Kapérnaüm
Notes
Transcript
Kapérnaüm
Kapérnaüm
Skriftuur:
John 6:24 (DIEBYBEL:A19331953)
24 Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kapérnaüm gegaan om Jesus te soek.
liedere:
292 Hy Lei my voort gedagtes soet
152 Gees van God word Vaardig oor My
190 Ek gee alles oor
Kapernaum. beteken: Kaphar - Noaoum = Dorp van Nahum
Kapernaum. ‘n Stad net so Noord Wes van die Galliee se see. Naby die Mond van die Jordaan rivier. Dit was ‘n stad wat baie nasies in gehad het. Die stad het ‘n tolhuis gehad. Dus was dit op die grens gewees. Die Tolhuise was by die grense gebou. Die een kant was die staat van Herodus Antipas en die ander kant Philip.. Albei konings van hul gebiede.
Die stad was ‘n samekoms van baie nationaliteite.
Die stad was die geboorte/opgroei dorp van Simon Petrus, Andreas. En Mattheus het sy roeping ook in die dorp… by die tolhuis gekry.
Dit was ook in die stad waar Jesus vir Johannes die dooper herverseker het dat Hy die missias was (deur Johannes se dissipels)
Dit was net daar waar Jesus die see stil gemaak het.
Dis hier waar Jesus op die Water geloop het
Dis hier waar Jesus 5000 mense gevoed het.
Jesus het van die Gallelese see gehou. Dit was lekker daar. Hy het daar tuis gevoel.
Dis daar waar baie in Hom geglo het.
Dis waar Jesus na Sy opstanding verskyn het aan Sy dissipels… terwyl hulle visvang. En Natuurlik herbevestig Hy Sy liefde aan Petrus… Op daardie selfde strand.
Die Hoofman oor honderd, ‘n Romein, was goed vir die Jode. Hy het vir hulle ‘n Sinagoge daar gebou.
Dis in die stad/dorp waar die hoofman oor honderd in Jesus geglo het en vir Jesus gevra het om sy kneg te genees
mat 8:5 - 13 “5 EN nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ’n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom 6 en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne. 7 Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak. 8 En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ’n woord, en my kneg sal gesond word. 9 Want ek is ook ’n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ’n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit. 10 Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ’n groot geloof nie gevind nie. 11 Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele. 12 Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. 13 Toe sê …”
Hierdie man is nie ‘n Jood nie. Nee. Dis ‘n Romein. Kan ons se hy was ‘n Italianer. Iets soos dit. Hy het Geglo. En die beloftes van God was seine.
Elke volk taal en Nasie.. het daar vir Jesus gehoor… En in Jesus begin glo. Dat Hy die seun van God is.
Ephesians 3:4–8 (DIEBYBEL:A19331953)
4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,
5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik
6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie
7 waarvan ek ’n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.
8 Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,
Die Beloftes van God is nie gekoppel aan an Nasie nie.
Die Beloftes van God is nie gekoppel aan rang nie
Die Beloftes van God is nie gekoppel aan jou heiligheid nie.
Dis vir almal. Hy vra dat ons in Hom moet glo!!! Draai na Jesus toe. Belei jou sondes en dis genoeg
Jou sondes, of jy nou ‘n Romeinse hoofman is wat bribes betaal het om daar uit te kom
Of jy nou ‘n Romein is wat ander gedood het.
Of jy nou ‘n Jood is wat jou self hoer ag as ander.
Of jy nou ‘n Tollenaar is wat ander se geld gesteel het
Of jy nou die kneg is wat nie na jou gesondheid gekyk het nie.
Of jy jou God en Vriend verloen het.
“5-Deur hierdie eenvoudige daad om God te glo, het die Heilige Gees 'n nuwe lewe in jou hart verwek.
Jy is soos 'n kind gebore in die familie van God, en Hy het jou lief soos Hy Sy Seun liefhet.
As jy jouself aan Hom gee, en Hom aanneem as jou Verlosser, dan word jy, hoe sondig jou lewe ook al was, ter wille van Hom as regverdig gereken. Christus se karakter staan in die plek van jou karakter, en jy word voor God aanvaar net asof jy nie gesondig het nie.
Sit die agterdog weg dat God se beloftes nie vir jou bedoel is nie. Hulle is vir elke berouvolle oortreder.
Krag en genade is deur Christus voorsien om deur dienende engele aan elke gelowige siel gebring te word. Niemand is so sondig dat hulle nie krag, reinheid en geregtigheid kan vind in Jesus, wat vir hulle gesterf het nie. – {CSA 30.7}”
5-Through this simple act of believing God, the Holy Spirit has begotten a new life in your heart. You are as a child born into the family of God, and He loves you as He loves His Son. If you give yourself to Him, and accept Him as your Saviour, then, sinful as your life may have been, for His sake you are accounted righteous. Christ’s character stands in place of your character, and you are accepted before God just as if you had not sinned. Put away the suspicion that God’s promises are not meant for you. They are for every repentant transgressor. Strength and grace have been provided through Christ to be brought by ministering angels to every believing soul. None are so sinful that they cannot find strength, purity, and righteousness in Jesus, who died for them. – {CSA 30.7}
En so was dit vir die Hoofman oor Honderd van Karpernaum
En so was die vir Petrus van Karpernaum
En so was dit vir Andreas en die boef ou Mattheus van Karpernaum...
Hulle almal het in Jesus geglo en is as kinders van God gereken.. ‘n Nuwe lewe in hulle hart is verwek. Gebore in die familie van God.... Christus se karakter staan nou in jou ou karakter se plek. Jesus se beloftes is vir jou en vir jou en vir jou… Dit het gelei tot ‘n berouvolle hart en
Aanvaar Hom in jou lewe.. Loop in die lig...
John 6:24 (DIEBYBEL:A19331953)
24 Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kapérnaüm gegaan om Jesus te soek.
Deur Johannes 6:24 het ons geleer, gaan soek Jesus, vind Hom, glo in Hom en Sy beloftes is vir jou
Hooglied se storie
Koning Salomo, jong koning. met Wysheid van God ontvang. Hy wonder by homself, wie sal my vrou wees.. Natuurlik as koning kan hy amper enige meisie kies. Maar hy soek iemand wat lief is vir hom, vir wie hy as mens is en nie vir sy titel nie. So kondig hy af dat hy vir ‘n paar maande weg gaan wees van sy paleis. Hy stel sy eerste minister aan om die fort te hou. Niemand weet waar hy heengaan nie, maar net sy eerste minsiter… en seker sy ma.
Wel hy trek toe sy koninklike klere uit. skape....
Song of Solomon 1:5–7 (DIEBYBEL:A19331953)
5 Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Salomo.
6 Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.
7 Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met ’n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?
Song of Solomon 3:7-11 “7 Kyk, dit is die draagstoel van Salomo, sestig helde daaromheen, van die helde van Israel, 8 hulle almal met ’n swaard gewapend, geoefend vir oorlog, elkeen met sy swaard aan sy heup vanweë die nagtelike verskrikking. 9 Koning Salomo het vir hom ’n draagstoel gemaak van die hout van die Líbanon; 10 die steile daarvan het hy gemaak van silwer, die leuning van goud, die sitplek van purper, die binnekant mooi opgemaak—’n liefdegawe van die dogters van Jerusalem. 11 Kom uit, dogters van Sion, en aanskou met vreugde die koning Salomo, die krans waarmee sy moeder hom bekrans het op sy troudag en op die dag dat sy hart vrolik is.”
15 En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word.
Soos Hooglied se storie, het Kapernaum die liefde van die Herder ervaar. Die aanvaarding van die Hemelse liefde ervaar. ‘n Smakie van die Hemelse omgee beleef. En meeste het getwyfel, meeste het Hom verwerp.
Hoe is dit, dat jy sien… maar nie sien nie
Hoe is dit dat jy hoor, maar nie hoor nie?
Jy raak afgestomp. Jy raak lou. Jy raak indifferent. Jy raak, Ek het nie meer ‘n saak nie… Hoe raak jy so?
Matthew 13:14–16 (DIEBYBEL:A19331953)
14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.
15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.
Nou wie is die hulle?
Dit is die wat verdruk raak deur die onkruit...
Die onkruit van die druk van die lewe
Die onkruit van wat by jou ore ingaan
Die onkruit van wat by jou oe ingaan..
Vir wie leen jy jou ore uit? Watse onkruit laat jy toe om jou lewe in te gaan?
Is daar misleiding wat jy toelaat in jou lewe? Of is jy so ver mislei dat jy dit nie meer weet nie.
Revelation 3:14–22 (DIEBYBEL:A19331953)
14 EN skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:
15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.
17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.
18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
22 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
Hoe word ons so afgestomp?
Onkruit.
Jesus het gekom as ‘n herder. En die wat by Hom wil wees as ‘n herder, gaan saam met Hom as konings regeer…
Jesus het gekom as die Lam wat geslag was. Die wat in Hom glo Sal nie sterf nie, maar die ewige lewe kry, omdat die Lam in ons plek gesterf het…
Wil julle nie maar julle nie maar in die skeit klim en oorgaan Kapernaum toe… en die Here soek nie?
Wil julle nie die onkruit uit julle lewens uittrek nie?
Hy is lief vir jou, en wil die beste he..
Capernaum is verwoes. Soos Jesus voorspel het. So erg is die stad verwoes, niemand weet presies waar hy was nie. Ons het so paar opgrawings wat uit die 4de eeu kom… Waar ‘n kerk bo die ruienes van die ou stad gebou was… Toe Jesus gese het, die stad gaan verwoes word.. is hy werklik in die doderyk in gestoot.
Die storie van die Kaapse man, wat vir sy druggie seun gese het, dat die hele gesin gaan Hemel toe, en daar na ‘n paar duisend jaar gaan ons van jou vergeet… Ruk jou reg, of jy is verlore vir ewig.
Kies vandag. Die lewe, die liefde… en word ‘n kind van die Hemel…
Of word afgestomp… en ween te laat.
Om te laat te ween is ‘n verskriklike saak..
As jy die onkruit in jou lewe wil uit he.. As jy wil warm word… Kies vandag weer vir Jesus . As dit jou keuse is… Kom ons staan op en ek gaan jou ‘n minuut gee om te bid en vir die Here jou onkruit te gee.. En vir Hom te se ek Glo in U
Ek gee alles oor aan Jesus 190
Wat beteken dit dat Kapernaum tot die Hemel toe verhoog was?. Met alle liefde is hulle handteer. Hulle het ‘n smakie van die Hemel gekry. Hulle het die regeerder van liefde ontmoet. Hulle het liefde ervaar. Hulle was uitgenooi deur die mees liefdevolle God. Toe Hy as ‘n skaapwagter gekom het… Maar die
Ons leef in ‘n voordeel van God se genade.
eph 2.14 “14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het”
It is a fearful thing to have great light and blessing, to have many opportunities and privileges, and yet make no saving use of them. Those who do not make a saving use of their opportunities, will be condemned by the privileges God has granted to them; but those who walk in the light will have increased
141
light. Those who have had the light of truth, and yet have failed to walk in the light, are under the same sentence of condemnation as were Chorazin and Bethsaida. Shall not these warnings be heeded? Shall not these admonitions have weight with us? In the near future it will be seen just who have been walking humbly with God, and who have been obeying his orders. Those who have been walking in the sparks of their own kindling will lie down in sorrow. It will be seen that they have made a terrible mistake. O let us awake! light is now shining; let the windows of the mind and heart be open to welcome the heaven-sent rays. Shall Jesus say of those who profess to obey the truth, and yet who fail to walk in its light, "In them is fulfilled the prophecy of Esaias, which saith, By hearing ye shall hear, and shall not understand; and seeing ye shall see, and shall not perceive: for this people's heart is waxed gross, and their ears are dull of hearing, and their eyes they have closed; lest at any time they should see with their eyes, and hear with their ears, and should understand with their heart, and should be converted, and I should heal them"? [Matthew 13:14, 15.] --MS.