Tekens van die tye in die laaste dae (8)

0 ratings
· 278 views

Dit is die gebeure in Openbaring - tekens van die tye - wat daartoe lei dat dit die begin van die VERDRUKKING is.

Notes
Transcript

Openbaring 15

Die Sewe Engele en die sewe skale, of die laaste Plae

Revelation 15 DIEBYBEL:A19331953
1 EN ek het ’n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig. 2 En ek het gesien iets soos ’n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God. 3 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! 4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het. 5 En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen. 6 En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels. 7 En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid. 8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

Die oordele van die bakke - die TOORN van God

Revelation 16:1 DIEBYBEL:A19331953
1 EN ek het ’n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.
Die skale hier beteken dan ook “bakke” wat uitgegooi sal word
Dit kan ook verwys dat die bakke wat uitgegooi sal word juis op die Antichris en sy “koningkryk” van toepassing sal wees en sal dan ook daarop toegespits wees - Dan 7:7
Daniel 7:7 DIEBYBEL:A19331953
7 Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was ’n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad.

Die eerste bak - Kwaadaardige en pynlike swere

Revelation 16:2 DIEBYBEL:A19331953
2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.
Kyk op wie het dit gekom - die wat die merk van die dier gehad het en wat sy beeld aanbid het
Dit bewys die stelling dat hierdie laaste plae spesifiek op die antichris en sy koningkryk gemik is
Gaan kyk terug in Exodus met die plae dan sal jy sien dat dieselfde woord is wat hier gebruik word in die Septuagint - die griekse vertaling van die ou Testament - met die Egiptiese plae

Die Tweede Bak - Die see verander n bloed

Revelation 16:3 DIEBYBEL:A19331953
3 En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van ’n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.
Vroeër in die verdrukking het 1/3 de van die see bloed geword - nou word die Hele SEE vrander in BLOED
SOOS die bloed van ‘n dooie - korrup- -ontbibdend - stink - verrot - Alle lewende dinge in die see het gesterwe - selfs die mense wat op die skepe is in die see
Dit is meer as 70% van die aarde wat in verotting is - die see beslaan ongeveer 70% van die aarde se oppervlak

Die Derde Bak - Die riviere en ander waterbronne verander in bloed

Revelation 16:4–7 DIEBYBEL:A19331953
4 En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword. 5 En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het; 6 want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien. 7 En ek het ’n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.
Die see en al die waterbronne verander in bloed as ‘n getuie teen die bloed van die profete en die kinders van God wat gesterf het
Op hierdie stadium van die verdrukking het die antichris reeds miljoene mense wat tydens die verdrukking tot geloof in God gekom het gemartel en vermoor
Daar sal ewe skielik geen maar geen vars water - bogronds of ondergronds - op die aarde meer wees nie en ook geen manier om dit te suiwer om te drink nie
Vers 5 - U is regverdig oo Here - verwysend na die “rightiousness of God that will never change -
WAT IS EN WAT WAS - - Die God wat ons dien verander in der ewigheid nooit
Vers 7 - UIT DIE ALTAAR - Dit verwys na die die gebede van die wat onder die Altaar is- hulle wraak is op pad

Die Vierde Bak - Die son verskroei die mense

Revelation 16:8–9 DIEBYBEL:A19331953
8 En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei. 9 En die mense is geskroei met ’n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
Hulle monde is kurkdroog want daar is niks water nie - Maar dit is nog nie einde vir die ongelowiges nie - God laat hulle nou ook verskroei deur die son - onthou dat die son reeds 1/3 van sy glans en krag verloor het
Nog steeds wil die mens na al hierdie dinge nie berou oor hulle sondes toon nie - hulle vervloek eerder die Skepper van die Hemel en die Aarde

De Vyfde Bak - duisternis oor die koningkryk van die dier

Revelation 16:10–11 DIEBYBEL:A19331953
10 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn; 11 en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.
Hierdie vers dui daarop dat die oorblywende mense nog steeds geteister word deur die swere van die eerste plaag - en dit blyk dat die duisternis nou hulle pyne nog verder vererger soveel so dat hulle hul eie tonge stukkend bebyt het van die pyne
En nog steeds laster en vervloek hulle die Skepper - die mens blameer waaragtig die God en Skepper van die aarde vir hulle moeilikheid -
Vandag doen ons in alle geval dieselfde - dit is baie min dat ons die penarie waarin ons is aan onsself toedig - ons soek eerder iemand anders om te blameer - nou as dit goed gaan met die mens en hy blaeer ander en ook vir God - hoeveel te meer sal dit nie die geval wees as dit nou waaragtig bitter baie moeilik met die mens gaan nie
Toe die antichris homself as GOD veklaar het - het hy opsigself die fokuspunt van God se toorn geword - hoe dom kan hy nie wees nie - want nou sal hy sien en agter kom wie die werklike God is.

Die Sesde Bak - Die Eufraat droog op

Revelation 16:12 DIEBYBEL:A19331953
12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die Ooste af kom, reggemaak kon word.
Die Eufraat is die rivier wat die ooste van dieweste skei - Die konings van die ooste en weste kon tot op daardie stadium nie bymekaar uitkom om saam te smelt as ‘n eenheid om teen God oorlog te voer nie - maar nou gee God vir hulle die uitweg om bymekaar te kan kom sonder enige probleem deur die Eufraat rivier te laat opdroog
Hulle moet almal volgens die profesie in die dal van Megiddo bymekaar kom

Die Drie Onrein geeste

Revelation 16:13–16 DIEBYBEL:A19331953
13 En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. 14 Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. 15 Kyk, Ek kom soos ’n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. 16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.

Die Sewende Bak - Die Ergste Aardbewing in die Geskiedenis van die Mensdom

Revelation 16:17–21 DIEBYBEL:A19331953
17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ’n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby! 18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ’n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie—so ’n geweldige groot aardbewing. 19 En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn. 20 En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie; 21 en groot hael, omtrent ’n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.
DIT IS VERBY - hier is dit die laaste van die laaste - Die Kamtige groot en magtige stad van Babilon skeur in 3 dele - Groot hael van ongeveer 50kg val uit die hemel - En het die mense gerou getoon oor hulle dade - nog nooit nie - want hulle het God nog steeds gelaster en nie berou getoon nie
HIER IS DIT NOU DIE EINDE VAN ALL PLAE - SELFS DIE OORDELE VAN DIE BAKKE IS NOU VERBY - DIE LAASTE VAN DIE SWAARKRY
HIER BLY NOU NOG NET EEN DING OOR WAT NOET GEBEUR EN DIT IS NATUURLIK DIE GROOT OORLOG - DIE SLAG VAN ARMAGIDDON - DIE BELANGRIKSTE VELDSLAG IN DIE GESKIEDENIS VAN DIE MENSDOM GAAN NOU PLAASVIND
Related Media
See more
Related Sermons
See more