Lewe volgens die maatstaf van God

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 14 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Inleiding

Wat is jou instink? Die natuurlike ding wat altyd daar is.
As iemand voor jou indruk op die snelweg, of iemand jou van die pad af druk - daar gebeur iets ongelooflik primitief binne in ons. Jy ervaar woede.
Jy besef dan dat jy nie in enige gevaar is nie en dat jy vir daardie persoon iets kan wys, iets kan skree of se en maak nie saak wat jy doen nie - die persoon sal jou lewe nie in gevaar stel nie - jou vlees is veilig - so jy kan afgaan op die persoon.
Imagine dieselfde scenario as jy in Checkers se gange is… Jy sal woede ervaar, maar jy kan makliker kies om dit te onderdruk, omdat jy jou liggaam in gevaar kan stel sou jy uitbars soos wat jy in die kar uitgebars het.

Die doel van lydenstyd

Dit is ‘n tyd in die jaar waar ons uitgenooi word deur God se Woord om in die spieel te kyk. Om die vraag te vra: Wat beteken dit om mens te wees?
Ons weet van hierdie ding wat gebeur het in geskiedenis wat alles verander het. Dit is iets wat ons HERDENK. Jaarliks dink ons weer oor hierdie gebeurtenis.
God wat kom ly het deur mens te word - God wat in die lewe van Jesus Christus aan ons kom openbaar het wat dit beteken om mens te wees. Ons gaan hierdie pad saam met Jesus deur sy lewe stap, maar ons moet verstaan hoekom ons dit doen.

Teks inleiding

Daarom begin ons by die einde van die begin. Ons gaan kyk of daar nie ‘n groep mense is in die Bybel met wie ons kan resoneer nie. Is daar nie iewers ‘n groep mense wat na Jesus geleef het wat deur lyding gegaan het en probeer het om dit te verstaan nie.
Om te leer wat dit beteken om mens te wees is om te leer hoe om lyding te interpreteer en te verstaan.
Daar was ‘n groep gelowiges. Wat hulself toegewei het aan ‘n nuwe religieuse groep. Hulle was ook in diaspora - kon nie by mekaar uitkom nie en hulle was gespot oor dit waarin hulle glo.
Ons het nie noodwendig presies dieselfde uitdagings nie, maar hierdie groep het sosiale lyding ervaar a.g.v. die geloof waartoe hulle hulself verbind het. Het jy al ooit ‘uit gevoel’ omdat jy ‘n Christen is?
Hierdie brief van Petrus is ‘n poging om vir die gelowiges ‘n nuwe verstaan van leiding te gee - om vir hulle te verduidelik dat dit juis lyding is wat ons op ‘n intieme manier verbind aan Christus. (lees)

Die lewe volgens die vlees

Vers 3-4 - vir die mense wat voorheen heidene was; die dinge van ‘n heiden se lewe is daardie instink - primitiewe lewe wat doen wat jy wil doen wanneer jy dit wil doen; geen beheer daaroor nie.
Nou ervaar hulle verwerping. Ons word verwerp omdat ons bo-natuurlik optree. Ons het die vermoe om te kan onderskei en God wil he dat ons eerder onsself laat lei deur sy wil i.p.v ons eie wil. Wanneer jy daardie keuse maak - ontdek jy ‘n nuwe lewe - ‘n lewe wat Jesus kom oopsluit het vir ons - die lewe volgens die Gees, die maatstaf van God.

Die lewe volgens die gees

Die hervorming van menswees
‘n Transformasie het plaasgevind - ons kan nou onsself oorgee vir iets anders as ons sondige natuur. Dit is wat God ons van kom vrymaak het deur Jesus se lewe, dood en opstanding.
Dit is ‘n oefening nie ‘n keuse nie - want ons liggame gee nie altyd vir ons ‘n keuse nie - ons word oorweldig en ervaar dinge op ‘n primitiewe vlak - MAAR hoe ons daarop reageer bepaal die pad wat ons kies om te stap.
As ons reageer op hierdie Sondige natuur met die lewe van die vlees dan bly ons dood.
As ons reageer op hierdie sondige natuur met die lewe van die gees dan lewe ons - iets wat jy moet oefen…

Kry ‘n gym program vir jou geestelike lewe

Gee iets op wat primitief geword het en oefen om dit te verower.
Related Media
See more
Related Sermons
See more