Jesus in die Woestyn

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 27 views
Notes
Transcript

Skriftuur

mark 1:9-13 “9 EN in daardie dae het Jesus van Násaret in Galiléa gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop. 10 En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos ’n duif op Hom neerdaal. 11 En daar het ’n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het. 12 En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn. 13 En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.”
Mat 3:13-17 “13 TOE het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. 14 Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? 15 Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. 16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ’n duif neerdaal en op Hom kom. 17 En daar kom ’n stem uit die hemel wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.”
Matthew 4:1–11 DIEBYBEL:A19331953
1 TOE is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. 2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. 3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. 4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. 5 Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan 6 en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ’n klip stamp nie. 7 Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. 8 Weer neem die duiwel Hom saam na ’n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, 9 en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. 10 Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. 11 Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.

Jesus is die Seun van God

Jesus is die Seun van God. Hy het nie dit geword nie.
John 1:28–30 (DIEBYBEL:A19331953)
28 Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.
29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
30 Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom ’n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.
King James Version (Chapter 1)
30 This is he of whom I said, After me cometh a man which is preferred before me: for he was before me.
Hierdie teks verwys na Jesus het bestaan voor Johannes bestaan het. Jesus was 6 maande jonger (op aarde) as Johannes, maar tog was Hy voor Johannes.
Joh 1.31-34 “31 En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop. 32 En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos ’n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly. 33 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. 34 En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.”
Jesus is die seun van God en Hy is die seun van die Mens.
Tot op die stadium het Jesus nog glad nie baie bewyse getoon dat Hy die Messias was nie. Almal het die storie rondom sy geboorte geken, dat hulle as kind Egipte toe getrek het. Hulle het Sy riene lewe geken en wat met Hom by die tempel gebeur het toe Hy 12 jaar oud was, maar verder was Hy ‘n gewone skrynwerker.
Johannes het Hom tot op daardie stadium nie gesien nie. Nie geweet hoe Hy lyk nie. Hy het wel in geloof geglo God sal Jesus op die regte tyd uitwys en gebruik. Hy het ook van God verstaan dat Hy duidelik sou sien wie die Messias is deur dat die Gees op Hom sal kom en Op Hom sal bly.
Kyk Johannes het baie mense gedoop. Hy het baie gesien wat met baie sondes worstel, wat gekom het om hul sonde las af te was. Hulle het gewens om skoon te kom van hul sondige verledes. Jy kon die sondes op hule gelate sien.
Maar hier kom ‘n man wat skoon en rein van gestalte was. Hy kon die heiligheid voel en sien.
joh 1.29 “29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”
Nog nooit het Johannes Jesus gesien nie, maar die man is rein en skoon en Sy gelaat straal van vrede en liefde.
Nee, “nee ek kan u nie doop nie.” Die man het mos nie sondes nie. Ek moet deur Hom gedoop word.
Dadelik het Jesus geantwoord.
Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul\
Jesus het nie sondes gehad om af te was nie, maar Hy het ‘n koningkryk gehad om te stig. ‘n Koninkryk wat nie deur mense hande gestig is nie. ‘n Koninkryk wat nie, nee nooit nie, sal verval nie. ‘n Koninkryk wat die wereld nie sal verstaan nie.
Die wat Hom ontvang, die wat in Hom glo, in Sy naam Glo kan deel word van die koninkryk.
John 1:6–14 (DIEBYBEL:A19331953)
6 Daar was ’n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
7 Hy het tot ’n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is.
14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Ja Jesus, het gekom om ‘n koninkryk te begin en ons kan deel wees van die koninkryk as ons wil. Hy is die eersteborene , Die eerste een. Die herder en die skape volg Hom. Ons volg Hom deur die water bad. Ons volg Hom in wat Hy doen. Deur die pad wat Hy loop, sal Sy kinders, Sy skape loop.
Hy het nie gese, ek vervul die geregtigheid alleen nie. Hy het vir Johannes gese. Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul
Ons loop die pad wat Jesus geloop het. Hy, die Messias, Emanuel, God met ons… ontmoet ons in die waterbad en stap met ons ‘n pad verder.
Ons word gedoop in die naam van die VADER die SEUN en die HEILIGE GEES.
Ons word gedoop, ja om ons sondes af te was, maar ook omdat ons Seuns en dogters van ons God WORD. En ons doen en ervaar Wat Hy doen en ervaar. Ons is Sy skape, dus volg ons Hom.
Die God wat op Sinai die gebooie, die verbond vir Sy volk gegee het, is nou gedoop, is nou mens. Hy het alle geregtigheid kom vervul, alle gebooie kom vervul, en ons moet Hom volg deur om dit ook, deur Hom te kom vervul. Hy as ons voorbeeld.
Hy het gekom, om daar waar Adam geval het, te kom wen. Daar waar Adam die skeur, die kloof tussen ons en God gemaak het te kom herstel.
Ons kan oor die kloof loop en kinders van God word., Ons moet net vir Jesus volg.
Main Point 1
Deur Mat 3.15 want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. het ons geleer dat ons Jesus in alle gergtigheid moet volg in Sy koninkryk in..

Die Gees dryf ons in die woestyn in.

12 En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn
As Jesus dan ons voorloper is. Die Herder wat vir ons die pad wys. Die Herder wat vir ons wys wat is die pad wat ons op aarde gaan loop. Dan moet ons weet, dat ons ook die Heilige Gees ontvang en ons ook deur die HG in die woestyn gelei sal word.
Hoekom is Jesus woestyn toe? Om Sy Vader se wil te vind. Hy is natuurlik op aarde gewees met ‘n groot taak, om die mensdom te red. Om die oorlog te wen.
Ons is almal in die oorlog.
john 16.33 “33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”
Hoekom moet jy moed hou?
want ons is in ‘n oorlog
Hoekom in die woestyn (Alleen)
Daar waar jy alleen is. Daar waar jy en jou eie gedagtes opgeskeep is. Ja, baie skakel die radio aan, die tv bler.. Ons wil tog net nie alleen met jou eie gedagtes wees nie.. Die oorlog is partykeer heuwig daar in die woestyn.
Hoekom in die woestyn(Want die natuur sorg nie vir jou nie) net God sorg vir jou.
Hoekom in die woestyn (daar is wilde diere daar) Net God kan vir jou beskerm
Ek het goeie nuus vir jou. Jy is nie alleen nie. Die HG dryf jou daarheen, Hy is met jou.
joh 16.32 “32 Kyk, die uur kom en het nou gekom dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen na sy eie toe, en My alleen sal laat; tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader met My is.”
Daar kom dae, wat jy alleen gaan moet veg, weet net jy is nie alleen nie. God is met jou.
Wanneet jy op jou alleenste voel, wanneer jy le. Wanneer Satan twyfel in jou gemoed wil plaas, of jy ‘n kind van God is of nie.. Wanneer jy ‘n bewys soek, GLO EN HOU VAS DAARAAN DAT JY NIE ALLEEN IS NIE. WANT JY IS NIE ALLEEN NIE.
Hy het belowe Hy sal jou nooit verlaat nie. Al voel dit so…
DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling (Hoofstuk 13)
Hebrews 13:55Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
JY BLY ‘N KIND VAN GOD.
JESUS SE EERSTE VERSOEKING WAS:
MAT 4:1 TOE is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. 2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. 3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. 4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Jesus se eerste versoeking was juis dit. Is jy die Seun van God. Die woorde dat Hy die seun van God is, het nog in Satan se ore getuit, toe saai hy al twyfel dat Jesus moet bevraagteken of Hy die Seun van God is. Toe Jesus op Sy swaktse was… 40 dae van vas is net voor jy dooi van die honger. Toe val Satan Hom aan. Ja die versoeking wat Adam en Eva nie kon verdra terwyl hulle nie eers swak en so honger was nie, moes en het Jesus verdra toe Hy super honger was.
Uit eindelik… Ek vas al 40 dae. Nou kom die uitkoms. ek kan die klippe brode maak en eet, maar nee wag. Die toon van die woorde, is twyfel, AS JY DIE SEUN VAN GOD IS? Dit kom nie van my Vader af nie. In teendeel, mag Jesus nie Sy Godelike krag gebruik het vir Homself nie. Hy moes as mens alle versoekings oorkom, om as mens in ons plek te staan...
Desire of Ages Chapter 12—The Temptation

Jesus met Satan with the words of Scripture. “It is written,” He said. In every temptation the weapon of His warfare was the word of God. Satan demanded of Christ a miracle as a sign of His divinity. But that which is greater than all miracles, a firm reliance upon a “Thus saith the Lord,” was a sign that could not be controverted. So long as Christ held to this position, the tempter could gain no advantage

Mag ons die skrifte, die Woord van God gebruik as ons geestelike wapen. Mag ons die skrifte ondersoek want hierin le ons ewige lewe. Hierin le ons verlossing. Dis ons wapen vir die geestelike en die vleeslike.
Die vraag was vroeer gevra: Hoekom moet ons moed hou?
Want Jesus het klaar oorwin.
Hy is die Woord, en deur die Woord kan ons alle versoekings oorwin.
Gin wonder vir hierdie vers nie:
jam 1.2-6 “2 AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, 3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. 4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. 5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. 6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.”
God is so oortuig dat ons sal alle versoeking deur Hom oorwin, dat Hy dit toelaat om ons volmaak te maak. In teendeel, ons moet bly wees, want ons word verander. So word ons seuns en dogters van God.
Net soos Jesus volmaak geword het, so word ons ook volmaak gemaak. Deur beproewings...
2 cor 3.18 “18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.”
Main point 2 :
Deur Mark 1:12 En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn, het ons geleer dat ons in die Woestyn,deur versoekings deur die Woord te oorwin, ons van van gedaante verander, van heerlikheid tot heerlikheid na volmaaktheid soos Jesus.
Mal 3:3 “3 En Hy sal sit: ’n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die Here in geregtigheid ’n offer sal bring.”

Die STorie

Die verhaal word vertel van 'n groep vroue wat elke week bymekaargekom het om die Bybel te bestudeer, met die hoop om meer te leer oor die aard en karakter van God en hoe Hy in ons lewens werk. Die vroue was verward en selfs 'n bietjie ontsteld oor die beskrywing van God wat hulle gevind het in Maleagi 3:3, "Hy sal sit as 'n smelter en reiniger van silwer." Een van die vroue het aangebied om 'n bietjie navorsing oor die onderwerp te doen en by hul volgende vergadering aan die groep terug te rapporteer.
Die vrou het 'n plaaslike silwersmid gekry en 'n afspraak gemaak om hom by die werk waar te neem en verduidelik dat sy veral belangstel in die proses om silwer te verfyn. Sy kyk hoe die vakman sorgvuldig 'n silwerstuk vir sy demonstrasie uitsoek. Sy het gedink die silwerstuk is al pragtig, maar blykbaar het die silwersmid iets gesien wat sy nie kon sien nie. Terwyl hy die silwer oor die oond gehou het, het die vakman verduidelik dat in die raffinering van silwer, die silwer in die middel van die vuur geplaas moes word waar die vlamme die warmste was sodat al die onsuiwerhede weggebrand sou word.
Die vrou was vir 'n oomblik stil terwyl haar gedagtes dryf na die vurige beproewings wat sy in haar eie lewe in die gesig gestaar het. Eerlik, sy het dit nie verstaan ​​nie. Waarom sou 'n liefdevolle God toelaat dat sy kinders ly terwyl Hy hulle so maklik kon verlos? Trouens, hoekom laat God selfs toe dat slegte dinge gebeur met mense wat Hom soek en werklik vir Hom probeer lewe?
Die vrou het die silwersmid gevra of dit waar is dat hy die hele tyd wat die silwer gelouter word, voor die vuur moet sit. “O, ja!” antwoord hy. “Ek kan nie my oë van die silwer afhou nie. As dit selfs 'n oomblik te lank in die oond gelaat word, sal dit vernietig word.” Die vrou het skielik die skoonheid en troos van Maleagi 3:3 verstaan, "En Hy sal sit: ’n smelter en reiniger van silwer
Ja, daar is tye wanneer dit lyk asof ons heel verswel sal word deur die brande van die Hel self. Die pyn lyk te moeilik om te verduur. Die vrees is verlammende. Die twyfel is oorweldigend.
Is God werklik wie Hy sê Hy is?
Sal Hy werklik doen wat Hy sê Hy sal doen?
Sal Hy werklik Sy beloftes nakom?
Onthou Die Heilige Gees het jou woestyn toe gestuur. Daar word jy versoek deur Satan. Die Heilige Gees is nie die vuur nie, maar Hy plaas jou by die vuur… Daar word jy beproef
Hy is nie die outeur van jou gemak nie, maar die outeur van jou karakter
Ons beproewinge is nie willekeurige vervolgings nie. Die hemel is nie in paniek nie. Waar ons is en waardeur ons gaan is geen verrassing vir God nie. Ons word dalk deur die lewe platgeslaan en rondgeskop, maar as ons 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus het, sal ons nie vernietig word nie.
Jou uitdagings, jou beproewings is nie ‘n verrassing vir God nie. O my jenne, nie gedink dit sal gebeur nie. O NEE, HY weet presies waardeur jy gaan. En Hy is 100% oortuig die oorwinning kan joune wees. Gebruik net die Woord as jou wapen. Die Woord het klaar oorwin. Inteendeel het Hy belowe jy sal nie bo jou kragte versoek word nie. Jou krag is jou geloof in die Woord. Die Woord se krag is nie beperk nie, dit jou geloof wat beperk is.
Ek weet en aanvaar die waarheid dat beproewinge en moeilike tye my sterker maak en my geloof versterk, maar daar is tye wanneer ek wil hê dat alles moet stop. Ek vind myself vra: “Hoeveel is genoeg, Here? Hoeveel beproewings moet ek verduur? Wanneer sal die pyn en moeilikheid eindig?”
"Hoe weet jy wanneer die silwer ten volle gelouter is?" vra die vrou. Die silwersmid het geglimlag en geantwoord: “O, dis maklik. Die verfyningsproses is voltooi wanneer ek my beeld in die silwer weerspieël kan sien.”

Hy het belowe, dat Hy die goeie werk wat Hy in jou begin het sal klaarmaak.

Hou vas, hou uit, hou aan.... tot waar ons volmaakte kinders van God genoem kan word.
Satan glo dat Jesus sou knak onder die vuuroond. Maar Hy het nie..Hy sou dood gewees het as die engele Hom nie kom ondersteun het nie… Hy was basies gevat to verbranding… En Hy het nie geknak nie...
Ons word deur dieselfde vuuroond geneem, om ons te vervolmaak, maar ook om onsuiwerheid te verbrand.
Main Point 1
Deur Mat 3.15 want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. het ons geleer dat ons Jesus in alle gergtigheid moet volg in Sy koninkryk in..
Main point 2 :
Deur Mark 1:12 En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn, het ons geleer dat ons in die Woestyn,deur versoekings deur die Woord te oorwin, ons van van gedaante verander, van heerlikheid tot heerlikheid na volmaaktheid soos Jesus.
Jy sien toe Adam gesondig het kon hy nie meer in die teenwoordigheid van God wees nie. Ons en God was vir ewig geskei. Sonde het ons van God geskei. En die Satan het gejuig daaroor. Hy
Jesus ontmoet die mens in die Jordaan
Die Gees dryf Hom toe uit in die Woestyn.
Jesus vervul alle Geregtigheid (mat 3:15) So as dit by vervul kom, beteken dit nie dat dit afgeskaf is nie. Net Soos Jesus gekom het om die wet en die profete te vervul. So het Hy ons alles in alles geword. Hy is ons voorloper in alles. Hy is ons Uitnemendste eersgeborene. In alles is Hy die eerste, en so moet ons volg. Nou wat volg ons?
Nadat Hy ons in die doopbad, in die Jordaan kry is ons oppad woestyn toe.
Jy veg hierdie geveg sonder menslike hulp.
Jy veg hierdie geveg nooit sonder die Heilige Gees nie. Hy is met jou...
Related Media
See more
Related Sermons
See more