarde en diere, gedoen het ten koste van die aarde en die ekologie. Dit is duidelik dat die jubileum, beide die grond en die mens laat rus. Beide is belangrik voor God, en ‘n voorsiening vir die ander.
“Wanneer jy regspreek, mag jy ’n arme nie in ’n hofsaak veronreg nie en moet jy wegbly van leuens sodat jy nie onskuldiges en regverdiges doodmaak nie. Ek, die Here, vind nie ’n skuldige onskuldig nie. Wanneer jy regspreek, mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want dit maak dié wat sien, blind en laat die saak van die onskuldige skeef loop. “Jy mag ’n vreemdeling nie laat verdruk nie. Julle ken die lewe van ’n vreemdeling, want julle was vreemdelinge in Egipte.” “Ses jaar mag jy jou lande saai en die oes insamel, maar die sewende jaar moet jy dit laat braak lê. Die armes onder jou mense mag van die opslag eet, en wat hulle laat oorbly, kan die wilde diere vreet. So moet jy ook met jou wingerd en olyfbome maak. “In ses dae moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy nie werk nie sodat jou beeste en donkies kan uitrus en jou werksmense en die vreemdelinge by jou ’n bietjie kan asem skep.” (Exodus 23:6–12, AFRIKAAN)
“Sê vir die Israeliete: Wanneer julle in die land kom wat Ek aan julle gee, moet daar vir die land rustye wees tot eer van die Here: ses jaar kan julle die lande saai en die wingerde snoei en die opbrengs oes, maar die sewende jaar moet die hele land ’n rustyd hê, ’n sabbatsjaar tot eer van die Here. Dan mag julle niks saai nie en ook nie die wingerde snoei nie. Julle mag selfs nie die opslaggraan of die druiwetrosse van die ongesnoeide wingerde afoes nie. Dit moet vir die land ’n jaar van algehele rus wees. Dit moet vir julle ’n jaar van algehele rus wees. Julle, julle slawe, julle slavinne, julle dagloners en die bywoners in julle land sowel as julle diere en die wild moet dan leef van wat die veld oplewer.” (Leviticus 25:2–6, AFRIKAAN)
Hy moet die are as beweegoffer vir My, die Here, aanbied sodat julle vir My aanneemlik sal wees. Die priester moet dit die dag ná die sabbat doen.” (Leviticus 23:11, AFRIKAAN)
Die Sabbatsrus beteken letterlik om die beheer van die hand op te gee, los jou greep, gee oor jou beheer.
Die hoogtepunt van die jubileum is na 49jr word die eienaarskap van die grond teruggegee aan die oorspronklike eienaar. (Lev 25:23-28, 54) Hierdie weggee-daad voorkom eienaars om magnate te word, word meer het as wat hulle nodig het, en herinner dat elkeen rentmeesters van God se grond is. ,
Leviticus 26:35 (grond wat nie gerus het nie, a.g.v hulle ongehoorsaamheid sal wel rus, in die tyd van straf. II Chronicles 36:21 explicitly connects Jeremiah’s figure of 70 to Lev. 26:34-35: “Those who survived the sword, God exiled to Babylon ... in fulfillment of the word of Adonai spoken by Jeremiah ‘until the land has repaid its Sabbaths, as long as it lay desolate it kept its Sabbath, until seventy years were complete.” Then, in the Book of Daniel the 70 years became “seventy 'weeks'” = 70 x 7 = 490 years. Only with the passage of that period would the sin that caused the exile be fully expiated (Daniel 9:24).
Wat het Jubileum met Goeie Vrydag, Paasfees en Jesus te doen?
“Ek sê vir julle: Hier is Een wat groter is as die tempel. As julle begryp het wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,’ dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie. Die Seun van die mens is immers Here oor die Sabbat.” (Mat 12:1-8)
Christus Jesus se dood aan die kruis, Sy leiding, Sy offer van gehoorsaamheid was die ewige, en grootste “reset” van alle tye! In Christus word alles en almal in harmonie met God en mekaar versoen ene herstel. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. (1 Cor 15:22) En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, (2 Cor 5:18) Christus is ons Jubileum.
Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. (Luk 4:18-19)
Die voordele van Jubileum:
· Jubileum is ‘n vorm van “reset” jou liggaam en die grond, en die samelewing word soos ‘n rekenaar wat “hang” weer ge“reset”. Die hele mensdom kom weer in Lyn met ‘n Jesus-waardesisteem en rigsnoer, maatstaf van beste lewe praktyk.
· In die jubileum, word beide die werkersklas en die eienaar klas gelykgestel, om te gee, en hulleself onder God se heerskappy te plaas.[4]
· Almal moet werk, en almal moet rus. In die huidige Westerse kapitalistiese model, wil mense genoeg geld maak, sogenaamde passiewe inkomste om nie meer te werk nie. Aftrede is nie ‘n Bybelse konsep nie.
· ‘n Verbruiker gedrewe samelewing word ‘n skeppende, werkende, welwillendheid gedrewe samelewing.
· Beide die grond en die mens se liggaam kan meer optimaal produseer, as ons streng rus-maatreëls volg. Ons kan net harder werk, as ons harder gaan rus!
· Die gaping tussen ryk & arm word drasties verklein, omdat ons almal ons verantwoordelikheid van broederskap teenoor mekaar ernstig opneem. “I will be my brother’s keeper” Die grootste sistemiese uitdaging van armoede, is diskonneksie, uitsluiting, stigmatisering, distansie van werk waar ek vir myself ‘n inkomste kan verdien.
· ‘n Regering as Welsynstaat word vervang met ‘n sosiale sisteem, van interafhanklikheid, mede-aanspreeklikheid en verantwoordbaarheid.
Ons Landbou Thinktank voorspel dat ons Post-Covid19 ‘n nuwe vorm van kollateraal gaan sien: Tans finansier bank net teen grondwaarde, en verhandelbare aandele. In die toekoms gaan ons Ontwikkelingsbanke moet oprig, om produksie as ‘n kollateraal te sien. Gemeenskapsbanke soos stokvel gaan hoofstroom word. Gemeenskappe gaan nader aan mekaar beweeg met “social compacts”, en “collaboratives”.
Wat is die hart van Jubileum? GEE, GEE, GEE!
God het Sy eniggebore Seun gegee! (Joh 3:16)
Die Bybelse manier om deur die onsekerheid, die vrees oor die toekoms te breek is om te gee. Tobias en Dr. Ruben Richards lei tans ‘n inisiatief, waarby elke Citrusprodusent in die Olifantsriviervallei ‘n 10de van hulle lokale-mark geoormerkte lemoene gaan gee vir die Weskaap Regering om deel te vorm van die distribusie 50 000 kospakkies per dag vir die winterseisoen.
Ons is tans besig om 28 haweloses ‘n dak oor hulle kop, daaglikse etes, en opleiding te gee in Work4aLiving wat Maandag begin deur Wena Botha. Ons monitor ons mense in die gemeente se situasie, en help deur ons apostoliese fonds dat almal kos het om te eet, en versorg is.
In die weke wat kom, gaan ons nog meer gee, help en ondersteun, versoening bewerk, vrede maak, brûe bou, die volkome genesing van die totale mens.
[1] Piketty, T. and Goldhammer, A., n.d. Capital In The Twenty-First Century. Roche, B. and Jakub, J., n.d. Completing Capitalism.
[2] https://landsummit.co.za/about/
[3] https://restory.co.za/why-restore/
[4] The Triple Shabbat and its Implications for Poverty, Accumulation of Wealth, and Human Freedom. Noam Zion, Hartman Institute, Noam.zion@gmail.com – excerpted from: Jewish Giving in Comparative Perspectives: History and Story, Law and Theology, Anthropology and Psychology. Book One: From Each According to One’s Ability: Duties to Poor People from the Bible to the Welfare State and Tikkun Olam.
Related Media
See more
Related Sermons
See more