Sermon Tone Analysis
Overall tone of the sermon
This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.09UNLIKELY
Disgust
0.11UNLIKELY
Fear
0.11UNLIKELY
Joy
0.07UNLIKELY
Sadness
0.68LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.14UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.43UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.11UNLIKELY
Tone of specific sentences
Tones
Emotion
Language
Social Tendencies
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Twee strome:
Die leer van ophouing: Ek het een van Nico van de Walt se kritiek teen die gawes gelees, waar hy verklaar dat God Homself as te ware uitgepraat het in die Woord, en dat ons niks kan byvoeg tot die Woord nie.
Hy gebruik Heb 1:2-3 om sy punt te argumenteer dat spesifiek profesie nie meer nodig is nie.
Nou as ons werklik tegnies wil raak, moet ons verstaan dat 1 Tim 3:16 en Heb 4:12 en ander skrifgedeeltes waar daar na die belangrikheid van die skrif verwys word en dan ons nie ʼn jota of tittel mag weglaat of byvoeg nie eintlik die OT bedoel word.
Want die nuwe Testamentiese boeke was nog nie almal geskryf nie, en die apostels het nie hulle eie woorde gelyk gestel met die OT geskrifte nie.
Die NT kanon het ontstaan omdat Marcion geredeneer het dat net die woorde van Jesus gesaghebbend is, en omdat die God van die OT en die NT só verskil, en die Jode die kerk vervolg gebaseer op hulle verstaan van die OT, het hy meestal die OT verwerp.
Hy het ʼn versnipperende weergawe van die huidige NT boeke as gesaghebbend aanvaar.
Dit het daarnatoe gelei dat die kerk vaders bymekaar gekom het om die Ou en Nuwe Testament boeke te selekteer vanuit ander geestelike literatuur (Apokriewe boeke) wat beskikbaar was.
Die kriteria van hierdie seleksie is vir my belangrik vir vandag.
Want ons kan nie die skryf van nuwe geestelike openbaring keer nie, hetsy bonatuurlik (Heilige Gees geïnspireerd) of Wetenskaplik toelogies.
Ons moet leer om te onderskei wat van God af kom en wat nie! Ons moet opgroei in ons begrip en verstaan van die Here om nie meer deur verskillende winde van lering rondgegooi te word nie.
Die Kreteria wat gebruik is: apostelskap; ortodoksie; oudheid; gebruik.
Die soeke was of die boek in lyn was met die Gees en Persoon van die Woord!
Ek glo hierdie kriteria geld nog vandag in ons onderskeiding van alles wat ons hoor en lees.
Dit bring my by die kwessie van die gawes van die Heilige Gees: Die gawes van die Heilige Gees is nie om nuwe openbaring wat teen die skrif en gees van die skrif indruis te openbaar nie, maar om vandag nog soos in die 1ste 400jr van die kerk die Woord te bekragtig en te ondersteun.
Dis immers die fokus van die Heilige Gees soos jy tereg sê om ons te herinner aan wat Jesus gesê het; om ons te lei in die waarheid, en die waarheid is ʼn persoon.
Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
(Joh 16:24)
Misbruik
As die Here dan nie meer deur profesie, en ander gawes vd Gees praat nie.
Wie bekragtig dan die vinnig groeiende kerk in die wereld?
Die duiwel?
Die bonatuurlike was nog altyd ʼn debat punt oor die misbruik.
Interessant dat met al die groot herlewings, selfs die 1880 herlewing in die Kaap onder Murray, hy gekies het om soos Whitfield te verklaar; “if you try to stamp out the wildfire and remove what is false, you will equally and simultaneously remove what is real.”
Moet ek dan my tale verwerp omdat iemand se taal nie sin gemaak het of verkeerd was?
As tale dan nou nie van die Here is nie, deur wie en hoe praat ek dan in tale saam met die ander 640 miljoen mense tans op aarde wat in tale praat?
IS God dan verdeel?
Vir sommige seën Hy met die gawe, maar vir ander leer Hy om maar eerder daarvandaan weg te bly? O die kritiek van iemand wat van buite inkyk!!! Wanneer jy eers hierdie heerlike gawe ontvang het; verval al die teenargumente, want gepaargaande met die ware doping en vervulling met die Heilige Gees, is die vreugde in die Heilige Gees, groter ‘boldness’ en die oopsluit van die bonatuurlike werking van God se Gees in my tot die stigting van ander!
UITEINDELIK ons sal geken word aan ons vrug... Dis interessant dat die kerk wat die vinnigste groei regoor die aarde Pinkster en Charismatiese kerke is, waar daar geglo word en gehandel word in die Gawes!
Wat wel waar is, is dat daar baie misbruik en onkunde oor die gawes is, en dat gawes jou nie heilig maak voor God nie, dit doen Hy deur Sy Woord en Gees.
Gawes is bloot vir bediening!
Die gawes is net vir sommige gelowiges?
Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale.
Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
(I Cor 12:8-11)
Die eenvoudige interpretasie is goeie orde, nie sekere ekskusiewe seleksie nie.
Die hele liggaam moet leer om saam te werk, en nie dat een alles doen nie.
Dit is die hoofbetoog van hierdie hele hoofstuk 12 se diskussie oor die verskillende werkinge van ‘n liggaam wat saam as ‘n eenheid saamwerk.
Die klimaks: Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? 30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?
(1 Cor 12:29-30)
Hoekom die werking van die Heilige Gees met oorvloed termonologie beskryf as dit nie vir almal is nie?
Vervulling en gepaardgaande gawes van die Gees word in oorvloedsbegrippe verduidelik.
“Doop met die Heilige Gees”
Ons lees die eerste keer van hierdie begrip in die Bybel toe Johannes Jesus gedoop het.
Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar Hy wat ná my kom, is my meerdere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie.
Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.
(Mat 3:11; Mar 1:8; Luk 3:16 en Joh 1:32-34)
Die eerste keer wat ons weer van hierdie begrip hoor is toe Jesus na Sy opstanding, toe Hy na die hemel opvaar, die dissipels beveel om op die Heilige Gees te gaan wag.
“Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”
(Hand 1:5) Niemand is dus al op hierdie tydstip gedoop met die Heilige Gees nie; die doop met die Heilige Gees is dus ’n gebeurtenis wat nog moet plaasvind.
Die woord “doop” in hierdie geval is “Bapto”, wat onderdompel beteken.
Soos ’n boot wat sink en in die binnekant vol water raak.
Die woord Doop is dus ’n oorvloedsbegrip.
Dit dui op onderdompel ín, of oorspoel mét iets – in hierdie geval met die Heilige Gees.
Om met die Heilige Gees gedoop te word, is om met die Heilige Gees oorspoel te word.
Dit is baie duidelik dat hierdie gebeurtenis plaasvind ’n paar dae later in Jerusalem toe die dissipels ’n bonatuurlike Goddelike ervaring gehad het.
(Hand 2:1-13) Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat.
(Hand 2:4)
“ Ver vul”
Lukas, die skrywer van Handelinge sê nie die dissipels is gedoop met die Heilige Gees nie, hy gebruik weer ’n nuwe term; “Hulle is vervul met die Heilige gees.”
(Hand 2:4) Hierdie is ook ’n redelik nuwe begrip, waarvan ons vir die eerste keer lees tydens Maria se swangerskap.
En hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.
(Luk 1:15) Later is Elisabet vervul met die Heilige Gees toe sy by Maria gaan kuier en vir die eerste keer sien Maria is swanger met Jesus.
(Luk 1:41) Tydens Johannes se besnydenis en toewyding is Sagaría vervul die Heilige Gees nadat hy vir ’n tyd nie kon praat nie.
Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer.
(Luk 1:67) Ons kan nie veel wys word oor presies wat gebeur het met hierdie mense toe hulle vervul is met die Heilige Gees nie, behalwe dat beide Elisabet en Sagaría se ervarings bonatuurlik was.
Hy kon weer praat en het geprofeteer en die kind wat in haar buik was, het opgespring.
Die woord “vervul”, “Pletho” in die Bybel beteken om soos ’n spons weer en weer gevul te word.
So word iemand gevul met iets, soos om ’n glas met water te vul – die water uit te gooi en weer te vul.
Teksverse waar hierdie woord gebruik word, is byvoorbeeld:
Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel.
(Hand 4:8)
En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
(Hand 4:31)
En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.
En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.
En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword.
En Saulus was ’n paar dae saam met die dissipels in Damaskus.
EN hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is.
(Hand 9:17-20)
Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê: ... (Hand 13:9)
In hierdie verwysings kan ons duidelik sien dat die persone vervul is om iets te doen.
Elke keer wanneer iemand vervul is met die Heilige Gees het hulle een of ander bonatuurlike daad verrig!
Terug by hierdie gebeure wat in Handelinge 2 bespreek word.
Wat het hier gebeur?
Wat gebeur met mense wat gevul word met die Heilige Gees?
Daar was ’n rukwind, tonge van vuur en die plek is geskud.
Wat het met die mense gebeur?
Hulle was gevul met die Heilige Gees en het in ander tale begin spreek en in so ’n mate onder die invloed en beheer van die Heilige Gees, dat omstanders gedink het hulle is dronk van wyn.
(Hand 2:4, 13) Ons kom dus weer by dieselfde gevolgtrekking, dat die doping met die Heilige Gees verband hou met mense wat bemagtig word om bonatuurlike dinge te doen en te ervaar.
Wanneer Petrus op Pinksterdag opstaan en verduidelik wat so pas met hom en die ander persone wat in die bovertrek was gebeur het, gebruik hy weer ander nuwe terme om die gebeure te verduidelik.
“Belofte van die Heilige Gees” “uitgestort” (Hand 2:33) en “Gawe van die Heilige Gees” (Hand 2:38)
Waarna verwys die sogenaamde belofte?
Wat sal gebeur as ek die belofte kry?
Wat is die belofte?
Petrus verduidelik self wat hierdie “belofte” is, deur te verwys na Joël 2:28-29: “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.
En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.”
Weereens sien ons die vergelyking na water “uitgiet” en die bemagtiging tot bonatuurlike vermoëns.
Dit is duidelik dat die werk van die Heilige Gees in ons lewe in al bogenoemde terminologie gerig is tot ons getuiewees in hierdie wêreld.
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9