Getrou aan God
Sermon • Submitted
0 ratings
· 15 viewsOm God te vrees beteken ons bly getrou aan Hom. 1. God se grootheid. 2.
Notes
Transcript
rev 14:6-7 “6 EN ek het ’n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. 7 En hy het met ’n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.”
Hierdie teks is die eerste engel boodskap. Hierdie is die eerste boodskap van 3 + 1 boodskappe wat die laaste boodskappe is wat God gese het Hy deur Sy Engele/boodskappers aan die mensdom sal gee. Hierdie boodskappe sal die pad gelyk maak, m.a.w. die mense gereed maak vir hulle God wat kom.
Soos Johannes die dooper, die pad gelyk gemaak het vir Jesus se eerste kom. Sy boodskap was ‘n boodskap van bekering en dan doop(wat jou sondes dan simbolies af was). Daardie bekerings boodskap het hul voorberei om gereed te wees vir Jesus se bediening op aarde en om hul Messias te kom aanvaar waarvoor hulle al vir meer as 2000 jaar gewag het. Waarvoor die mensdom vir 4000 jaar gewag het. Die Messias wat ons uit die Sonde nag sou red. Die Lam van God. God met ons.
Die wat deur die prediking van Johannes nie geraak was nie, wat Johannes se boodskap verwerp het, het nie Christus as Messias aanvaar nie. Dit is hulle wat hul toets gevaal het. Hulle het hulle Messias verwerp.
luk 13:34-35 “34 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie. 35 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!”
Onthou die tempel was so 600 jaar te vore verwoes en 80 jaar later het die Jode (en van die res van Israel, meestal benjamiete) die tempel herbou. maar dit was nie naastenby die prag wat die vorige tempel gehad het nie. Ook was die heerlikheid van God nie gesien met die toewyding nie. Hierdie een was wel met tyd mooier gemaak. Tot Rome het mooi marmer klippe net voor Christus se tyd gestuur wat die tempel versier het en die stad was pragtig herbou en versterk. Daar was toe voorspel dat die tempel, wat bietjie afgeskeep lyk teenoor Salomo se tempel grooter sou wees as Salomo sin. Want God, die Messias, die God mens sou in Hom wandel.
Mat 12:6 “6 En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier.”
Die mense kon nie glo dat die nederige mens die Messias kon wees nie. Die wat hul hart nie wou bekeer tot Johannes se booddskap nie, het ook nie hul hart gegee vir die Messias nie.
Hul toets was om die Messias te aanvaar, wat meeste van die leiers en baie skare van die dag nie aanvaar het nie.
Dit is hoekom die Messias, die God mens gehuil het toe Hy Sy laaste keer in Jerusalem af gesak het. Want Hy het gesien hoe hulle HOm verwerp en hoe dit die beker van grimmigheid/oordeel oor hulle gaan laat kom. Omdat hulle Hom verwerp, verwerp hulle Sy beskerming, Sy verlossing en so word hulle toetaal in Satan se hande gelos. Tot verwoesting van hul. Tot totale arogansie en self verheffing. Tot binne gevegte in Jerusalem. Tot waar hulle oor brood baklei het. hul mekaar se kos gesteel het. Hul die kos van hul vrouens en mans en ou mense gesteel het. Tot waar hul leer gekou het en hul eie kinders gekook het. Maar tog het hule bly glo hul God gaan hul red, terwyl hulle Hom lankal verwerp het, want hulle het die boodskap van Elia, van Johannes verwerp.
Vandag Elia/Johannes boodskap is die 4 engel boodskappe. As ons dit verwerp gaan ons nie ons toets van getrouheid teenoor Jesus dop. En die lot van Jerusalem wat ‘n vlou skaduwee is van wat sal kom, vir die wat die toets dop.
Want God se beskerming gaan onttrek, God se beker van grimmigheid sal oor die aarde kom met sewe plae, en soos Jersusalem (as tiepe ) gaan oor die aarde uitgestort word.
Vir 7 jaar het ‘n man by die inwoners van Jerusalem gepleit dat hul moet vlug van die plek af, want Jerusalem gaan verwoes word. Hulle het hom in die tronk gegooie. Jeremia het met die eerste verwoesting vir jare met die Jode gepleit....
Gaan ons na die eerste engel boodskap luister?
Revelation 14:6–7 (DIEBYBEL:A19331953)
6 EN ek het ’n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.
7 En hy het met ’n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Vrees God en Gee Hom heerlikheid.
Vrees God en Gee Hom heerlikheid.
Ek het in een van die lockdown preke gepraat oor die konsep van vrees. Heilige ontsag.
Hierdie boodskap is die laaste boodskap wat God deur Sy boodskappers aan die wereld gaan gee.
Hoe bewys jy jou respek aan iemand?
Jy bly getrou aan die persoon.
Prakties, beteken vrees God, Jy respekteer Hom, Jy aanbid Hom. Jy bly getrou aan Hom
Hoe bly ons getrou aan Jesus?
Hoe bly ons getrou aan Jesus?
Jy bly lojaal, jy bly luister na Hom. Jy bly vashou aan Hom...
Word getrou aan die NAAM wat jy dra. Moenie Sy Naam eidelik gebruik nie. Jy kan nie
Jy bly getrou aan Sy wet.
Matthew 25:31–46 (DIEBYBEL:A19331953)
31 EN wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;
32 en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;
33 en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.
34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
35 Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
36 Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
37 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
38 En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
42 Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.
43 Ek was ’n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.
44 Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ’n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?
45 Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.
46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.
Hier sien ons die oordeel prakties uitspeel. Hier is ‘n omgee, hier is ‘n liefde. Hierdie vers het ‘n dubbel betekenis. Fiesies en Geestelik.
Hoe is ons getrou aan Jesus? Deur om vir Sy mense te sorg. Om vir mekaar lief te wees. Almal moet mekaar dra.
Hierdie liefde teenoor mekaar kom as ‘n vrug dat ons ‘n verhouding met Jesus het. Dat ons tyd met Hom spandeer. Dat ons toelaat dat Hy in ons lewens werk.
My pa gee kos vir ‘n man wat saam met hom ry…
oor die 2 honderd. pakkies kos. nou al 340 pakkies kos per week.. 340 gesinne.. En God gee elke week vir ons kos… ons word die hande en voete van Jesus.
Is jy getrou aan Jesus?
Fiesies en Geestelik:
God is ‘n Enige God
God is ‘n Enige God
Exodus 20:2–20 (DIEBYBEL:A19331953)
2 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
Deuteronomy 6:3–9 (DIEBYBEL:A19331953)
3 Hoor dan, Israel, en onderhou dit sorgvuldig, dat dit met jou goed kan gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig soos die Here die God van jou vaders jou beloof het, ’n land wat oorloop van melk en heuning.
4 Hoor, Israel, die Here onse God is ’n enige Here.
5 Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
6 En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;
7 en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.
8 Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.
9 En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.
Daar is niks wat met God vergelyk kan word nie. Jy mag niks bo Hom stel nie.
Hy alleen kom alle eer toe.
Wanneer God se Hy is ‘n enige God, beteken dit daar is geen ander nie. Daar is nie ander nie.
4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
Die woorde Almagtige God word deur sommige op onbedagsame wyse in die gebed gebruik, en dit mishaag Hom. Sulke mense besef nie die heiligheid van God of die waarheid nie, of hulle sou nie so oneerbiedig spreek van die grote en vreeslike God wat hulle eerlank in die laaste dag sal oordeel nie. Die engel het gesê, “Moenie daardie twee woorde saam gebruik nie, want vreeslik is Sy Naam.” Diegene wat ’n besef het van die grootheid en majesteit van God, sal Sy Naam op hulle lippe met heilige eerbied neem. Hy woon in die ontoeganklike lig; geen mens kan Hom sien en leef nie. Ek het gesien dat hierdie dinge verstaan en reggemaak sal moet word voordat die kerk voorspoed kan verwag.
So Hoe bly jy aan God getrou? Jy dra Sy Naam… Jy is lief vir jou mede mens. Jy sorg vir hulle. Jy help hulle in nood.
7 Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.
9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
11 Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.
12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.
13 Jy mag nie doodslaan nie.
14 Jy mag nie egbreek nie.
15 Jy mag nie steel nie.
16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
18 En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ’n afstand bly staan.
19 En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.
20 Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.
Wie moet ek heerlikheid gee.
Waarskuwing, dat ons die eerste engel boodskap moet aanvaar… anders gaan ons Godsdiens ons niks baat nie. Die Jode het mekaar doodgemaak oppad na die altaar toe met die belering van Jerusalem… Hulle het voort gegaan met hul godsdiens, terwyl hulle God verwerp het… Verwerp ons God. Het ons ‘n skein godsdiens… Het ons ‘n ander God? Gebruik ons Jesus se naam eidelik?
Hoe bly jy getrou aan Jesus?
Hoe bly jy getrou aan Jesus?
Dit kom alles neer op een ding. Jy is Sy dissipel. Jy doen wat Hy gedoen het. Jy sorg vir ander op ‘n fiesiese en geestelike vlak.
mat 28:17-20 “17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel. 18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. 19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 20 En kyk, En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.”
Verduidelik die gehasme van mat 28 : 18-10.
Hoe bly ons getrou aan Jesus?
Kom ons wees Jesus se dissiepels...
Adventist Church Growth & Evangelism Research: Briefing for Presidents Council of the Pacific Union Conference (Ellen White Wrote …)
Christ’s method alone will give true success in reaching the people. The Savior mingled with men as one who desired their good. He showed His sympathy for them, ministered to their needs, and won their confidence. Then He bade them, “Follow me.”
Dus het ons geleer. Ons toets gaan getrouheid wees aan Jesus, Sy wet, Sy Naam, Sy Sabbat.
Kom ons wees dan Soos Jesus, kom ons sorg vir mekaar, wees lief mekaar, verdra mekaar. Kom ons sorg vir mekaar fiesies en geestelike.
Kom ons deel mekaar brood, en die lewende brood.
Kom ons deel met mekaar Water en lewende Water.
Kom ons gaan besoek vir mekaar in die fiesiese tronk en die tronk van verslawings.
Kom ons wees die huis vir vreemdelinge.
Kom ons klee mekaar. Kom ons lei die mense na Jesus toe dat hulle hul naaktheid kan beklee
Eerste Gestrifte p88:
Die bedrog sal toeneem, en ons sal dit van aangesig tot aangesig moet bestry; en as ons nie toegerus is nie, sal ons daardeur verstrik en oorwin word. Maar as ons doen wat ons kan om onsself voor te berei vir die stryd wat ons voorlê, sal God Sy deel doen, en Sy almagtige arm sal ons beskerm. Desnoods sal Hy die laaste engel uit die hemel stuur om die getroue siele te bewaar, om ’n heining om hulle op te stel, sodat hulle nie bedrieg en weggevoer word deur die Satan se wonders van die leuen nie.