Die fondament
Sermon • Submitted
0 ratings
· 7 viewsNotes
Transcript
Ons is mense wat beweeg
Ons is mense wat beweeg
Oppad iewers heen.
Elkeen speel ‘n rol in die samelewing - 1 mens kan nie alles doen nie
Net so speel elkeen van ons ‘n rol in die koninkryk van God.
Nie 2 verskillende goed nie…
Hoe vereenselwig ons hierdie lewe van ons… Hierdie beweeg en doen en dink met ons identiteit as kinders van God?
Teks inleiding
Teks inleiding
Vraag wat die gemeente in Korinte ook gehad het.
Agtergrond van gemeente en gemeenskap!
1 Kor is 2de brief - onderrig oor hoe hulle hul rol moet verstaan sodat hulle standvastig kan bly ten spyte van die uitdagings van die stad waarin hulle bly
(lees & bid)
Metafore
Metafore
Wat is dit?
1ste is die saailand - maar ‘n saailand kan vernietig word deur die elemente
Ook die gebou wat die toets kan deurstaan
Belangrikheid van die fondament - Groot klippe wat gebruik was - wat nie kan skuif nie wat nie kan breek nie al val die gebou in mekaar.
Baie keer wil ons ons eie ding doen sonder God. Ons wil ons eie fondament le ons eie ding doen en dan daarna vra ons die Here se seen daaroor…
Fondament = Christus beteken die begin van alles wat jy doen die lewe wat jy bou moet by Jesus begin.
DIE VERSKILLE - Elkeen bring iets na die tafel toe - ons hoef nie altyd ooreen te stem oor als nie - wat belangrik is, is die fondament. Die res kan en moet verskil - het jy al ooit verby ‘n building site gery en net een ou gesien wat alles doen?
Jy is ‘n tempel…
Ons sukkel om onsself iets goed te gun. Ouma vertel van die vlerkies wat sy altyd geeet het. Jy is ‘n tempel en God se gees woon in jou - is jy besig om goed na jouself te kyk?
Is jy besig om gesonde keuses te maak in terme van jou verhoudings, jou liggam, jou siel… Jy is ‘n tempel, ‘n heilige wese want God se Gees lewe binne in jou… Is jy besig om skade te doen aan hierdie heilige tempel? Of is jy besig om hierdie tempel op ‘n gesonde manier te versorg?
Wat is die sleutel?
Die teks gee vir ons die geheim - gaan soek wysheid by God en nie by die wereld nie. Ons moet keuses maak - gesonde keuses maak sodat ons die toets kan deurstaan en ‘n gesonde tempel kan he, maar hoe weet ons wat die beste en gesonde keuses is? Ons kort wysheid daarvoor - wysheid wat God vir ons gee.
maak weer tyd vir God… In jou alledaagse lewe…