Tekens van die tye in die laaste dae (6)
Verstaan Openbaring -DIE CHRONOLOGIESE VOLGORDE VAN GEBEURE - N0. 6 • Sermon • Submitted
0 ratings
· 12 viewsDit is die gebeure in Openbaring - tekens van die tye - wat daartoe lei dat dit die begin van die VERDRUKKING is.
Notes
Transcript
Openbaring 8
Openbaring 8
Die Sewende seël: Oordele van die TROMPETTE
Die Sewende seël: Oordele van die TROMPETTE
Rev 8:1-5
1 EN toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent ’n halfuur lank.
2 En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewe basuine is aan hulle gegee.
3 En ’n ander engel het gekom en met ’n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê;
4 en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.
5 En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.
Die sewende seël verskil van die voriges in die sin dat dit die volgende reeks oordele inlei:
DIE SEWE OORDELE MET TROMPETTE:
Waar 5 van die seël oordele verwoesting gesaai het wat deur die mens se toedoenteweegebring is, kom al die oordele met trompette uit die Hemel.
Hulle is so erg dat ons in vers 1 lees dat nadat die 7de seël oopgemaak is, daat ‘n doodse stilte in die hemel gekom het van omtrent ‘n halfuur lank.
In die res van Openbaring word die hemel as ‘n plek van vreugde en aanbidding voorgestel, trompetgeskal en hemelse wesens wat die glorie van God verkondig.
Erg soos die oordele van die seëls was sal die oordele van die trompette baie erger wees.
DIE OORDELE VAN DIE TROMPETTE
DIE OORDELE VAN DIE TROMPETTE
Hierdie oordele vind plaas in die tweede gedeelte van die verdrukking / vervolging
Die eerste gedeelte het die mens die toorn van die antichris ervaar, maar nou gaan die mens met die toorn van God te doen kry
Die eerste trompet: Hael en vuur en bloed.
Die eerste trompet: Hael en vuur en bloed.
rev 8:7
7 En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ’n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.
HIerdie sal een geweldige ekologiese ramp sonder gelyke in die geskiedenis en die gevolge daarvan sal nie bereken kan word nie.
Vuur en hael met bloed gemeng - is soos die profeet Joël voorspel het
Joe 2:30
30 En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.
En dit is nog maar die eerste trompet
Die tweede trompet: Berg van vuur
Die tweede trompet: Berg van vuur
Rev 8:8-9
8 En die tweede engel het geblaas, en iets soos ’n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En ’n derde van die see het bloed geword,
9 en ’n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ’n derde van die skepe het vergaan.
Johannes sien iets soos ‘n berg wat brand - soos ‘n ontsaglike meteoriet wat in die see gegooi word -
33% van die see is bloed
33% van die seelewe het gesterf
33% van die skepe op die see het vergaan
As gevolg van hierdie ramp wat die aarde tref sal daar heel moontlik ook 33% van die mense op die aarde vergaan agv die siektes en besoedelde seewater.
Ek sidder as ek daaraan dink aan die gevolge van hierdie gebeure
Die Derde trompet: die ster BITTERALS
Die Derde trompet: die ster BITTERALS
Rev 8:10-11
10 En die derde engel het geblaas, en ’n groot ster wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van die riviere en op die waterfonteine.
11 En die naam van die ster word genoem Alsem; en ’n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.
Wanneer die Engel op die derde trompet blaas, stort ‘n volgende meteoriet - wat soos ‘n fakkel brand - op die aarde neer.
Dit val nie in die see nie, maar op 33% van die aarde se riviere en waterbronne, sodat dit “BITTER” word - Baie mense sterf van die besmette water.
Die vierde trompet: Donkerte sak toe
Die vierde trompet: Donkerte sak toe
Rev 8:12
12 En die vierde engel het geblaas, en ’n derde van die son is getref en ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre, sodat ’n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.
Alle lewe op aarde is van die son afhanklik; as die son koud sou word, sal die aarde ‘n ysmassa word. Ek weet nie hoe dit gaan werk nie maar selfs die dag sal 33% van die tyd nie lig hê nie.
Dan dink ek terug aan die plae in Egipte wat dit so donker geword het dat die mense die donker kon voel.
25 EN daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
Dit sal werklik ‘n aaklige ding wees om te deurstaan - ons moet seker maak dat ons lewens reg en in orde is met God
Ons kan nie bekostig dat ons sonde die Hel werd is nie