n Tyd om van blydskap te dans
Afrikaans • Sermon • Submitted
0 ratings
· 31 viewsNotes
Transcript
‘n Tyd om te dans?
‘n Tyd om te dans?
As teksvers vir vanaand se boodskap, hoop ek julle sal julle ore en harte oopmaak vir die betekenins van veral Prediker 3: 12 en 13:
Ek het tot die insig gekom dat daar vir ’n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet.
Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God.
Maar, kom ons lees Prediker 3: 1-15 saam, sodat ons die konteks kan kry van ons teksvers:
Prediker 3: 1-15:
Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:
daar is ’n tyd om gebore te word, ’n tyd om te sterwe, ’n tyd om te plant, ’n tyd om plante uit te trek,
’n tyd om ’n lewe te neem, ’n tyd om ’n lewe te red, ’n tyd om af te breek, ’n tyd om te bou,
’n tyd om te huil, ’n tyd om te lag, ’n tyd om te treur, ’n tyd om van blydskap te dans,
’n tyd om klippe weg te gooi, ’n tyd om hulle bymekaar te maak, ’n tyd om te omhels, ’n tyd om weg te bly van omhelsing af,
’n tyd om aan te skaf, ’n tyd om te laat wegraak, ’n tyd om te spaar, ’n tyd om weg te gooi,
’n tyd om te skeur, ’n tyd om toe te werk, ’n tyd om stil te bly, ’n tyd om te praat,
’n tyd om lief te hê, ’n tyd om te haat, ’n tyd vir oorlog, ’n tyd vir vrede.
Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?
Ek het gesien dat God aan die mens ’n taak gegee het om hom mee besig te hou.
God het elke ding gemaak dat dit pas in ’n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.
Ek het tot die insig gekom dat daar vir ’n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet.
Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God.
Ek het tot die insig gekom dat wat God doen, blywend is: jy kan daar niks byvoeg nie en jy kan daar niks van wegneem nie. God doen dit sodat die mens vir Hom ontsag sal hê.
Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds. God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het.
Ek het tot die insig gekom dat daar vir die mens niks beters is as om vrolik te wees nie???
(So amper, so lyk dit dalk nou, asof die vers wil se dat al die wat vanaand hier in die reikwydte van my stem verkeer, vol vreugde behoort te wees!
En as ons nog hoor van iemand se leed of verdriet, of bekommernis, dan wil ons sommer vooraf vir hulle se, geveins se: Jammer om van julle nonsens te hoor)
Dan loer ons wie ons volgende gaan vra om te dans!
Want vanaand, so wil ons weer net dans!
Soos david Kramer sing: “Maar ek wil dans dans dans (kan n man die nie?) dans dans dans, tot my hemp uit hang
en more staan ek vroeg op om vis te gaan vang
Maar nie lank nie, dan is die dans verby, nie waar nie?
En die vis he alweer nie gebyt nie, en my baas se raas klink so oneindiglik hard wanneer ek sukkel om oor my babelaas hoofpyn te kom
(back to the grinding stone; bavk to the mille - se die engelse, alles dieselfde, dag na dag
“En jy wil vir my vertel dis tyd om van blydskap te dans???
Vriende, geliefdes in die Here,
ek ken nie vanaand die rede waarom julle ingeskakel het op hierdie nuwe manier van Kerk-doen nie,
Maar ek weet dit:
Baie van julle, baie van ons, het vannad nie veel om oor te dans nie; en nie veel meer om selfs oor te lag nie.
En tog … en tog ...
Die skrywer va Prediker ken ook hierdie waarheid as hy oor die lewe besin:
Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.
Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld?
Geslagte kom en geslagte gaan, maar die wêreld bly altyd dieselfde.
Dit is so, kom ons agter!
Alles dieselfde
Alles dieselfde
(Vir die wat n sin vir die geskiedenis het, klnk hierdie waarheid half bekend!
Veral nie nou nie, nie waar nie?
Covid!
Wat n ramp!
Maar ons gesin hetr nou anderaand n fliek op tv gesit en kyk wat ons herinner het dat hierdie beswaarlik die eerste pandemie is!)
Maar, dis Covid en dis lockdown!
Dis verlang en dis werkloosheid en opstande en vernietiging;
dis oorloe en gerugte van oorloe;
Alles tevergeefs! Sekerlik tog!
Daar is n hele filosofie rondom hierdie voortdurende moedeloosheid gebou, in filosowe soos Heidegger, en Sartre, en Albert Camus
En hulle het uiteindelik tot die slotsom gekom dat al wat vir ons oorbly om te doen, is om selfmoord te pleeg!
Duidelik, wanneer mens die letterkunde en musiek, baie van die kunste ontleed, dan bestaan baie mense in oomblike van voortdurende perpleksie en moedelossheid, van “boedel oorgeee; van tot die besef kom dat hulle oorgelewer is aan die sinneloosheid van die lewe:
Eugene Marais was grotendeels so n mens:
'n Druppel gal is in die soetste wyn;
'n traan is op elk' vrolik' snaar,
in elke lag 'n sug van pyn,
in elke roos 'n dowwe blaar.
Die een wat deur die nag
ons pret beloer
en laaste lag,
is Skoppensboer.
II
Gewis en seker is die woord:
die skatte wat ons opvergaar,
ondanks die sterkste slot en koord
word net vir mot en roes bewaar.
Net pagters ons
van stof en dons
om oor te voer
aan Skoppensboer.
III
Die heerlikheid van vlees en bloed;
die hare wat die sonlig vang
en weergee in 'n goue gloed;
die dagbreek op elk' sagte wang
en oë vol van sterreprag
is weerloos teen sy groter mag.
Alreeds begint die rimpel sny;
oor alles hou die wurm wag
en stof en as is al wat bly:
Want swart en droef,
die hoogste troef
oor ál wat roer,
is Skoppensboer.
IV L'ENVOI
Gewis is alles net 'n grap!
Ons speel in die komedie mee
geblinddoek met 'n lanferlap
wat selfs die son 'n skadu gee.
Wat treur ons tog?
Viool en fluit maak nog geluid,
en lank die nag wat voorlê nog.
Al kan ons nooit volmaaktheid raak,
nog blink die oog en gloei die huid
wat heel die winter blomtyd maak.
Dus onverlee
lag ons maar mee
met elke toer
van Skoppensboer!
Regtig?
Ek hoop julle vra … regtig?
Is dit al wat oor is?
Tensy ons deuglik lees, kan ons selfs tot die slotsom kom wanneer ons prediker lees, lyk dit my!
Maar ...
God sal ons tog nie n boek vol van Sy woord gee, n boek vol belofet, n boek wat Sy karakter en wese verduidelik - en vir ons hierdie een boodskap by ons wil los nie, dat alles tevergeefs is nie??
Hoe dan kan ons hierdie boodskap verstaan?
Ek hoop om te verduidelik, vriende,
en om dit n raamwerk te gee
wil ek die volgende patroon voorstel:
Dat ons lees, en sien, dat :-
God wys ons met die gelese gedeeltes iets wat ons weet, nl,
“Daar is niks nuuts onder die son nie.”
Maar, dat Die probleem is nie dat daar niks nuuts is onder die son nie, dis net dat ons nie die regte perspektief het om dit te verstaan nie (todat God se wese en sy planne vir ons duidelik word)
en dat wanneer ons verstaan, ons n tot n nuwe voorneme instaat sal wees - dat alles onder beheer is, an dat ons nie hoef moed te verloor nie - dat ons selfs rede het om bly te dans!
Alles wat was, was reeds
Alles wat was, was reeds
Dit is die werklikheid van verse 1-8!
Dit kan mens moedloos maak ...
of … dit kan mens met nuwe oe laat kyk!
Erfenisdag! Erfenis?!?!
Die seisone (voorbeeld)
/////////////////////////////
n Nuwe perspektief!
n Nuwe perspektief!
Om met nuwe oe te kyk - geloofsoe!
Die oe waarmee ons kyk!
U sien … Ons sien nie ewigheid nie! Net od kan!
En dit moet vir ons in verbystering en verwondering laat!
Ek het gesien dat God aan die mens ’n taak gegee het om hom mee besig te hou.
God het elke ding gemaak dat dit pas in ’n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.
(Dit klink soos n las, maar dis n seen)
MAW ons sien en verstaan maar ten dele, maar in die wete dat ons nietig is en weet dat ons nie weet nie; en weet dat ons NIKS beheer nie, weet ons dat God bestaan wat ewiglik is!
Ons weet dat God is, want ons kan dit sien in alles wat is en wat was en wat ons redelik verseker kan voorspel sal nog kom!
En vriende, of ons dit wil erken of nie -
Elke mens het daardie wete, al probeer ons ook hoe om dit te ontken!
Dit, vriende, is die groot onrustigheid wat so baie mense beleef!
En dis n onrustigheid wat sal aanhou, todat ons verstaan ons is tydelik en sterflik agv ons tasting in God se oneindigheid (Ons verbeel ons ons kan God omverwerp en self God wees!
En so het ons nou by n plek uitgekom waar ons nie net oor lewe en dood wil besluit nie (dink aborsie en selfdood)
behalwe, hulle kom vroer of later agter dat hulle NIKS kan beheer nie!
Die lewe word te tog nie sonder moeite en verdriet nie - alles is diemselfde
Maar, die dag as ons agterkom dat daar iets groter, iets ewigdurend is (iets moet ewigdurend wees; want ons weet minstens dit - daar was n gister, n vandag, en op grond van God (wat ewigheid) is - kan ons uitsien na n more.
As ons die dag dit besef
dan is dit n dag van groot blydskap!
selfs as dit kom op die dag van hartseer en skeiding …!
… wat alles uitloop op die moontlikheid van n vaste oortuiging -
As God in beheer is, dan, sekerlik, dan is alles nog wel, nie waar nie?
dat daar wel iets is om oor te dans
nee, meer
dat daar iets ewigliks en standvastig, onwankelbaar is, waaroor ons kan dans!
En dit is, dat God my ken … MY ken!
Ja selfs ek! kaalvoet klonkie op n wintersaand wat hoop die tannie met die kombesie gaan dalk vir hom ook n komber he ...
Selfs EK, wat so nutteloos voel nouy dat ek my werk verloor het.
Dan besef mens iets van God, siet u!?
God! Almagtig en ewig ...
Hoe gaan die ou gesang
Op berge en in dale, en oral is my God
Waar ons ook telke male mag swerwe daar is God
Waar ons gedagtes swewe, of styg ook daar is God
omlaag en hoog verhewe, ja, oral is my God
Sy troue Vaderoë, sien alles van naby
ons leef uit Sy vermoë, word deur Sy Gees gelei
Die swaeltjies behoed Hy, beklee met gras die dal
Die kleinste wurmpie voed Hy, sorg vir die groot heelal.
Om dit te verstaan, moet ons iets weet - dat ons nie in beheer is nie; (1)
Dat ons ons perspektief moet verander (2)
en Dat in God se genade, wanneer dit ons oorkom, om met nuwe oe te kyk, dan lei dit tot n nuwe, vaste oortuiging, dat alles onder beheer is, want God is in beheer!
En dan kan ons dans, dan nie!
Selfs, wanneer ons dans partykeer die dodemars is;
en selfs wanneer ons n riel dans terwyl ons nie anders kan om te weet dat God my sonde vergewe het nie ( dan dans ons maar so skaam skaam ((wanneer n mens iemand hoor se, ek weet nie eintlik hoe om te dans nie - soos die eerstejaars op universiteit by n sokkie) maar, ai, ek wil so graag)
Wil ons nie maar almal kan dans nie, vriende?
Die prediker kry ons op n onverwagse manier om by die plek uit te kry!
Ek het tot die insig gekom dat daar vir ’n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet.
Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God.
Met ander woorde, doen alles wat jy doen asof jy dit vir God doen, want dit is in Sy groot plan ingeskryf en jy is deel van daardie plan (wat ons klein koppies en lafhartige hartjies nie kan verstaan nie ) maar, ons deeltjie is belangrik!
WANT EENDAG - en nou reeds! - sal ons deel wees van die ewigheid!
Maar tot dan, het ons n deel aan die verloop van tyd (elkeen van ons sy of haar klein deeltjie, van n menslike perspektief)
maar n deel aan n erfenis wat roes en mot nie sal vernietig nie - wat ewigdurend is!
Ja, sefs in my roetine werkie, is daar n Groter doel.
- ek pas in God se ewigheidsplan in
En dit maak my plekkie belangrik!
Want ook my deel, is kosbaar en belangrik!
Ek hoop dat julle met hierdie nuwe perspektief, gou sal wil dans, omdat julle tot n nuwe voorneme gekom het:
Dat julle op God sal vertroe
Hy wat tyd en ewigheid in Sy hande laat meewerk to Sy groot raadplan om n nuwe hemel en nuwe aarde op te rig, waar niemand waarvoor Hy lief is nooit ooit weer sal hoef uit te sit nie!
Daardie wereld is reeds hier!
Dit het anngebreek toe Jesus gebore is, gesterf het en opgestaan het uit die graf om alle droeheid leed en skeiding, te vernietig!
Dit is reeds hier!
Hoe is daai vir n nuwe perspektief?
Amen!