God die ewige

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 9 views

God oorskry alle beperkings van tyd en hou vir ewig stand.

Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

God bly vir ewig

Nehemiah 9:5 DIEBYBEL:A19331953
5 En die Leviete Jésua en Kádmiël, Bani, Hasábneja, Serébja, Hodía, Sebánja, Petágja het gesê: Staan op, loof die Here julle God van ewigheid tot in ewigheid! En laat hulle u heerlike Naam loof wat bo alle lof en prys verhewe is!
Psalm 48:14 DIEBYBEL:A19331953
15 dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons lei tot die dood toe.

God oortref alle begrippe van tyd

Revelation 1:8 DIEBYBEL:A19331953
8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Hy het voor die tyd bestaan

1 Peter 1:20 DIEBYBEL:A19331953
20 wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,

Hy sal ná tyd bestaan

Hebrews 1:11–12 DIEBYBEL:A19331953
11 Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ’n kleed verslyt, 12 en soos ’n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.

Die ewigheid van God se eienskappe

Sy LIEFDE

1 Chronicles 16:34 DIEBYBEL:A19331953
34 Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid;

Sy getrouheid

Psalm 100:5 DIEBYBEL:A19331953
5 Want die Here is goed, sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

Sy rag

Psalm 66:7 DIEBYBEL:A19331953
7 Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.

Sy geregtigheid

Psalm 111:3 DIEBYBEL:A19331953
3 He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

God se woord is ewig

Psalm 119:89 DIEBYBEL:A19331953
89 Vir ewig, o Here, staan u woord vas in die hemele.

God se verbond is ewig

Genesis 17:7 DIEBYBEL:A19331953
7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ’n ewige verbond, om vir jou ’n God te wees en vir jou nageslag ná jou.

God se koninkryk is ewig

Psalm 145:13 DIEBYBEL:A19331953
13 Mem. U koninkryk is ’n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte.
2 Peter 1:11 DIEBYBEL:A19331953
11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.

God se gawes is ewig

Romans 11:29 DIEBYBEL:A19331953
29 Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.

Hy gee die ewige lewe

John 10:28 DIEBYBEL:A19331953
28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

Hy gee ewige verlossing

Isaiah 45:17 DIEBYBEL:A19331953
17 ISRAEL word verlos deur die Here met ’n ewige verlossing; julle sal nie beskaamd staan of in die skande kom tot in alle ewigheid nie.
Hebrews 9:12 DIEBYBEL:A19331953
12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ’n ewige verlossing teweeggebring.

Hy gee ewige vreugde

Isaiah 35:10 DIEBYBEL:A19331953
10 en die losgekooptes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.

Hy gee ewige besittings

Genesis 48:4 DIEBYBEL:A19331953
4 en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot ’n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land as ewige besitting gee.

Nou wil ek ju verduidelik wat Jesus vir ons gedoen het toe Hy ons sielle gered het

Isaiah 61:7 DIEBYBEL:A19331953
7 In plaas van julle skande ontvang julle ’n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land ’n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet.

Wat is hierdie Dubbele deel wat die Woord van God hiervan Praat

KOM EK VERDUIDELIK DAT ALMAL DIT KAN VERSTAAN EN EK HOOP EN GLO JY SAL DIT IN JOU LEWE NIE WEER VERGEET NIE
VERTEL DI STORIE VAN DIE VEL EN DIE WELNEMER - BENEFACTOR
Related Media
See more
Related Sermons
See more