Genesis (3)

Genesis  •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 613 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →

Genesis

Bybelskool
Liewe lidmaat,
Ek wil graag die Bybel van vooraf, vers vir vers met jou deurwerk. Vir die doel sal ek elke week ‘n bydrae by die verhaal byvoeg. Ek glo dat jy nie die boodskap van die Bybel reg kan verstaan nie, as jy nie die Bybel van voor tot agter verstaan nie. Dit wat ek hier met jou deel is aantekeninge wat ek deur die jare op my Logos Bybelprogram gemaak het. Ek het dit ook al met ‘n Bybelstudie groep deurgewerk en is tans nog besig daarmee.
Seën in Christus,
Ds Dawie Scheepers
Genesis – die oorsprong van alle dinge
Ek brand om te begin met die lees van die eerste sewe boeke van die Bybel. Ons begin met die boek Genesis.
Hier is ʼn klein voorsmakie van wat wag:
God gee Genade vir Geloofsgemeenskappe
Die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug, is die verhaal van God se genade wat geloofsgemeenskappe laat floreer.
Van die begin af voeg God in sy genade families saam in ʼn geloofsgemeenskap (Genesis).
Sy genade word sigbaar in die konkrete lewe van hierdie geloofsgemeenskap (Eksodus).
Sy genade word ook spesifiek sigbaar in die geloofsgemeenskap se onderlinge verhoudinge (Levitikus).
Dit is ook duidelik dat God nie van stryk gebring word deur teenstand en wantroue in die geloofsgemeenskap nie (Numeri).
In sy genade bring Hy self sy beloftes vir die geloofsgemeenskap in vervulling (Deuteronomium).
Genesis – Die oorsprong van alle dinge
Die woord Genesis beteken oorsprong of begin. So lui die Griekse titel van die boek. Die Hebreeuse titel berecsjît beteken: “ In die begin”. Genesis begrond daarmee die verhaal van Israel in die oorsprong van alle dinge.
Die God van Abraham, Isak en Jakob, Elohim, is die God van al die nasies, trouens van die hele heelal. Hy het nie net alles gemaak nie. Hy tree in verhouding met mense van die begin af soos in die verhale van die families van Adam, Noag en Abraham gesien kan word. Sy genade word van die begin af sigbaar in die ontstaan en vestiging van families as geloofsgemeenskappe.
Genesis in sy ontstaanswêreld
Die versoeking is daar om Genesis te lees vanuit ʼn moderne paradigma en vrae aan die teks te vra wat die teks nie bedoel was om op te antwoord nie.
Genesis sal egter enigiemand teleurstel wat antwoorde soek op vrae oor die kosmologie, evolusie, geskiedenis en ander moderne wetenskaplike navorsing. Genesis en die res van die verhale van die Pentateug is nie geskryf om moderne wetenskaplike navorsingsvrae te bevredig nie. Ek gaan dus ook nie daaroor uitbrei nie, en net soms in die verbygaan kommentaar daarop lewer.
Wat ʼn mens wel kan en moet doen, is om Genesis se verhale binne die konteks van sy eie ontstaanswêreld te plaas en die boodskap binne die kultuur en konteks van die tyd te lees. As ʼn mens dit só lees, is dit uiters interessant dat Genesis ʼn baie duidelik alternatiewe wêreldbeeld verskaf as wat in die res van die Ou Nabye Ooste die geval was.
Dit sal jy self kan raaksien in drie van die verhale wat ek hier kortliks beskrywe; twee van die antieke skeppingsverhale: die Enuma Elisj en die Epos van Atrakhasis sowel as een van die antieke vloedverhale: die Epos van Gilgamesj.
2. Lees Genesis saam met my deur van môre af
Ek gaan elke week ‘n bydrae plaas oor die eerste vyf boeke van die OT, die Pentateug. Die boeke vorm baie spesifiek die begronding van die lewe van die geloofsgemeenskap in Israel. Aan die hand van die inhoud van hierdie vyf boeke kon die gehoorsaamheid van die volk van God getoets en beoordeel word. Die legitimiteit van hulle spiritualiteit en moraliteit is daarom ook telkens aan hulle getrouheid aan die inhoud van dié vyf boeke gemeet, soos dit in die Profete en ander Geskrifte van die OT duidelik word.
Ek gaan ook ʼn paar bydraes oor die ooreenkomste en verskille in die verskillende antieke skeppings- en vloedverhale plaas. Daar is verskeie ooreenkomste, maar ook duidelike en doelbewuste verskille. Dit wys duidelik uit dat die Pentateug die antieke idees oor God, die wêreld en die mens op deurslaggewende wyse uitgedaag en verander het. Met die ooreenkomste het hulle aangesluit by die bekende verhale. Met die verskille het hulle die heersende teologiese, kosmologiese en antropologiese idees uitgedaag en met nuwe inhoud gevul. Ek gee aandag aan sewe deurslaggewende verskille.
Ons begin met die lees van … en dit gaan ʼn bietjie langer as gewoonlik wees, omdat daar soveel belangrike perspektiewe in hierdie eerste hoofstuk van die Bybel opgesluit lê.
3. God gee Genade vir Geloofsgemeenskappe
Die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug, is die verhaal van God se genade wat geloofsgemeenskappe laat floreer.
Van die begin af voeg God in sy genade families saam in ʼn geloofsgemeenskap (Genesis).
Sy genade word sigbaar in die konkrete lewe van hierdie geloofsgemeenskap (Eksodus).
Sy genade word ook spesifiek sigbaar in die geloofsgemeenskap se onderlinge verhoudinge (Levitikus).
Dit is ook duidelik dat God nie van stryk gebring word deur teenstand en wantroue in die geloofsgemeenskap nie (Numeri).
In sy genade bring Hy self sy beloftes vir die geloofsgemeenskap in vervulling (Deuteronomium).
Dit is die boodskap van die Pentateug, ook genoem die Tora. ʼn Mens kan hierdie aspekte van God se genade vir gelowiges as volg in die vyf boeke van die Pentateug raaksien:
Genesis begrond die verhaal van Israel in die oorsprong van alle dinge. Die God van Abraham, Isak en Jakob, Elohim, is die God van al die nasies, trouens van die hele heelal. Hy het nie net alles gemaak nie. Hy tree in verhouding met mense van die begin af soos in die verhale van die families van Adam, Noag en Abraham gesien kan word. Sy genade word van die begin af sigbaar in die ontstaan en vestiging van families as geloofsgemeenskap.
Eksodus begrond die verhaal van Israel in die hoop van verlossing. Die God van Abraham is ook die God van Moses, Jahwe, wat sy volk deur die trek deur die woestyn uit die slawerny van Egipte verlos en bring na die land van die belofte. Hy sluit met hulle ʼn verbond waarvan die inhoud in die wet en veral die Tien Gebooie wat op Sinai gegee is, beskryf word. God se dinamiese teenwoordigheid by sy mense word herstel deur die gawe van die Tora en die bou van die tabernakel. Sy genade word daarmee sigbaar in die konkrete lewe van die geloofsgemeenskap.
Levitikus fokus op verhoudinge begrond op die opdragte van God uit die tabernakel aan Moses, die Levitiese Kode, wat riglyne vir die Groot Versoeningsdag verskaf sowel as die volk se verhouding met God en met mekaar soos beskryf in die Heiligheid Kode. Die fokus van die boek op offers en heiligheid het alles te make met verhoudinge, met God en met mekaar. Sy genade word sigbaar in die verhoudinge van die geloofsgemeenskap onderling en met God.
Numeri is saamgestel rondom twee dele van die reisverhaal “in die woestyn” en vertel die verhaal van twee generasies. Die eerste deel vertel die verhaal van die trek van die volk van Sinai tot by die oostekant van die beloofde land. Dit eindig met die gebrek aan vertroue van die volk in God om die land in te neem en die begin van die gevolglike verdere omswerwinge in die woestyn. Die tweede deel fokus op kwessies van leierskap en priesterskap en eindig met die voorbereiding van die tweede generasie om die beloofde land in te neem. God se genade oorkom die uitdagings wat teenstand en wantroue in die geloofsgemeenskap aan Hom stel.
Deuteronomium fokus op die impak van die verlede, hede en toekoms. Dit is opgebou rondom drie “preke” van Moses wat hulle help om te onthou waar hulle vandaan kom, vir hulle riglyne gee om na te luister en uit te leef in ʼn verbondsverhouding met die Here asook vir hulle ʼn profetiese vooruitkyk gee na die lewe in die land waar vertroue op die beloftes van God lewensbelangrik sal wees. God se genade bring sy beloftes vir die geloofsgemeenskap in vervulling.
Hierdie eerste vyf boeke van die OT, die Pentateug, gee daarmee dus nie net die agtergrond vir die vestiging van die volk Israel in Kanaän nie. Die Pentateug – as geheel ook die Tora genoem – vorm ook baie spesifiek die begronding van die lewe van die geloofsgemeenskap in Israel. Aan die hand van die inhoud van hierdie vyf boeke kon die gehoorsaamheid van die volk van God getoets en beoordeel word. Die legitimiteit van hulle spiritualiteit en moraliteit is daarom ook telkens aan hulle getrouheid aan die inhoud van dié vyf boeke gemeet, soos dit in die Profete en ander Geskrifte van die OT telkens duidelik word.
4. Die Pentateug
Die Hebreeuse Bybel wat ons as die OT ken, staan vir die Jode as die Tenak bekend. Dit is ʼn akroniem gevorm uit die eerste Hebreeuse letter van die drie dele van die OT – t-n-k. Dit is dieselfde boek wat ons ken as die Ou Testament:
•die Torah, of Wet (Pentateug, die eerste vyf boeke van die Bybel),
•die Nevi`îm, of Profete (dit sluit die Vroeë profete soos Josua tot Konings, die Latere profete soos Jesaja, Jeremia en Esegiël, en die twaalf Kleiner profete soos Amos, Hosea en die ander in) en
•die Ketivîm, of Geskrifte, (wat die Psalms, wysheidsliteratuur soos Spreuke en die ander historiesegeskrifte soos Rut, Ester, Esra-Nehemia en Kronieke insluit).
Die Pentateug (die naam beteken: “vyf boekrolle”) is die eerste keer so genoem in ʼn kommentaar van die kerkvader Origines op die Johannes evangelie. Die Hebreeuse titel van die vyf boeke is telkens die eerste woorde van die onderskeie boeke, hoewel ons werk met die Griekse titels wat meer met die onderwerp van elke boek te make het en kom van die Latynse vertaling, die Vulgaat, van die Septuaginta (LXX), die Griekse vertaling van die Ou Testament.
Die Pentateug is eintlik soos ʼn vyf volume werk, eerder as net vyf individuele boeke, wat oor eeue saamgestel is tot in sy huidige vorm.
Baie geleerdes het van vroeg af raakgesien dat die taalgebruik in die onderskeie dele van die Pentateug verskil. Bv. gebruik die woord Elôhîm vir God en gebruik Jahwe Elôhîm (in Afrikaans Here God). Daar is ook verskille in inhoud in die Pentateug, bv. wette wat met die priesterlike tradisies verbind word en die verhalende – en preekstof wat weer met ʼn Deuteronomistiese skool van die ballingskap in die sesde eeu v.C. verbind word.
Dit het gelei tot die idee dat die Pentateug opgebou is uit vier tradisies of bronne, JEDP, wat staan vir die Jahwistiese, Elohistiese, Deuteronomistiese en Priesterlike tradisies (Graf en Wellhausen). Dié bronne hipotese het sy voordele, in die mate wat dit ʼn prentjie probeer verskaf van hoe die vyf boeke in hulle huidige formaat tot stand gekom het. Heelwat geleerdes het ook verdere uitbreidings en verfynings deur die jare voorgestel wat ons begrip van die ontstaansgeskiedenis van die teks uitgebrei het.
Dié teorie het egter ook ernstige gebreke, waarvan die minste nie is dat daar geen enkele skriftelike getuienis van dié bronne behoue gebly het nie (Casutto). Daar word ook nie na een van dié bronne verwys nie, hoewel daar talle ander verwysings is na ander bronne waaruit die Bybel saamgestel is, maar waarop in dié teorie glad nie uitgebrei word nie. Mondelingse tradisies het uiteraard ook ʼn groot rol gespeel in die uiteindelike totstandkoming van die Pentateug, wat tereg deur baie geleerdes beklemtoon word (Bright, Fensham, Van Selms). Die mondelinge tradisies word egter nie genoegsaam gereflekteer in die bronne hipotese nie.
Interessant genoeg is die eerste verwysing na ʼn “boek” wat as bron gedien het vir die Pentateug in waar na die geslagsregister van Adam verwys word. Die eerste verwysing na die skrifstelling van die Pentateug word volgens die Bybel self aan Moses verbind (Eks. 24:4). Volgens die Bybelse getuienis is dié boek deur die Leviete bewaar by die tabernakel en later by die tempel ().
Hierdie wetboek van Moses – waarvan ons die omvang nie presies weet nie, maar wat duidelik as skriftelike bron gebruik is in die uiteindelike finalisering van die Pentateug – is deur die volk en die leiers bestudeer, en word die boek wat Josua sy eie maak (). Hierdie wetboek van Moses () word ook later deur Josua aangevul (). Die sogenaamde Josua-woorde vul dus die Moses-woorde aan.
Moses se hand as skrywer in die totstandkoming van die Pentateug word dus deur die OT self bevestig, soos die oortuiging ook in die NT gevind word. Ons kan dit in Jesus, Filippus en Paulus se uitsprake nagaan. Jesus praat van “die boek van Moses” (). Jesus beskou ook “Moses en al die profete” as “die Skrifte” (). Filippus beskou Moses as die skrywer van die wet (). Paulus noem Moses as die een wat in die wet oor die geregtigheid skrywe met ʼn aanhaling uit (). Paulus gebruik die naam “Moses” as ʼn aanduiding van die Tora (2 Kor. 3:15).
Dit beteken uiteraard nie dat Moses alles in die Pentateug kon geskrywe het nie. Hy kon nie oor sy eie dood geskrywe het aan die einde van Deuteronomium nie. Hy was ook nie ʼn ooggetuie van die skeppingsverhale en die verhale van die aartsvaders nie. Hy moes dus self van bronne gebruik gemaak het. Maar dat hy vir groot dele van die Pentateug verantwoordelik is, staan onteenseglik vas.
Dieselfde tipe ontwikkeling geld die res van die OT. Daar is die Boek van die Opregte () wat die verhaal van die stilstand van die son en maan vertel (vgl. ook wat vertel dat ʼn lied van Dawid daarin opgeteken is) en as bron gebruik is. Samuel sou self later regsvoorskrifte, veral ten opsigte van die koning se verantwoordelikhede, byvoeg () wat saam met Moses en Josua se geskrifte in die heiligdom bewaar is en gebruik is in die uiteindelike kanon van die OT.
Daar is waarskynlik van tyd tot tyd veranderinge aan die teks aangebring soos ons aflei uit die feit dat van die stede in moontlik eers in die 8ste eeu v.C. tot stand gekom. Van tyd tot tyd is die verhale van Josua dus waarskynlik opgedateer om die relevansie daarvan vir die kultiese gebruik by hulle feeste te behou.
En so kan ʼn mens aangaan met ander bronne waarvan daar in die OT sprake is wat gebruik is in die totstandkoming nie net van die individuele boeke nie, maar ook van die OT as geheel.
Terug by die Pentateug. Die meer ernstige probleem van die bronne hipotese, en enige ander tradisie-historiese benadering, is egter dat ʼn mens daarmee geneig is om meer op die tradisies in die teks te fokus as op die samehang daarvan in die onderskeie verhale en wat die Pentateug in sy finale kanoniese vorm nou eintlik vir ons wil sê. Dat daar tradisies in die teks aangetoon kan word, is vanselfsprekend. Die konsensus is dat die teks uit mondelinge en skriftelike tradisies bestaan. Daar is ook soms daaraan bygevoeg en verander. En dit het sy waarde om meer van dié historiese prosesse deur navorsing te wete te kom.
Maar ons lees van die teks moet hom met die finale gestalte van die teks bemoei. Ons taak is in die eerste plek om sin te maak van wat daar staan, nie van hoe dit tot stand gekom het nie. Ons fokus is op die betekenis van die finale teks, nie op die ontstaansgeskiedenis van die teks nie (Deist). Dit is dié woord wat God se Woord aan ons is.
Die nuutste narratiewe benaderings lees daarom die Bybelse verhale, ook die Pentateug, as ʼn geheel en dit is hoe ek dit graag wil hanteer, soos baie geleerdes dit doen (Wenham, Durham, Hartley, Budd, Christensen). Kommentare kan geraadpleeg word vir meer inligting oor ander maniere van omgaan met die teks.
5. Hoe lees ons die verhale in die Bybel?
Ons fokus dus in hierdie rondte op die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug. Ek gaan dit hoofstuk vir hoofstuk aan die orde stel. Ek het drie doelwitte met hierdie manier van lees van die Bybel:
•Ek fokus op die verstaan van die hoofstuk in sy konteks in die Bybelboek. Daarom gee ek ʼn indeling van die hoofstukke, verklaar sekere eksegetiese elemente wat belangrik is, en probeer die struktuur van die verhaal wat ter sprake is, vir jou oopbreek.
•Ek gee net ʼn leeshulp vir die hoofstuk; dit is nie ʼn volledige kommentaar op die Bybelteks nie. Daarvoor moet die kommentare geraadpleeg word. Ek wil daarmee vir jou help om te luister na wat die teks vir jou sê, soos wat die Heilige Gees jou begelei.
•Ek probeer nadenke oor die Bybelteks stimuleer sodat jy by die betekenis daarvan vir jou lewe kan uitkom. Die Bybel is immers die Woord van God wat gemik is daarop om jou in gemeenskap met ander gelowiges te laat lewe met die oog op die koms van die koninkryk van God. Ons lewe maak saak vir God.
Hierdie benadering fokus dus op die Bybel se narratiewe karakter. Dit fokus op die geheel en die wyse waarop die onderskeie hoofstukke en boeke in die geheel inpas.
In die lees van die hoofstukke is dit goed om, prof. Bethel Müller, se onderskeid van drie aspekte van verhale in gedagte te hou in ons lees daarvan. Verhale in die Bybel het tipies drie eienskappe of kenmerkende karaktertrekke:
• ʼn Verwysende karakter – ons lees bv. in die Genesis-verhale van die geboorte-ervaringe van die geloof, die oorsprong van geloof. Dit help ons dus verstaan wat gebeur in die God-mens-verhouding. Só ook die res van die verhale in die Pentateug en regdeur die Bybel.
• ʼn Onmiddellike karakter – ons kan onsself herken in die verhale, trouens moet onsself identifiseer met die geloofsverhale sodat ons kan deelneem in die werklikheid waarvan dit ons vertel. Dít is dus ook die uitnodiging aan jou om jouself te identifiseer met die wyse waarop die verhaal vertel word en die boodskap van die dele daarin wat jou aanspreek, vir jouself toe te eien.
• ʼn Illustratiewe karakter – ons hoor in die verhale nuwe lewensmoontlikhede wat ons uitnooi om ons eie oorspronklike geloofservaringe te beleef. Die verhale in Genesis is as’t ware “lewensgroot” illustrasies wat die drakrag en handelingskrag van die geloof aandui. Dit is dus eweneens ʼn uitnodiging om jou eie pad met God te loop met die verhale as jou begeleidende voorbeelde.
Vir dié wat my manier van lees van die Bybel ken, sal prof. Bethel se invloed herken in die Lees, Luister, Leef metodiek wat ek telkens beklemtoon, iets wat ek maar onlangs agtergekom het. Dit is my manier om sy insigte te verwoord, maar daaroor netnou meer.
Met dié drie aspekte in gedagte in die lees van die Bybel is dit vanselfsprekend belangrik dat ons op geen manier hierdie verhale vervang met ons eie weergawe daarvan waarin net die “boodskap” daarvan belangrik is nie. Ons mag nie die verhale reduseer tot een of meer belangrike dogmatiese boodskappe vir vandag nie, al is die versoeking soms sterk daarvoor. Ons mag ook nie die verhale ontmitologiseer van hulle konkrete historisiteit – ek bedoel dit in die sin van werklike verhale – sodat ons uiteindelik net met ons eie weergawe daarvan sit nie.
Die verhale moet deeglik gelees word, intens na geluister word, en uiteindelik ʼn neerslag vind in die wyse waarop dit geleef word.
Prof. Bethel spreek daarom sterk kritiek uit op teoloë wat die teks óf verander óf verwerp en nie meer as gesaghebbend in hulle lewe aanvaar nie: “Is dit nie vreemd dat ons in die prediking ons teologiese samevatting, definisie en beredenering van die teks eerder vertrou as die vorm waarin die Heilige Gees dit Self aan ons gegee het nie?” (Riglyne vir prediking oor die Genesisverhale, bl. 13).
Daarmee bedoel hy dat die finale kanon van die Bybel die vorm is waarin die Heilige Gees God se boodskap aan ons verpak het, en ons sal goed doen om daarmee erns te maak presies soos dit aan ons oorgelewer is.
Dit beteken dat ʼn mens ʼn sterk saak daarvoor kan uitmaak dat die eksegese van verhalende tekste soos die Pentateug daarom die literêre en historiese dimensies van die tekste – die plot, karakters, kultuur en konteks – moet ontdek en analiseer. Hermeneuties moet ons daarna die vraag vra hoe die hoorder van die verhale vandag kan identifiseer met die fokuspunte of koördinate wat uit die teks na vore kom.
Ons moet in ons besig wees met die teks die punt ontdek waar die verhaal van die teks insny op ons verhaal, in ons ervaringsveld; die punt waar die teks ʼn transparant word vir vandag wat óns verhaal ʼn nuwe inleiding kan gee, sodat óns verhale beslissend verander en beïnvloed kan word; waar ons verhale ʼn nuwe rigting kry.
En dít is hoe ek die Bybel saam met julle gaan lees.
6. Lees, Luister, Leef
Ek nooi jou uit om die Pentateug “geestelik” te lees, as God se woord aan jou in jou spesifieke omstandighede. Dit is wat die woord Lectio Divina beteken – geestelike lees. Die inligting wat ek in elke hoofstuk gee, help jou net om sin te maak van gedeeltes wat moeiliker is om te verstaan en gee jou ’n groter raamwerk om jou eie verstaan by in te pas en ook te toets, sodat jy nie van die spoor afgaan met moeiliker gedeeltes nie.
Ek glo dat die hele Bybel God se woord aan jou is, en daarom moet jy dit ook binne jou verhouding met Hom lees, presies wat elkeen van die boeke van die Pentateug eintlik sê.
Ek het al baie maniere van lees deur die loop van die Bybelskool voorgestel. Die een wat vir myself die beste werk, is soos volg:
1. LEES – Raak stil voor die Here. Lees die teksgedeelte deeglik deur, desnoods 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een sleutelgedagte wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek geskryf het (sinopsis van wat my tref) en dink na oor wat jou daarin tref.
2. LUISTER – Dink na oor wat God vir jou deur die sleutelgedagte wil sê. Waar raak hierdie gedagte jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help my sin maak van my eie ervarings in die lig van God se Woord.
3. LEEF – Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
Die proses sal gou só deel van jou manier van lees word, dat jy dit eintlik outomaties sal kan doen: lees, luister, leef. Jy is welkom om dit só te gebruik of aan te pas vir jou eie behoeftes.
Lectio Divina
Indien jy ’n meer omvattende Lectio Divina metodiek wil gebruik, kan jy hierdie een van Alice Fryling (The Art of Listening) gebruik wat ek self baie sinvol vind, hoewel ’n mens meer tyd hiervoor opsy moet sit. Dit werk met 6 bewegings:
1. Silencio – kom tot rus voor God en aanvaar die uitnodiging om in Sy teenwoordigheid te wees. Gebruik musiek, óf ’n Psalmvers, óf ’n meditasie oefening, óf net die stilte van die omgewing. Dink na oor wat sleg was die afgelope dag (week). Vra die Here vir vergifnis, verandering, vertroosting. Dink na oor wat goed was die afgelope dag (week). Sê vir die Here dankie daarvoor. Bid vir insig in jou lees van die Bybel.
2. Lectio – lees die Skrifgedeelte, hardop indien moontlik, en fokus op die verse of gedagtes wat jou tref. Dink na oor temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een sleutelgedagte wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees my bydrae en dink na oor wat jou daarin tref.
3. Meditatio – kies een gedagte, en oordink die praktiese impak van die gedagte op jou lewe. Dink na oor wat God vir jou deur die sleutelgedagte wil sê. Waar raak die gedagtes in die Bybel jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die boodskap van dié gedagte vir jou dag en lewe? Besluit hoe jy gaan reageer daarop.
4. Oratio – antwoord God in gebed daarop. Fokus op dit wat jy ervaar die Here op jou hart lê. Doen ook voorbidding. Skryf dit alles neer in jou joernaal.
5. Contemplatio – geniet God se teenwoordigheid sonder om te praat. Dit kan ’n paar minute wees of langer. Spandeer een keer ’n week ’n bietjie meer tyd hieraan.
6. Incarnatio – wees gehoorsaam aan wat God sê. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
Riglyne vir Bybelstudiegroepe en Bybelskole
Laat elkeen die gedeeltes lees wat ek hier publiseer en vir hulle persoonlike stiltetyd gebruik soos hierbo beskryf.
Kom ooreen op die aantal hoofstukke wat julle elke week gaan lees. Julle kan byvoorbeeld kies om die aantal hoofstukke te lees wat ek weekliks hanteer, en dan een keer ’n week by mekaar te kom om dit te bespreek. Julle kan dit natuurlik ook oor ’n langer tydperk deurlees.
Gebruik dan die volgende proses vir julle byeenkoms:
1. LEES – Raak stil voor die Here. Gebruik van die voorstelle hierbo van die Silencio van Lectio Divina. Laat elkeen een kort teksgedeelte voorlees uit die hoofstukke wat julle gelees het, en deel wat hom of haar daarin getref het. Gebruik julle joernale. Deel dan met mekaar watter temas julle raakgesien het in die onderskeie bydraes. Watter ander gedagtes wil julle byvoeg? Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld?
2. LUISTER – Dink na oor wat God vir julle as groep deur al die gedagtes wil sê. Waar raak hierdie gedagtes julle lewe in die praktyk? Wat vra dit van julle? Wat belowe dit vir julle? Wat moet julle dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir julle lewe?
3. LEEF – Besluit hoe julle daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Doen ook voorbidding. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God julle gee met julle saamgaan tot die volgende byeenkoms. Leef dit uit.
Indien die stof in ’n Bybelskool hanteer word, en daar baie deelnemers is, kan die groep óf in kleiner groepe opgedeel word, met ’n kleingroepleier wat die gesprek in elke kleiner groep begelei, waarna terugvoer gegee word aan die hele groep.
Óf die leier van die Bybelskool kan in wisselwerking met die groep meer tyd spandeer om hulle insigte en vrae te fasiliteer en hoofstuk vir hoofstuk deur die Bybelteks te werk. Fokus telkens op wat die afgelope week se leeswerk vir julle van God sê, van mense, en van die wêreld.
Probeer om deelnemers se verstaan van die Bybelteks op te helder, veral in die hantering van hulle insigte en vrae. Lei die gesprek altyd ook in die rigting van die betekenis daarvan vir julle as gemeente, en vir elkeen persoonlik. En beklemtoon dat ons eers regtig die teks verstaan wanneer ons begin om dit wat ons lees ook uit te leef.
7. Genesis – Die oorsprong van alle dinge
Die woord Genesis beteken oorsprong of begin. So lui die Griekse titel van die boek. Die Hebreeuse titel berecsjît beteken: “ In die begin”. Genesis begrond daarmee die verhaal van Israel in die oorsprong van alle dinge.
Die God van Abraham, Isak en Jakob, Elohim, is die God van al die nasies, trouens van die hele heelal. Hy het nie net alles gemaak nie. Hy tree in verhouding met mense van die begin af soos in die verhale van die families van Adam, Noag en Abraham gesien kan word. Sy genade word van die begin af sigbaar in die ontstaan en vestiging van families as geloofsgemeenskappe.
8. Genesis in sy ontstaanswêreld
Die versoeking is daar om Genesis te lees vanuit ʼn moderne paradigma en vrae aan die teks te vra wat die teks nie bedoel was om op te antwoord nie.
Genesis sal egter enigiemand teleurstel wat antwoorde soek op vrae oor die kosmologie, evolusie, geskiedenis en ander moderne wetenskaplike navorsing. Genesis en die res van die verhale van die Pentateug is nie geskryf om moderne wetenskaplike navorsingsvrae te bevredig nie. Ek gaan dus ook nie daaroor uitbrei nie, en net soms in die verbygaan kommentaar daarop lewer.
Wat ʼn mens wel kan en moet doen, is om Genesis se verhale binne die konteks van sy eie ontstaanswêreld te plaas en die boodskap binne die kultuur en konteks van die tyd te lees. As ʼn mens dit só lees, is dit uiters interessant dat Genesis ʼn baie duidelik alternatiewe wêreldbeeld verskaf as wat in die res van die Ou Nabye Ooste die geval was.
Dit sal jy self kan raaksien in drie van die verhale wat ek hier kortliks beskrywe; twee van die antieke skeppingsverhale: die Enuma Elisj en die Epos van Atrakhasis sowel as een van die antieke vloedverhale: die Epos van Gilgamesj.
Enuma Elisj
Daar is verskeie skeppingsverhale beskikbaar in die antieke literatuur. Die Sumeries-Akkadiese Enuma Elisj, soms die Babiloniese Genesis genoem, is waarskynlik die bekendste. Dit is ʼn gedig wat op sewe tablette geskrywe is en die totstandkoming van die wêreld beskrywe. Dit is ook later verder uitgebrei.
Daar is ooreenkomste met Genesis se skeppingsverhaal: die skepping van hemel en aarde, die chaos waters – Tehom in die Bybel en Tiamat in Akkadies – die lig wat geskep word voor die hemelliggame, en uiteraard die skepping van plante, diere en die mens. Daar is selfs ʼn verband tussen orde van die inhoud van die sewe tablette wat met veral die orde asook met dele van die inhoud van die sewe skeppingsdae ooreenkom.
Dieselfde tipe ooreenkomste is ook aan te dui met ander skeppingsverhale uit die Sumeriese, Mesopotamiese, Egiptiese en Griekse literatuur en met verhale uit die res van die wêreld.
Maar, die ooreenkomste word oorskadu deur die verskille. Tehom word in die Bybelse verhaal nie gepersonifieer soos wat dit wel die geval is met die godin Tiamat in die Babiloniese verhaal nie. Die water is dus nie goddelik in die Bybelse verhaal nie. Dit is net water, anders as in die Babiloniese verhaal.
In die Bybel is daar ook net een God betrokke by die skepping, en dit is die Skeppergod self. ʼn Hele reeks gode is egter betrokke in die Babiloniese soos ook in ander skeppingsverhale.
In kort, die Bybelse Genesis verhaal draai om die skepping self. Die Enuma Elisj draai om die skepper, Mardoek. Die Enuma Elisj eindig daarom by die komiese held van die verhaal, Mardoek, met die ander gode wat hom gelukwens met sy prestasies in die skepping van die wêreld, veral omdat die mense geskep is sodat die gode kan rus. Die Bybelse Genesis eindig ook by die held van die verhaal, God self, maar wat egter na sy skepping kyk en die sewende dag as gereelde rusdag vir die mense instel, en dit heilig.
Dit is dus misleidend om die verskillende verhale van oor die hele wêreld tot hul gemene faktore te reduseer net om te probeer bewys dat hulle wel dieselfde oorsprong het. ’n Enkele bron vir al die verskillende verhale of ’n groot aantal van hulle is onwaarskynlik.
Die Bybelse skeppingsverhaal is dus ʼn unieke verhaal wat wel ooreenkomste vertoon met ander skeppingsverhale, maar nie op die ander verhale gebaseer is nie, en ʼn eie boodskap aan ons oordra.
Epos van Atrakhasis
Nog ’n skeppingsverhaal wat met dié van Genesis vergelyk kan word, is die Sumeries-Akkadiese Epos van Atrakhasis. Dit beskryf ook die ontwikkeling van die mens, maar sonder om die skepping as sodanig te beskryf. Dit begin waar die kleiner gode wat die grond moes bewerk, rebelleer teen hul lot. Hulle word hiervan verlos deur die skepping van die mens wat die werk in hul plek moet doen. Die mens is ’n bevredigende plaasvervanger, maar die lawaai wat hulle maak, steur die gode se rus en hulle word in die vloed vernietig, behalwe vir die held Atrakhasis (ook Utnapisjtim en Ziusudra in verskillende weergawes genoem) en sy familie.
In breë trekke vertoon hierdie epos ooreenkomste met die eerste deel van Genesis. Die mens word van beide klei en ’n goddelike bestanddeel gemaak; die taak van die mens is om die aarde te bewerk; die mensdom word deur ’n vloed vernietig, behalwe vir een familie.
Maar, daar is in die epos van Atrakhasis geen enkele “Adam” nie, geen afsonderlike skepping van die vrou nie, geen tuin van Eden nie, geen sondeval nie, trouens geen moraliteit nie en geen Godsverhouding nie.
Epos van Gilgamesj
Daar is ook verskeie weergawes van die vloedverhale in ander antieke godsdienstige literatuur. Die Sumeries-Akkadiese Epos van Gilgamesj, wat deel vorm van bogenoemde epos van Atrakhasis, is waarskynlik die bekendste van die vloedverhale. Daar is verskillende weergawes van die verhaal wat deur die eeue ook uitgebrei is. Die mees volledige weergawe is op twaalf tablette geskrywe soos in die biblioteek van die Assiriese koning Assurbanipal uit die 7de eeu v.C. gevind. Hy was ook verantwoordelik vir die eerste wegvoering in ballingskap van die Noordryk van Israel.
Die Epos van Gilgamesj vertoon waarskynlik van al die buite-Bybelse verhale die grootste ooreenkomste met die Bybelse verhaal, in dié geval die verhaal van Noag. Dié epos vertel hoe Gilgamesj op ʼn soektog gaan na een van sy voorouers, Utnapisjtim (hy word ook Atrakhasis en Ziusudra in verskillende weergawes genoem), wat onder aandrang van die god Enki (hy word ook Ea genoem) sy familie gered het van die verwoestende wêreldwye vloed met die bou van ’n boot. Die verhaal vertoon talle ooreenkomste met die verhaal van die Bybelse Noag.
Weereens is daar egter meer verskille as ooreenkomste tussen die Bybelse verhaal van Noag en dié van Gilgamesj. Die talle ooreenkomste dui daarop dat dit waarskynlik dieselfde gebeurtenis is as dié wat in die Babiloniese een weergegee word, bv. die diere wat saamgeneem word op die boot, die verwoesting van die mense, die duif en kraai wat uitgestuur word om te kyk of die water al gesak het ensomeer.
Dit is egter ook duidelik dat heelparty elemente van die verhaal verskil, bv. die redes vir die vloed wat in Noag se geval in die morele verval van die mensdom lê, die detail rondom die diere, die lengte van die vloed, en die uitkoms daarvan. Die belangrikste verskil is dat Noag regdeur die verhaal ʼn mens in gehoorsaamheid aan God bly. Noag verkry nie die ewige lewe soos wel vir Utnapisjtim te beurt val nie. Noag word ook nie as gevolg van sy gehoorsaamheid een van die gode nie soos wat wel met Utnapisjtim die geval is nie.
9. Die verskille oordonder die ooreenkomste.
Daar is dus weliswaar baie ooreenkomste in die verskillende skeppings- en vloedverhale, soos uit die kursoriese oorsig duidelik is. Maar, die duidelike en doelbewuste verskille wys duidelik dat die Pentateug die antieke idees oor God, die wêreld en die mens op deurslaggewende wyse uitgedaag en verander het. Met die ooreenkomste het hulle aangesluit by die bekende verhale. Met die verskille het hulle die heersende teologiese, kosmologiese en antropologiese idees uitgedaag en met nuwe inhoud gevul.
Die Bybel deel bv. die wêreldbeeld van die antieke verhale: dat daar ʼn bonatuurlike wêreld in onderskeid van die geskape werklikheid is; dat daar ʼn God (of gode) is wat met mense kan kommunikeer; dat die mens nie net stoflik is nie, maar ook geestelik; dat die mens na die beeld van God gemaak is (Farao was gereken as die “beeld van Ra”); dat daar ʼn onderskeid gekom het by die skepping tussen duisternis en lig, tussen land en see; dat plante, diere en die mens geskep is; dat die woord van die gode/God daarin ʼn rol gespeel het (Wenham).
Maar die verskille oordonder die ooreenkomste. Ek noem sewe deurslaggewende verskille.
Die God van die Bybel is uniek en enkelvoudig.
Die eerste verskil is ook die diepste verskil. Soos Moses die volk later sou leer: “Hoor, Israel, die Here ons God is ʼn enige Here.” (). God staan in sy enkelvoudigheid teenoor die veelgodedom van die ander godsdienste van die Ou Nabye Ooste. Hy tree onafhanklik op van enigiemand anders, en tree daarom as soewereine God in gesprek met sy skepping en alles wat Hy gemaak het. Sy woord is wet en niemand kan Hom voorsê of uitoorlê nie. Dit is in sterk kontras met die intriges en stryde wat die gode van die ander skeppings- en vloedverhale kenmerk ook in hulle interaksie met mense.
Waar die hemelliggame in die antieke verhale ook as gode gereken is, is die Bybelse verhaal baie duidelik daaroor dat God fundamenteel anders is as alles anders in die skepping. Die son, maan en sterre is maaksels van sy hande en nie deel van sy entourage in die hemel nie. Hy is Skepper. Die hemelliggame is skeppinge, en die mense skepsels.
Die mens is die kroon van God se skepping, maar bly ʼn skepsel.
Die tweede verskil is ook fundamenteel. Nie net is die Bybelse siening oor God anders as die siening van die gode van die ander antieke verhale nie. Die wyse waarop oor die mens gedink word, is ook anders in die Bybelse verhaal van die skepping van die mens as in die antieke verhale. Die mens bly in die Bybelse skeppingsverhale afhanklik van God selfs al kan die mens met God in verhouding tree anders as die res van sy skepping.
Trouens, die mens word uitgenooi om in verhouding met God te tree, maar bly fundamenteel anders as God, ʼn geskape wese. Dit is juis een van die redes vir die vloed, omdat gepoog is om die grens tussen God en mens te oorskry met die vreemde en enigmatiese verhaal van die “seuns van God” wat met die “dogters van die mense” gemeenskap gehad het (). In die NT verwys Judas, die een skrywer broer van Jesus, na hierdie tradisie soos dit in die buite-Bybelse apokriewe werk 1 Henog (dit is die Henog van ) uit die 3de eeu v.C. beskryf word en beskryf dit as die verlating van hulle aangewese woonplek (Jud. 6).
Ook Noag bly ʼn mens, al loof God hom vir sy gehoorsaamheid, anders as wat die geval is met Utnapisjtim in die Epos van Gilgamesj wat ʼn god raak weens sy gehoorsaamheid.
Genesis verwerp dus die sentrale motief van die heidense skeppingsverhale: die vergoddeliking van die natuur en in sommige gevalle van die mens. Daar is volgens Genesis net een God. Hy hoef nie sy soewereiniteit oor ander te bevestig deur hulle te oorwin nie. Hy is die universele God. Hy bly Skepper. Die geskape werklikheid bly die skepping. Selfs die kroon van God se skepping, die mens, bly uiteindelik ʼn skepsel.
Die mens is in hul binêre geslagtelikheid beeld van God en gelyke vennote en metgeselle vir mekaar.
Die derde verskil is eweneens fundamenteel belangrik. Die mens word spesifiek in hul binêre geslagtelikheid, as man en vrou, as skepping van God beskou (). Dieselfde geld van die mens in hulle heteroseksuele verhouding met mekaar. Man en vrou is bedoel vir mekaar. Hulle is gelyke vennote en metgeselle vir mekaar in die verhouding waarin God hulle vir mekaar gee ().
Dit sien ons eerstens in wat die verhaal van die skepping van die mens vertel as ʼn binêre gelyke geslagtelike werklikheid. Dit sien ons tweedens in wat die verhaal van die mens wat in verhouding met mekaar tree, vertel as ʼn verhaal van gelyke vennote en metgeselle: “Ek sal vir hom ʼn hulp maak wat by hom pas.” Die gelykwaardigheid van die geslagte en die gerigtheid op mekaar as vennote en metgeselle in ʼn unieke monogame – een man, een vrou – lewensverbintenis is daarmee onteenseglik gekonstateer.
Die idee van die vrou as ʼn minderwaardige skepping en besitting van die man, soos wydverspreid in van die antieke godsdienste geglo is, is daarmee uitgedaag. Ook die idee van poligamie – een man, baie vroue – wat aan die orde van die dag was. Ook die idee van seksuele omgang buite die veilige ruimte van die huwelik, soos in ander Ou Nabye Oosterse gemeenskappe met orgies van tempel- en gewone prostitusie die geval was, is daarmee uitgedaag.
Vergelyk bv. Levitikus se morele riglyne hieroor, veral in hfst. 18-20, wat seks beperk tot die verhouding tussen ʼn man en vrou binne die grense van die familie.
Die Bybelse skeppingsverhaal begin by die goeie skepping van God wat deur die mens se sondeval in ʼn krisis gedompel is.
Die ontwikkeling van die mensdom vanaf die skepping staan in die vierde plek in die Bybel ook in skerp kontras met die ander antieke verhale. Die Bybelse skeppingsverhaal en die verhaal van die mens begin by die goeie skepping van God wat deur die mens se sondeval in ʼn krisis gedompel is.
Die Babiloniese skeppingsverhale doen dit andersom. Daar is progressie van ʼn duister verlede na die hoop op ʼn beter toekoms weens die ingrype van die gode. Waar die antieke verhale dus werk met die idee dat dinge beter word, vertel die Bybelse verhale vir ons juis die teendeel. Dinge raak al hoe slegter en verg ʼn al hoe groter en dieper ingrype van God in die wel en weë van die skepping om dit van chaos te red, soos die verhaal van Noag illustreer.
God hou mense verantwoordelik om gehoorsaam aan sy wil vir die lewe te lewe.
Die Bybelse skeppingsverhale en die verhaal van die mens sentreer in die vyfde plek op ʼn morele oordeel van God waarin Hy mense verantwoordelik hou om aan Hom gehoorsaam te lewe, of die gevolge daarvan te dra.
En die verhale gee op ʼn regressiewe manier ʼn al hoe donkerder prentjie van die vooruitsig vir die mens. Die sondigheid van die mens word toenemend die storie van die mens soos ons dit sien in die verhale van Kain en Abel (), die verhaal van die seuns van God (); die verhaal van die vloek op Gam en Kanaän () en die verhaal van die taalverwarring wat met die bou van die toring van Babel ingelei word ().
Die situasie van die mens is hopeloos sonder die genadige ingrype van God.
Die situasie van die mens is dus hopeloos sonder die genadige ingrype van God. Dit illustreer God selfs in die genade vir die moordenaar, Kain (), in die redding van Noag en sy gesin (), en later in die roeping van Abraham ( vv.).
Trouens, die verhaal van die taalverwarring kan juis as ʼn satiriese kritiek op die idee van Babilon as die sentrum van die beskawing gesien word (Wenham). Dit is in sterk kontras met die wyse waarop oor die gode en die mensdom in die ander antieke verhale geskryf word.
Israel se moraliteit word deurslaggewend deur hulle spiritualiteit bepaal.
Hierdie fokus op verhoudinge in die konteks van die Pentateug is in die sewende plek daarom in radikale kontras met die wyse waarop oor menswees, in terme van die liefde en familiewees, sowel as in terme van die verhouding met God, in die ander antieke godsdienstige verhale geskryf is.
Die wil van God soos uitgedruk in die Tora het ʼn beslissende impak gehad op die wyse waarop in die geloofsgemeenskap geleef word. Israel se moraliteit is deurslaggewend deur hulle spiritualiteit bepaal wat beteken dat die Tora – en daarmee sluit ʼn mens die hele Pentateug in – ʼn integrale deel van die Godsverhouding uitgemaak het.
Dit het beteken dat die Pentateug ook uiters kritiese kommentaar op die kultiese prostitusie en vrugbaarheidsgebruike van die Babiloniërs en Kanaäniete gelewer het. Let op in dat dit die kleinseun Kanaän is wat deur Noag vervloek word, nie sy pa Gam nie, wat op ʼn eksplisiete veroordeling van die vulgêre en afstootlike seksuele praktyke van die Kanaäniete neerkom, soos wat Levitikus later in al die lyste van ongeoorloofde seksuele verhoudings sal uitspeel (), en dit boonop koppel aan die gebod van die liefde vir die naaste () waarop Jesus inspeel in sy verwoording van die liefdesgebod ().
Nie dat die geloofsgemeenskap van Israel in die ontvouende verhaal van die OT hulle altyd hieraan gesteur het nie. Dit is immers duidelik in die OT dat dié idees in die patriargale gemeenskappe van Israel onder konstante druk was, soos dit duidelik in bv. die voorkoms van poligamie te siene is.
Die ongehoorsaamheid aan dié duidelike perspektiewe op menswees in die skeppingsverhale in die praktyk van die geloofsgemeenskappe van Israel beteken egter nie dat die betekenis van Genesis se perspektiewe op menswees geïgnoreer kan word nie.
Dit sien ons onder andere in die wysheidstradisie van Israel:
• Hooglied verheerlik juis die eksklusiwiteit en interafhanklikheid van die huweliksverhouding tussen een man en een vrou. Vergelyk veral die volgende bydraes wat ek al daaroor gemaak het:
◦ Hooglied 1:12-2:7 – Wedersydse geborgenheid, tuiswees, bevestiging en opwinding
◦ Hooglied 3:1-5 – Liefde kom tot sy reg binne families
◦Hooglied 3:6-11 – Die huwelik is ryk aan betekenis
◦ Hooglied 8:5-14 – Die liefde is wederkerig en interafhanklik
• Spreuke wys op die dwaasheid van enige seks buite die huwelik soos dit veral in die pa se raad aan sy seun in hoofstuk 5-8 na vore kom: ◦ Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings;
◦ Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg;
◦ Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel;
◦ Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef.
• Lees gerus ook die uitmuntende raad van die ma van koning Lemuel in Spreuke 31 wat hom die voorskrif gee om nie sy krag op baie vrouens te verspil nie, maar te soek vir een uitmuntende knap vrou. Let daarin op hoe sy ʼn aanspraak maak op hom op grond van die reg wat sy as ma en as gelowige het om dit van hom te vra. Sy het die reg vanweë sy “geboorte” en op grond van haar “gelofte” aan God:
◦ Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ʼn knap vrou
Uiteindelik het hierdie perspektiewe op menswees die deurslag gegee in die NT waar dit die grondbeginsel vir die geloofsgemeenskap word. Eers gryp Jesus terug op die skeppingsverhaal in sy teologisering oor die huwelik tussen een man en een vrou (). En dan doen Paulus later dieselfde in sy beskrywing van die wyse waarop seksualiteit in die geloofsgemeenskap binne die skeppingsvisie van God vir die mens kan gedy (bv. 1 Kor. 5-7; ; Efes. 5).
10 Indeling
Dit is opmerklik dat die indeling van die boek Genesis op verskillende maniere gedoen kan word. Telkens gee elke indeling ook ʼn unieke manier om na die inhoud van die boek te kyk en ʼn oorhoofse prentjie van die boodskap van Genesis te vorm. Ek gee daarom ʼn paar maniere om die boek in te deel sodat jy ʼn gevoel kan begin kry van wat regtig onder die oppervlak aangaan in hierdie boek van die ontstaan en begin van alles.
Die eerste indeling is die belangrikste. Dit is die indeling van die verhaal van Genesis in twee hoofdele, hfst. 1-11 en 12-50. Daarmee is Genesis die verhaal van die:
1. Oergeskiedenis (ʼn onbepaalde tyd), wat die begin van alles vertel, met ʼn fokus op vier sleutel gebeure: Skepping, Sonde, Vloed en die Nasies. Dit het ʼn meer universele karakter – .
2. Aartsvaders (ongeveer 300 jaar) wat die begin van die heilsgeskiedenis van God met sy volk – Abraham en sy “saad” – vertel, met eweneens vier sleutel karakters: Abraham, Isak, Jakob en Josef. Dit het ʼn meer verbondskarakter – .
Dit sluit goed aan by die samestellers van die boek se indeling van Genesis. Hulle het ʼn geykte frase: “Dit is die (familie)-geskiedenis van …” (tôledôt) op elf plekke in die boek ingespan. Hierdie frase deel die boek in tien fases in (2 van dié frases handel opeenvolgend oor dieselfde geskiedenis en word daarom deur die meeste geleerdes as een onderafdeling geneem).
Die eerste vyf fases het met die verhaal van die oergeskiedenis te make. Die laaste vyf fases het met die verbond met die aartsvaders te make. Daarmee het die boek die volgende tien onderafdelings:
• Die OERGESKIEDENIS
◦ Die geskiedenis van die hemel en aarde – ; die boek van die geskiedenis van Adam (die “boek” is waarskynlik ʼn skriftelike bron, die enigste plek waar van ʼn boek gepraat word in Genesis) – ;
◦ Die geskiedenis van Noag – ;
◦ Die geskiedenis van Noag se seuns: Sem, Gam en Jafet – ;
◦ Die geskiedenis van Sem – ;
•Die VERBONDSGESKIEDENIS
◦ Die geskiedenis van Tera – ;
◦ die geskiedenis van Ismael – ;
◦ Die geskiedenis van Isak – ;
◦ Die geskiedenis van Esau – , (die frase word hier twee keer gebruik, maar handel oor dieselfde nasie);
◦ Die geskiedenis van Jakob – .
As ʼn mens die boek só lees, dan verwoord die indeling die tien “families” waarop Genesis fokus wat ook die skepping as sodanig insluit, binne die groter raamwerk van die skepping van die heelal, die nasies en Israel.
Dit is opmerklik dat drie van die sleutel karakters in die verhaal eintlik as ʼn onderafdeling van die familiestorie van hulle pa vertel word:
• Abraham is deel van Tera se storie (11:27),
• Jakob is deel van Isak se storie (25:19), en
• Josef is deel van Jakob se storie (37:2).
Dit wys net hoe integraal die verhale van individue met dié van families en geloofsgemeenskappe verweef is. Dit is ook duidelik dat die familie lyne van beide die “verkose” families en die “verwerpte” families aangegee word. Die verskil is egter, dat die “verkose” families se storie ook vertel word, maar net die geslagslyste van die “verwerpte” families vertel word. Die verkose families raak deel van God se storie met hierdie wêreld.
Dogmatici het hierdie twee breë temas as uitgangspunt vir die teologie geneem: Skepping en Verbond (Du Rand, König). ʼn Mens kan ook Paulus se teologie met dié twee terme beskryf veral vanuit die herinterpretasie wat sy ontmoeting met die Messias in die NT daaraan gee (Wright).
Ander indelings
Ek noem nog twee moontlikhede om Genesis in te deel. ʼn Mens kan Genesis in drie dele verdeel wat ook goeie sin van die inhoud van die boek maak. Dan is dit die verhaal van:
• Die ontstaan van die wêreld – ;
• Die ontstaan van die nasies – ;
• Die ontstaan van Israel – .
Ek hou ook veral van die indeling van die boek as vier Roepingsverhale wat opgebou is rondom God se beloftes (Brueggemann):
• Die voorgeskiedenis – die Soewereine (sovereign) roeping van God – ;
• Die Abraham verhaal – die Omhelsde (embraced) roeping van God – ;
• Die Jakob verhaal – die Konflikterende (conflicted) roeping van God – ;
• Die Josef verhaal – die Verborge (hidden) roeping van God – .
Hierbenewens is dit ook opmerklik dat daar twee ander stories is wat ʼn eenheid aan die boek Genesis gee. Dit brei uit op die derde aspek van God se opdrag in aan die mens – bewoon, bewerk en bewaar – en koppel dit aan die ingryping van God se genade. Dit vind ons in die twee verhale van God se bewaring:
• Die storie van Noag – God bewaar mense in die vloed – ;
• Die storie van Josef – God bewaar mense in die hongersnood – .
Watter een van bogenoemde indelings jy ook al kies, dit is duidelik dat dié boek ʼn fundamentele vertrekpunt is vir die nadenke oor God, die skepping en menswees, en die wyse waarop ons bestaan op hierdie wêreld.
11. – In die begin het God die hemel en die aarde geskep
is ʼn gedig oor die skepping wat op digterlike en metaforiese wyse grondoortuigings oor die ontstaan en bestaan van alle dinge weergee. Dit sien ʼn mens uit die sistematiese en simmetriese wyse waarop veral die middelste gedeelte oor die ses dae se skeppingswerk geskryf is.
verskil hiervan deurdat dit meer in ʼn verhalende styl na die skeppingsgebeure kyk. Waar die kroon van die skepping in die mens is, is die verbintenis tussen man en vrou, die huwelik, die kroon van die skepping in . Daarom is die wyse waarop God in skep baie meer intiem. Hy “vorm”, “blaas”, “neem” en “bou” terwyl dit in baie meer formeel gebeur met die woorde “skep” en “maak”.
kan in drie dele opgedeel word:
• Die begin van tyd, ruimte en materie –
• Die skep van ʼn plek vir alles wat lewe in ses dae –
• Die rus van God op die sewende dag na Hy alles voltooi het –
“In die begin het God die hemel en die aarde geskep.” – 1:1-2
”1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep 2 Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.”
Met hierdie kernagtige eerste vers word die ontstaan van tyd, ruimte en materie op weergalose ekonomiese manier beskryf. Geen detail word verklap van die proses of selfs ʼn motivering daarvoor gegee nie, net maar die feit dát God die hemel en die aarde in die begin geskep het.
Ons weet nie hoe lank dit geduur het nie. Ons weet nie waaruit alles gemaak is nie. Daar staan bv. nie hier dat die hemel en die aarde uit niks gemaak is nie – ex nihilo – hoewel dié idee duideliker uit ander dele van die Skrif afgelei kan word (vgl. : “Deur die woord van die Here is die hemele gemaak, deur sy bevel al die hemelliggame”; 148:5; “Hy het beveel en hulle is geskep”; : ”Alles het deur Hom tot stand gekom”; Kol. 1:15-17: “Alles is deur Hom [Jesus] en vir Hom geskep”; : “die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.”).
Die idee speel wel uiteindelik ʼn belangrike rol in die teologie van onder andere Augustinus en Calvyn. Ons weet egter nie hoe dit presies gebeur het nie. Genesis vertel nie vir ons meer nie. Ons weet net dát dit gebeur het en dat Gód daarvoor verantwoordelik is: tyd, ruimte en materie.
Die versoeking is groot vir my om hierdie skeppingsdaad met die Big Bang te verbind. Ek het juis onlangs weer gelees oor die boson deeltjie van materie wat Peter Higgs voorspel het, en nou met Cern se eksperimente waargeneem is. Hierdie Higgs boson, soos dit bekend staan, was die deeltjie wat direk na die eerste millisekonde van die eerste ontploffing van materie sy werk begin doen het om aan alles wat bestaan massa te gee.
Maar dit is nie wat die skrywer hier probeer doen nie, naamlik om ʼn wetenskaplike prentjie te gee van hoe dit gebeur het nie. Hy wil doodgewoon sê, die feit dat daar iets is en nie niks nie, is aan God te danke.
In die tweede vers word twee negatiewe opmerkings oor die skepping gemaak: dat die aarde onbewoonbaar en die diep waters donker was. Daarteenoor word egter die belowende positiewe stelling gemaak dat die Gees van God oor die waters gesweef het.
Met hierdie twee verse word dus drie fundamentele stellings oor die aanvanklike skepping gemaak:
• dat God alles in die begin gemaak het – vers 1 (vgl. ; );
• dat daar konflik van die begin af in die skepping was – vers 2a (vgl. );
• dat die Gees die belofte van ʼn nuwe toekoms dra – vers 2b (vgl. ).
Vir die dieperdelwers: John Walton ( as Ancient Cosmology) werk met die idee dat die skeppingsverhaal nie soseer die materiële ontstaan van alles wat bestaan beskryf nie. Dit word as gegewe aanvaar. Die skeppingsverhaal fokus volgens hom eerder op die funksies wat God aan alles binne die heelal toegeken het. Die eerste drie skeppingsdae word dan volgens hom gespandeer aan die skep van tyd en ruimte waarbinne die waters en plante vir water- en voedselvoorsiening hulle rolle kry. Die volgende drie skeppingsdae word gespandeer aan die skep van die funksionarisse wat die ruimtes moet benut, die hemelliggame vir die seisoene en die wisseling van dag en nag, die diere in die see, die voëls in die lug, die diere op die land sowel as die mens as verteenwoordigers van God. Hy plaas dié interpretasie ook op verantwoorde wyse binne die kosmologie van daardie tyd, met talle raakpunte met ander skeppingsverhale.
Ek is versigtig vir sulke radikaal ander idees, veral omdat die belangrike derde dimensie van die heelal, materie – wat saam met tyd en ruimte ons bestaan moontlik maak en bepaal – nie genoegsaam verreken word nie. Ek sou eerder wil sê saam met dat God al drie dimensies van die heelal op die tafel sit: “in die begin” – tyd; “hemel” – ruimte; “aarde” – materie. Die ses skeppingsdae wys dus hoe tyd, ruimte en materie georden word om lewe moontlik te maak, soos ek dit hierbo en hieronder uitlê.
“Toe het God gesê …” – 1:3-25
Ná hierdie aanvanklike skepping van hemel en aarde – tyd, ruimte, en materie – wy uit oor wat God met die materie gedoen het binne die tyd en ruimte wat Hy geskep het.
Die volgende vier opmerkings sal jou help om sin te maak van wat op die verskillende skeppingsdae gebeur.
1. Hou in gedagte dat God regdeur transendent geteken word, d.w.s. dat Hy per definisie onafhanklik is van tyd en ruimte en dit kan hanteer soos Hy wil. Hy is soos ʼn pottebakker wat met klei werk en daarmee maak wat Hy wil, soos die profete ook daaroor skryf (Jes. 29:16; ). God is dus nie gebonde aan tyd of ruimte nie. Hy is die subjek, die Skepper. Die skepping is die objek, die materiaal waarmee gewerk word. God is dus soewerein en selfstandig.
2. Hou ook in gedagte dat die skeppingsdade wat volg die bestaande materie vorm en orden tot die skeppinge en skepsels wat God daaruit maak. Hy bepaal die reëls van die proses en die uitkomste daarvan. In dié verband hou ek baie van wat Justinus, die Christen Apologeet (en martelaar) aan die begin van die tweede eeu n.C., hieroor geskryf het. Hy was die eerste wat teologies ʼn onderskeid gemaak het tussen die skepping van die ongevormde stof (creatio) soos wat ons dit in kry, en die vormgewing daarvan (formatio), soos ons dit in kry.
Hoewel dit ʼn meer dogmatiese onderskeid is, maak dit goeie sin van die eksegetiese materiaal van dié hoofstuk en help ʼn mens ook verstaan wat regtig aangaan in die tweede skeppingsverhaal wat in opgeteken is waar vormgewing die hoofmotief is. God skep orde in die chaos, soos Hy immers op ʼn voortgaande wyse doen in die lewe van elke dag.
3. Hou in gedagte dat ons hier met ʼn gedig te doene het. God se skeppingswerk word in ses dae beskryf. Die eerste drie dae word spandeer aan die verskillende ruimtes waarin lewe moontlik word. Die laaste drie dae word gespandeer aan die verskillende lewende wesens wat daarop kan floreer. Hierdie sistematiese ordening van die ruimtes en die wesens wat daarin en daarop lewe beteken dat Genesis nie ʼn moderne wetenskaplike proses probeer beskryf nie, maar in digterlike en figuurlike vorm die wonder van God se skeppingswerk wil besing.
4. Hou dus in gedagte dat die skeppingsdae wel as werklike dae beskryf word, soos dit onder andere in die Tien Gebooie, met verwysing na die skeppingsverhaal, as uitgangspunt vir die werksweek geneem word. “Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak …” (Eks. 20:8-11). In Genesis word die dae egter figuurlik ingespan om in die gedig die planmatige vorming en ordening van God se skeppingswerk te beskryf. Dit sien ʼn mens in die geykte formule wat verskeie kere regdeur die gedig gebruik word: “Dit het aand geword, en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.” Die figuurlike betekenis staan dus voorop, nie die letterlike nie.
ʼn Mens sou die beskrywing van die dag in hierdie skeppingverhaal as ʼn tydperk kon neem, omdat die woord “dag” in ook gebruik word in die betekenis van ʼn tydperk. Daar staan letterlik: “die dag toe die Here die hemel en die aarde gemaak het.” “Dag” word dus daar vir die hele tydperk van die skepping gebruik.
Die gedagte het baie ondersteuning reg deur die eeue gehad, ook by van die kerkvaders (Ireneaus – die dae was duisend jaar tydperke – en Augustinus – die dae was onbepaalde tydperke). Hulle verwys onder andere na Petrus se beskrywing van die betekenis wat tyd vir God het vir wie: “een dag soos ʼn duisend jaar is en duisend jaar soos een dag” (; vgl. ).
Dit is egter nie nodig om só te dink nie. Die dae is immers nie letterlik bedoel nie, maar digterlik en figuurlik. Dit hoef ook nie met die wetenskap van vandag gesinkroniseer te word nie, omdat die skeppingsverhaal vir ʼn hele ander tyd en met ʼn ander doel geskryf is. Die “dae” dui slegs aan dat dit God is wat sy werk vanuit sy onafhanklike ongebondenheid in ons tyd en ruimte doen om orde te skep en die skepping te vorm na sy voorkeur. Selfs die dag en die nag is in elk geval sy skeppingswerke en Hy kan dit inspan soos dit Hom behaag.
Vir die dieper delwers: Daar is uiteraard baie oor die betekenis van die woord jôm – “dag” – geskrywe. Hier is ʼn paar van die verskillende betekenisse waarvoor die woord gebruik word in die Bybel sodat jy jou eie mening kan vorm. Soms is jôm ʼn aanduiding van die “daglig” in kontras met die nag (). Meesal sluit jôm die daglig en die nag in, d.w.s. ʼn “dag van 24 uur” (ook ). Soms word jôm vir ʼn dag van betekenis gebruik, bv. reëndag (Eseg. 1:28) of werksdag (Eseg. 46:1) of dag van onheil (). Dit is ook hoe oor die “dag van die Here” gepraat word wat eintlik metafories ʼn tydperk van oordeel beteken (). Soms word jôm vir ʼn tydperk gebruik (). Soms word jôm ook indirek vir ʼn tydperk gebruik, soos in ʼn “dag of twee” (Eks. 21:21) of in die betekenis van “oestyd” (Spr. 25:13), selfs in die betekenis van ʼn jaar soos in die frase “elke jaar” ().
God maak die lig en skei lig van donker – Dag 1
Die eerste skeppingsdaad van God is lig. Hy skep die lig en sien dat dit goed is en skei in ’n tweede aksie die lig en die donker van mekaar. Hy bring daarmee aan die een kant ʼn ritme tussen die daglig en die nag wat ʼn ritme vir gesonde lewe skep. Hy maak daarmee aan die ander kant ʼn keuse vir die lig teenoor die duisternis, soos Hy veel later sy Seun sou stuur om die lig te word vir die mense wat in duisternis lewe ().
God maak die gewelf en skei die waters van mekaar – Dag 2
God maak die gewelf, dit is die uitspansel, en skei die waters van mekaar. Daar is dus water in die hemel en water onder die hemel, binne die kosmologiese beeld van daardie tyd. Terloops, sonder water sou ons glad nie kon bestaan nie. Ons liggame bestaan vir 75% uit water, en die omgewing waarin ons leef, moet waterryk wees. Ditto alle ander lewende wesens. Petrus verwys na hierdie skeppingsgebeure as ʼn proses “uit water en deur water” ().
God skei die land en die see en maak die plante – Dag 3
God skei ook die waters onder die hemel van die droë grond en noem die “see” en “aarde”. Sonder vaste grond sou lewe vir die mens immers nie moontlik wees nie. Sonder voedsel vir al die lewende wesens wat God sou skep, sou lewe egter ook nie moontlik wees nie. Daarom laat God die plante en bome uitspruit om kos te verskaf, die lewensmiddele wat alle lewende wesens op aarde nodig het om van te lewe.
God maak die ligte en seisoene – Dag 4
God maak die ligte aan die hemel – die son en die maan – en sorg so dat daar nie net dag en nag sal wees nie, maar ʼn ritme van lewe kan wees, die seisoene, wat interessant genoeg verbind word met die hemelliggame se bewegings, soos dit inderdaad is. Hy vul dus die ruimte in die hemel. Hierdie vierde dag het daarom ʼn verband met die lig wat op die eerste dag geskape is.
God maak die seediere en die voëls – Dag 5
God laat die ruimtes in die see en in die lug krioel met lewende wesens. Hierdie vyfde dag het dus ʼn verband met die droë en nat ruimtes wat op die tweede dag geskape is. Die lewende wesens kry die opdrag om vrugbaar te wees as deel van God se seën aan hulle.
God maak die diere en die mens – Dag 6
God skep lewende wesens, mak diere sowel as wilde diere, vir die ruimte op land en gebied hulle ook om vrugbaar te wees en te vermenigvuldig om te geniet wat God hulle gegee het. Let op dat die mens as kroon van God se skeppingswerk gemaak word. Die mens is geskape nie gebore nie, ʼn belangrike onderskeid met ander skeppingsverhale. Hierdie sesde dag het dus ʼn verband met die voedsel wat op die derde dag voorsien is.
God verskaf ʼn habitat, ʼn tuiste
God se bedoeling met die ruimte van hemel en aarde was dus dat alles wat lewe ʼn plek daarop sal vind, ʼn habitat, ʼn tuiste – vir mens, dier en plant. Ons kan dié bedoeling selfs sien in die manier waarop die Bybel diere en plante klassifiseer. As jy deeglik lees, sien jy dat die diere nie volgens hulle anatomie en morfologie geklassifiseer word nie, maar volgens hulle ekologie, hulle habitat, die plek waar hulle bly, die voëls in die lug, die visse in die see, die diere op die aarde. Dit is selfs waar van die mens in die tuin, en later in die onderskeie streke van die aarde waar hulle gaan woon het ().
Dit wys hoe fundamenteel alles wat leef, verbind is aan waar hulle leef. Dit is aanvanklik selfs belangriker as dinge soos afkoms en die nageslag. Die opdrag om die aarde vol te maak (), het dus te make met ’n tuiskoms, ’n habitat, vir almal: mens, plant en dier.
God maak die mens as sy verteenwoordiger en beeld
Die mens word ook as verteenwoordiger (gelykenis) en beeld van God beskryf, ʼn baie diepsinnige begrip. Daar is ook hieroor al baie geskryf. Ek gee net drie belangrike perspektiewe daarop:
• Die feit dat ons verteenwoordigers en beeld van God is, is in die eerste plek ʼn relasionele Dit dui die mens as in verhouding met God aan. God tree met ons in verhouding en ons kan met God in verhouding tree. Dié verhouding sluit in dat ons Hom verteenwoordig op aarde. Ons is in ʼn besondere sin gestaltes van God op aarde.
• Dit is in die tweede plek duidelik dat ons in ons hele menswees, selfs in ons binêre geslagtelikheid, verteenwoordigers en beeld van God is. Menswees sluit van die begin af beide die manlike en vroulike gestalte van menswees in. Die punt is dat daar niks uitgesluit van ons bestaan wat nie deel is van ons status as beeld van God nie. Ook ons liggaamlikheid is deel van ons status as beeld van God.
• Dit is in die derde plek ook duidelik dat ons as verteenwoordigers en beeld van God ʼn baie spesifieke funksie het op die aarde wat met die drie woorde bewoon, bewerk, en bewaar (heers regverdig) uitgedruk word. God het mense gemaak om Hom in die aardse ekologie te verteenwoordig, om die “tuin” met alles daarin te bewoon, te bewerk en te bewaar (vgl. ). Dit is waarom God die mens in die tuin van Eden plaas en seën waaroor die volgende hoofstuk gaan handel. Dit beteken ook dat bewoon, bewerk en bewaar fundamenteel is tot die mense se bestaansdoel en werk in hulle tuiste op aarde.
God seën die lewende wesens
ʼn Laaste belangrike perspektief uit die ses skeppingsdae, en een van die temas wat regdeur die Bybel voorkom, is die ervaring van God se seën. God seën hier die diere en voëls met vrugbaarheid en ’n ruimte om in te floreer. God seën ook die mens met vrugbaarheid en ’n ruimte om te floreer.
Dit gee ons ʼn belangrike kykie in God se hart, dat Hy nie net ʼn waarderende uitspraak maak oor die lewende wesens wat Hy geskep het nie – dit is goed – maar dat Hy inderdaad hulle seën om te floreer. Hy doen ook iets meer vir die mens, iets wat deel is van sy seën vir hulle. Hy gee die mens ’n opdrag, ’n bestaansdoel, ’n roeping vir die aarde: om die aarde te bewoon, te bewerk en te bewaar.
Dit gee ons ook ʼn dieper waardering vir wat in die NT gesê word van die seën wat ons deel in Christus is. Paulus skryf aan die Efesiërs: “Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.” (Ef. 1:3).
God rus van sy werk en seën en heilig die sewende dag – 2:1-3
Die eerste skeppingsverhaal sluit af met die rus van God op die sewende dag ná al die werk wat Hy gedoen het. Hy kom egter nie net self tot rus nie, maar doen ʼn verstommende ding. Hy seën en heilig die sewende dag as gereelde rusdag. Hieruit sou die voorskrif in die wet spruit dat daar ʼn ritme tussen werk en rus in die lewe van die volk moet wees (Eks. 20). In die NT sou dié rus ook as metafoor vir die rus van sonde wat God in die lewe van sy mense bring, gebruik word ().
Die eerste skeppingsverhaal van stel dus die grondoortuiging wat ons wêreldbeeld vorm: die hemel en die aarde is God se skepping. Hy het dit gemaak reg in die begin by die ontstaan van alles. Alles wat bestaan kom van God af. Alles. Dit beteken, die aarde behoort aan God en alles daarop en daarin (vgl. ; ; ). Hierdie oortuiging is fundamenteel. Maak nie saak waaroor ons dink, of wat ons doen nie. Ons doen dit op God se aarde, in Sy heelal, in die ruimte wat Hy vir alles en almal geskep het. Hy is die hoofkarakter van die Skeppingsverhaal. Alles draai om Hom, want alles is deur Hom en vir Hom gemaak.
12. – Dit is nie goed dat die mens alleen is nie
Die eerste fase van die geskiedenis van families
Die frase “dit is die geskiedenis van …” deel die res van die verhaal van Genesis in tien fases in. Die eerste vyf fases dek die tyd van die oergeskiedenis van die Skepping, Adam, en Noag tot en met die verhaal van Sem, Noag se kind. Die tweede vyf fases dek die tyd van die verbondsgeskiedenis met die verhaal van Tera waarin Abraham die groot rol speel, Ismael en Isak, Esau en Jakob wat eindig in Egipte.
lei egter nie net die tweede skeppingsverhaal in nie, maar ook die sondeval waarvan vertel. Die verhaal word as ʼn eenheid in sewe episodes vertel waarvan episode vier, die sondeval, die sentrum vorm (Wenham se indeling gebaseer op Gunkel):
•Episode 1 fokus op die tuin van Eden as lewensruimte vir die mens– 2:4-17
◦ Episode 2 fokus op die verhouding tussen die man en die vrou – 2:18-25
◦ Episode 3 fokus op die gesprek tussen die slang en die vrou – 3:1-5
◦ Episode 4 fokus op die sonde van die man en die vrou – 3:6-8
◦ Episode 5 fokus op die gesprek tussen God en die mens – 3:9-13
◦ Episode 6 fokus op die versteuring van verhoudings in die skepping – 3:14-21
• Episode 7 fokus op die sluiting van die tuin van Eden vir die mens – 3:22-24
Soos in enige verhaal is die optrede van die karakters die sleutel tot die betekenis daarvan. Let op na die volgende interessante aspekte van die onderskeie karakters:
• In episode 1 en 7 is die aktiewe subjek God alleen. Hy skep die lewensruimte vir die mens. Hy sluit dit ook vir hulle toe weens hulle ongehoorsaamheid. Die mens het geen sê in die seën en straf van die Here nie. God is soewerein. Hy bepaal die gang van sake.
• In episode 2 en 6 staan verhoudings in die kollig. God is steeds die handelende subjek, hoewel Hy in gesprek tree met die mens daaroor. Hy gee vir die mens ʼn hulp, ʼn maat wat by hom pas. Ná die sondeval is dit egter steeds God wat die situasie hanteer as dinge verkeerd loop en verhoudinge tussen hulle versteur word. ʼn Mens sien hoe sy genade in beweging kom selfs al moet Hy die ongehoorsaamheid straf. Selfs in sy straf is daar ʼn belofte van hoop.
• In episode 3 en 5 staan gesprek Die slang plaas die mens voor die versoeking om nie na God te luister nie. Hy los hulle egter in hulle ellende as hulle daarvoor val. Ná die sondeval is dit God wat die mens opsoek om vir hom ʼn uitweg te berei, al beteken dit ook dat die tuin vir hom gesluit sal word. God se gesprek is verlossend van aard selfs te midde van die noodwendige en onafwendbare oordeel.
• In episode 4, die hart van dié verhaal, is die mensepaar alleen in hulle versoeking en raak hulle ongehoorsaam. Hulle alleen dra die skuld vir hulle sonde. Hulle kan dit ook nie self regmaak nie. God alleen kan dit doen. Hier sien ʼn mens die vertrekpunt waarmee Paulus sy magnus opus, die brief aan die Romeine, veel later sou skryf, dat God die mens oorgegee het aan hulle sondige keuse om Hom nie te aanbid nie, iets waarvoor hulle alleen verantwoordelik is, maar terselfdertyd die verlossing in Christus voorsien het wat deur geloof ʼn werklikheid vir hulle kan word (Romeine 1-4).
Episode 1: Die tuin van Eden as lewensruimte vir die mens – 2:4-17
se verhaal begin met die omgekeerde volgorde as in en praat van: “aarde en hemel” () eerder as van: “hemel en aarde” (; ,). Dit is dus van die begin af duidelik dat ons hier met ʼn verhaal van die aarde te make gaan hê. Dit verklaar hoekom hierdie tweede skeppingsverhaal ander dinge beklemtoon as die eerste skeppingsverhaal.
is ʼn verhaal
In aansluiting by is dit belangrik om agterkom dat ons in nie meer met ʼn gedig oor die skepping te doene het nie, maar met ʼn verhaal daaroor. Dit is alreeds ʼn belangrike verklaring vir die beduidende verskille wat daar tussen die eerste en tweede skeppingsverhale is:
• Die orde van die skeppingsdade verskil. Die mens word vóór die diere gemaak en die plante spruit ook uit eers ná die skepping van die mens.
veronderstel ʼn droë klimaat, anders as die waterryke omgewing van .
vertel van God se skepping met woorde: “God het gesê …”, hoewel dit telkens met dade opgevolg word. praat egter net van God se skepping as dade – die mens is gevorm, die tuin is geplant, die aarde bring plante voort, ensomeer.
• Die grootste verskil is natuurlik dat te make het met die skepping van die heelal en meer spesifiek met die skepping van die mens in verhouding met mekaar en met God.
Die verskille in ordening is egter nie soseer ʼn probleem om op te los as wat dit ʼn aanduiding is van die verskil in benadering tussen die se digterlike aanpak en se narratiewe benadering:
• Die eerste skeppingsverhaal (gedig) maak die mens die kroon van die skepping en vertel dié gesamentlike skepping van man en vrou aan die einde van die sesde dag. Dit is teen die heersende Ou Nabye Ooste idee van die vrou as ʼn mindere skepsel. En hulle word geskep om as Godsbeeld sy verteenwoordigers op die aarde te wees. Daarom word die mens se skepping logieserwys aan die einde van die gedig in geplaas.
•Die tweede skeppingsverhaal (narratief) maak die huwelik – God wat vir die man ʼn vrou gee – die kroon van die skepping en vertel daarom die verhaal as ʼn proses wat begin met die skepping van die man. Die skepping van die diere kom dus ná die skepping van die mens (anders as in ) en as dit duidelik word dat hulle nie ʼn maat vir die man kan wees nie, word die vrou in ʼn volgende skeppingsdaad gemaak. Sy is steeds sy gelyke en helper (beskermer), maar word aan hom toegevoeg in ʼn verbondsverbintenis, soos God ook aan hulle verbind is (). Dit is ook uiters interessant dat God in hulle “maak” en “skep” soos Hy ander dinge maak. Maar in “vorm” Hy die mens uit klei (soos die diere in dié verhaal) en “blaas” Hy die lewensasem in hom (anders as die diere) en neem ʼn ribbebeen uit die mens en “bou” dit om tot ʼn vrou. Dit is baie meer intiem as in die eerste verhaal wat ook dan uitmond op ʼn intieme verbintenis tussen die twee. En … dit laat my net weereens besef dat ʼn mens regtig nie moet torring aan die huwelik nie!
Die Here God skep Eden as lewensruimte vir die mens sowel as die plek waar Hy by hulle kan woon
Let ook op dat se verhaal begin het met die verwysing na God as “Here God”. “Here” is die vertaling van Jahwe die persoonsnaam van die Verbondsgod van Israel. Die skrywer verklaar daarmee dat die God van wat alles gemaak het nie maar net die algemene God is nie. Hy is ook Jahwe, die God wat Homself aan Israel verbind het (Eks. 3).
Dit is ʼn belangrike perspektief vir die intieme verbintenis wat God hier tussen man en vrou skep. Dit vorm die basis vir wat ons deur die geskiedenis as die huwelik leer ken het, soos in die oerverhale ( – Lameg; – selfs die “seuns van God”!), die patriargale geskiedenis (; – Abraham) en Israel ( – Dawid) waar vrouens “geneem” of “gegee” is, en ook in die NT erken word, bv. deur Jesus () en Paulus (1 Kor. 7). God se persoonlike naam word dus verbind aan die persoonlike karakter van die lewensverbintenis wat Hy skep tussen man en vrou.
Eden se presiese plek kan nie meer vandag aangedui word nie. Die aanduiding dat dit in die Ooste lê, bedoel waarskynlik dat dit oos van Israel was. Net twee van die vier genoemde riviere is bekend, die Tigris en die Eufraat in Mesopotamië. Die Pison en die Gihon is onbekend en was moontlik sytakke van die bekende twee.
Daar is geleerdes wat die Gihon met die Nyl verbind wat die interessante moontlikheid open om na te dink oor die ooreenkomste met die paleontologiese en genetiese navorsing wat beweer dat die mens soos ons hulle vandag ken, uit ʼn klein groepie Afrikane ontstaan het … maar daaroor kan ʼn mens net spekuleer. Dit kan nie uit die Bybelse of enige ander historiese gegewens bewys word nie.
Dit is interessant dat Eden in die Bybel nie net die naam van die tuin van Adam en Eva is nie, maar in die profete as die tuin van God op metaforiese wyse beskryf word, die plek waar God woon (Jes. 51:3; Eseg. 28:12-15; 31:8-18).
Dit resoneer met hierdie tweede skeppingsverhaal waar dit duidelik is dat dit nie net oor die aarde of die tuin van Eden as sodanig gaan as geskenk aan die mens nie. Dit is duidelik uit die verloop van die verhaal dat God die tuin gemaak het om by die mens te kom woon, om met hulle in gemeenskap te tree. Daarom word aan die een kant aandag gespandeer aan die beskrywing van die wonder van die tuin van Eden. Maar dit is ook daar dat God aan die ander kant met hulle in gesprek tree as Hy in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom ().
Die wonderlike perspektief wat hiermee vir ons gee, is dat God die wêreld gemaak het as sy woonplek, die plek waar Hy met ons in gesprek kan tree. Daarom maak Hy ons as sy verteenwoordigers, as sy beeld, sodat Hy met ons in verhouding kan tree, soos in reeds gesê is. En Hy plaas hulle in die tuin waar hulle tuis kan kom in die natuur sowel as in verhouding met Hom.
God se groot passie is dus nie net die uitsonderlike grootsheid van die heelal soos in die eerste skeppingsverhaal nie. Hy is nie tevrede met die unieke verskeidenheid van die fauna en flora van die aarde nie, al is dit ook hoe aantreklik en interessant. Hy is nie eers tevrede net met die skepping van die kroon van sy skepping, die mens, nie. Nee, God se doel met dit alles is om in verhouding te tree met die mens en Sy tuiste te vind by ons. Die God wat alles gemaak het, wat vir alles ʼn plek gevind het, wil by ons kom woon. Sy plek is by ons, soos Jesus op so ʼn diep roerende manier in Johannes 14-17 vir ons sou kom vertel.
Dink daaroor na. God skep die heelal en alles daarin met die visie om by ons te kom woon. Ons is die punt van Sy storie. Jy is die punt van God se storie.
Die boom van die kennis van goed en kwaad
Die tuin van Eden was in alle opsigte ʼn paradys, nie net in terme van die oorvloed nie, maar ook in terme van die vryheid van geleenthede. Daar was net een voorskrif: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.” (2:17).
Die interpretasies wat aan die boom van alle kennis – letterlik: “die boom van die kennis van goed en kwaad” – verbind word, is baie uiteenlopend. Die interpretasie wat vir my die meeste sin maak, is dat God hiermee vir Adam en Eva ʼn voorskrif gee om hulle onderskeidingsvermoë van wat goed en kwaad is aan God self oor te laat. Hulle moet nie selfstandig probeer om sonder God se direkte insette in hulle lewe, hulle morele en spirituele keuses te maak nie. Die onderskeiding van wat reg en verkeerd is – alle kennis – moes hulle aan God oorlaat. In hulle verhouding met Hom sou hulle geweet het hoe om te leef.
Die implikasie van hierdie enkele verbod is dat die mens van die boom van die lewe (2:9) mag geëet het, want dit word as een van die redes aangegee waarom die mens ná die sondeval uit die tuin geban word: “As hy nou maar net nie sy hand uitsteek en die vrug van die boom van die lewe vat en daarvan eet en altyd bly lewe nie!” (3:22). Hulle kies egter om eerder outonoom te wees en self te besluit wat reg en verkeerd is. Daarmee verbeur hulle ook die geleentheid om vir altyd te lewe, iets wat eers in Jesus Christus reggestel kon word.
Episode 2: Die verhouding tussen die man en die vrou – 2:18-25
Die feit dat die Here God vir Adam ʼn maat maak, moet nie gesien word as ʼn erkenning van een of ander gebrek in die mens nie, eerder as ʼn aanduiding van die belangrikheid van maatskap, van gemeenskap, van familiewees en selfs in die verlengde daarvan van die belang van geloofsgemeenskap, iets wat nog uitvoerig in die res van die Pentateug aan die orde sal kom. Sonder ʼn maat wat by hom pas, sal die mens nie sy opdrag kan uitvoer om vrugbaar te wees en die aarde te bewoon, bewerk en bewaar nie.
God maak die vrou as ʼn “helper” (ʿě·zěr), ʼn woord wat in die res van die OT baie keer met God self geassosieer word (; ,; ; ; vgl. ook ). Daarmee word sy ʼn “indispensible companion” (NET Bible), iemand wat kan doen wat die mens nie self op sy eie kan doen nie, iemand wat die mens komplementeer, sonder wie die mens as skepsel van God nie vrugbaar kan wees en aan hulle doel kan beantwoord nie.
Dit sien ʼn mens ook in die feit dat die vrou as die mens se “gelyke” gemaak word, maar nie as ʼn presiese replika nie, eerder as ʼn “counterpart” (in Hebreeus ně·ḡěḏ) – in Afrikaans “eweknie” – soos die woord miskien beter vertaal kan word, die mens se komplementerende teenoorgestelde.
Om dié gedagte te onderstreep, word Eva uit die “ribbebeen” (ṣē·lāʿ) van Adam gemaak is. Dit is die enigste plek in die Bybel waar dié woord gebruik word. In buite-Bybelse bronne word die woord bv. in argitektuur gebruik – “een kant” van ʼn paar (bv. suide-kant vs. noorde-kant, bo-kant vs. onder-kant). As dié gebruik van die woord as verklaring gebruik word, kan ʼn mens die “ribbebeen” as een kant van Adam sien. Eva word dan uit die “helfte” van Adam gemaak. Daarom kan sy sy antropologiese gelyke of eweknie wees, die “helfte” van wat hom ʼn mens maak. Saam maak hulle menswees moontlik in terme van die opdrag wat vir die mens het: bewoon, bewerk, bewaar.
Die vrou word dus as sy antropologiese gelyke – sy ander helfte, sy eweknie – gegee, nie die diere nie, want hulle sou op die meeste net sy troeteldiere kon wees. Die idee van die “ribbebeen” vorm dus die komplementariteit van die mens in hulle manlike en vroulike geslagtelikheid, en is nie maar slegs ʼn beskrywing van ʼn seksuele of huweliksverhouding nie. Dit gaan ook nie net oor Adam en Eva as individue nie – hoe ʼn mens ook al daaroor dink – maar oor wat dit van menswees en geslagtelikheid en die uitlewing daarvan sê. Dít is hoe mense is. Dít is hoe mense hulle menswees verwesenlik – geslagtelik komplementêr as eweknieë en onontbeerlike metgeselle.
Dié idee kom ook ooreen met die lering in die mistiese Judaïsme dat Adam aanvanklik as manlik EN vroulik geskep is, d.w.s. androgeen. Die proses om Eva uit die “ribbebeen” of “sykant” van Adam te maak, was dus nie ʼn verandering van ʼn deel van Adam in iets nuuts, ʼn vrou, nie, maar eerder ʼn verdeling van die eerste mens in twee helftes, manlike Adam en vroulike Eva.
Die implikasies hiervan word dan uitgespel deur die huwelik in ʼn baie besondere manier te beskryf as die vereniging van twee “helftes” in ʼn lewensverbintenis. Dié lering lê waarskynlik agter die populêre siening waar van ʼn mens se man of vrou as ʼn “wederhelf” of in die geval van ʼn man se vrou as sy “beter helfte” gepraat word. Daar is ook raakpunte met die androgene Griekse mitologie soos ʼn mens dit in Aristophanus se toespraak in Plato se Simposium lees. Hieroor egter ʼn ander dag!
In die argetipe huwelikseremonie van twee mense in ʼn huweliksverhouding gee God, die “pa” in die gebeure, die vrou aan die man – ek sien Hom eintlik in die paadjie afstap met die bruid aan sy arm om haar te oorhandig aan die bruidegom wat opgewonde staan en wag – en skep só die moontlikheid van vrugbaarheid sodat die tuin en aarde bewoon, bewerk en bewaar kan word.
Die man tree as eerste onder gelykes op en noem haar “vrou”, omdat hy herken dat sy uit hom geneem is, en nou as sy helper en eweknie hulle menswees voltooi.
En die skrywer van Genesis trek hieruit die beginsel vir alle tye en situasies: “Daarom sal ʼn man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.” ʼn Wonderlike waarheid wat in die toekoms ook ʼn dieper betekenis sal kry in die voorbeeld wat dit vir gelowiges gee van hulle eenheid as bruid vir die Bruidegom, Jesus Christus, aan die einde van die tyd (Ef. 5).
Adam en Eva is werklike figure sowel as paradigmatiese archetipes
Die Bybel beskou Adam en Eva as werklike figure. Daarom word daar later in ʼn geslagsregister gegee wat waarskynlik op ʼn skriftelike bron berus, soos ʼn mens uit kan aflei. Dit is uiteraard nie iets wat ʼn mens histories kan verifieer nie. Die verhaal is dus nie “histories” nie, hoogstens “voor-histories” (Wenham). Adam word na ook nie verder in die OT vermeld nie, behalwe in ʼn geslagsregister in 1 Kron. 1:1.
In die res van die Bybel word dié verhaal egter as paradigmaties geneem vir die verklaring van die effek van die sonde wat alle mense onder die skuld daarvan geplaas het. Adam en Eva se nalatenskap word dus as ʼn werklike nalatenskap geneem, iets waarvoor die Here Jesus met sy kruisdood moes instaan. Vgl. Adam in waar die ooreenkoms tussen Adam en Jesus uitgespel word, 1 Kor. 15:22,45 waar die mensdom se verbondenheid met Adam bevestig word en waar Adam se voorrang in die skepping en Eva se voorrang in verleiding verwoord word. Eva word ook in 2 Kor. 11:3 genoem as voorbeeld van die gevaar van verleiding vir gelowiges. Dit is nou benewens die voorkoms van Adam as die “seun van God” in die geslagsregister van Jesus ().
In lyn hiermee, werk John Walton (Investigating What the Bible Claims Concerning Adam and Eve –met Adam en Eva as archetipes, nie as individue nie, hoewel hy nie noodwendig daarmee hulle werklikheid ontken nie. Hulle word bv. gevorm uit “stof”. Dit beteken vir hom dat hulle verganklik is, nie soseer dat hulle gevorm is uit die materie van die aarde nie. Hulle moes immers van die boom van die lewe eet om vir ewig te kan lewe, iets wat hulle deur hulle keuse gemis het. “Stof” is dus ʼn aanduiding van hulle identiteit, nie soseer ʼn aanduiding van hulle biologiese of fisiese samestelling nie. So word dit in en 1 Kor. 15:47-48 geëggo. Dit is waar van almal van ons, nie net van Adam en Eva as individue nie, wat beteken dat dit as argetipe vir ons kan geld.
13 – Die mens kruip vir God weg weens die sonde
Hierdie hoofstuk is ʼn fassinerende een, veral as ʼn mens dit nie net in samehang met die begin van die verhaal in lees nie, maar ook saam met hoofstuk 4 hierna oor die stryd tussen Kain en Abel lees. vertel onder andere die verhaal van die “battle of the sexes”. vertel die ooreenstemmende verhaal van die “battle of the siblings”.
Genesis vertel vir ons hierdie verhale, nie net om vir ons te illustreer hoe die God-mens en mens-mens verhouding werk nie, maar om ons in trek en saam te neem na ʼn eie geloofservaring. Dit gee ons ʼn soort “kyk-weer” ervaring, sodat ons self die uitnodiging kan hoor: God praat en wil ons metgesel word ten spyte van ons sonde!
Kent Ira Groff het hieroor gesê: “Stories skep ʼn innerlike ruimte waar ons eggo’s van God se teenwoordigheid kan hoor.” En dit is wat met ons gebeur as ons die verhale lees.
Ek gee eers ʼn paar vooraf opmerkings oor vóór ek die laaste vyf episodes van die verhaal wat in begin het aan die orde stel.
Die idilliese lewe in Eden kom onder geweldige druk
Die storie van Adam en Eva begin met ʼn idilliese lewe in die tuin van Eden, soos ons in gesien het. God maak vir Adam ʼn maat, een soos hy, een wat hom voltooi, een wat sy eensaamheid kan wegneem, en een wat saam met hom in die voorreg en verantwoordelikheid van die tuin kan deel, Eva. God word geteken as die goeie Gewer, die Een wat – anders as in die ander buite-Bybelse mites waar die gode die lewe juis weghou van mense – die lewe wíl gee aan die mense.
God voorsien dus in die mens se fisiese en sosiale behoeftes. Nie net dit nie, Hysélf word hulle metgesel. God praat met hulle, Hy seën hulle, Hy gee opdragte … en dit is ʼn tweerigting gesprek. Adam en Eva praat ook met Gód en lewe in gemeenskap met Hom. Dit wil lyk asof Adam en Eva God se fisiese teenwoordigheid ervaar, miskien selfs van aangesig tot aangesig met Hom wandel in die tuin. Hulle hoor sy stem, en hulle antwoord daarop. Só wonderlik intiem is dit.
Maar dan kom dié idilliese lewe onder geweldige druk, want Adam en Eva misbruik die vryheid wat God hulle gegee het, soos ons in lees. Hulle doen die een ding wat hulle verbied was. Hulle eet van die boom van alle kennis. Hulle kies om self te kies tussen reg en verkeerd, om in hulle outonomiteit hulle pad te vind. En rebelleer só teen God en sy wil vir die lewe.
Die mens val in sonde
Dit is natuurlik nie net wat die verhaal van die sondeval vertel nie. Regdeur die Bybel is daar die verhaal van die donkerte wat sonde in die menslike geskiedenis gebring het en die gevolglike verwydering tussen God en mens (tuin van Eden), en mens en mens (toring van Babel). Paulus skryf daaroor, “almal het gesondig … en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van God” ().
Dit is ʼn ontsaglike werklikheid – Gordon Fee en Douglas Stuart (How to Read the Bible book by book, 2002) sê drie goed het met die sondeval gebeur:
• die visie op God en sy natuur en wese is versteur,
• die beeld van God in ons is versteur, en
• die teenwoordigheid van God in ons is deurbreek.
Dit het tot gevolg dat die leuen bo die waarheid verkies word deur mense, dat ons lewens selfliefde eerder as Gods- en naasteliefde vertoon, en dat ons die sin en doel van ons plek in God se skepping verloor het.
Die sonde deurbreek alle verhoudings
ʼn Mens móét daarom sáám met lees, soos die skrywer dit inderdaad aanbied, want die verhaal se spanningslyn bou op vanuit die gawe van Eva aan Adam tot by die klimaks van die oortreding van dié twee, met sy afloop en konklusie in die gesprek met God. Die teoloog Coats (op voetspoor van die Engelse digter Milton se twee epiese gedigte: “Paradise lost” en “Paradise regained” – die eerste beslaan 12 boeke, terwyl die laaste een korter is) het daarom die twee hoofstukke in Genesis getipeer as “Paradise gained” en “Paradise lost”.
Die sonde deurbreek natuurlik nie net die mens se verhouding met God nie – want hulle raak bang vir God – maar deurbreek ook die verhouding met mekaar – want hulle raak skaam vir mekaar en begin vroteier (verplaas hulle skuld na ander) speel – en op die koop toe deurbreek dit hulle verhouding met die omgewing – want die aarde word vervloek na hulle uitsluiting uit die tuin van Eden.
• Die verhaal verklaar dus hoe sonde in die wêreld gekom het, én waarom Jesus as die tweede Adam nodig was om aan die kruis te kom sterwe.
• Die verhaal verklaar hoekom mense in ʼn slegte verhouding is met medemense, en die geneigdheid het om ander te blameer vir allerlei, en hoekom dit nodig was vir Jesus om in ons plek die blaam op Homself te neem, sodat ons tot versoening met mekaar kan kom.
• Die verhaal gee ons insig in ons problematiese verhouding met ons omgewing, dat ons só moeilik die voorreg van en die verantwoordelikheid vir die aarde reg verstaan en uitvoer.
• Maar wat my veral aanspreek in die verhaal, as ʼn mens van God se kant af kyk, is dat sy bedoeling van die begin af was om met ʼn mens in verhouding te lewe. Hy wil ons metgesel wees. Hy wil met ons praat. Hy wil hê dat ons met Hom praat. Hy wil interaksie met ons hê. Hy wil deel wees van ons lewe, van ons gedagtes, van ons besluite, van ons vreugdes, van ons manier van doen, selfs wanneer ons in ons dwaasheid aan Hom ongehoorsaam raak.
God bly steeds gefokus op ʼn verhouding met ons
is dus nie net die verhaal van die erfsonde, en van skuld verplasing en van die verydeling van die ekologie nie. Dit sê vir ons, dat die lewe oor ʼn verhouding met God gaan; dat die Bybelse verhaal daarmee begin, en in ʼn sekere sin sentraal daarop gefokus is.
En daarin sien ons God se bedoeling met die mens. God wil by ons wees, met ons saamloop, soos die Nuwe Testament daaroor skrywe, in ons woon, en Hy nooi ons uit om met ons diepste behoeftes, vrae en vrese na Hom te kom, want Hy wil op ʼn verlossende wyse ook ons lewens verander. Hy wil in ʼn verhouding met ons lewe.
Die wonder van God se bedoeling is, soos ons dit in met Adam en Eva sien, dat Hy ons nie opsoek as ons eers alles reggemaak het wat verkeerd is nie. Hy wil juis hê dat ons met ons behoeftes, ons vrae, ons vrese, ons skaamte, ons skuldgevoelens, ons stukkendheid na Hom toe moet kom. Om die waarheid te sê: Hy kom na ons toe en nooit ons uit om Hom toe te laat om in ons lewens in te kom en ons van binne af, in ʼn verhouding met Hom, te verander.
Episode 3: Die gesprek tussen die slang en die vrou – 3:1-5
ʼn Interessante eksegetiese element in die teks is die ooreenkoms tussen die woord “kaal” en “slim” of “listig” wat ook die skarnier tussen hoofstuk 2 en 3 is. ʼn Mens lees aan die einde van hoofstuk 2: “Hulle twee .. was kaal …” en dan in hoofstuk 3: “Die slang was listig …”! Beide die woorde “kaal” en “listig” kom van een woordstam af ‘rwm. Kaal en listig is nie goeie maats nie, sou ʼn mens wou sê!
Die slang vertolk hier ʼn rol as teenstander, maar word anders as in sommige van die ander Ou Nabye Oosterse verhale net as ʼn skepsel wat God gemaak het, voorgestel. Die mitologiese karakter van die slang in ander antieke verhale word vermy. Die slang is net een van die diere wat God gemaak het, al is dit ook listiger as die ander diere. Hierdie perspektief dra alreeds die boodskap dat die slang se beste pogings nie God se bedoelinge in die laaste instansie kan dwarsboom nie.
Let op na die strategiese optrede van die slang. Hy praat met haar waar sy alleen is. Hy saai twyfel met sy vraag oor God se bedoeling: “Het God werklik gesê …”. Hy verkondig ʼn leuen dat daar geen gevolge sal wees as sy God se verbod verontagsaam nie. Trouens, hy volg dit op met ʼn verdere leuen wat haar ʼn God-gelyke bestaan aanbied: “Julle sal soos God wees deurdat julle alles kan ken.”
Satan saai dus twyfel oor God se woord. Daar sal geen gevolge wees, anders as wat God gesê het. En hy val God se motiewe aan in sy verbod op die eet van die vrugte van die boom. God wil alle kennis vir Homself hou en niks met die mens deel nie. Hy beskuldig God dus van verskuilde motiewe.
Paulus waarsku daarom aan die hand van hierdie verhaal in die gelowiges om nie in hulle gehoorsaamheid aan God te verslap nie: “Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang.” (2 Kor. 11:3). Hy praat daar van die valse apostels wat soos die slang van ouds optree en twyfel saai met hulle weergawe van die boodskap van die evangelie van Jesus Christus waardeur gelowiges in hulle toewyding verslap.
In die verdere refleksie van die Bybel hieroor word die slang wel met die persoon van die Satan geassosieer. Die woord satan beteken immers teenstander, presies soos die slang hier optree (Openb. 12:9; 20:2). Die valse apostels, soos Paulus daaroor praat, is dus nie net teenstanders nie, tree nie net op soos die slang van ouds nie, maar is in der waarheid werktuie van die Satan, soos die gordyn oor hom uiteindelik in Openbarings as die aardsteenstander van God en sy skepping onthul word, en soos Jesus natuurlik ook inderdaad vroeër oor hom gepraat het.
Jy sal self die destruktiewe effek van dié aanslag op die Woord van God en op God se motiewe vir sy morele riglyne regdeur die Bybel kan raaksien in die debatte oor seksualiteit en moraliteit wat vandag veral in die Weste gevoer word.
Maar, dít moet nie jou oë toemaak vir die wyse waarop jyself mislei kan word deurdat jy twyfel of die Woord ook op jou van toepassing is, in elke detail daarvan, en of God dit goed bedoel met jou deurdat Hy absolute gehoorsaamheid daaraan van jou vra. Ons gedagtes kan só maklik weggelei word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus.
Episode 4: Die sonde van die vrou en die man – 3:6-8
Die vrou val vir die versoeking en verlei haar man om saam met haar te sondig.
Let op hoe die boom se vrugte op drie maniere aantreklik was vir haar. Dit was “goed om te eet”- d.w.s. dit was op fisiese vlak ʼn versoeking. Dit was “mooi om na te kyk” – d.w.s. dit het haar op estetiese vlak bevredig. Dit was ook “begeerlik omdat dit kennis kan gee”- d.w.s. dit was op intellektuele vlak uiters stimulerend. Selfs vandag nog die basiese bestanddeel van elke liewe versoeking.
Met haar optrede word sy die eerste rebel, die een wat in opstand kom teen God en sy goeie bedoelings met haar en sy skepping. Die man val ook vir die versoeking en eet saam met haar van die vrugte, maar begaan daarmee eintlik ʼn groter sonde – as ʼn mens só ʼn onderskeid sou kon tref – want hy het in die eerste plek die opdrag gekry om nie van die boom van alle kennis te eet nie, en het sy rol as beskermer en bewaarder nie net van die tuin van Eden, maar ook van sy vrou in hulle gelyke vennootskap gefaal.
Die sonde van die tuin word dus in die eerste en laaste instansie met Adam self geassosieer, soos Paulus later in Romeine sou argumenteer. In Adam het die hele menslike geslag gesondig. Die effek op Adam en Eva is onmiddellik sigbaar in hulle verhoudings. Hulle word skaam vir mekaar. Hulle word skaam vir God. Skuld verplaas die onskuld in hulle bewussyn van hulleself en hulle plek in hierdie wêreld. En hulle verbeur die voorreg van die Metgesel wat hulle in alle wysheid wou begelei.
Episode 5: Die gesprek tussen God en die mens – 3:9-13
Die “maar” waarmee vers 9 begin, is die evangelie in dié droewige verhaal. God los nie die mens in sy afvalligheid nie, maar soek hulle op: “Waar is jy?” God begin dus die gesprek wat uiteindelik sy verlossende oordeel oor die mens inlei. Soos ons in die volgende deel sal sien, het die sonde gevolge, erger selfs as wat die mens, en selfs die slang, kon bedink, maar terselfdertyd is daar in God se oordeel die verlossende moontlikheid opgesluit.
Let op hoe die mens moeite het met skuld en dit telkens verplaas na iemand of iets anders. Dit is die vrou wat vir my laat eet het, sê Adam. Dit is U wat my dié vrou gegee het – watter aanklag! Dit is die slang wat my mislei het, sê Eva.
Soos ʼn proffie, Flip Theron, van my eenmaal gesê het, jy moet vashou aan jou sonde, wat as dit nie jou sonde is nie, kan jy nie daarvan verlos word nie! Miskien ʼn bietjie skerp gestel, maar duidelik!
Episode 6: Die versteuring van verhoudinge in die skepping – 3:14-21
Let op hoe direk God in sy hantering van die ontstellende gebeure is. Ná Hy deeglik in gesprek getree het met die mens, tree Hy beslissend op.
1. Hy vervloek die slang nie net as ʼn slepende stofkruiper onder die diere nie, maar gee ʼn bedekte belofte in die vyandskap wat Hy tussen die slang se nageslag en die vrou se nageslag verklaar: “Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” (3:15).
Dit staan volgens sommige bekend as die “moederbelofte” waarin die oorwinning van Christus aan die kruis oor die werk van die Satan voorspel word. In Gereformeerde kringe word die woord moederbelofte gewoonlik vermy onder andere weens ʼn ongemak met ʼn Rooms-Katolieke interpretasie wat dit aan die verhaal van Moeder Maria koppel sowel as ʼn ongemak om die gedeelte in die lig van die NT uit te lê.
Ek dink die ongemak is onnodig, want ʼn mens kan aan die een kant duidelik sien dat hier meer ter sprake is in die teks as maar net dat daar vyandskap tussen die slang en die mensdom is, iets wat in ʼn eerste rondte natuurlik ook deel van die teks se betekenis is. Jesus is na alles uit Maria gebore!
Dit is aan die ander kant ook duidelik dat die teks die onderbou vir die NT interpretasies vorm wat in die begin van ʼn stryd tussen die mens en die Bose skets, wat in Christus sy toppunt bereik het. Daarom kan Paulus in sy Romeinebrief, onder andere op grond van hierdie teks, sê dat die Satan deur die werk van God en die genade van die Here Jesus onder hulle voete verpletter sal word: “Almal het gehoor van julle gehoorsaamheid aan die evangelie. Ek is baie bly oor julle, en ek sou graag wou sien dat julle alles weet van die goeie en niks wil weet van die slegte nie. God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle!” (). Dit is ook duidelik dat hy die boom van alle kennis ook as deel van sy interpretasie neem. Vergelyk ook Johannes hieroor in ; en Openb. 12:9.
Ons kan dus gerus die teks Christologies lees. Jesus het immers op ʼn plek gesê dat die hele OT – die wet van Moses, die profete en die psalms – van Hom vertel en in Hom vervul is ().
2. Die vrou se swangerskap word verswaar deur die pyn wat hierna daarmee gepaard sou gaan. Dit is opvallend dat dit nie ʼn vloek is soos met die slang nie. Dieselfde geld die man, hoewel die gevolge van sy sonde ʼn vervloeking van die aarde inhou waaruit hy met swaarkry sy bestaan sal maak totdat hy self weer deel van die aarde sal word: “Stof is jy, en jy sal weer stof word.”
Die vrou is natuurlik nie ondergeskik gemaak aan die man soos soms hieruit afgelei nie. Hier word net die “battle of the sexes” beskrywe. Sy wil heers (hunker) en hy wil heers (domineer)! Haar begeerte is om hom te beheer, soms seksueel geïnterpreteer. Sy begeerte is om haar te domineer. In Christus word dit opgelos in “onderdanigheid aan mekaar” wat in die liefde begrond word (Ef. 5).
In sal dit die “battle of the siblings” wees. Dieselfde werkwoord vir begeerte en beheer word ook in gebruik maar waar dit aan die een kant die sonde is wat vir Kain: “in sy mag wil kry,” en aan die ander kant hy die opdrag kry om die sonde te beheer.
3. Die man se straf is eintlik ʼn ongelooflike pynlike ervaring, want dit tref nie in die eerste plek vir homself nie, maar vir die skepping. Hy wat moes bewoon, bewerk en bewaar is nou die oorsaak dat die aarde vervloek word. Die onskuldige ly onder die skuldige. Hy ly egter ook swaar daaronder, want soos die vrou in haar vrugbaarheidsrol sal swaarkry, sal die man in sy arbeidsrol swaarkry en uiteindelik nie vir altyd die vrug van sy handewerk kan geniet nie, want hy was nou ook uitgelewer aan verganklikheid. Hy het die boom van die lewe gemis.
Episode 7: Die sluiting van die tuin van Eden vir die mens – 3:22-24
Die lewensruimte van Eden word dus in ʼn finale episode vir die mens gesluit. Hulle is daarmee nie volledig afgesny van God se sorg en seën nie. Hy gee immers vir hulle klere om aan te trek. Maar die gemaklike genot van God se gemeenskap in die tuin word deur ʼn gerub van hulle geweer … totdat dié moontlikheid weer in die belofte van ʼn nuwe hemel en aarde deur Jesus Christus moontlik gemaak is.
is dus ʼn tragiese verhaal. Alle swaarkry en verydeling kom van dié enkele daad van rebellie, van ʼn poging om self te onderskei tussen goed en kwaad.
Dit is gelukkig ook wat die verhaal begin vertel van die verlossing van die mens, trouens van alle dinge, wat die teenpool van die donkerte vorm, die verhaal van die lig van God wat die mense se lewens nie net verlig nie, maar inderdaad weer met Hom versoen.
Dit is die verhaal van God se keuse van mense en hulle families, deur hulle geslagte heen, tot by die keuse van die Seun, die Een wat die prys kon betaal wat mense se visie op God herstel het. In die Seun kon ons weer vir God sien. In Hom is die beeld van God in ons herstel, in die mate wat Hy gestalte kry in ons deur die werk van Sy Gees.
Daarmee het die teenwoordigheid van God van ʼn eksterne werklikheid, bv. in die tempel, na ʼn interne werklikheid verander, in ons lewe.
14 – Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood
word in drie dele opgedeel telkens ingelei deur die seksuele gemeenskap wat eers: “die mens” (4:1), dan Kain (4:17), en laastens Adam (4:25) – hierdie keer met sy eienaam genoem – met hulle onderskeie vroue gehad het. Daarmee word die vervulling van die belofte van vrugbaarheid van en die instelling van die huweliksverbintenis in aan die orde gestel.
Kain en Abel – 4:1-16
Dié verhaal is uiters vernuftig opgedeel wat die fokus laat val op die: “battle of the siblings” waarvan vers 8 ons vertel:
• Die vertelling van die geboorte en verhouding met Jahwe van Kain en Abel – vers 1-5
◦ Die gesprek tussen Jahwe en Kain oor die mag van die sonde – vers 6-7
◾ Die geveg tussen Kain en Abel waar hulle alleen is – vers 8
◦ Die gesprek tussen Jahwe en Kain oor die gevolge van die sonde – vers 9-15a
• Die vertelling van Jahwe se beskerming van Kain en sy “weggaan” van Hom af – vers 15b-16
ʼn Mens sien hier duidelik die parallel met die soortgelyke opbou van die verhaal van . In die sewe episodes van die “sondeval” staan die ongehoorsaamheid aan God se bevel voorop. In die vyf episodes van die “broedermoord” staan die vyandskap teenoor die naaste voorop.
Geen wonder dat die wet in Eksodus 20 (vgl. ) ook in twee helftes opgedeel kan word, om, in kontras met die “sondeval”, die absolute enkelvoudige gehoorsaamheid aan God (eerste tafel se vier gebooie), en, in kontras met die “broedermoord”, die omvattende liefde vir die naaste (tweede tafel se ses gebooie) as riglyn vir die volk te gee. Jesus doen presies dieselfde in die NT en verklaar as riglyn vir die NT kerk dat die hele wet en die profete – d.w.s. die hele OT – opgesom kan word in die dubbele liefdesgebod teenoor God en ons naaste (bv. ).
Die verhaal van Kain en Abel begin met die wonder van die geboorte van Kain. Eva roep uit: “Ek het ’n man in die wêreld gebring met die hulp van die Here!” Dit is ʼn uiters interessante uitspraak. Die NET Bible se vertaling sal jou ʼn beter idee gee van wat regtig hier gesê word: “I have created a man just as the Lord did!” Eva besef met hierdie geboorte dat iets ongelooflik besonders gebeur het. Iets van God se skeppende krag het in haar aan die werk gekom om ʼn menslike wese tot stand te bring. Sy het ʼn mens: “geskep” (qaniti in Hebreeus) soos wat God dit aanvanklik gedoen het.
Dit is dieselfde Hebreeuse woord wat later in Genesis ook vir God as Skepper gebruik sal word, wat die verstommende ooreenkoms tussen God se werk en die geboorteproses onderstreep (,). Moses gebruik ook dieselfde woord vir God as Skepper en verbind dit verder met sy Vaderskap wat die verband tussen skepping en geboorte verder versterk (). Ook Dawid besing die wonder van sy eie geboorte waar hy God loof wat sy binnekant geskep het (qānîṯā – ). Ditto Spreuke waar die Wysheid deur God geskep is (qānîṯā) reg aan die begin, vóór die aarde daar was (Spr. 8:22).
Eva noem haar eersgeborene ook Kain (qayin in Hebreeus), wat ʼn interessante woordspel tussen dié twee woorde in Hebreeus gee, hoewel sy naam se betekenis onseker is. Dit kan moontlik “spies” beteken.
Abel se geboorte word met baie minder verwondering aangekondig: “Sy het weer ʼn kind gekry, Abel, ʼn broer vir Kain.” Hoe ironies dat sy geboorte vir haar so anders is as haar eersteling s’n, en dat Abel se identiteit eintlik aan Kain gekoppel word, “’n broer vir Kain.” En dat dit juis dié broer is wat nie ʼn broer soos Abel wil hê nie. Op die koop toe beteken sy naam: “wasempie/walmpie”, soos ons die woord weer sal aantref in Prediker. ʼn Ontstellende voorspelling van sy lot!
Voor God is Abel se offer van sy vee egter meer aanvaarbaar as Kain se offer van sy saailande. God se gereelde keuse vir die “tweede” kind, die een wat nie soveel aandag kry nie, kom hiermee in spel. Só sal ons Hom nog leer ken in die verhaal van Jakob en Esau, van Isak en Ismael, en van Josef en Dawid teenoor hulle broers. Niemand is vir God ʼn “wasempie” nie! Trouens, die “tweede” kind is baie keer God se uitverkorene.
ʼn Mens moet nie te veel probeer aflei uit die tipe offer wat hulle gebring het nie asof die aanvaarding daarvan al dan nie in die gehalte van die offer gelê het nie. Sommige geleerdes sê bv. dat die latere offerkultus se keuse vir “bloedoffers as deel van die versoening tussen God en mens hier in die oog kom, of dat Abel se eerstelinge van ʼn beter tipe offer as slegs maar “’n opbrengs van die land” van Kain spreek, maar ons het nie genoeg gegewens om regtig ʼn verantwoorde mening hieroor uit te spreek nie. Dit is eerder God se soewereine optrede wat hier in spel is.
Kain se woede en depressie oor die nie-vaarding van sy offer, word deur Jahwe verklaar as ʼn gevolg van die sonde wat hom in sy mag probeer kry, ʼn baie belangrike perspektief nie net uit die hoek van wat verkeerd geloop het in nie, maar ook uit die hoek van die verlossing wat die mens nodig het om oor die sonde te kan heers: “die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.”
Maar, eerder as om God se aanvaarding te soek, onder andere deur sy fokus te plaas daarop om goed te doen, soos Jahwe hier voorstel, fokus Kain sy aandag op die een wat in sy oë voorgetrek is, oorweldig hom en maak sy broer Abel dood. En die straf van die dood wat aan die boom van alle kennis gekoppel was, neem sy intrek in die goeie skepping van God.
Let op hoe Kain op God se retoriese vraag na Abel ʼn leuen vertel: “Ek weet nie.” Die sonde het nie net moord tot gevolg nie, maar ook leuentaal. Die sonde deurbreek op allerhande maniere die verhouding met God en met mekaar.
Aan die een kant deurbreek Kain se sonde sy verhouding met God: “tot U het ek nie meer toegang nie.” Dit is bykans altyd die gevolg. Ongehoorsaamheid aan God lei tot onbarmhartigheid teenoor ons naaste.
Aan die ander kant vervreem die bloedskuld van Kain hom ook van die aarde, want: “die bloed van jou broer roep van die aarde af na My.” God spel daarom sy straf uit as een waarin hy nooit weer ʼn rustige lewe op die aarde sal vind nie, juis dít wat ʼn saaiboer nodig het. Hy word ook van die normale plek wat kinders in die groter familie se deel was, verban.
Sy straf word versag deur ʼn teken wat sy lewe sou beskerm van weerwraak, waarskynlik een of ander fisiese kenmerk, hoewel ons geen idee het wat dit sou kon gewees het nie. Hy gaan bly in Nod, oos van Eden, wat waarskynlik beteken dat hy ʼn swerwersbestaan in swerwersland gevoer het, want dit is wat die woord Nod beteken, “swerwersland”.
Kain en sy nageslag – 4:17-24
Die skrywer gaan voort om Kain se nageslag te beskryf.
Interessant genoeg bestaan Kain se nageslag nie net uit swerwers uit nie, hoewel die sewende geslag kleinkind, Jabal, ʼn bedroëne lewe gelei het in tente saam met hulle kuddes. Ons lees van verskeie ontwikkelinge waarvoor sy nageslag verantwoordelik is:
• verstedeliking (Henog),
• poligamie (Lameg met sy twee vrouens, Ada en Silla),
• kuns en musiek (Jubal by Ada wie se naam “pragtig” beteken),
• tegnologie (Tubal-Kain by Silla wie se naam onder andere “klokkie” kan beteken) en
• digkuns (Lameg).
Dié ontwikkelings is almal elemente van wat ons as die begin van die vroeë “beskawing” sou kon beskryf. Maar dit word baie spesifiek as ʼn ontwikkeling in die afwesigheid van God geteken, anders as wat net hierna van Adam se nageslag in Set vertel sal word, dat hulle begin het om saam die naam van die Here aan te roep.
Die gedig van Lameg is besonders, aan die een kant in sy sterk ritmiese vorm, en aan die ander kant in sy totale wreedheid, ʼn kenmerk van Kain se familiegeskiedenis:
Ada en Silla, luister na my stem.
Vroue van Lamek, luister na my woord.
Verseker het ek ʼn man doodgemaak, wat my wond,
ʼn Jongman, wat my seergemaak het.
As Kain sewe maal gewreek moet word,
Lameg sewe maal sewentig.
Adam en sy nageslag – 4:25-26
Teenoor die negatiewe ontplooiing van Kain se familiegeskiedenis wat die donker kant blootlê wat inherent aan enige beskawing wat sonder God ontwikkel, opgesluit lê, word ʼn stukkie hoop geskets in die geboorte van Set, die uitverkore nageslag van Adam. Hy word ook hier vir die eerste keer genoem op sy naam.
Let op dat Eva hier nie meer praat asof sy self: “geskep” het nie, maar die eer aan God gee: “God het vir my ’n ander kind gegee in die plek van Abel omdat Kain hom vermoor het.” Set word vir haar gegee in die plek van Abel, ʼn plaasvervangende seun wat die effek van die wreedheid van Kain kon bestry. Dit sien ʼn mens in die feit dat wanneer Set self ʼn kind kry, Enos, hulle bekend begin word vir hulle aanroeping van die naam van Jahwe.
Die vooruitgang van die beskawing sou nie hulle identiteit bepaal nie, eerder hulle toewyding aan God self, die begin van die publieke aanbidding van God, die begin van die erediens. Dit sou regdeur die geskiedenis, ook later in die tyd van die kerk, die uitdaging bly. Om nie jou menswees te laat bepaal deur wat die kultuur of vooruitgang voorskryf nie, maar wat in die verhouding met en aanbidding van God moontlik raak.
Boodskap
Hoewel ʼn mens steeds bewus is van die werklike karakters wat die skrywer teken, is dit ook duidelik dat hierdie verhale paradigmaties is. Dit beskryf op ʼn baie diepsinnige manier die wyse waarop die voorgeskiedenis van die mens verloop het. Die stryd wat daar tussen die lig en die duisternis in die skepping teenwoordig was (), kan ook gesien word in die wyse waarop die mens in sy kultuur en godsdiens ontwikkel het ().
Hierdie verhaal help ons ook verstaan dat God se goeie bedoeling met die skepping en die mens nie net deur die ongehoorsaamheid aan God (Adam en Eva – ) bedreig word nie, maar ook deur die geweld teenoor medemense (Kain wat Abel doodmaak – ). Geen wonder dat Jesus se opsomming van die wet baie eeue later sou wees: om God lief te hê en jou naaste soos jouself, presies die oplossing vir die twee goed wat die verhouding met God en ons naaste bedreig.
Hoofstuk 4 is dus ʼn noodsaaklike aanvulling van die boodskap van hoofstuk 3. Sonde is nie net iets wat teenoor God gepleeg word nie. Dit het ook alles te make met hoe ons teenoor mense optree.
Hierna sal Genesis ons van nog ʼn derde bedreiging vertel, die bedreiging wat kom deurdat die mense die aarde aan homself oorlaat. Dit sou een van die gevolge wees van die poging om in die vlakte van Sinar ’n tuiste vir almal te vind (). Die hele aarde sou gevolglik nie bewoon, bewerk en bewaar kon word nie. Die taalverwarring was dus ’n doelbewuste manier om ’n tuiskoms te verseker, vir mense, plante en diere, oor die hele aarde. Maar daaroor later.
– Adam het ‘n seun na sy beeld
hoofstuk begin met die tweede van die elf formulerings: “Dit is die (familie)-geskiedenis van …” (tôledôt) wat in die boek ingespan word. Hiermee word die familiegeskiedenis en die verloop van tien geslagte van Adam vertel. Die hoofstuk berus waarskynlik op die gegewens uit ’n geskrewe bron soos vers 1 letterlik aandui: “die boek (sē·p̄ěr) van die geslagsregister van Adam.” Hoewel die persoonlike naam Adam en die naam vir “mens” in Hebreeus presies dieselfde is, word die woord “adam” hier waarskynlik die tweede keer as persoonsnaam gebruik, aangesien dit sonder ‘n lidwoord geskryf is en dit binne die konteks die meeste sin maak.
Die hoofstuk kan ná die eerste twee verse as inleiding in tien gedeeltes verdeel word volgens die opeenvolging van Adam se nageslag. Elke gedeelte word op ‘n soortgelyke drieledige wyse saamgestel met enkele uitsondering na gelang van die ekstra detail oor sommige:
Toe X só oud was, het hy die vader geword van Y.
Nadat Y vir X gebore is, het X nog só lank geleef en seuns en dogters gehad.
X was dus só oud toe hy gesterf het.
‘n Oplettende leser sal opmerk dat sommige van die name in Kain se geslagsregister en Set s’n ooreenkom, maar die ordes verskil, sowel as die Hebreeuse spelling van die woorde, wat beteken dat dit twee verskillende lyste is, soos die skrywer van Genesis inderdaad dit aanbied. (Ek maak ook ‘n paar opmerkings oor verdere probleme wat daar met die geslagsregister is aan die einde.)
Dit is veral duidelik dat dié twee geslagsregisters in en 5 met teenoorgestelde uitkomste aangebied word. Die geslagsregister van Kain eindig met die wreedaardige gedig van Lamek, die noodwendige gevolg van ‘n beskawing wat God ignoreer. Die geslagsregister van Adam en Set eindig met die geboorte van Noag, die seun wat ons sal: “opbeur in die harde werk met ons hande en in ons swaarkry op die grond wat deur die Here vervloek is.”
Selfs in die afvalligheid wat so hand oor hand toegeneem het in die wêreld, kom daar nuwe moontlikhede in die feit dat Noag die guns van die Here geniet het. ‘n Nuwe begin vir die mensdom was in hom dus moontlik.
God maak die mens as sy beeld. Adam het ‘n seun na sy beeld
‘n Mens kan nie anders as om die tragiese ironie in die eerste twee verse raak te sien nie. Die skrywer gryp terug na die skeppingsverhaal en vertel hoe God die mense gemaak het: “as beeld van Homself. Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle geseën en hulle ‘mens’ genoem toe hulle geskep is.” Maar, sê die skrywer, “Toe Adam 130 was, het hy die vader geword van ’n seun, sy beeld, een soos hyself.” God maak die mens as sy beeld. Adam het ‘n seun na sy beeld.
Daar is dus ’n doelbewuste ooreenkoms hierin en ook kontras met God wat mense “as beeld van Homself” gemaak het. Aan die een kant word die “beeld van God” in mense voortgesit op grond van die afstamming van Adam. Aan die ander kant maak Adam nou kinders “soos hyself.” Die effek van die sondeval – dat ons steeds God se beeld is, maar tegelyke ’n geskende beeld – word hiermee ondubbelsinnig uitgespel.
Die nageslag van Adam dra dus van geslag tot geslag die geskende beeld van God oor. Daar is iets van God in hulle. Daar is egter ook iets van Adam in hulle.
Adam se tien geslagte
Soos ek reeds gesê het, die geslagsregister van die tien geslagte wat hier genoem word, word elke keer min of meer in dieselfde formaat geskryf: die jaar van die eerste seun van die nasaat (Adam het natuurlik al twee gehad voorheen), die hoeveelheid lewensjare wat hy daarna gelewe het, en die somtotaal van die betrokke nasaat van Adam (moontlike betekenis van die naam in hakies).
Adam (mens) – 130/800/930 – dood 726 jaar vóór die vloed
Set (plaasvervanger) – 105/807/912 – dood 484 jaar vóór die vloed
Enos (mens) – 90/815/905 – dood 426 jaar vóór die vloed
Kenan (kennis) – 70/840/910 – dood 421 jaar vóór die vloed
Mahalel (lof) – 65/830/895 – dood 366 jaar vóór die vloed
Jered (gaan op/af) – 162/800/962 – dood 234 jaar vóór die vloed
Henog (slim/wys of toegewyd) – 65/300/365 – dood 669 jaar vóór die vloed
Metusalag (man van Salag) – 187/782/969 – dood jaar ván die vloed
Lameg (verneder?) – 182/595/777 – dood 5 jaar vóór die vloed
Noag (rus) – 500 (/450/950 []) – dood 350 jaar ná die vloed
Almal is dood vóór die vloed, ook Lameg 5 jaar vóór die vloed, behalwe Metusalag, en natuurlik Noag, wat dit oorleef het. Dit wil voorkom asof Metusalag in die vloed oorlede is, of ten minste in die jaar van die vloed (soos dit interessant genoeg heel korrek in die fliek oor Noag uitgebeeld word, teenoor ander dele daarvan wat problematies is).
Interessant is dat Adam waarskynlik sewe van dié nasate geken het, ook vir Henog en Metusalag. Net Lameg en Noag is gebore ná Adam al dood was. Set het waarskynlik vir Lameg geken, maar nie vir Noag nie. Henog het ook vir Lameg geken, maar nie vir Noag nie.
Die vloed het hiervolgens 1656 jaar na die skepping van Adam gebeur, as ’n mens volgens die geboortejare van die onderskeie nasate gaan, hoewel dit deel van die “voor-geskiedenis” is en daar uiteraard geen historiese verifikasie vir enige van die gegewens is nie. Daarmee sê ek niks meer of minder nie as wat in Genesis staan nie. Die gesprek oor die ouderdom van die skepping en die aarde kan op ‘n ander forum gevoer word.
Henog en Noag
Oor twee van die nasate van Adam word ietsie meer gesê. Henog het met God gewandel en nie op ‘n natuurlik wyse gesterwe nie. Noag was bedoel om hoop te gee vir die aarde. Interessant genoeg sal van Noag nog op dieselfde wyse as van Henog gesê word dat hy met God gewandel het (6:9), soos dit inderdaad van die ander patriarge in Genesis waar was (Abraham – 17:1; Isak – 24:40; Jakob – 48:15, hoewel Jakob daar eintlik van God as “herder” praat, d.w.s. dat God saam met hom gewandel het).
Om met God te wandel word as ‘n werklikheid geskets in die res van die Bybel, nie net vir priesters nie, hoewel ‘n mens dit natuurlik van hulle kan verwag (), maar ook van elkeen wat hom- of haarself ‘n gelowige noem: “wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (Mig. 6:8).
Die geslagsregister plaas ons voor ’n paar baie moeilik tekskritiese en interpretasie probleme.
Die Hebreeuse teks (wat in ons Bybel opgeneem is) verskil eerstens op ’n hele paar plekke van die Samaritaanse Pentateug teks sowel as van die Griekse LXX teks in terme van die lengte van die jare wat aangegee word vir elke nasaat van Adam. Daar is min konsensus onder geleerdes presies hoe om dit te hanteer, hoewel die Hebreeuse teks die meeste sin maak. Daarom volg ek die Hebreeuse teks.
Die besonder lang lewensduurtes van Adam se nasate plaas ons tweedens voor die probleem hoe om histories sin daarvan te maak. Dit help nie om spitsvondig te wees en te werk met die idee dat die jare eerder maande verteenwoordig nie, soos sommige doen, want uit die vloedverhaal is dit duidelik dat ’n jaar in Genesis min of meer 360 dae lank was. Dit help ook nie om voor te stel dat nie alle nasate genoem is nie, soos sommige ander doen nie, want dit is duidelik uit dié geslagsregister dat dit bedoel was as ’n opeenvolgende lys van nasate. Dit help ook nie om dit simbolies te interpreteer nie, want wat sou die simboliek dan inhou, veral as dit glad nie só in die teks self geïnterpreteer word nie?
Miskien is die beste om John Wenham se suggestie te aanvaar, dat die presiese beskrywings van die lewensduurtes van Adam se nasate die boodskap wil oordra dat dié mense regtig geleef het, dat dit werklike verhale is, maar dat die lengte daarvan ook wys dat dit in die oertyd gebeur het, lank voor die skrywer van Genesis geleef het, d.w.s. dat dit nie kan ooreenkom met wat ons vandag as historiese navorsing ken nie, soos WH Gispen ook suggereer.
Die hoofstuk sluit af met die verwysing na Noag se drie seuns:
Sem (naam)
Gam (warm – waarskynlik met seksuele konnotasies)
Jafet (groot)
15 – God is bedroef dat Hy die mens gemaak het, maar begenadig Noag
Ons kom by die derde deel van die Oergeskiedenis. Die eerste deel, die geskiedenis van die hemel en aarde (Gen. 2:4 vv.), het geëindig in die “sondeval” () en “broedermoord” ().
Dieselfde negatiewe gevolge kan in die tweede deel, die geskiedenis van Adam (Gen. 5:1 vv.), bespeur word. Dit sien ons in die tragiese beskrywing van die: “groot bedorwenheid van die mens op aarde” – .
Daar is tog steeds ʼn sprankie hoop – soos dit ook was met die geboorte van Set waarin die mense God begin aanroep het – in die feit dat Noag deur God begenadig is.
Hierdie derde deel van die Oergeskiedenis vertel daarom die verhaal van Noag van , waarna ʼn afsluitende twee dele van die Oergeskiedenis vertel sal word, die geskiedenis van Noag se seuns: Sem, Gam en Jafet – Genesis 10:1 vv. en die geskiedenis van Sem – Genesis 11:10 vv.
Indeling – bedroefde God, begenadigde Noag
Hoofstuk ses val duidelik in twee dele uiteen. Die eerste agt verse fokus op die Here se bedroefdheid oor die verdorwenheid van die mens. Vers nege tot 22 fokus op Noag wat deur die Here begenadig is.
Daarmee word die verhaal van God se ingrype vertel wat ʼn nuwe begin met Noag en sy familie en nageslag maak. Dit is die oorhoofse punt wat die verhaal van Noag in die ontvouende verhaal van God met die mens in die Bybel gaan maak. God se droefheid gaan oor in genade as Hy iemand vind met wie Hy die pad met die mens vorentoe kan loop, al sou hulle Hom ook telke male teleur stel … totdat Hy in sy eie Seun die perfekte antwoord vir die dilemma van menswees vind.
Die vloed in die lig van die argeologie en geologie
Dit is dan ook die beste manier waarop ʼn mens die verhaal kan hanteer, presies soos die Bybel dit vertel, as ʼn nuwe begin wat God maak, ʼn “ontskeping” van die bewoonde wêreld sodat Hy dit weer nuut kan skep met die nageslag van Noag, sowel as met die diere.
Ek sê dit spesifiek in die lig van die baie probleme wat geleerdes met dié verhaal het vanuit die argeologie en geologie. Dit is onteenseglik so dat daar min oortuigende argeologiese en geologiese getuienis is van ʼn vloed wat die hele wêreld bedek het, ten spyte van die oorvloed verhale daaroor regoor die wêreld. Byna alle beskawings praat wel van ʼn wêreldvloed, maar die argeologie en geologie ondersteun nie dié herinnering van mense nie. Daar is slegs getuienisse van vloede wat ʼn beperkte invloed op ʼn kleiner gebied gehad het.
Daar is bv. wel oral oor die wêreld getuienis van vloede, soos bv. in die Grand Canyon van Amerika waar dit deeglik bestudeer kan word, maar die datums van dié vloede op die verskillende plekke kom nie ooreen met mekaar nie. Daar is veral baie getuienisse van vloede in Mesopotamië waar hierdie vloed van Noag afspeel, maar die datums van dié onderskeie vloede verskil ook as ʼn mens dit wetenskaplik met mekaar vergelyk. Dit is ook uit opgrawings bekend dat daar op ʼn plek soos Jerigo, wat vir talle millennia ononderbroke bewoon is, geen getuienis van enige vorm van vloed regdeur die geskiedenis van dié stad is nie (John Walton).
Dit is dus sinloos om die verhaal te probeer aanpas by of te harmonieer met die argeologie, geologie en ander wetenskappe. Daar is net te veel potensiële probleme wat rondom die Bybelse verhaal in vergelyking met wetenskaplike ondersoeke na vore kom. Ek gaan dit dus nie probeer doen nie.
Maar, ek doen dit nie net om die probleme te ignoreer nie. Ek dink ʼn mens mis met ʼn poging tot harmonisasie – óf natuurlik ook met ʼn afskiet van die verhaal as baie onwaarskynlik – te maklik die punt van God se genade wat op só ʼn helder manier in vertel word. Die verhaal is in elk geval deel van die “voor-geskiedenis” van die wêreld en ons toegang tot die presiese detail daarvan is uiters beperk. Dit kan ons na alle kante toe erken.
Wat belangriker is vir my, is dat God ʼn nuwe begin met die wêreld deur Noag se gehoorsaamheid maak, soos vertel in dié vier hoofstukke. Hoe dit presies gebeur het, en hoe dit alles só kon gebeur het, is nie histories verifieerbaar nie, en op ʼn praktiese vlak selfs moeilik om te verklaar, bv. die klein seleksie van diere en hoe só ʼn klein seleksie van diere ná die vloed tot die geweldige diversiteit van spesies op aarde kon gelei het.
Die verhaal getuig dus van ʼn nuwe begin. Dít is die punt van die verhaal en daarop kan ons met sekerheid fokus.
Die Here is bedroef daaroor dat Hy die mens op die aarde gemaak het – 6:1-8
Twee dinge word hier uitgelig as ʼn aanleiding tot God se droefheid oor die mens. Die een is dat die hemelwesens met die dogters van die mense getrou het en daarmee die grens tussen hemel en aarde oorskry het. Die ander is dat die Here se ervaring van mense Hom geleer het dat hulle hul lewe lank “net slegte dinge bedink”, selfs al was hulle deel van die nageslag van Set.
Dit het die Here só ontstel dat Hy bedroef was daaroor dat Hy die mens in die eerste plek gemaak het. Die sondeval het nie net die mens se denke benewel en die aarde in gevaar gestel nie. Dit het selfs God se domein, die hemel, bedreig, in terme van die hemelwesens wat in opstand teen sy wil vir hulle bestaan gekom het en met mense begin ondertrou het.
Hemelwesens is die vertaling van die Hebreeuse frase bene ha’elohim – “seuns van God” – wat in die OT altyd vir hemelwesens gebruik word (; ; ; ; ; ; vgl. ook bene el-chay, “seuns van die lewende God” in wat vir Israel gebruik word as ʼn soort aardse ekwivalent).
Sommige verbind die frase oor die “seuns van God” aan Set se nageslag en die “dogters van die mense” aan Kain se nageslag (bv. Augustinus), maar dit is beter om dit soos in die res van die OT te interpreteer as: “hemelwesens” soos dit inderdaad ook in die NT geïnterpreteer word. (; ). Dit sou ook vreemd wees dat dit net die mans van Set se nageslag en net die vrouens van Kain se nageslag is wat met mekaar trou. Die interpretasie is ook in lyn met die Joodse tradisie wat die ondertrouery aan ʼn rebellie onder die engele verbind en selfs name aan die leiers gee (1 Henog 6-7).
Hierdie dinge het God nie net emosionele pyn gegee nie. “Dit het Hom diep gegrief.” Dit het Hom so diep verneder en beledig dat Hy net een uitweg kon beraam en dit is die totale uitwissing van die mens: “want Ek is bedroef daaroor dat Ek hulle gemaak het.” Hy het verwag dat hulle Hom sou aanbid, soos Set en sy nageslag aanvanklik gedoen het, maar dié verwagting het beskaam.
Let op dat God nie deur ʼn ander godheid tot dié stap beweeg is nie. Sy plan met die mens is nie deur enigiemand anders gedwarsboom nie, as maar net wat in die ontvouing van die menslike geslag gebeur het.
En dan die stukkie hoop: “Maar Noag is deur die Here begenadig.”
Maar Noag is deur die Here begenadig – 6:9-22
Daarmee word die verhaal van Noag ingelei, ʼn regverdige en onberispelike man wat naby aan God geleef het, soos dit ook van Henog voor hom gesê is.
Let op dat God regdeur hierdie verhaal die aktiewe gespreksgenoot en handelende subjek is. Noag praat nêrens. Hy doen wel alles presies net soos wat God vir hom sê. Die eerste en enigste plek waar vertel word dat hy sy mond oopgemaak het, is toe hy ʼn vervloeking oor Kanaän, sy kleinseun, uitgespreek het oor die vergryp van Gam wat sy pa se naaktheid aanskou het ().
Die aanleidende oorsaak vir die vloed word as die korrupsie en geweld op aarde geteken – “elke mens op aarde se lewe was verrot” – wat God laat besluit het om ʼn einde te maak aan alle mense, sodat Hy nuut kon begin met Noag. Hy gee dus opdrag dat Noag ʼn ark bou wat die oorstroming wat die Here sou stuur oor die aarde die hoof kon bied en vir hom en sy familie sowel as vir die voëls en diere redding kon verskaf.
Boodskap
God se passie vir ʼn verhouding met mense is groter as sy afgryse van die ongehoorsaamheid van mense. Dit het ons gesien in die verhaal van Adam en Eva. Dit het ons gesien selfs in die verhaal van die geweld van Kain teenoor Abel. Dit sien ons nou weer in die verhaal van Noag. God wil by ons woon. Hy wil met ons wandel. Hy wil met ons in gemeenskap wees.
Die verloop van die res van die storie van die Bybel sal telkens vir ons hieraan herinner. Die Bybel is die verhaal van God se onvermoeide pogings om die verhouding met mense te herstel, om ons terug te wen in ʼn verhouding met Hom, sodat Hy ons kan liefhê en ons vir Hom.
Die verhaal van Noag is daarom in ʼn sekere sin God se eerste poging om met ʼn familie oor te begin, eerder as net met ʼn persoon soos Set, die derde seun van Adam en Eva. Dat dit nie volledig gaan slaag nie – soos ons gaan lees in die verhaal van die dronkenskap van Noag en die ongemaklike storie van Gam waaruit drie aartsvyande van Israel gebore sou word – beteken nie dat God nie alles insit om dinge reg te maak nie.
Dat uit Gam se nageslag Egipte gebore sou word, die nasie wat Israel – nageslag van Sem – ʼn slawevolk sou maak, dat die Kanaäniete op soortgelyke wyse ʼn konstante verleiding sou wees vir hulle broerskinders Israel, toe die volk uiteindelik die beloofde land betree het, en dat die Assiriërs, ook deel van Gam se nageslag, vir die eerste ballingskap verantwoordelik sou wees, was hier nog ver in die toekoms ().
Die probleem weet ons egter, is dat die Here wel die sondige mense op aarde kon uitwis met die vloed, maar dat die sonde self nie daarmee uitgewis is nie, want die sonde het saam met selfs die begenadigdes, Noag en sy mense, opgeklim op die ark. Die sonde was doodgewoon deel van hulle geestelike DNA. Iets meer sou moes gebeur … die Here Jesus sou die sonde van die mens aan die kruis moes kom uitwis en ons van binne af verander deur geloof in sy versoeningswerk.
16 – Ek het jou gesien en bevind jou regverdig
Oordeel en verlossing
Twee motiewe domineer hoofstuk sewe se verhaal van die vloed – oordeel en verlossing.
Aan die een kant is dit duidelik dat die Here nie net ernstig is in sy voorneme om: “alles wat leef, wat Ek gemaak het, weg (te) vee van die aarde af,” nie. Nee, Hy voer uit wat Hy Hom voorneem: “Al wat op die aarde geleef het, het omgekom … So het God alles wat op die aarde geleef het, uitgewis.” Daar is ʼn tragiese onafwendbaarheid aan die oordeel van God oor die ongehoorsaamheid van die mens. Selfs die aarde en die ander skepsels wat God gemaak het, moet dit in die proses ontgeld.
Aan die ander kant is dit net so duidelik dat die Here ernstig is in sy voorneme om Noag en ʼn oorblyfsel van mens en dier genadig te wees, “om Noag en dié by hom in die ark te spaar”. God sien vir Noag raak en bevind Hom regverdig. Daarom verlos Hy Hom van die oordeel wat kom saam met sy mense. Interessant genoeg is dit juis die ark wat Noag bou, in gehoorsaamheid aan die Here, wat die instrument is wat God kies om vier gesinne en ʼn seleksie van diere en voëls te spaar, sodat daar ʼn nuwe begin met hulle gemaak kan word. God span Noag en sy vakmanskap dus volledig in binne die uitweg wat Hy vir hom en die toekoms van die mensdom op aarde verskaf.
God straf die sonde, maar Hy voorsien ook altyd ʼn uitweg vir dié wat van Hom afhanklik leef. Dít is die prentjie van God wat hierdie verhaal van Noag in elke detail daarvan onderstreep. Dit is ook die spits van die boodskap wat ons uit hierdie verhaal moet hoor. God kan vertrou word dat Hy sal optree teen ongehoorsaamheid. Hy kan egter ook vertrou word dat Hy ʼn uitweg uit die oordeel sal verskaf, vir dié wat met Hom wandel.
Werklike verhaal met werklike mense
Let op dat dié verhaal steeds as ʼn werklike verhaal met werklike mense vertel word. Vyf keer sal daar in hoofstuk 7-8 presiese datums gegee word vir die verskillende stadiums van die vloed. “Presies op die sewentiende dag van die tweede maand van die ses honderste jaar van Noag het die fonteine van die groot waters oopgebreek.” (; vgl. ook 8:4,5,13,14).
Die ooreenkomste met ander vloedverhale – veral die verhaal van Utnapisjtim in die Epos van Gilgamesj – is duidelik. Die wêreldwye karakter van die vloed, die ark wat gebou is, die voëls wat ook in die ark opgeneem word, en later selfs die offer wat Noag bring, kom sterk ooreen met die ander antieke tradisie.
Maar, dit is ook net so duidelik dat dit verskillende verhale is op die meeste ander punte, soos ek vroeër al aangedui het. God se besluit om die vloed te stuur, word soewerein sonder enige inspraak geneem, terwyl daar ʼn hele vergadering van gode nodig is in die Epos van Gilgamesh om die besluit te neem. God is regverdig in sy hantering van die mens, deurdat Hy nie almal onder een kam skeer nie, maar die regverdige Noag red, terwyl dit ʼn ander god is wat téén die besluit van die meerderheid vir Utnapisjtim red. Noag doen net wat God sê, en is andersins stil, terwyl Utnapisjtim as ʼn knap en kreatiewe persoon geteken word. Noag bly ʼn mens, terwyl Utnapisjtim ʼn god word.
Die fonteine van die groot waters het oopgebreek
Die bron van die vloedwaters wat die aarde verswelg het, word op twee maniere beskryf. Aan die een kant het daar ʼn groot stortreën vanuit die hemel gekom. Aan die ander kant het die fonteine van die “groot waters” – die téhom of “diepte” – oopgebreek. Dit is die groot bron van ondergrondse water wat van die bogrondse water – die water bokant die “gewelf” volgens die antieke wêreldbeskouing – met die skepping geskei is (,).
Die verhaal van Noag teken dus ʼn prentjie van ondergrondse water wat uitbars bo die aarde en die aarde na sy vorige staat – omring deur water – verander. Die skepping word as’t ware omgekeer. Die sondvloed is dus nie net ʼn soort vloedwater wat mens met tsunami’s sou verbind nie, maar ʼn omvattende verswelging van alles wat leef en beef op aarde. Dit help ʼn mens ook verstaan dat die latere belofte van God in dat daar nie weer oorstromings van dié aard sal wees nie, nie met plaaslike oorstromings te make het nie, maar met ʼn wêreldwye bedekking met water.
In dié verband was dit vir my ongelooflik interessant om in die toonaangewende Science tydskrif te lees van ʼn magtige ondergrondse oseaan wat naby die aarde se kern ontdek is deur ʼn groep Amerikaanse geofisici. Hulle bevindinge dui op ʼn reservoir van water in ʼn laag blou rots 400-700 km diep wat drie keer meer as die gekombineerde volume van al die oseane van die aarde saam is. Jy kan dit nagaan in die artikel “Dehydration melting at the top of the lower mantle” (Science 13 Junie 2014: Vol. 344, Uitgawe 6189, bl. 1265-1268. Brandon Schmandt, Steven D. Jacobsen, Thorsten W. Becker, Zhenxian Liu, Kenneth G. Dueker – registreer gratis, dan kan jy die artikel lees).
Dié bevinding maak dit ten minste teoreties moontlik dat die vloed van Genesis werklik wêreldwyd kon wees. Uiteraard sou dit steeds ʼn bonatuurlike ingrype moes wees, hoewel ek steeds nie dié Bybelse gegewens met die argeologiese en geologiese bevindinge kan rym nie. En die verhaal maak in elk geval genoeg sin in terme van die boodskap van oordeel en verlossing en ʼn nuwe begin wat God met die mensheid aanpak … maar ek sou graag meer wou weet van die wyse waarop die argeologie en geologie by hulle bevindinge uitkom. Miskien is daar lesers wat meer weet hiervan …!
Twee-twee word mens en dier gered
Dit is merkwaardig hoe pertinent die binêre karakter van menswees sowel as dieselfde binêre karakter van die dierewêreld beklemtoon word in die feit dat alle lewende wesens in pare, twee-twee, die ark moet binnegaan. Dit word eintlik tot vervelens toe genoem in dié hoofstuk. Selfs Noag en sy drie seuns gaan met hulle vier vrouens die ark binne. Ook die onrein diere en kruipende diere word in pare toegelaat. Dit stel onomwonde die fundamentele waarheid van alle lewende wesens dat hulle manlik en vroulik geskape is, sonder uitsondering. Daarsonder sou vrugbaarheid en vermeerdering immers onmoontlik wees.
Dat seksuele gedrag onder mense en diere anders kan wees as hulle geskape binêre samestelling, is natuurlik ook so. Maar, dit kan nooit enige verandering bring aan die feit van hulle manlike en vroulike kenmerke nie. Dat daar soms mutasies is waarin dié kenmerke op een of ander manier saam voorkom in ʼn individu, bv. in hermafrodiete, maak nie dié fundamentele binêre kenmerke van alle meersellige lewende wesens (eukariotes vir die tegniese siele onder ons!) tot niet nie.
17 – Toe het God gedink aan Noag en al die diere in die ark
“Toe het God gedink aan Noag en aan al die wilde diere en die mak diere wat by hom in die ark was …” Dit is die evangelie in dié teks. Dit hang saam met sy vroeëre besluit om ʼn verbond met Noag te sluit () wat in die volgende hoofstuk in ʼn omvattende verbond nie net met Noag nie, maar ook met sy nageslag beskryf sal word, trouens met “mens en dier” dat Hy nie weer die vloedwaters sal stuur om die aarde te oorweldig nie waarvan die reënboog die teken sou wees ().
Die fonteine van die waters onder die aarde word na ongeveer 150 dae van die begin van die sondvloed af toegemaak en die stortreën hou op. God laat ʼn wind oor die aarde waai en die waters het begin terugtrek. Vertalers kies om die woord rûaḥ in vers 1 te vertaal met “wind” wat in die konteks sin maak. Dit is egter merkwaardig om die soortgelyke situasie in te onthou waar die woord rûaḥ ook gebruik word, maar met “Gees” van die Here vertaal word, omdat dit in daardie konteks die beste pas. God is deur “Gees” en “wind” betrokke by die ordening van die skeppingschaos, sowel as by die ordening van die vloedchaos.
Let op die duidelike daterings wat vir die verskillende fases gegee word. Na nog ʼn 150 dae het die water so gesak dat die ark tot rus gekom het op die Araratberge. Ararat is die Hebreeus naam vir die bergreeks Urartu wat in die noorde van Mesopotamië geleë is, in die ooste van Turkye soos ons dit vandag ken. 40 dae later begin Noag met eers ʼn kraai en later ʼn duif wat hy loslaat, toets of dit veilig sou wees om die ark te verlaat. Uiteindelik kom die duif met ʼn vars olyftakkie in sy bek. Na nog sewe dae het hulle uiteindelik die ark verlaat in opdrag van die Here. Hulle was ongeveer ʼn jaar in die ark.
God herhaal dan sy opdrag soos vroeër met die eerste skeppingsverhaal in dat hulle: “moet wemel op die aarde en vrugbaar wees en baie word op die aarde.”
Noag se reaksie is om ʼn altaar vir die Here te bou en van al die rein vee en die rein voëls brandoffers te bring. Soos met Abel aanvaar die Here dié offer, waarop Hy by Homself gesê het dat Hy nie weer só ʼn ramp op die aarde sal laat kom vanweë die mens nie. Hy kom tot die insig dat die mens wel “van sy jeug” af net slegte dinge bedink, maar die Here sal nie weer al wat lewe laat omkom soos Hy in dié geval gedoen het nie.
Noag tree hier as ʼn prototipe van ʼn priester op wat die onderskeid tussen dít wat rein en dít wat onrein is, ken, ʼn brandoffer bring wat versoening kan doen, nie net vir homself en sy familie nie, maar vir die hele mensdom met ʼn effek selfs vir die aarde. In die feit dat God dié offer aanvaar het, sal almal wat tussen God en mens/aarde gaan staan in ʼn versoenende rol, moed kon skep.
Teenoor die wrede gedig van Lameg, word vir ons interessant genoeg ook ʼn gedig van God opgeteken wat hierdie gedagtes van God in ʼn voorneme verewig:
“So lank as die aarde bly bestaan,
sal saaityd en oestyd nie ophou nie,
ook nie koue en winter,
somer en winter,
dag en nag nie.”
Daarmee belowe God dat die normale ritmes van die aarde, soos dag en nag, en die seisoene nie sal ophou, ten minste tot aan die einde van die tyd, waarna Hy in die herstelde skepping sonder die effek van die sonde vir ewig met sy mense in gemeenskap kan lewe.
Die hoop vir ʼn nuwe begin brand dus sterk in hierdie hoofstuk, al word dit net hierna weer in die weegskaal gebring met die verhaal van Gam in
18 – God sluit ʼn verbond met alle lewende wesens
sluit die verhaal van Noag af in twee dele: ʼn gesprek van God met Noag (9:1-17) en ʼn gesprek van Noag met sy kinders (9:18-29).
• In God se gesprek met Noag seën Hy vir hom en sy nageslag en beveel hulle om vrugbaar te wees. Hy belowe ook om nie weer alle lewende wesens deur ʼn wêreldwye vloed uit te wis nie, en gee die reënboog as teken om Homself daaraan te herinner.
• In Noag se gesprek met sy kinders vervloek hy Gam se seun, Kanaän, tot ʼn slaaf vir sy seksuele oortreding, en seën Sem en Jafet om die opdrag van God om die aarde te bewoon, uit te voer.
Albei gesprekke het verreikende gevolge vir die wêreld sowel as vir die nasies wat uit Noag voortgespruit het. In hoofstuk 10 sal daar ook ʼn geslagsregister geplaas word wat as getuienis van die verspreiding en ontwikkeling van die nasies na die sondvloed sal dien (vgl. 1 Kron. 1:4-23 waarmee dit ooreenkom).
God se gesprek met Noag – 9:1-17
In twee gesprekstemas word God se nuwe begin met Noag en sy nageslag vasgemaak.
1. God seën Noag en sy nageslag en beveel hulle om vrugbaar te wees en hulle opdrag om die aarde te bewoon, na te kom. Noag en sy nageslag is die nuwe begin wat God met die aarde maak.
ʼn Mens hoor hierin die vorige twee soortgelyke opdragte aan die mens. Vergelyk die seën in ; en die opdrag om vrugbaar te wees aan die begin in sowel as net na die vloed in .
Dit is ontstellend om in vers 2 te lees dat al die diere, selfs die voëls en die visse vir die mens bang sal wees: “en vir julle skrik”. Dit kan nie weens die vloed wees waarin hulle juis deur die toedoen van Noag gered is. Dit is dus eerder weens die vyandskap van tussen mens en dier weens die sondeval sowel as die feit dat: “alles wat roer en lewe” kos vir hulle sal wees.
Soos Paulus later sou sê: “Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee: die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê. Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.” ().
God laat Noag-hulle nie onbekend met wat sy goedkeuring wegdra in die hantering van vleis nie. Die regte reinheidsreëls moet nagekom word om die vleis te laat uitbloei, ʼn riglyn wat in Levitikus uitgebrei sal word – die hele Levitikus 17 het ʼn uitgebreide en absolute verbod op die eet van bloed – en wat selfs in die NT nog as riglyn vir die gelowiges uit die heidene gegee is tesame met die verbod op afgodery en losbandigheid (Hand. 15:18-21).
Aan bloedvergieting koppel die Here baie duidelike strawwe. God sal rekenskap eis van enigiemand wat ʼn ander se lewe neem – ʼn oortreding van die sesde gebod (Eks. 20:13). Hoekom? Want:
1. elke mens is na God se beeld gemaak as sy verteenwoordiger en
2 . God wil hê dat die mens vrugbaar sal wees en baie sal word.
Dit is duidelik dat die Here hiermee kies vir die lewe, en die wraakgedagtes van Lameg uit die nageslag van Kain () wil omkeer in ʼn keuse vir vreedsame naasbestaan en vrugbaarheid. God se doel is dat die aarde deur gehoorsame families bewoon, bewerk en bewaar sal word, soos die profeet Maleagi eeue later nog sou eggo: “Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar ’n nageslag moet wees, wat Hom eer.” ().
2. God belowe om die aarde en sy bewoners nie weer deur ʼn vloed uitwis nie. Om dié punt deeglik te maak, word dit drie keer onderstreep (vers 8-11; 12-16; 17). Hy sluit ʼn verbond met Noag, sy nageslag en al die lewende wesens op die aarde: “mens en dier sal nie weer deur vloedwaters uitgewis word nie.”
God sal sy verbond ook hou met as teken daarvan die reënboog. Die reënboog is nie net vir ons ʼn herinnering nie, maar veral vir God: “Wanneer Ek wolke oor die aarde laat saampak, en die reënboog verskyn in hulle, sal Ek dink aan my verbond met julle …” Dit is ook ʼn ewige verbond wat nooit verbreek sal word nie.
Daarmee belowe God nie dat daar nie “gewone” oorstromings, soos tsunami’s, sal wees nie, maar geen omvattende verswelging van die aarde nie, soos dit was met die sondvloed.
Noag se gesprek met sy seuns – 9:18-29
Interessant is dat die oorsprong en ontwikkeling van wynbou met Armenië geassosieer word, presies waar die ark op die berg Ararat tot rus gekom het. Noag geniet egter te veel van die vrug van die wingerdstok en lê dronk en kaal (“ontbloot”) in sy tent. Sy seun Gam buit die situasie uit en verneder sy pa deur nie net na sy: “naaktheid te kyk” nie, maar ook vir sy broers te gaan vertel.
ʼn Mens kan die: “kyk na sy naaktheid” – soos dit letterlik daar staan – as ʼn eufemisme interpreteer vir seksuele gemeenskap soos dit in Levitikus op ʼn paar plekke die geval is. In Levitikus 18:6, letterlik vertaal, staan daar: “Geen man onder julle mag naby enige bloedverwant kom met die doel om hulle naaktheid te ontbloot nie. Ek is die Here.” (en nog verskeie kere in vers 7-20). Dieselfde geld Levitikus 20:17: “As daar ʼn man is wat sy suster … vat, en hy sien haar naaktheid en sy sien sy naaktheid, is dit ʼn skande.”
“Naaktheid ontbloot” en “naaktheid sien” is daar ʼn algemene eufemistiese verwysing na geslagsgemeenskap.
Dit is dus nie onmoontlik dat Gam probeer het om sy dronk pa seksueel te molesteer nie. Deur sy pa te verkrag, sou Gam as’t ware sy pa se mag as familiehoof van hom kon wegneem deur die vernedering wat hom aangedoen is. Daar is ʼn Joodse uitleg van dié gedeelte wat dan ook beweer dat Noag nie ʼn vierde seun gehad het nie as gevolg van wat hier byna met hom gebeur het.
Dit is ook merkwaardig dat in Noag se gesprek met sy kinders hierna hy nie vir Gam vervloek nie, maar sy kleinseun Kanaän, wat die nageslag van Gam verdoem tot die status van ʼn slawevolk. Dit versterk die idee dat hier meer op die spel is as maar net ʼn visuele oorsig van Gam. Daarmee word die Godsvolk eintlik ook alreeds vroeg gewaarsku om die Kanaäniete se gebruike te vermy as hulle uiteindelik in Israel gevestig sal word, weens die baie seksuele wanpraktyke wat die Baälgodsdiens ingehou het.
Indien dit waar is dat Gam met sy pa geslagsgemeenskap gehad het, word sy saad dus vervloek, weens sy magshonger. Dit verklaar die absolute venynige vervloeking wat sy pa oor hom uitspreek.
Noag vervloek darem nie net vir Kanaän nie, maar seën Sem en Jafet om die opdrag van God om die aarde te bewoon uit te voer: “Mag God aan Jafet ʼn ruim woonplek gee, mag hy welkom wees in die tente van Sem.” Hy bid hulle dus ʼn geseënde naasbestaan op aarde toe, hoewel Kanaän tot ʼn slawebestaan verdoem word.
Op die rype ouderdom van 950 jaar – 350 jaar ná die vloed – het Noag sy kop neergelê en gesterf.
Die boodskap van Noag in die res van die Bybel
Die redding van Noag in die vloedverhaal word in Jesaja 54:9 gebruik as ʼn bevestiging van God se goeie gesindheid teenoor Israel wat hulle nie langer sal straf nie, maar sy verbond met hulle sal nakom. Die verhaal van Noag is daarom ʼn voortdurende herinnering aan alle gelowiges van alle tye dat God sy verbond met ons nooit sal verbreek nie, selfs al is iets soos ʼn ballingskap nodig in sy plan met sy mense.
Só het dit ook ʼn neerslag gevind in die NT boodskap. Die skrywer van die Hebreërbrief beskryf Noag as ʼn held van die geloof: “Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red. Sy geloof was ’n veroordeling van die wêreld, maar dit het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak wat deur die geloof kom.” ().
Maar juis in die wyse waarop sy redding ook onvermydelik die oordeel van God oor dié wat aan Hom ongehoorsaam was aan die orde gestel het, is dit só noodsaaklik om albei kante van die boodskap van Noag ter harte te neem. Noag vertel ons van God se verlossende oordeel, soos dit ook in die boodskap van Openbaring na vore tree, die boek wat op die einde nie maar net van die bewoonde aarde, soos in Noag se tyd, dui nie, maar op die einde van die tyd.
Geen wonder dat die opdrag aan die kerk gegee word om beide die verlossing en die oordeel te verkondig, gesimboliseer deur die kleiner boekrolletjie wat Johannes uit die hand van die sterk, enorme en ontsagwekkende engel ontvang. Lees meer daaroor in my vroeëre bydrae: Openbaring 10 – Die kerk het die taak om die verlossing en die oordeel van God te verkondig.
Die gebeure rondom Noag word daarom as ʼn voorbeeld gebruik in die tweede brief van Petrus as waarskuwing vir die gelowiges om te volhard in gehoorsaamheid: “God het selfs die engele wat gesondig het, nie gespaar nie. Hy het hulle in die hel gestort en hulle laat boei om in die duisternis gevange gehou te word vir die oordeel. Hy het ook die wêreld van die outyd nie gespaar nie, maar die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring. Net vir Noag wat die wil van God verkondig het, en sewe ander mense het Hy gered.” ().
Noag is dus ʼn getroue getuie van die genade wat daar is vir gehoorsames. Trouens, die doop is ʼn teken en seël daarvan, soos Petrus dit duidelik maak: “Net ’n klein klompie in die ark, ag in getal, is deur die water gered. Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop is nie ’n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ’n bede tot God om ’n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus.” ().
Maar, dit is egter ook duidelik dat God se redding nie onafhanklik kan gebeur van ʼn vaste voorneme om volgens God se wil te lewe nie, soos ons reeds in Esegiël 14:14,10 agterkom dat die Here sy profeet waarsku dat sy eis om gehoorsaamheid absoluut is. As mense die Here nie wil dien nie, help dit uiteindelik nie eers om vir hulle te bid nie, want selfs: “Noag, Daniël (nie die Bybelse Daniël nie) en Job as hulle daar was, (sou) nie eens ’n enkele seun of dogter kon red nie; hulle sou net hulleself in die lewe kon hou omdat hulle volgens my wil geleef het.”
Só waarsku Jesus ook in die NT oor die onbekommerde lewe van mense met sy wederkoms. “Net soos dit in die tyd van Noag gegaan het, so sal dit ook gaan in die tyd van die Seun van die mens: Hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Toe kom die sondvloed, en dit het hulle almal uitgewis.” (; vgl. ).
Die verhaal van Noag teken dus die onafwendbare katastrofe van ongehoorsaamheid. God haat die sonde. God sal ongehoorsaamheid straf. Daar is ʼn oordeel wat kom. Niemand wat in hulle sonde volhard, sal dit vryspring nie.
Die verhaal van Noag teken egter ook die geweldige gerusstelling, die troos, soos dit opgesluit is in die betekenis van sy naam: “Hierdie seun sal ons opbeur in die harde werk met ons hande en in ons swaarkry op die grond wat deur die Here vervloek is.” (). God sal die aarde nie weer vernietig soos met die sondvloed voor die einde kom nie. Hy sal die regverdiges, dié wat aan Hom gehoorsaam is, red, soos Hy dit indertyd met Noag en sy nageslag gedoen het. Met hulle het Hy ʼn nuwe geslag op aarde begin. Met ons sal Hy die ewigheid van ʼn nuwe hemel en aarde binnegaan.
19 – Uit Noag en sy nageslag versprei die nasies oor die aarde
Dit is duidelik uit Bybelse perspektief dat Noag en sy nageslag die nuwe begin van God met die hele aarde is. In die name van die nageslag van dié drie seuns, Sem, Gam en Jafet, kan die hele ontplooiing van die bekende nasies van daardie tyd gesien word: “Uit húlle het die nasies oor die aarde versprei ná die oorstroming.” ().
Die geslagsregister is duidelik hier geplaas om dit aan Noag se verhaal te koppel, maar kronologies kom dit ná die verhaal van Babel, soos ʼn mens ook aflei uit die verhaal van Peleg, nageslag van Sem, waarvan gesê word: “in sy tyd is die land/aarde verdeel”. Kronologies kom hoofstuk 11 dus eintlik vóór hoofstuk 10.
Die hoofstuk is uiteraard opgebou rondom die nageslagte van dié drie seuns van Noag:
1. Die nageslag van Jafet – 10:2-5
2. Die nageslag van Gam, in baie meer besonderhede – 10:6-20
3. Die nageslag van Sem, waaruit die Hebreërs, onder andere Abraham en Israel gebore is – 10:21-31
Vers 1 is ʼn inleiding en vers 32 ʼn opsommende opmerking.
Dieselfde geslagsregister kom in 1 Kronieke 1:5-23 voor. het egter meer detail as die Kronis se weergawe. Daar is groter klem hier op die verspreiding van die nasies oor die aarde, ongeveer 70 in getal, wat tradisioneel as verteenwoordigend van al die mensegroepe in die wêreld geneem word. Daar is eintlik 71, maar sommige geleerdes tel nie die Filistyne afsonderlik nie, omdat hulle as deel van die Kaslugiete gelys word. Ander geleerdes tel weer nie vir Nimrod afsonderlik nie.
Die sewentig nasies is natuurlik nie volledig verteenwoordigend van die hele aarde se nasies nie, maar verteenwoordig net die nasies waarmee Israel gereeld te doene gekry het. Sommige geleerdes verbind ook dié getal aan die nageslag van Jakob wat ook ʼn sewentigtal is (). Soos Wenham sê: “Israel is thus a microcosm of the wider family of humanity described in this chapter.”
Dit is ook interessant hoe die onderlinge verbintenis van mense met mekaar bevestig word, presies soos Noag dit gebid het, ten minste vir Jafet en Sem: “Mag God aan Jafet ʼn ruim woonplek gee, mag hy welkom wees in die tente van Sem.”
Die nageslag van Jafet – 10:2-5
Gomer word met ʼn groep uit suid-Rusland in die noorde geïdentifiseer wat van Indo-Europese oorsprong was. Magog word geassosieer met Anatolië, hoewel daar baie teorieë daaroor is. Lees my bydrae daaroor by Esegiël 38-39 – God vernietig Gog, simbool van al die vyande van die Godsvolk. Die Mediërs, waarvan ons ook in Daniël lees, was min of meer waar Iran vandag is. Die Grieke het aanvanklik aan die kusstreke van Turkye geleef, maar het later ook die huidige Griekeland betrek. Tubal en Mesek was twee nasies in Klein-Asië ongeveer waar Kappadosië vandag is. Tiras is ʼn onbekende volk, hoewel sommige hulle as ʼn seerower volk wat in Klein-Asië gewoon het, beskou.
Askenas word met die Skittiërs geassosieer, maar Rifat en Togarma (miskien naby Haran) is onbekend. Elisa was waarskynlik ʼn naam vir Siprus, Tarsis kan met verskeie plekke geassosieer word (vgl. Jona en Handelinge), die Kittiërs word ook met Siprus geassosieer, en die Rodaners (moontlik eerder Dodana) met Griekeland.
Die hele groep nasies het vernaamlik na die kusstreke versprei, soos Genesis sê: “volgens hulle stamme en nasies, elkeen met sy eie taal.” Dit dui in die breë op die Middellandse See gebied. Onthou ook dat die Mediërs en Grieke eers in die tyd van die Kronis na die ballingskap die botoon internasionaal gesproke sou begin aangee. Hier word daarom minder inligting oor hulle gegee.
Die nageslag van Gam – 10:6-20
Die afstammelinge van Gam word baie meer volledig aangegee, moontlik omdat Israel deur hulle geskiedenis nader kontak as met die nageslag van Jafet gehad het. Hulle word in vier hoofgroepe aangedui: Kus (Soedan), Egipte, Put (Libië) en Kanaän (Palestina/Israel).
KUS
Al vyf nasies wat uit Kus afgestam het, word met Arabië geassosieer: Seba, Gawila, Sabta, Rama, en Sabteka. Ook Skeba en Dedan.
Nimrod word uitgesonder as die eerste maghebber op die aarde, ʼn dapper jagter, interessant genoeg, ook in die oë van die Here. Daar is selfs ʼn spreekwoord oor hom geformuleer. Sy koninkryk word egter in Mesopotamië beskryf met die name van die groot stede Babel, Erek, Akkad, en Kalne, almal in Sinar, ʼn ander naam vir Babilonië. Hy het ook nog stede gebou in Assirië: Nineve, Regobot-Ir, Kalag en Resen.
EGIPTE EN PUT
Al die name wat hier genoem word, word met nasies geassosieer, soos die meervoudsvorme aandui. Nie almal is vir ons bekend nie, soos julle uit die lysie kan sien.
Die nasies wat genoem word, is die Ludeërs (moontlik Libië), Anammers, Lehabeërs (ook moontlik Libiërs), Naftoagiete, Patrosane (noord-Egipte) en Kaslugiete (onbekend) uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane (Kreta, op ander plekke geassosieer met oorsprong van die Filistyne.
KANAÄN
Uit Kanaän het gekom Sidon (Fenisië), en verder ʼn aantal volke waarmee ons veral in die woestyntyd en Intog in Israel te doene gaan kry, Het (die Hetiete wat waarskynlik ʼn gemengde afkoms het), die Jebusiete (vroeë Jerusalem), Amoriete (Sirië), Girgasiete, Hewiete (Kanaän), Erekiete, Siniete, Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat (al vyf nasies geassosieer met die gebied wat ons vandag kan as Lebanon).
Met verloop van tyd, sê Genesis, het hierdie Kanaänitiese stamme versprei en het hulle grense gestrek van Sidon af tot by Gasa (Filistynse stad) in die rigting van Gerar (in die Negev woestyn) en tot by Lesa in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim. Hierdie laaste vier stede word spesifiek geassosieer met die vervloeking van Kanaän weens sy pa Gam se vernedering van sy oupa Noag, soos dit die geval sal wees met die manne wat die engele wat vir Lot kom besoek wil verkrag, en die gramskap van die Here op die lyf loop ().
Die nageslag van Sem – 10:21-31
Sem se geslagsregister word laaste gelys om dit meer direk te skakel aan dié van Abraham wat net hierna in hoofstuk 12 sal volg. Dit is ook Sem se nageslag uit wie die Messias gebore sou word. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Interessant genoeg word beklemtoon dat sy oudste broer Jafet was waarmee die positiewe verbintenis van Israel met van die ander Meditereense volkere beklemtoon word.
Die nageslag van Sem bestaan uit: Elam (suidelike deel van Iran), Assirië (Mesopotamië), Arpaksad (die voorvader van die groter groep Hebreërs waaruit die nageslag van Abraham kom), Lud (moontlik deel van Assirië) en Aram (Damaskus).
Ons het bitter min inligting oor Us (moontlik dieselfde plek waarvandaan Job kom), Gul, Geter en Mas (Mesopotamië?) nie, die nageslag van Aram.
Uit Arpaksad, die vader van die Hebreërs, het Selag gekom, en uit Selag Heber. Vir Heber is twee seuns gebore, Peleg (die naam beteken “verdeling”, voorvader van Abraham), en Joktan (waarskynlik ʼn deel van Arabië). Van Peleg word verder gesê dat: “in sy tyd is die land verdeel”. Dit verwys waarskynlik na die verstrooiing by die toring van Babel wat in hoofstuk 11 vertel gaan word.
Die Hebreeuse woord vir land is presies dieselfde as die woord vir aarde – êrêtz– en net die konteks bepaal watter betekenis ʼn mens gebruik. Omdat die skrywer op hierdie punt juis met die geslagte in die tyd van die verhaal van die toring van Babel werk (), is dit meer waarskynlik dat hier van die verdeling van die aarde gepraat word. ʼn Mens moet dus miskien eerder vertaal: “in sy tyd is die aarde verdeel.” Kronologies moet hoofstuk 11 dus vóór hoofstuk 10 geplaas word.
Uit Joktan het nog ander nasies gekom: Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, Hadoram, Usal, Dikla, Obalwat almal waarskynlik met Jemen geassosieer kan word. Dan ook Abimael, Skeba, Ofir (die plek bekend vir sy goud), Gawila, en Jobab wat waarskynlik met Arabië geassosieer kan word. Dit geld ook Mesa en Sefar waarvan gesê word dat dit in die oostelike bergwêreld geleë was.
20 – God bring ʼn taalverwarring en beweeg Tera om na Kanaän te trek
handel oor drie onderwerpe. In die eerste plek word die verhaal van die toring van Babel en die taalverwarring vertel – 11:1-9. In die tweede plek word die geslagsregister van Sem waaruit Abraham gebore is aan die orde gestel met ʼn duidelike datering aan die hand van die sondvloed – 11:10-26. In die derde plek word die familiegeskiedenis van Tera vertel, die vader van Abram en patriarg van die res van die aartsvaders wie se verhaal in die res van vertel sal word – 11:27-32.
Dit is duidelik dat die Here sy plan om die mens te gebruik om die aarde te bewoon, bewerk en bewaar nie laat vaar nie. Hy keer met die taalverwarring dat ʼn sekulêre en godlose beskawing in Babel tot stand kom wat sy planne met die mens sou fnuik. Agter die skerms is Hy ook besig in die lewe van Tera om die trek na Kanaän te begin. Selfs toe Tera nie die trek voltooi nie, word God nie daardeur gestuit nie, maar gaan voort met sy roeping van Abram, die vader van die gelowiges, soos ons in gaan agterkom.
Watter wonderlike getuienis van God se werk agter en deur alles wat ʼn impak het regdeur die geskiedenis. Dit herinner my aan Richard Niebuhr se stelling dat ons altyd met dié God moet rekening hou in alles wat ons doen: “God is acting in all actions upon you. So respond to all action upon you as to respond to his action.”
Die toring van Babel en die taalverwarring – 11:1-9
Die verhaal begin met die opmerking dat die hele wêreld een taal (“een lip” soos dit letterlik daar staan) gehad het. ʼn Mens kry nie ʼn direkte ooreenkoms hiermee in van die antieke verhale nie, howel daar tog in die Sumeriese epos, Enmerkar en die Heer van Aratta, die versugting na en droom van een wêreldtaal voorkom, hoewel die betekenis moeilik ontsyferbaar is. Sommige beskou dié versugting as die beskrywing van ʼn vervloë goue tydperk. Ander dink dat dit as ʼn droom vir die toekoms gesien moet word.
In hulle migrasie na die ooste het hulle in Sinar (Babilonië) in Mesopotamië gekom en daar gaan woon. Daar is nie antieke verhale wat ooreenkom met die bou van die toring van Babel nie, alhoewel die bou van ziggoerats wydverspreid in Babilonië voorgekom het. Die toring van Babel is waarskynlik in die vorm van dié struktuur gebou wat bestaan het uit ʼn aantal trappe of terrasse wat soos ʼn piramide al hoe smaller word na bo, maar waar anders as met ʼn piramide, daar ʼn platvlak was waar bv. offers gebring is. Dit is ook van stene gebou, presies soos dit hier beskryf is: “Kom ons maak stene en ons brand hulle hard.” In plaas van klip het hulle dus stene gebruik, en in plaas van klei, wat meer verganklik was, asfalt.
Die feit dat hulle die toring wou bou: “waarvan die punt tot in die hemel reik” is waarskynlik ʼn aanduiding daarvan dat hulle die grens tussen mens en God wou oorsteek, waarvan die verhaal van die “hemelwesens” in die teenoorgestelde grensoorskryding beskryf. Hulle wou vir hulleself ʼn naam maak onafhanklik van God self, maar daarmee het hulle hulleself in sy plek geplaas.
Dat God “afkom” om te kyk na wat hulle aanvang, gee ʼn stukkie ironiese kommentaar op die nuutste poging van die mens om sonder God ʼn beskawing te bou. Net soos dit die geval was met Kain wat ʼn beskawing gebou het sonder God, só doen die mens dit ná die vloed weer. Anders as met Set se nageslag wat die naam van die Here aangeroep het, maak die mens vir hulleself naam en vind hulle identiteit in hulle eie prestasies.
Dit is daarom besonder interessant om die botsing van bedoelinge in dié verhaal raak te sien. God se bedoeling van die begin af is dat mense oor die hele aarde sal versprei. Hy het hulle geseën om vrugbaar te wees en die aarde te bewoon, bewerk en bewaar. Die mens se bedoeling in hierdie oergeskiedenis is om op een plek te bly, ʼn stad te bou met ʼn toring wat aan die hemel raak, om so beroemd te raak vir hulle prestasies en ʼn naam te maak vir hulleself. Die res van die skepping kan, volgens hulle, gerus maar aan hulleself oorgelaat word.
Naas die bedreiging van die “sondeval” en “broedermoord” is hierdie dus ʼn derde bedreiging, die bedreiging wat kom deurdat die mense die aarde aan homself oorlaat. Dit sou een van die gevolge wees van die poging om in die vlakte van Sinar ’n tuiste vir almal te vind. Die aarde sou gevolglik nie bewoon, bewerk en bewaar kon word nie.
Die Here besluit om hulle taal te verwar om hulle te stuit in hulle poging om ʼn koninkryk sonder Hom op te rig. Maar, daarmee het Hy nie bedoel dat Hy teen ontwikkeling of beskawing is nie. Hy wou eerder ’n tuiskoms verseker – vir mense, plante en diere – oor die hele aarde. Die toring van Babel het in die pad van dié doelwit van God gestaan. Trouens, soos Wenham sê: “Genesis holds that the confusion of languages is a divine antidote to human arrogance.”
In dié verband is dit merkwaardig om die droom van die profeet Sefanja – ʼn tydgenoot van Jeremia, Nahum, Obadja en moontlik Joël, wat verantwoordelik was vir die negende boek van die Twaalf Kleiner Profete – in ag te neem. Hy droom van ʼn tyd wat die lippe van die nasies weer rein gemaak sal word, om die Here te aanbid (Sef. 3:9).
Sommige verbind dié reinheid met ʼn suiwer taal, soos dit inderdaad vertaal kan word: “For then will I turn to the people a pure language.” (KJV). Soos Peterson ook vertaal: “In the end I will turn things around for the people. I’ll give them a language undistorted, unpolluted, Words to address God in worship and, united, to serve me with their shoulders to the wheel.” (The Message).
Dié gedagte word ʼn werklikheid met die talewonder op Pinksterdag waar Petrus en die ander dissipels waarskynlik Noordwes Aramees (moontlik ʼn Galilese dialek), die omgangstaal in die tyd van Jesus, praat, maar godvresende Jode, uit die vyftien nasies wat daar genoem word, die boodskap in hulle eie taal hoor soos die Heilige Gees dit moontlik gemaak het (Hand. 2).
Die nageslag van Sem – 11:10-26
Die vierde deel van die Oergeskiedenis fokus op die geslagsregister van Sem. Dit word op die patroon van die geslagsregister van Adam gegee wat geëindig het met Noag en sy drie seuns (). Dit sluit dus naatloos daarby aan, hoewel daar geen interessante brokkies nuus oor van die persone ingesluit word nie.
In tien geslagte wat ʼn tydperk van 290 jaar omspan, beweeg die oergeskiedenis van Sem, die seun van Noag, na die aartsvadertyd, Abraham, die seun van Tera. Dit beteken dat Abram 367 jaar ná die vloed na Kanaän getrek het toe hy 75 jaar oud was ( – Arpaksad is twee jaar ná die vloed gebore).
Dit is duidelik dat Sem se geslag al hoe korter gelewe het ná die geboorte van Peleg wat verbind word met die verdeling van die aarde weens die taalverwarring. Tog het Sem (600) , Arpaksad (438), en Selag (433) nog gelewe in die tyd toe Abram die trek na Kanaän aangedurf het. Sestig jaar voor Tera dood is, het Abram die pad gevat agter die roeping van die Here aan.
Die nageslag van Tera – 11:27-32
Met die vyfde en laaste deel van die oergeskiedenis word die oorgang na die patriargale geskiedenis beslissend gemaak. Tera word die vader van Abram, Nahor en Haran in Ur van die Galdeërs (waarskynlik suid-Mesopotamië naby die Persiese Golf, hoewel daar ook goeie redes vir ʼn Turkse interpretasie is). Haran is vroeg dood, maar hy het twee dogters gehad, Milka (ouma van Rebekka) en Jiska. Die naam van sy vrou word nie genoem nie. Die teks maak nie iets van die feit dat Nahor met een van dié dogters van sy broer Haran getroud is nie. Isak sal ook later met sy kleinniggie Rebekka trou uit dieselfde geslag.
Die vermelding van Sarai, Abram se vrou, se onvrugbaarheid is ʼn belangrike opmerking in die lig van die verhaal wat hierna sal volg veral in die lig van die feit dat God die nageslag van Noag en Sem geseën het en die opdrag gegee het om vrugbaar te wees en die aarde te bewoon, bewerk en bewaar.
Dit is ook interessant dat Tera sy kleinseun Lot, seun van Haran, sowel as vir Abram en sy vrou Sarai neem om te trek na Kanaän. Onthou dat Abram reeds in Ur geroep is (; Hand. 7:2). Dit beteken dat Tera op een of ander manier hierby ingetrek is. Hulle het egter net tot in Haran (plek naby die Eufraat in Mesopotamië) getrek en daar het dié inisiatief gestop. Tera het daar gesterf. Dit laat die opening vir die nuwe geskiedenis wat God met Abram sal skryf …
Boodskap
Al drie die groot bedreigings van vir God se goeie skepping bestaan steeds vandag nog.
1. Die skepping word bedreig deur die verhouding met God af te skeep ( en 6),
2. deur nie in vreedsame naasbestaan met ons medemense te lewe nie ()
3. sowel as om die aarde nie te bewoon, bewerk en bewaar nie ().
Die gevolge is ook steeds dieselfde. Ongehoorsaamheid aan God se riglyne vir die lewe stel jou tuiste by God, jou tuiste by ander, en jou tuiste op die aarde in gevaar.
Een toepassing hiervan is om na te dink oor waar die wortels van die onrus in ons land en op ander plekke in die wêreld lê. Dink maar net na wat vandag in die breër Midde-Ooste gebied gebeur – Sirië, Turkye, Iran, Palestina-Israel en die vlugtelinge krisis in Europa. Trouens, dié deel van die wêreld het eintlik regdeur die geskiedenis sulke onrus beleef.
Die rede daarvoor lê ook telkens in die feit dat mense nalaat om in liefde teenoor God, hulle naaste en hulle omgewing te lewe. Die gevolge van dié wanbalans lê in die ervaring van mense dat hulle hul verbintenis met die land en die samelewing verloor, en dan praat ons nie eers van die effek op plante en diere of die Godsbewussyn nie.
Dit vorm na my mening die kern van die diskoers wat tans die voorblaaie van ons media haal, selfs in die onlangse onrusbarende gebeure onder studente rondom #Feesmustfall. Daar is ʼn diepgewortelde dissonansie, ʼn gevoel van nie-behoort, ʼn ervaring by die studente dat daar nie ʼn toekoms vir hulle is nie, dat hulle nie ʼn tuiste in hierdie land het nie.
Ons word daarom geroep om ʼn verskil te maak. Nie om aan alle eise gehoor te gee nie. Verseker nie. Maar om die boodskap van prakties te maak, om mee te werk aan die klem wat God plaas op die ruimte wat nodig is om te bewoon, bewerk en bewaar. En dit vir alle mense.
Dié boodskap kom ooreen met die NT boodskap, hoewel dit daar ook duidelik is dat God op pad is met die heelal na ’n finale herskepping. God gaan die hele wêreld laat herleef en nuut maak. Dit sluit alles in: mens, dier, plant, en aarde (). Dit is ook die droom van Johannes (Openb. 21:1-8).
En dit is een van die take waarby die Gees ons intrek (). Soos die skepping sug om van die verganklikheid verlos te word, en dit sluit die hele ekologie in – die habitat van die mens, dier en plant – so sug die kinders van God, bygestaan deur die sug van die Gees, om volledige verlossing.
En dit is waaraan ons ons lewe wy, aan God, ons medemense en die omgewing.
Plekname in die Bybel
Indien jy belangstel in die plekname van die Bybel, en spesifiek hoe ʼn mens dit met plekname van vandag kan verbind, kan jy OpenBible gebruik. Enige naam wat in ’n Bybelboek genoem word, is beskikbaar by Openbible. Kry daar die name van die Bybelse plekke en tik dit so akkuraat as moontlik by Google Earth in. Dan kan jy uit satellietfoto’s sien hoe die presiese plek vandag lyk. Jy moet natuurlik ook Google Earth op jou rekenaar installeer!
21 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwys
Abraham is die oorgangsfiguur tussen die oergeskiedenis en die patriargale geskiedenis. fokus ná die oergeskiedenis op die verhale van die drie aartsvaders, Abraham, Isak en Jakob en hulle nageslag. Hierin is Josef, die seun van Jakob, ʼn belangrike oorgangsfiguur na die tyd van slawerny in Egipte. Hy is die hoofkarakter in die verhaal van .
het reeds met Abraham se geslagsregister die drie hoofkarakters van die Abraham verhaal van aan ons voorgestel: Abraham, Sarai, en Lot. Die verhaal wat die ontstaan van die verbondsvolk in die volgende hoofstukke aan die orde stel, word aan die hand van alles wat met hulle gebeur het in hulle verhouding met God, mekaar en die nasies rondom hulle vertel.
Voordat ons die teks begin lees, wil ek net aandag gee aan twee sake wat met die plasing van die verhaal binne die Bybel verband hou, die mondelinge tradisies waarop dié verhale berus, en die datering wat die teks self gee. Uiteraard kan ʼn mens nie dié tradisies met historiese presisie nagaan nie. Daarom gee ek dit weer soos dit hier vertel word, sodat die verhaal se eie interne gegewens jou prentjie van wat hier gebeur, kan vorm.
Mondelinge tradisies
Dié verhale berus uiteraard op mondelinge tradisies, omdat ons van geen skrifstellende aktiwiteit in dié tyd lees nie, anders as wat dit bv. in Eksodus met die Uittog vir ons vertel word met Moses (Eks. 17:14: “Skryf hierdie woorde op in ʼn boek as ʼn blywende herinnering en lees dit vir Josua voor.”).
Dit beteken natuurlik nie dat dié verhale daarom noodwendig ʼn legendariese karakter aangeneem het en as on-histories of selfs voor-histories gesien moet word nie. Omdat almal wat deel was van die uitgebreide families die verhale geken het, kon niemand sommer enigiets byvoeg sonder dat dit nie dadelik opgetel kon word nie. Mondelinge tradisies word daarom eintlik as ʼn reël baie getrou oorvertel, soos dit tot vandag toe nog in die Midde-Ooste onder sommige stamme geld.
Dit is ook in ons eie land die geval op afgeleë plekke. ʼn Kennis het my vertel van onderhandelinge wat hy in KwaZulu-Natal rondom grondeise moes doen met mense wat nie kon lees en skryf nie. Om by hulle uit te kom het nie net ʼn viertrekvoertuig geverg nie, maar uiteindelik ook ʼn lang staptog. Hy het die kontrak van tientalle bladsye diep in die berge in detail met hulle mondelings deurgegaan vir hulle oorweging en instemming. Na ʼn paar weke het hy teruggegaan om te hoor of hulle dit só sou goedkeur en of daar veranderinge is wat hulle wou aanbring. Groot was sy verbasing toe hulle die hele kontrak verbatim vir hom kon aanhaal en spesifieke veranderinge kon aanvra. Die kontrak is daarom volgens hulle voorkeure verander, al het die onderhandelinge as sodanig net mondelings plaasgevind.
Êrens in die proses van oorvertel van die patriargale verhale is dit natuurlik wel neergepen, soos dit die geval was met die res van die Pentateug, al weet ons nie presies wanneer nie. Die talle verwysings na die aartsvaders – Abraham, Isak en Jakob – in die verhale van al vier boeke van die res van die Pentateug – Eksodus, Numeri, Levitikus, en Deuteronomium – laat ʼn mens dink dat van die aartsvaderverhale goedskiks al teen daardie tyd ter skrif gestel is. Veral die standaard manier waarop na die landsbelofte aan die aartsvaders verwys word, laat ʼn mens in daardie rigting dink, al kan ʼn mens dit uiteraard nie met sekerheid sê nie.
Wat wel sou gebeur het, is dat met die skrifstelling die skrifteks natuurlik van daar af aan die basis geraak van die oorlewering, soos ons in Deuteronomium 6 lees: “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan … Skryf dit op jou deurkosyne (die mesusa) en op jou stadspoorte.” ().
Datering
Daar is ʼn redelike groot verskil van mening oor die datering van dié siklus van verhale. Die later daterings in die 14de eeu v.C. kan ʼn mens eintlik ignoreer, omdat dit te min tyd laat vir die tyd in Egipte, die Uittog en die Intog met alles wat daarna in die Rigtertyd gebeur tot en met die aanvang van die koninkryk van Israel onder Saul en Dawid wat nie later as die 11 de eeu v.C. gedateer kan word nie.
Daarom dateer al hoe meer geleerdes die aartsvaderverhale vroeër. Die datering wat vir my die meeste sin maak op grond van die interne gegewens van die Bybel self, is in die sogenaamde Middel Brons tydperk van ongeveer twee millennia v.C. Dit word ondersteun deur die argeologiese gegewens van stede en plekke wat in die loop van en verder genoem word. Die name van die patriarge en van hulle gebruike kom ooreen met inligting wat in buite-Bybelse data beskikbaar is.
Selfs die feit dat hulle gebruike gehandhaaf het wat in latere wette verbied is – soos Abraham wat met sy half-suster Sarai trou (), iets wat in ,; verbied word, en Jakob wat met twee bloedsusters trou (Gen. 29:21 vv.), iets wat in verbied word – getuig van die oudheid van dié tradisies van die aartsvaders.
Die feit dat die verhale dus uiteindelik neergepen is net soos dit oorgelewer is, sonder om dit te verander en in lyn te bring met die wet wat eers later gekom het, getuig van die oudheid van dié tradisies. Soos De Vaux hieroor sê: “One is bound to conclude that these traditions have a firm historical basis” (Early History).
ʼn Mens kan die datering uitwerk op grond van die vaste punt wat 1 Konings 6:1 gee vir die datum van die Eksodus. Daar staan: “Vier honderd en tagtig jaar nadat die Israeliete uit Egipte getrek het, vier jaar nadat Salomo koning van Israel geword het, het hy begin bou aan die tempel van die Here. Dit was in die maand Sif, die tweede maand.” Die datum van hierdie vierde jaar van Salomo is 966 v.C. wat met inligting uit buite Bybelse Assiriese lyste ooreenkom. Die begin van die Eksodus wat 480 jaar tevore was, kan dus op grond van hierdie inligting op 1446 v.C. vasgestel word.
Dit word verder ondersteun deur van die nuutste argeologiese ontdekkings, onder andere deur die voorkoms van die naam “Israel” op die Merneptah Stele uit die 13de eeu sowel as die soortgelyke naam “Israel” op die voetstuk van ʼn standbeeld uit die 15de eeu v.C. wat onlangs ontdek is. Ek sal in my skrywe in Eksodus meer uitvoerig daarop uitbrei.
Hierby moet ʼn mens dan die tyd in Egipte tel (430 jaar volgens Eks. 12:40) wat beteken dat Jakob na Egipte is ongeveer in 1876 v.C., tien jaar ná Isak se dood. Jakob is op daardie stadium 130 jaar oud soos hy vir die farao te kenne gee (), wat beteken hy is in 2006 v.C. gebore (). Abraham was weer 100 jaar oud toe Isak vir hom gebore is wat beteken dat Abraham in 2166 v.C. gebore is.
Dit beteken ʼn mens kan die verhale in as volg dateer as jy die verdere gegewens in die boek in ag neem:
• Abraham 2166-1991 v.C.
•Isak 2066-1886 v.C.
•Jakob 2006-1859 v.C.
•Josef 1915-1805 v.C.
begin die verhaal van Abraham deur sy roeping te beskryf – 12:1-9 – en onmiddellik van die uitdaging van ʼn besoek aan Egipte weens hongersnood te vertel – 12:10-20.
God roep vir Abraham – 12:1-9
Die eerste drie verse vertel vir ons in diepsinnige taal van die eerste roeping wat ʼn mens direk van God af ontvang. Adam was met God in gesprek. Henog het met God gewandel. Noag het God se opdragte uitgevoer. Maar Abraham word direk geroep vir ʼn baie spesifieke en omvattende taak, iets waarvan die impak nie net ʼn volk tot stand sou bring nie, maar drie godsdienste ingrypend sou beïnvloed: die Judaïsme, die Christendom en Islam.
Let op hoe Abram – sy naam is nog nie verander na Abraham nie soos dit met die besnydenis en verbondsluiting in sou gebeur – uit die bekende omgewing van die Persiese Golf geroep word na ʼn onbekende land wat die Here vir hom sou aanwys. ʼn Mens lei af dat dit in die proses duidelik geword het dat dié land Kanaän sou wees, soos reeds in met die aanvanklike trek van Tera vermeld word. Maar aanvanklik was dit ʼn roeping wat ʼn gehoorsaamheid gevra het sonder dat daar te veel detail uitgespel is.
Abram moet sy eie land, sy eie mense en selfs sy familie – behalwe sy vrou en sy broerskind Lot – verlaat in die hoop dat die Here sy belofte sal waarmaak dat hy ʼn groot nasie sal word op ʼn ander plek as sy eie omgewing, en dat God hom sal seën en ʼn man van groot betekenis sal maak.
Daaraan word gekoppel ʼn verdere opdrag wat saamhang met God se seënende gedrag in , maar wat nou aan vervulling deur die impak van ʼn geroepene gekoppel word: “Jy moet tot ʼn seën wees. Ek sal seën wie jy seën, en hom vervloek wat jou vervloek.” Trouens: “In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”
Daarmee word Abram se verhaal gekoppel aan die oergeskiedenis waarin God die seënende en straffende God was. Hy word nou die een in wie seën en straf ervaar sal word. Daarmee word ʼn ander dimensie in die verhaal van God met die aarde oopgemaak. Hy gee sy seënende genade vir hierdie wêreld deur die seënende invloed van die geroepe Abram.
Abram gee gehoor aan dié roeping van God en trek saam met sy vrou en broerskind uit Haran met al hulle besittings en slawe. Met hulle aankoms in Kanaän verskyn die Here aan hom by die aanbiddingsplek by Sigem en bevestig dat dít die land is wat God aan hom en sy nageslag gee. ʼn Merkwaardige belofte aan iemand wat nog geen kind of kraai het nie, en eers baie later kinders sou hê. Ismael is vir Abram op 86 gebore en Isak op 100 jaar oud.
Nadat Abram ʼn altaar vir die Here gebou het, het hy deur die land getrek en al gaande na die Suidland toe versit en telkens die Here aangeroep.
Abram stel sy roeping in gevaar in Egipte – 12:10-20
Abram word onmiddellik egter voor ʼn groot uitdaging gestel. ʼn Swaar hongersnood dwing hom na Egipte om daar ʼn heenkome te soek. Die ruimtes waarheen God ons roep, hou altyd in dat ons voor uitdagings en versoekings geplaas gaan word. Abram se gehegtheid en toewyding aan die roeping van God word hiermee getoets, soos dit trouens ʼn hele paar keer hierna weer en weer gaan gebeur:
•Die verhaal van Lot () wat die beste deel van die land kies, toets Abram se vertroue dat Kanaän wel die plek is waar God Abraham wil gebruik.
•Die verhaal van Hagar en Ismael () toets Abram se vertroue dat God ʼn nageslag sal voorsien soos Hy belowe het, nie soos Abram en veral Sarai sou wou hê nie.
•Die verhaal van die offer van Isak op die berg van die Here (), toets Abram se vertroue dat God in alles sal voorsien. Trouens, hulle weet uiteindelik nie eers hoe profeties dit sou wees nie, omdat dit ʼn voorafskaduwing van God se eie verhaal met sy Seun, Jesus Christus, sou wees.
Hier is die eerste toetsing van Abram rondom sy verbintenis aan sy vrou Sarai. En tot Abram se skande faal hy liederlik in dié toets, want hy steek weg dat sy sy vrou is, en vertel ʼn leuen dat sy sy suster is – ʼn halwe waarheid natuurlik!
Die Here gryp egter in met plae om beide die farao en Abram tot besinning te roep. Abram word teruggestuur na Kanaän met al sy besittings, interessant genoeg, waarskynlik met al die geskenke ook wat farao vir hom in ruil vir Sarai gegee het. Kan jy nou meer!
Interessant is dat ons hier die eerste verwysing na kamele in die Bybel kry (), soos dit ook bekend is uit argeologiese gegewens waarin beenfragmente gevind is uit die derde millennium en ʼn gevlegte koord van kameelhaar in Egipte uit die tweede millennium. Daar is ook ʼn oud Babiloniese teks uit Ugarit wat die kameel as ʼn makgemaakte dier beskryf.
Boodskap
Die eerste elf hoofstukke van Genesis het ʼn prentjie geteken van ʼn wêreld wat dit nie regkry om met God in ʼn volhoubare geloofsgemeenskap te leef nie. Die enkele verhale van hoop – Set, Henog en Noag – word oordonder deur die verhale van wanhoop – Kain, “hemelwesens”, en die toring van Babel.
God se bedoeling met die mens word egter nie deur die verhale van wanhoop gedwarsboom nie. In sy genade tree Hy in en roep vir Abram om in hom en sy nageslag die verhale van wanhoop te herskryf, om in ʼn volk wat aan Hom behoort die nasies van die hele wêreld te seën, en daardeur die mensdom te verlos.
Daarom stuur Hy vir Abram na Kanaän om aan Sy opdrag om die aarde te bewoon, uiting te gee. Let op dat dieselfde opdrag nie later ook gegee word aan Isak of Jakob nie, ook nie later aan Josef en die res van die Israeliete nie. Nét Abram moet trek, die res van sy nageslag moet bly waar hulle is.
Selfs wanneer dit nodig is om ter wille van droogte of vanweë ongehoorsaamheid die vreemde in te trek of daarheen weggevoer te word, bly die verbintenis aan die grondgebied waar God hulle geplaas het. Want dít is die plek waar God hulle wil seën en wil koester en wil laat ontwikkel en wil gebruik.
Maar, dit is nie al nie. God seën nie vir Abram om ’n eksklusiewe nasie te skep, een wat al God se goedheid kan ervaar, en die res van die wêreld word net aan hulle eie genade oorgelaat nie.
Nee, God seën vir Abram met land en nageslag SODAT hy tot ’n seën kan wees vir die ander nasies, die nasies wat God ook wil seën.
Die Here wil met die nageslag van Abram ’n ontmoetingsplek skep waar Hy Homself aan ander kan bekendstel, waar Hy kan woon en Sy genade en goedheid kan demonstreer en deur Abram se nageslag kan aangee na ander. Dit sien ons regdeur die res van die verhale van Genesis.
•Dit is waarom God vir Abram lei om Lot nie teë te staan toe hy die beste deel van die land vir homself kies nie, want God wil vir Lot ook seën (). Abram se hantering van Lot het dus ’n seënende effek op Lot en sy nageslag en verseker dat hulle ook ’n plek sal hê om in te ontwikkel.
•Dit is waarom God vir Abram lei om Lot te gaan verlos uit die penarie waarin hy beland toe hy ontvoer word (). God ontferm hom dus oor dié een wat eintlik met Abram in konflik was en red hom ten spyte daarvan dat Abram en Lot se paaie uitmekaar geloop het.
•Dieselfde gebeur wanneer God die goddelose Sodom en Gomorra wil uitwis (). Op Abram se voorbidding vir Lot, red God vir Lot. Trouens, ek dink Abram kon bid vir Lot, omdat God reeds twee keer vir hom gelei het om vir Lot te red. Abram is dus tot ’n seën vir ’n ander nasie, eintlik nasies, gegewe die feit dat die Moabiete en Ammoniete uit Lot se nageslag voortgekom het. Trouens, Rut, ’n Moabiet, word later ingesluit in die geslagsregister van die Verlosser van die wêreld, wat net wys hoe ver die seën gestrek het.
•Dieselfde gebeur wanneer God vir Abram lei om Hagar te laat gaan met die uitdruklike belofte dat God Hagar sal seën omdat Ismael Abram se kind is, al stuit die verhaal ʼn mens op ʼn sekere vlak teen die bors (). Ismael is nie ’n weggooikind nie en sy nageslag nie ’n weggooi nasie nie.
God seën Abram sodat hy tot ’n seën kan wees – en beide God se seën en Abram se seën is sigbaar op vele wyses in die ontplooiing van die verhaal.
Daarmee het ons ’n patroon gekry van hoe God met ons ook wil werk. Dít is fundamenteel tot die Christelike lewe. Soos Abram deur God gebruik is, só is Christus deur God gebruik. Soos Christus deur God gebruik is, só gebruik God vandag nog die Christelike geloofsgemeenskap, Sy liggaam.
God het vir ons as individue en as gemeente ook ’n ruimte gegee waarin Hy ons seën. Hy het ons ’n roeping gegee om ander tot ’n seën te wees.
My gebed is dat ons ook soos Abram sal gehoorsaam en ons roeping enduit sal uitvoer. Dit beteken dat ons na God se stem sal moet luister om sy roeping vir ons lewens te identifiseer en uit te voer – persoonlik en in die gemeente. Soms sal dit ook beteken dat daar Lotte en Hagars oor ons pad sal kom wat ons met deernis en menswaardigheid sal moet hanteer. Bowenal sal ons die ruimte wat God ons gee met passie moet benut sodat ons die roeping wat Hy vir ons het met oorgawe kan nakom.
22. – God herhaal sy belofte van die land en ʼn groot nageslag aan Abram
Hierdie hoofstuk vertel vir ons van die feit dat Abram as ʼn geseënde man terugkom uit Egipte – 13:1-4 – maar dan in die uitdaging wat sy rykdom en ʼn botsing van belange met sy broerskind inhou, vasloop – 13:5-7. Dié uitdaging word aan die een kant in ʼn gesprek tussen Abram en Lot beslis waarin Lot die beste deel van die land kies – 13:8-13 – maar dan ook aan die ander kant tot ʼn verdere bepalende belofte van die Here lei in terme van land en nageslag – 13:14-18. Abram erf eintlik die hele aarde, en sy nageslag verwerf ʼn unieke status as die geseëndes van die Here.
Abram trek terug na Kanaän – 13:1-4
Abram trek terug uit Egipte na Kanaän om die roeping wat die Here vir hom het, opnuut op te neem. Ten spyte van sy liederlike lafhartige leuens in die krisis van hongersnood leer hy dat God vertrou kan word selfs wanneer dit broekskeur gaan.
Hy kom as ʼn ryk man terug uit Egipte! Hoeveel besittings hy reeds gehad het, en hoeveel farao vir hom gegee het, kan ʼn mens nie sê nie, maar dit is duidelik dat sy rykdom uiteindelik substansieel was. Hy was ryk aan vee, silwer en goud.
Abram trek weer van plek tot plek en roep die Naam van die Here aan in die land.
Abram word uitgedaag deur rykdom en ʼn botsing van belange – 13:5-7
Gou word Abram egter voor ʼn volgende toets gestel, hoe om ʼn vreedsame naasbestaan te verseker met sy nefie Lot wat ook self ʼn groot rykdom opgebou het. Hulle rykdom het ʼn botsing van belange teweeg gebring. Die katalisator vir die krisis was ʼn getwis tussen hulle veewagters.
Hierdie konflik laat ’n mens diep nadink oor die wedywering oor grond, soos ons in ons land nou alreeds ’n paar eeue ervaar. Trouens, grond is iets wat regdeur die wêreld ’n kritiese rol speel in die handhawing van goeie onderlinge verhoudinge, al dan nie. Sonder ʼn tuiste in die land waar jy woon, kan niemand ’n gelukkige naasbestaan met ander hê nie.
Twee belangrike gesprekke beslis die uitkoms van dié krisis tussen hulle. Die eerste is die gesprek tussen Abram en Lot waarin Lot die beste deel van die breër landstreek van Kanaän kies in die Jordaanvallei – 13:8-13. Die tweede is die gesprek tussen die Here en Abram waarin die Here sy belofte van seën herhaal in terme van ʼn tuiste in die land en ʼn toekoms vir sy nageslag – 13:14-18.
Die gesprek tussen Abram en Lot – 13:8-13
ʼn Mens leer uit Lot se keuse dat wat op die oog af na ʼn: “tuin van die Here” lyk (let op die parallel met die tuin van Eden!), en boonop vir Lot herinner aan die plek waarvandaan hulle so pas gekom het, “soos Egipte”, dat dit nie altyd die beste keuse is nie. Die skrywer se kort opmerking oor Sodom laat ʼn rilling by jou ruggraat afgaan: “Die inwoners van Sodom was sleg: hulle het baie gesondig teen die Here.” En, ʼn mens weet wat kom met die verhaal van Lot se ontvoering () en sy uiteindelike verlossing uit die ramp wat Sodom en Gomorra tref ().
Die gesprek van die Here met Abram – 13:14-18
Wanneer Abraham beteuterd agterbly met die droër dele, is dit asof ’n mens die idioom hoor: “Nice guys come second”. Dit is egter presies hoe God baie keer werk deur dié een wat in die skadu gestel word, van ʼn blywende oplossing te voorsien.
Die Here nooi Abram uit om ʼn “bird’s eye view” te neem, want die Here gee vir hom die land rondom hom, vir sover as wat hy kan sien: “Die hele land(aarde?) wat jy sien, gee Ek vir altyd aan jou en jou nageslag.” (onthou dat die woord vir land en aarde presies dieselfde is …).
Aan die belofte van land word ook die belofte van ʼn nageslag gekoppel. Al sou Lot, sy broerskind, nou nie meer noodwendig sy erfgenaam wees nie, het die Here nog nie sy plan laat vaar nie om ʼn nageslag vir Abram te voorsien waarin die hele aarde geseën sal word: “Trek nou deur die land, deur se lengte en breedte, want Ek gee dit vir jou.”
Hierdie keer gehoorsaam Abram die Here en gaan woon by die groot bome van Mamre by Hebron waar hy ʼn altaar vir die Here bou om Hom te aanbid. Die Amoriet Mamre, saam met sy twee broers, sou vir Abram ondersteun om Lot te gaan red in die volgende hoofstuk. Hy het dus ook goeie buurmanskap in Mamre gevind.
Boodskap
Een van die wonderlike aspekte van hierdie verhaal in is die interessante ooreenkomste wat daar met ander Bybelse verhale is. Daar is bv. ooreenkomste met die verhaal van die slawerny in Egipte en die Uittog terug na die land Kanaän sowel as met dele van die verhaal van die koms van die koninkryk in die NT.
•Dink aan die swaar plae van wat die farao oortuig het om Sarai vir Abram terug te gee, en die soortgelyke plae in Eksodus 7-12 wat die farao oortuig het om die volk van Israel te laat trek na die beloofde land. ʼn Mens sien dieselfde proses in die plae van die eindtyd in Openbaring – vgl. veral die inhoud van die trompette – wat die finale koms van die koninkryk van God voorafgaan (Openb. 6-16). Dit is waarom Jesus ook vir ons geleer het om nie net negatief te kyk na allerhande “plae” wat die wêreld tref nie: “Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd.” (”8).
•Dink aan die rykdom waarmee Abram terugkeer na Kanaän en dieselfde gebeure in die Uittog, soos in Eksodus 12:35-36. ʼn Mens sien dieselfde proses in die terugkeer uit ballingskap, hoewel dit daar as ʼn vrywillige gawe geteken word wat deur koning Kores as ʼn proklamasie uitgereik is (Esra 1:2-11). Geen wonder dat Jesus ons aanraai om eerder op God en die koms van sy koninkryk te fokus, want: “dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” ().
Die verhaal nooi ons dus uit om hierdie verhaal nie net te sien as ʼn beskrywing van God en die pad wat Hy met mense stap in die verlede op spesifieke geleenthede nie, maar as voorbeeldverhale van die pad wat Hy met alle gelowiges stap.
Jy kan dit self van toepassing maak op die konflikte wat jy tans beleef, sowel as die uitdagings wat ons in ons land het.
23 – Abram seën en straf nasies op die wêreldverhoog
Die volgende uitdaging wat Abram moet trotseer is die direkte resultaat van Lot se keuse om die Jordaanstreek te kies en uiteindelik in Sodom te gaan bly. Hy word kort daarna opgevang in ʼn spiraal van konflik waarin vier konings van die breër Mesopotamiese gebied oorlog gemaak het teen die vyf konings van die Jordaanstreek:
•Mesopotamië: Koning Amrafel van Sinar (Babilonië), koning Arjok van Ellasar (moontlik van die stad Assur in Assirië), koning Kedorlaomer van Elam (vandag Iran), en koning Tidal van Gojim ( dit beteken “nasies” – dit kan ʼn onbekende aantal nasies voorstel, anders is die streek verder onbekend).
•Jordaanstreek: koning Bera van Sodom, koning Birsa van Gomorra, koning Sinab van Adma, koning Semeber van Sebojim, en die koning van Bela, dit is Soar. Die geveg vind plaas in die Siddimvlakte wat in Israel as die Soutsee en vandag as die Dooie See bekend is.
Die rede vir die oorlog was die rebellie van die nasies van die Jordaanstreek wat vir twaalf jaar lank onderhorig was aan Kedorlaomer en nou nie meer aan hom “belasting” wou betaal nie. Die vier konings het teen hulle opgetrek en ʼn hele aantal volke verslaan voor hulle by die konings van die Jordaanstreek uitgekom het.
Die Refaïete (“reuse” – vgl. ; – koning Og, ʼn Refaïet, het ʼn ysterbed van 4×2 meter gebruik!), die Sussiete, die Emiete, die Goriete (het Edom vóór Esau bewoon), die Amalekiete (hulle was volgens eintlik afstammelinge van Esau, wat dié verwysing onseker maak, behalwe as dit verwys na die Amalek waarna Bileam as die “eerste van die nasies” in praat, wat sin van dié verwysing sou maak) en die Amoriete (nomadiese groep waarvan Mamre deel was) het dit in die proses ontgeld voor ook die konings van die Jordaanstreek dit moes ontgeld en gevlug het. Sommige het in die asfaltgate omgekom. Ander het in die berge gaan wegkruip. Lot en al sy besittings is in die proses gebuit en ontvoer.
Abram snel hulle egter te hulp saam met die drie Amoritiese broers, Mamre, Eskol en Aner. Hy val die Mesopotamiese konings van verskillende kante aan met al sy volgelinge en dryf hulle terug tot by Goba, noord van Damaskus (Sirië) en kry al die nasies se besittings, sowel as Lot-hulle, terug.
Dit is egter nie ʼn blye wedersiens nie, want ons lees hier van geen verdere kontak tussen Lot en Abram nie. Abram sou wel later vir hom intree en verlos van die dreigende oordeel van God (). Die moontlikheid dat Lot deel van die nageslag van Abram sou kon word deur van hom te erf, word hiermee van die tafel gehaal.
Daar is twee baie betekenisvolle interaksies aan die einde van die hoofstuk.
•ʼn Interaksie tussen die koning van Sodom en Abram, van wie Abram egter niks wil neem nie – nie eers ʼn garingdraad of ʼn skoenveter nie! Netnou dink die koning van Sodom dat hy op ʼn manier vir Abram se sukses verantwoordelik is en ʼn aanspraak op Abram kan maak. Abram vra egter wel dat die koning van Sodom sy buurman en sy broers seën met hulle deel van die buit.
•ʼn Interaksie tussen Melgisedek en Abram. Melgisedek was die koning van Salem (Jerusalem) en ʼn priester van God die Allerhoogste (Eljôn). Hy neem brood en wyn (nagmaalsimbole!) en seën vir Abram. Abram gee vir hom daarop ʼn tiende van alles as erkenning van God se rol in die oorwinning.
Let op hoe Abram groei in sy verwoording van wie die God is wat Hy dien. Hy praat van Hom as die Here, as God die Allerhoogste en baie pertinent as: “Skepper van hemel en aarde.” En hy raak ʼn internasionale rolspeler wat seën en straf in die naam van dié God wat hom geroep het om tot ʼn seën op die wêreldverhoog te wees.
Lees meer oor Melgisedek in my bydrae oor en die NT verbintenis aan die Here Jesus Christus in my bydrae oor Hebreërs.
Boodskap
ʼn Mens word soms in ʼn konflik betrek sonder dat jy daarvoor vra. Abram sou goeie rede gehad het om Lot aan sy eie lot oor te laat – “pun intended”! Die ding is net, God se belofte aan Abram was dat hy tot ʼn seën van die nasies bedoel was. Met dié konflik is hy dus ingetrek op die wêreldverhoog tussen ʼn hele klomp nasies, iets waarvoor hy nie kon nee sê nie.
Abram word dus ʼn seën vir die nasies – Sodom en Gomorra, kan jy nou meer! – in die poging om sy broerskind te red, sowel as sy Amoritiese buurman, Mamre, met wie hy ʼn verdrag gesluit het om mekaar onderling by te staan. Hy straf ook dié nasies wat hulle grense oorskry en ander verdruk. Hy sorg dat geregtigheid geskied, selfs vir Sodom wat sleg was, en baie gesondig het teen die Here ().
Die konflik was dus ʼn toets vir sy bereidheid om sy lewe op die spel te plaas om “tot ʼn seën vir die nasies te wees.” En in die proses ook geregtigheid te laat seëvier deur dié nasies te straf wat ander verdruk. Abram slaag daarmee in sy bestaansdoel.
24 – Die Here belowe beskerming en beloning in ʼn verbond met Abram
Die wyse waarop God met Abram in gesprek tree regdeur sy lewe, val ʼn mens op weens die wederkerigheid daarvan – dit is regtig ʼn heen-en-weer gesprek – sowel as die diverse maniere waarop dit geskied. ʼn Mens lees in Genesis van ten minste vier maniere waarop dié gesprekke verloop:
•Soms lees ʼn mens dat die Here vir hom iets “gesê het” (; ; ; ) sonder enige verduideliking van hoe dit presies gebeur het.
•Soms roep die Engel van die Here na Abram en gee hom ʼn opdrag () en beloftes (Gen. 22:15 vv.) waar dit ook duidelik is dat dit die Here self is ().
•Soms verskyn die Here aan Abram (; – let op dat God ook weer van hom af “weggaan” soos ʼn mens in 17:22 lees – wat waarskynlik in een of ander gestalte was, soms duidelik in die gestalte van drie mans ().
•In kom die woord van die Here na Abram in ʼn gesig – die enigste keer wat dit só vertel word – wat ʼn hele aantal verskillende gesprekke, maar ook aksies insluit. Die Here wys vir Abram die sterre en gebruik dit as ʼn woord aan hom. Die Here beveel hom om ʼn aantal diere te bring en gebruik dit om sy verbond met Abram te sluit.
Dit help dus om die perikoop te lees aan die hand van die verskillende gespreksmomente soos dit wissel tussen die Here en Abram. Dit gee jou ʼn goeie idee hoe die Here inisiatief neem en die aktiewe agent is in die gesprek. Maar, dit gee jou ook ʼn idee van hoe toeganklik die Here is om die kommer en behoeftes van Abram te akkommodeer, meer nog, oorvloedig daarin te voorsien, selfs meer as wat Abram homself kan indink.
Die Here belowe beskerming en beloning aan Abram – 15:1
Met die verskyning in die vorm van ʼn gesig stel die Here Abram gerus met die belofte van sy beskerming – onthou hy was net tevore in ʼn oorlog gewikkel – en ʼn baie groot beloning: “Jou beloning sal groot wees.” Dit verwys waarskynlik terug na sy weiering om deur die koning van Sodom beloon te word vir sy dapper oorwinning oor Kedorlaomer. God sien sy afhanklikheid van Hom alleen raak en belowe dat Hy hom sal beloon.
Abram vra ʼn kind van die Here – 15:2-3
Abram se reaksie daarop is dat hy onseker is of dié beloning regtig kinders sal insluit. Hy begin dink dat hy kinderloos sal sterf en dat sy slaaf sy besittings sal erf. Hy herhaal dit twee keer om die kommer in sy hart te onderstreep. Abram vra ʼn kind van die Here.
Die Here belowe ʼn nageslag so ontelbaar soos die sterre – 15:4-5
Die Here ruime enige onsekerheid egter uit die weg en belowe dat hy ʼn regtige kind as erfgenaam sal hê. Trouens, die Here neem hom buitentoe en gebruik die voorbeeld van die ontelbare sterre om hom ʼn idee te gee van hoé groot God se beloning in terme van ʼn nageslag sal wees.
Dit ontlok by Abram ʼn fundamentele geloofsreaksie wat die basis word vir God se verhouding met die mens, soos ons dit op verskeie plekke in die OT sowel as die NT raaklees.
Abram het in die Here geglo en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken – 15:6
Die skrywer sê vir ons:
“Abram het toe in die Here geglo, en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens die wil van die Here gehandel het.” (NAV). Die laaste deel van dié vertaling is egter ʼn bietjie wyd van die oorspronklike teks af. Die oorspronklike Hebreeus lui só, as ʼn mens dit meer letterlik vertaal:
“En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.” (OAV).
Drie opmerkings hieroor:
•Dat Abram: “in die Here geglo” het, beteken waarskynlik in die konteks dat Hy die Here se belofte van ʼn nageslag as die waarheid aanvaar het. Hy het: “amen” gesê daarop. Hy het die Here as betroubaar geag om te doen wat Hy belowe. Daarmee help Abram ons verstaan wat geloof is. Dit is om God te vertrou. Dit is om op God staat te maak. Dit is om Hom te gehoorsaam, omdat sy woorde en beloftes as waar en eg beskou word.
•In hierdie verband beteken: “tot geregtigheid gereken” waarskynlik iets soos: “as bewys van lojaliteit gereken” (Wenham) of as: “evidence of steadfast commitment” (NET Bible), soos dieselfde frase in , die enigste ander voorkoms van dié frase in die OT, gebruik word. Abram se geloof is deur God as geregtigheid gereken. Dit kon die Here sien in Abram se gehoorsaamheid aan die rol wat die Here hom op die wêreldverhoog gegee het. Hy het dié rol met passie en vasberadenheid uitgevoer. En die Here ag dit as ʼn bewys van sy lojaliteit, van sy geloof. Daarom reken God dit vir hom as geregtigheid.
•Paulus sal veel later hierdie tipe: “geregtigheid” met die vryspraak wat God gee vir dié wat in Hom glo, in verband bring (). Hy haal Abraham se voorbeeld uit as volg aan: “Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.” (let op dat hy nie die woordjie “in” gebruik nie!). Paulus verbind dan dié geregtigheid aan die vergifnis van sonde (, waarin Paulus aanhaal) wat gelowiges in die regte verhouding met God bring.
Dit is dus ʼn geweldige belangrike geestelike beginsel wat hier vir ons neergelê word. God spreek elke gelowige vry van sy skuld en sonde enkel en alleen binne ʼn verhouding waarin die gelowige God as betroubaar ag om te doen wat Hy belowe.
Die Here belowe vir Abram die land Kanaän – 15:7
In taal wat herinner aan die inleiding van die Tien Gebooie bevestig die Here dat dit Hy is wat vir Abram uit Ur van die Galdeërs laat trek het om hierdie land aan Abram as besitting te gee.
Abram vra hoe hy sal weet dat hy Kanaän sal besit – 15:8
ʼn Mens kan nogal identifiseer met Abram se vraag: “Hoe sal ek weet dat ek dit sal besit, Here my God?” Dit is nie asof hy die Here se woord betwyfel nie, maar eerder dat hy iets wil hê wat hom sal staande hou in die tye wanneer die Here nie naby is nie. Hy soek dus ʼn teken waaraan hy kan vashou.
Die Here beveel hom om offerdiere te bring – 15:9
Die Here gee vir Abram egter ʼn teken wat baie meer is as waarop hy gereken het. Die Here sluit met hom ʼn verbond wat nie net vir hom en sy nageslag van betekenis sou wees nie, maar vir alle gelowiges regdeur die eeue. Die betekenis van hierdie verbond kan nie oorskat word nie.
Die redes waarom die Here vir Abram vra om drie diere – ʼn vers, ’n bok en ’n skaapram, almal drie jaar oud en twee voëls – ’n tortelduif en ’n jong duif – te bring, is nie duidelik nie. Al vyf diere is gereeld in die offerkultus gebring, en kom ook ooreen met Abel se vroeëre offer uit sy kudde. Maar hoekom hulle drie jaar oud moes wees, en waarom twee duiwe, word nie verklaar nie.
Abram bring die diere en wag op die Here al kos dit al sy kragte – 15:10-12
Abram het dit alles vir die Here gebring en dit middeldeur gesny. Weereens weet ons nie waarom dié gebruik gevolg is nie. Sommige dink dat die bedoeling was dat Abram en God as’t ware tussen die twee karkasse sou deurloop om daarmee uit te druk dat die lot van dié diere die een sou tref wat dié verbond verbreek, soos dit soms in die Ou Nabye Ooste met kontrakte gebeur het. Omdat dit egter nie gebeur het in dié geval nie, want dit is slegs ʼn “oond” (moontlik eerder ʼn “pot”) en ʼn “fakkel” wat tussen die stukke vleis deurgaan, is dit nie seker nie.
Wat van groter belang is dat dié proses vir Abram uitmergelend was. Nie net het roofvoëls op die karkasse begin toesak nie, maar hy het moeite gehad om wakker te bly, amper soos die dissipels in die tuin van Getsemane. Innerlik en uiterlik het hy ʼn groot uitdaging beleef: “Angs en ’n groot donkerte het hom oorweldig.” Die oomblik het vir hom eintlik te veel geraak, sodat die verbond wat hierna gesluit is, net van God alleen afkomstig was. God was die enigste wat dié verbond kon sluit, en die enigste wat die verbond in stand kon hou.
God sluit ʼn verbond met Abram – 15:13-21
Die teken aan Abram kom in die vorm van ʼn uitvoerige belofte vir die toekoms wat met die verbondsluitingseremonie bevestig word.
Die Here begin by die slawerny in Egipte en stel dit as ʼn feit dat dié ontwrigtende tydperk die besit van die land sal voorafgaan. Hulle vreemdelingskap sal vier honderd jaar lank duur, waarna die Here die onderdrukkers sal straf en sy nageslag met baie besittings van daar af sal laat wegtrek. Abram self sal in vrede sterf.
Dit lyk asof die rede vir die uitgestelde belofte lê in die feit dat God tans nog geduld aan die dag lê met die huidige bewoners van Kanaän, hier aangedui as die Amoriete, maar dat dit in die toekoms sal verander. Levitikus sal later in die lys van seksuele voorskrifte spesifiek noem dat die Kanaäniete die land verontreinig het en dat die Here gesorg het dat die land hulle “uitspoeg” (). Daarom word hulle gewaarsku om die afstootlike gebruike van die vorige inwoners te vermy en hulleself rein te hou sodat dieselfde lot hulle nie tref nie.
Vers 16 word verkeerdelik vertaal as: “Die vierde geslag ná jou sal hiernatoe terugkom.” In die oorspronklike word net van die vierde geslag gepraat: “En die vierde geslag sal hierheen terugkom.”
As ʼn mens kyk na Eks. 6:15-22 waar die opeenvolging van geslagte in Egipte beskryf word, sien ʼn mens dat daar vier geslagte beskryf word. Die Uittog vind dan ook plaas in die tyd van die vierde geslag wat in Egipte gewoon het. Levi (137 jaar oud) was deel van die eerste geslag in Egipte. Sy seun Kehat (133 jaar oud) was die tweede geslag. Kehat se seun Amram (137 jaar oud) was die derde geslag en Moses en Aäron, kinders van Amram en Jogabed uiteraard die vierde geslag in Egipte en daarom ook die geslag van die Uittog.
Dit is waarna hierdie gedeelte in verwys. In word dié tydperk as vier honderd jaar geteken, waarskynlik ʼn ronde getal (Eks. 12:40-41 gee ʼn meer spesifieke tydperk van 430 jaar).
As teken van die Here se verbond met Abram gaan daar ’n: “oond wat rook” en ’n: “fakkel wat brand”, tussen die stukke vleis deur waarmee die Here sy verbond met Abram sluit. Dit handel oor sy nageslag wat die land van Kanaän sal besit, beskrywe aan die hand van beide die geografie: “van Egiptespruit af tot by die Eufraat”, sowel as in ʼn tiental nasies wat dié gebied bewoon het: Keniete (Jetro, Moses se skoonpa, se nasie), Kenissiete (Kaleb het waarskynlik vanuit dié nasie deel van Juda geraak – ; ,), Kadmoniete, Hetiete (in die omgewing van Hebron), Feresiete, Refaïete, Amoriete, Kanaäniete, Girgasiete en Jebusiete.
25. – Abram val vir die versoeking om self ʼn nageslag te voorsien
Die skrywer herinner ons daaraan dat Abram al tien jaar in Kanaän is (). Abram het al baie vreugdes en versoekings ervaar soos ons agterkom uit ʼn “kykweer” van die verloop van sy verhaal tot hier.
Vreugdes en versoekings
1. Abram het die vreugde ervaar van gehoorsaamheid aan God se roeping met sy aankoms in die land. Hy het egter ook die uitdagende versoeking ervaar waarvoor die ontbering van hongersnood hom geplaas het toe hy uitgedryf is na Egipte. Hy faal jammerlik in die toets vir sy integriteit toe hy bang was Sarai se skoonheid sy einde sou beteken en ʼn leuen vertel wat tot groot skade vir almal gelei het ().
2. Abram het die vreugde ervaar van God se oorvloedige voorsiening – onthou dat farao onder andere daarvoor verantwoordelik is (). Die oorvloed het hom egter in konflik met sy ewe ryk broerskind Lot gebring wat tot ʼn skeiding van hulle weë gelei het. Hy weerstaan die versoeking om vir hom die beste deel te kies, en word daarom deur God in die gelyk gestel met ʼn asemrowende landsbelofte wat in wese alles insluit wat hy kan sien. ʼn Mens kan selfs moontlik die betekenis van die hele aarde daarin inlees ().
3. Abram het die vreugde ervaar van oorwinning in oorlog om sy broerskind uit die kloue van die Mesopotamiese konings te red, maar duidelik daaruit geleer dat Lot nie sy erfgenaam sou wees nie. Hy weerstaan die versoeking om hom te verryk uit die buit van Sodom en gee eerder ʼn tiende daarvan vir Melgisedek, die priester van die Allerhoogste ().
4. Abram het die vreugde ervaar dat God sy geloofsvertroue raakgesien het en met hom ʼn verbond gesluit het wat nie net die belofte van dié land ingesluit het nie, maar spesifiek ook die belofte van ʼn nageslag. Trouens, die Here sê baie spesifiek dat sy nageslag nie uit sy slawe sal kom nie: “Een wat jou eie nasaat is, hy sal jou erfgenaam wees”. Hy val egter vir die versoeking om méér te weet van hoé presies dié nageslag vir hom gegee sal word en vra vir ʼn teken. Die Here gee die teken vir hom met ʼn verbondsluiting, maar in die proses word Abram oorweldig deur ʼn groot angs wat woorde kry in die voorspelling van die Here dat daar ʼn groot tydperk van verdrukking vir sy mense voorlê. Die Here bevestig egter ook dat Hy sy verbond – unilateraal, d.w.s. deur God se toedoen alleen – met hom en sy nageslag sal hou en die land vir hulle sal gee ().
Sarai wag nie op God se vervulling van sy belofte nie
Daarom is die opmerking in vers 1 so belangrik om die versoeking van Abram in dié verhaal te verstaan: “Sarai het nog nie vir haar man Abram ʼn kind in die wêreld gebring gehad nie.”
Op die oppervlak lyk die voorstel van Sarai dat Abram by Hagar ʼn kind moes verwek na ʼn pragmatiese een. Daar was ʼn wydverspreide gebruik in die Ou Nabye Ooste dat ʼn vrou haar slavin vir haar man kon gee om by haar “in te gaan” – ʼn eufemisme vir geslagsgemeenskap – sodat sy beheer oor die kind wat dan gebore sou word, kon hê, eerder as dat haar man ʼn ander vrou neem wat dan ʼn teenstander kon word. Sarai dink dus prakties.
As ʼn mens egter dieper kyk, is dit ʼn reusefout. In die eerste plek is dit duidelik dat sy die Here nie raadpleeg nie, maar eenvoudig aanvaar dat: “die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê.” Sy wag dus nie op die uitkoms van die Here se belofte van ʼn nageslag nie. Sy plaas nie haar vertroue op die belofte nie. In die tweede plek stem Abram met Sarai saam en: “eet van die verbode vrug”, soos Adam in die paradys, by wyse van spreke. Dit is asof ʼn mens se versoeking weer voor jou oë sien afspeel.
Abram vertrou nie op God vir die vervulling van sy belofte nie
Abram vertrou ook nie op die belofte van die Here nie, al het hy kort tevore die wonderlike gesig van die Here se verbondsluiting gehad en het die Here eksplisiet gesê hy sal sy eie nasaat hê, uiteraard by sy eie vrou, al word dit nie eksplisiet gesê nie. Dit sou egter nie uit sy slawe wees nie …
Hierdie gebrek aan vertroue word met die Hebreeuse frase: “hy het geluister na die stem van sy vrou”, uitgedruk. In Afrikaans word dit vertaal met “hy het saamgestem met sy vrou”. Dié frase word net een ander keer in Genesis gebruik. In word Adam verwyt dat hy: “geluister het na die stem van jou vrou.” Soos Adam val Abram dus in die slaggat van ʼn gebrek aan vertroue, soos dit inderdaad natuurlik ook van Eva en Sarai die geval is. Nie een van hulle vertrou die woord van God wat in die gedaante van ʼn verbod () en ʼn belofte () kom nie.
Poligamie bedreig die geloofsgemeenskap
Die gevolge van hierdie gebrek aan vertroue is net so reusagtig groot. Waar poligamie tot dusver net in die nageslag van Kain beskryf is – Ada en Silla () – skiet Sarai en Abram met hierdie keuse die hele idee van die monogame verbintenis tussen een man en een vrou in die voet. Sarai en Abram laat ʼn “heidense” gebruik posvat in die geloofsfamilie wat tot groot sedelike verval deur die loop van die geskiedenis van Israel sou lei.
Daarmee skep hulle natuurlik ook ʼn groot uitdaging vir hulleself in terme van die onderlinge verhoudinge, iets wat nié Sarai óf Abram met enige grasie kon hanteer nie, tot groot skade vir Hagar en haar kind, sowel as vir hulle almal in terme van die inherente konflik wat hiermee in die hele Ou Nabye Ooste geskep sou word tussen Israel en die Arabiere.
Poligamie sou ʼn uitdaging vir die geloofsgemeenskap bly vir die volgende millennium, soos ons dit in die verhaal van Jakob, Moses, Dawid, Salomo en die meeste van die konings van Israel en Juda sou aantref. Nog erger, die konflik tussen Israel en die Arabiere het nooit opgehou nie …
Terloops: poligamie is die gebruik om meer as een vrou te neem, wat onderskei moet word van poliandrie, die gebruik om meer as een man te neem, soos ook in sommige gemeenskappe voorkom.
Van die profete en veral in die wysheidsliteratuur sou die ideaal van een man en vrou in die huwelik van tyd tot tyd voorhou, maar met min effek op die geloofsgemeenskap, soos ons dit veral in die ryker en magtiger dele van die geloofsgemeenskap se praktyke raaksien.
Spreuke praat regdeur in die enkelvoud van die wonder van die huwelik: “Jy het tog self ’n vrou, jy het tog self ’n put met water: drink die strome uit jou eie fontein.” (Spr. 5:15,18). Die ma van koning Lemeul raai hom ook aan om nie sy kragte op baie vroue te verspil nie, maar een knap vrou te soek, te kies en te trou (Spr. 31). Jou “eie” vrou (Spr. 5:18) staan teenoor die verleiding van die “ander” en/of “slegte” vrou (Spr. 5:20; 6:24, 29, 34; 7:5,10 vv.), waarmee owerspel en prostitusie sowel as poligamie afgewys word, hoewel laasgenoemde steeds moontlik was en op grond van wetgewing gereël is ().
Só is die boek Hooglied ook ʼn verheerliking van die eksklusiewe en interafhanklike liefde tussen een man en een vrou.
Maleagi roep die volk op om erns te maak met die skeppingsbedoeling van God met die huwelik. Dit is die enigste manier waarop die huwelik die basis kan raak vir ʼn veilige omgewing waarbinne kinders tot eer van God groot gemaak kan word: “Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar ’n nageslag moet wees, wat Hom eer. Beheers julle, moenie ontrou wees aan die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is nie.” ().
Die monogame huwelik sou egter eers in die NT met Jesus en Paulus se aandrang daarop herstel word in die geloofsgemeenskap ten spyte van die profetiese besware teen poligamie en die riglyne van die wysheidsliteratuur.
Jesus praat regdeur van die huwelik as ʼn verbintenis tussen een man en een vrou. Hy haal in Matteus 19 bv. uit albei skeppingsverhale in en 2 aan: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? (). Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’ (). Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ’n mens nie skei nie.” ().
Paulus volg Jesus na en spel dit as norm uit. In die kerk: “behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man” (1 Kor. 7:2), hoewel Paulus ook ruimte laat vir ongetroudes wat ter wille van die verbintenis aan die koms van die koninkryk téén die huwelik kies (1 Kor. 7:8). Dit is ook hoe Jesus dit gedoen het met sy beskrywing van drie kategorieë eunugs (dit is die Griekse woord wat vertaal word met die frase “wat nie kan trou nie” in die NAV): “Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koninkryk van die hemel. Wie dit kan doen, laat hy dit doen.” ().
Dit is interessant hoe Paulus moeite doen om spesifiek monogamiteit as norm vir die leiers van die geloofsgemeenskap uit te spel, al het hy die algemene norm al in sy Korintiërbrief vir alle gelowiges neergelê. Hy sê in en 12: “’n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou … ’n Diaken moet aan sy vrou getrou wees en sy kinders en sy eie huisgesin goed beheer.” (vgl. ook ). Dit getuig waarskynlik van die feit dat dit ʼn tyd geneem het vir die geloofsgemeenskap om aan dié norm gehoorsaam te word.
Die Engel van die Here beredder die onverkwiklike situasie
Ek het meer aandag gegee aan Sarai en Abram se hantering van die situasie. ʼn Mens kan natuurlik die verhaal ook uit die hoek van Hagar beskou, want nie net word daar meer aandag aan haar gegee in die hoofstuk nie, maar sy is ook duidelik die een wat God se aandag vang. My tyd en ruimte is egter beperk om veel meer te skryf! Daarom net die volgende paar opmerkings.
Hagar se gehoorsaamheid aan die Engel van die Here staan in skrille kontras met die ongehoorsaamheid van Sarai aan die belofte van die Here, sowel as die gebrek aan vertroue van Abram aan die stem van die Here in hoofstuk 15.
Sy ontvang ʼn soortgelyke belofte as Abram dat haar seun Ismael – let op dat Abram dié naam aan sy seun gee op grond van die getuienis van Hagar – ʼn groot nasie sal wees, maar daarmee saam dat hy die vader van ʼn weerbarstige en vyandige nasie sal wees: “so ontembaar soos ʼn wildedonkie: hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees.” ().
Hagar se ervaring met God en haar verwoording van wie God is, is ʼn roerende diep kykie in God se hart. “U is ʼn God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.” (). Let op die wederkerigheid, maar ook afhanklikheid van haar ervaring. Dit is God wat haar gesien het. Dit is Hy wat eerste gereageer het op haar nood. Maar, Hy het toegelaat dat sy Hom sien wat haar gesien het. Hy het haar ingelaat by wat Hy met haar en haar ongebore kind wou doen, ook nie net vir die huidige krisis waarin sy haar bevind het nie, maar vir die verre toekoms.
Haar opdrag om terug te gaan en haar te gaan onderwerp – veral met ʼn seun wat ʼn ontembare wildedonkie sou wees! – getuig van ʼn groot geloofsheldin se vasgryp aan God se toekoms vir haar, selfs al kos dit haar byna haar lewe.
Dit laat ook die vraag oop of dié kind nie miskien tog die beloofde nasaat sou wees nie. Tot Abram se krediet het hy hierdie keer reg opgetree en hulle skuiling en veiligheid gebied. Sy erkenning van Ismael het enige teëspraak verhoed.
Boodskap
Ek lees dié week weer hierdie aanhaling: “The authority of the Scripture is experienced through its capacity to give us a purchase on the world we inhabit. The whole point of thinking by reading Scripture (always in dialogue with tradition) is to understand ourselves where we are.” – Oliver O’Donovan (Church in Crisis).
Dit kom ooreen met my eie aanpak van die lees van die Bybel, om dit as ʼn analogie – as ʼn voorbeeld, as ʼn illustrasie – te gebruik vir my eie pad met God en die beloftes wat Hy vir my gegee het. Die diepste woord uit hierdie gedeelte aan my is dat God dit regkry om midde in die geharwar van dié drie karakters sy verhaal met die wêreld nie in gedrang te laat bring nie.
Sarai het dit amper reggekry om van Hagar met haar seun Ismael ontslae te raak. Die gevolge van haar ongehoorsaamheid en gebrek aan vertroue het tot vandag toe nog ʼn enorme effek in die lewe van mense soos ons eintlik daagliks kan lees in verhale van die die eeue-lange konflik in die Midde-Ooste tussen nasies, iets wat natuurlik uiteindelik waar is van alle nasies op hierdie aarde.
Tóg laat God Hom nie van stryk bring daardeur nie, en seën selfs die halsstarrige Sarai presies soos Hy belowe het. God se beloftes is onberoulik. Al sukkel Sarai en Abram selfs in hulle verhouding – dit lyk asof sy hom doodgewoon hiet en gebied na willekeur – en al lyk dit asof hulle op die oog af nie die beste materiaal is om enige nasie mee te begin nie – laat staan nog ʼn geloofsgemeenskap waaruit die Messias gebore moet word – en al is hulle oud en ’n bietjie afgeleef, en al het hulle ouers en voorouers heidense gode gedien, en al sukkel hulle om volledig op God te vertrou – God maak sy belofte aan hulle waar!
God kies hulle en stap enduit die pad met hulle, ironies genoeg deur vir hulle ’n kind te gee wie se naam “lag” beteken, Isak, soos ons later sal lees. Want die geheim van nasiebou lê nie in Abram en Sara opgesluit nie. Dit lê in God opgesluit. In ’n besondere sin wys God daarmee dat sy keuse vir mense nie afhang van wie hulle is nie, maar van wat Hy beplan. Dieselfde geld vir Hagar … en vir jou.
26. – Lewe naby My en wees onberispelik
Hoofstuk 17 en 18 is verbind aan mekaar deur twee verskynings van die Here aan Abram kort na mekaar in sy nege en negentigste jaar, dertien jaar ná die vorige episode met Hagar en Ismael.
Met die eerste verskyning in hoofstuk 17 herbevestig die Here sy verbond met Abram, hierdie keer met die teken van die besnydenis en verander sy naam na Abraham. Die twee name is eintlik variante van mekaar: “vader van vele”, en is net betekenisvol omdat dit aan die belofte verbind word dat hy die: “vader van ʼn menigte nasies” sal wees. Ook Sarai se naam verander na Sara. Weereens is die twee name variante van mekaar: “prinses”, en is net betekenisvol omdat dit verbind word aan die eerste direkte belofte aan haar dat die nageslag uit haar gebore sal word.
Met die tweede verskyning in hoofstuk 18 herbevestig die Here in die gedaante van drie persone sy belofte aan Abraham en Sara van ʼn nageslag, dié keer met ʼn definitiewe datum daaraan gekoppel en lig Abraham in oor wat die Here met Sodom en Gomorra gaan doen.
Lewe naby My en wees onberispelik
God gebruik die lewe van Noag as ʼn voorbeeld vir Abram soos ʼn mens kan sien in die ooreenkoms van die beskrywing van Noag se lewe met God wat hier as ʼn opdrag deurgegee word aan Abraham: “Lewe naby My en wees onberispelik”. “Onberispelik” is hier ʼn beter vertaling van die Hebreeuse woord tā·mîm wat in die NAV vertaling as: “opreg” weergegee word. Vergelyk die opdrag aan Abram met die beskrywing van Noag: “Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef”. (). Dit kom ook ooreen met die beskrywing van die lewe van Henog ().
Om naby God te leef – om met Hom te wandel, soos dit ook vertaal kan word – is een van die wonderlikste werklikhede wat vir elkeen wat hom- of haarself ʼn gelowige noem beskikbaar is, soos Miga baie jare later sou sê: “wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (Mig. 6:8). Luther sou dié frase met die bekende Latynse coram Deo in sy lewensveranderende traktaatjie The Babylonian Captivity of the Church, weergee wat in 1520 tot ʼn wydverspreide herlewing as deel van die Hervorming aanleiding gegee het.
Maar, dan vra dit ʼn doelgerigte fokus om “onberispelik” in jou lewenswandel te wees, sodat dit God waardig kan wees. Soos sê: “Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here.” God vra dus van Abram om net so moreel blaamloos en in gedrag onberispelik te lewe soos wat Noag dit voor hom gedoen het.
Dit sluit in om te doen wat reg is en met ʼn mens se hele hart die waarheid te praat (). Dit beteken dat ʼn mens jou weerhou van opsetlike sondes en nie toelaat dat dit oor jou heers nie (). Dit is dan wat ʼn mens kan staatmaak op God se beskerming (Spr. 2:7, 21; 11:20). God het ons immers: “uitverkies om heilig en onberispelik (amōmos – moreel gesproke blaamloos) voor Hom te wees,” soos Paulus in die NT in Efesiërs 5:27 verkondig, veral uitgespel in terme van gedrag ( – anenklētos – sonder beskuldiging, d.w.s. blaamloos).
God se verbond sluit ʼn nageslag en ʼn grondgebied in
Die verbondsluiting word herhaal om nie net nog duideliker uit te spel wat die voordele daarvan vir Abraham en sy nageslag sal wees nie – d.w.s. ʼn “menigte nasies” en die hele land Kanaän (die eerste keer wat dit gespesifiseer word) – maar om ook twee ekstra dinge te beklemtoon: die blywende karakter daarvan en die besnydenis as teken van die verbond.
Waar Noag die reënboog in die hemel gekry het as teken van die verbond, kry Abraham die besnydenis van elke manlike nasaat as teken van die verbond.
Die reënboog is iets wat God op ʼn natuurlike wyse laat verskyn as ʼn teken van sy verbintenis aan die aarde. Dit is eintlik ʼn herinneringsteken vir God self. Elke keer wat die reënboog op aarde sou verskyn, sou dit God herinner daaraan dat Hy die aarde en sy mense genadig moet wees.
Die besnydenis daarenteen is iets wat van Abraham gevra word as verbintenis aan die verbond. Met elke manlike geboorte sou dit die geloofsgemeenskap herinner aan hulle blywende verbintenis aan God. Net so permanent as wat die besnydenis in die vlees van elke man sou wees, so permanent is die verbintenis aan God in die verbond wat Hy met hulle gesluit het.
Trouens, elke keer wat ʼn man met ʼn vrou gemeenskap sou hê, sou die besnydenisteken hulle herinner aan die feit dat God van hulle vra dat hulle naby Hom en onberispelik moet leef. ʼn Kragtige herinnering nie net aan ʼn moreel-etiese lewe binne die uitdagings van die Kanaänitiese afvallige seksuele praktyke nie, maar ook ʼn herinnering daaraan dat hulle onberispelik voor God moet leef.
Dit is interessant dat die Joodse skrywer Philo, ʼn tydgenoot van Jesus en Paulus, vier redes lys waarom die besnydenis as teken gekies is. Dit was volgens hom vir: 1) gesondheid, 2) reinheid, 3) ʼn herinnering aan voortplanting en 4) vrugbaarheid (Special Laws). Hy lys dan twee redes wat sy eie denke verteenwoordig, maar wat hy as die mees belangrike beskou:
•eerstens om die volk op ʼn simboliese manier te leer dat hulle wellus moet vermy en hulle gedagtes rondom seks moet beheer;
•tweedens om die volk te leer dat ʼn mens nie geestelike volmaak kan word as jy nie alle boosheid uit jou hart weer nie.
Uiteraard het dié teken dus om baie meer gegaan as net die moreel-onberispelike seksuele lewe wat daarmee van die volk gevra is. Dit het oor die hele wandel met God gegaan. Reeds in Deuteronomium word die besnydenis as ʼn teken van ʼn dieper geestelike realiteit gebruik – die besnydenis van die hart – wat dui op ʼn onberispelike gehoorsaamheid aan die wet en Woord van God (; ), iets waarop Jeremia (; ) en later Paulus ook klem gelê het, met spesifieke verwysing na Abraham (; ; Kor. 7:19: “Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God”; ,; ; Fil. 3:3: “Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie.”).
Abraham vind die belofte uiters onwaarskynlik
Abraham vind die belofte uiters onwaarskynlik vanweë hulle ouderdom en dink steeds dat Ismael die enigste moontlike uitkoms vir hulle sal wees. Die Here herhaal egter sy belofte sonder om Abraham te erg tereg te wys en belowe dat Isak oor ʼn jaar vir hulle gebore sal word. God sal só sy verbond nakom as ʼn bevestiging aan Abraham dat hy God kan vertrou.
Tot Abraham se krediet gehoorsaam hy die Here en vat “op daardie selfde dag” alle manlike lede van sy uitgebreide huishouding, slawe ingesluit, en laat hulle almal besny. Abraham is self ook besny. En daarmee het die die afwagting vir die vervulling begin wat ʼn jaar later ʼn werklikheid geword het.
27. – Abraham se gasvryheid sluit die lewe vir almal oop
Ek wil vandag ʼn bietjie anders kyk na dié belangrike verhaal in Genesis. Soos Wenham sê, dit is die bes beskryfde 24 uur tydperk in die hele boek van Genesis. Dit gee ons ʼn besondere kykie in die ontwikkeling van die verhouding tussen God en sy mense. Dit steek die hoop in ons aan dat ons op dieselfde wyse in ons eie verhouding met God kan groei, nie net in terme van die seën wat dit vir onsself bring nie, maar veral ook in terme van die impak wat dit in die wêreld kan hê.
Ek gaan daarom Abram se gasvryheid wat hy so oorvloedig demonstreer in dié verhaal as sleutel gebruik om die verhaal se betekenis te ontsluit. En ʼn deel van ʼn preek wat ek oor dié gedeelte gelewer het in die gemeente Bergsig in Natal, watter wonderlike plek! Geniet!
Drie figure in die dynserigheid
Dis warm. Die bokke staan in mekaar se skaduwee. Die beeste beweeg net hulle kake om te herkou. Die skaduwees is kort. Dis die warmste deel van die dag.
Abraham sit-slaap in die trek van sy oop tentdeur. Hy staar slaperig uit oor die woestyn. Die hitte slaan golwe oor die duine. ʼn Beweging trek sy aandag. Drie figure staan skielik in die dynserigheid
Abraham is nog gevoelig. Hy is kort tevore besny. Waar sou die drie mans so skielik vandaan kom? Hy het nie goed genoeg opgelet nie.
Sonder om te huiwer, staan Abraham egter dadelik op, draf na hulle toe en buig neer voor hulle:
“Menere, doen my die guns.
Moenie net verby gaan nie.
Laat ek eers ʼn bietjie water gaan haal en julle voete was.
Kom rus hier onder my boom.
U is nou eenmaal hier en ek wil darem vir julle ʼn stukkie brood gaan haal sodat julle weer nuwe krag kan kry vir die pad wat voorlê.”
Die drie mans huiwer ook nie. “Goed! Maak so!”
Abraham skarrel in die tent in na Sara en sê vir haar: “Bak vir ons roosterkoeke, sommer 16 kg s’n.” Dis meer as 64 koppies meel, meer as ʼn honderd roosterkoeke!
Abraham draf buitentoe na die beeste en vat ʼn mooi jong kalf. Hy gee dit vir ʼn slaaf om te slag en gaar te maak. Die beste en sagste vleis wat hy het – omtrent ʼn 100 kg.
Abraham vat botter en melk, die roosterkoeke en die kalfsvleis en sit dit voor die mans neer en bedien hulle self.
Daar onder die boom in die warmste deel van die dag het die drie mans geëet, terwyl hy hulle bedien.
Oor ʼn jaar sal jou vrou Sara ʼn seun hê
Dan maak die verhaal ʼn wending. Die mans vra na sy vrou en maak ʼn belofte: “oor ʼn jaar sal jou vrou Sara ʼn seun hê”.
Skielik besef Abraham, dis die Here wat nou met hom praat. Sy gasvryheid het in ʼn ontmoeting met die Here verander! Hy hou ʼn braai vir die Here!
In die ontmoeting doen die Here ʼn wonderlike ding. Hy bring vir Abraham en Sara weer bymekaar uit. 24 jaar al wag hulle vir die kind van die belofte. Sara het al vir Abraham haar slavin Hagar gegee om deur haar ʼn kind te hê. Maar dit het net verwydering gebring.
Geen wonder dat Sara by haarself lag en dink: “Sal ek nog genot kan hê noudat ek afgeleef is? En dit met my man wat oud is?”
Maar die Here maak ʼn belofte vir ʼn spesifieke tyd. Oor ʼn jaar sal jou vrou ʼn seun hê.
En dit was ook só.
Dan skuif die verhaal na die wêreld
As Abraham saam stap om die Here af te sien, dan begin die Here vir Hom intrek in sy planne vir die wêreld, spesifiek dié vir Sodom en Gomorra. Trouens, in die Hebreeuse teks staan dit duidelik dat God “voor Abraham” gaan staan, soos Abram kort tevore gevra is om “voor God” te lewe (vgl. met )! Dit is waarskynlik die diepste boodskap van die hele boek Genesis, dat God nie net van ons vra om naby Hom te lewe nie, maar dat Hy inderdaad naby aan ons kom.
Dit is dan ook die rede waarom Abraham toegelaat word om ʼn medewerker van God in sy gebed vir die regverdiges in daardie bose plekke Sodom en Gomorra te word, want Abraham lewe naby God en God is naby Abraham.
Vir ʼn tweede keer word Abraham se broerskind Lot saam met sy familie gered. In was dit van die ontvoering deur die Mesopotamiese konings. Hier is dit van die “oordeel” van God oor Sodom en Gomorra. Dié God verlate plek word vandag geïdentifiseer met die gebiede van die Dooie See.
Vir dieperdelwers: lees wat God se visie vir die toekoms is in Esegiël 47 en Openbaring 22.
Boodskap
Die verhale in Genesis het almal ʼn besondere openbaringskarakter. Dit help ons om diep na te dink oor die lewe, oor God, oor menswees en oor wat regtig belangrik is in dié lewe. Dit sluit vir ons die betekenis van ons menswees oop en nooi ons uit om op die belangrike dinge te konsentreer.
wys vir ons hoe gasvryheid ʼn sleutel is tot ʼn diep verhouding met God, ʼn herstelde verhouding met mekaar en ʼn lewensveranderende verhouding met die wêreld.
Gasvryheid is nie maar ʼn toevallige ding wat sommige kan doen en ander kan nalaat nie. Dit het nie net met jou persoonlikheid te make nie, maar met die diepste dele van jou menswees.
Groei na God toe
U is nou eenmaal hier – mense kom nie per toeval oor ons pad nie. Daar is ʼn stuk voorsienigheid in die gebeure van elke dag, wat ons moet aangryp.
Abraham se huis is nie net vier mure teen die wind nie. Nee, dit het ʼn oop deur na die mense wat moontlik oor sy pad kan kom. Sy lewe draai nie net om die beveiliging van sy eie nie. Hy vra nie net Here beskerm my, Here gee vir my om nie. Nee, Hy lewe na buitentoe. Here, U is in alles, ook in die gebeure van elke dag. U kom oor my pad in die ontmoetings met mense wat U oor my pad stuur. Ek wag daarvoor Here, stuur die ontmoetings oor my pad!
Hoekom? Want Abraham weet, ons groei nie na God net deur ons stiltetyd of deur die erediens of deur een of ander godsdiensoefening nie. Nee, God is in elke uur van elke dag. Hy is in die lewe en terwyl die lewe gebeur, kom daar ontmoetings met God, nie net in die Bybel nie, maar in die mense wat nou maar eenmaal oor ons pad kom. Ons groei na God toe in ons oop tentdeure in die woestyn.
Jesus hak hierby aan in sy profetiese rede oor die laaste oordeel. Hy sê vir die skape aan sy regterkant:
“Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want … Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ʼn vreemdeling, en julle het My gehuisves; Vir sover hulle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.” (, ).
Die Hebreërskrywer doen dieselfde:
“Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.” ().
Lukas herinner ons aan die twee op pad na Emmaus wat by die vreemdeling wat aan hulle verskyn, aandring om by hulle oor te bly en dan agterkom dat dit al die tyd Jesus was by hulle!
“Het ons harte nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?” ().
Niks gebeur net per toeval nie! Hoe gepas was die gasvryheid van Abraham nie … as jy aan die einde van die verhaal terugkyk! As jy geweet het God besoek jou in die onderbreking van jou middagslapie, sou jy gehardloop het en nog meer kos gaar gemaak het as Abraham … as jy maar net geweet het!
En dis die eerste punt van dié verhaal. Gasvryheid is die deur na ʼn ontmoeting met God! Ons groei na God toe deur gasvryheid te betoon aan die onderbrekings op ons pad! Die deur na God maak oop die oomblik as jy vir iemand sê wat jou dag onderbreek: “Jy is nou eenmaal hier …” en wie weet waarheen die deur jou sal lei?
Groei na mekaar toe
Maar gasvryheid het nie net betekenis vir ons verhouding met God nie. Dit het ook ʼn direkte impak op ons verhouding met mekaar. Die verhaal van Abraham sê vir ons, dat daar iets besonders met ons gebeur wanneer ons ons lewens oopmaak vir die vreemdelinge op ons pad. Ons eie intieme verhoudings word deur die Here heelgemaak, as ons die vreemdeling op ons pad raaksien en met gasvryheid ontvang!
En die wonder van dié verhaal, is dat die Here selfs die kleinste stukkie gasvryheid raaksien!
Kyk, Sara staan hier nie juis as ʼn model van geloof nie. Sy lag oor die voorstel van die Here. Sy wonder, sal sy nog plesier kan hê? Sal haar man nog dié plesier vir haar kan gee? En ʼn kind op haar ouderdom?
Maar dis juis dié man van haar, wat die eerste heling bring. Abraham se gasvryheid breek ʼn deur oop vir hulle albei se verhouding ten spyte van haar ongeloof!
Maar dan raak sy self betrokke. Sy raak by die gasvryheid betrokke en bak die roosterkoeke!
Ek kan só identifiseer met Sara en haar werklikheidsvisie. Dis klaar met ons en dit is al! En haar dromer-man? Hý én sý is oor die muur en dit is al.
Maar sy bak darem die roosterkoeke. Sy skeep nie die vreemdelinge af nie … en die wonder van God se teenwoordigheid in dié vreemdelinge sluit haar ook in!
Vir God is niks te buitengewoon nie en Hy maak hulle verhouding heel, plesier en peuter en al. Vir die brood in die oond, gee die Here vir haar ʼn kind en bevredig haar diepste begeerte na ʼn nageslag en skep vir haar en Abraham ʼn ruimte om hulle huweliksliefde te kan laat groei tot ouerliefde.
O – dat ons nooit die geleentheid sal laat verbygaan om vir iemand wat oor ons pad kom, iets goeds te doen nie. Ter wille van God, maar ook ter wille van onsself. Dit is saliger om te gee as om te ontvang. Maar dan ontvang ʼn mens ook weer soveel van God, dat die dankbaarheid jou ook weer motiveer om weer te gee en weer en weer … dis die lewe!
Groei na die wêreld toe
Maar dis nog nie al nie! Dié gasvryheid het nog wyer implikasies as die verhouding met God en met mekaar. Dit raak die hele wêreld!
Dis interessant hoe die verhaal met die aankondiging van ʼn kind, ʼn heel ander pas aanneem. Waar dit Abraham was wat rond gehardloop het en reggemaak het en gaan staan het onder die boom om God te bedien, verdiep die gesprek tot ʼn intieme vriendskapsverhouding.
Die teks sê eintlik dat as Abraham die drie vreemdelinge gaan afsien op pad die woestyn in, God voor Abraham gaan staan en intrek in ʼn merkwaardige verhaal van medewerking vir die wêreld.
Die agenda is nie meer net die verhouding met God of die verhouding met Sara nie. Nee, die agenda omsluit nou die hele wêreld. God deel met Abraham wat Hy gaan doen met Sodom en Gomorra en lok Abraham uit om saam te gesels en erken Abraham se bydraes.
Abraham se gasvryheid het dus baie meer implikasies as wat hy ooit kon besef het met die eerste draffie die son in om ʼn driemanskap te onthaal. Sy lewe word onherroeplik verbind aan wat in die wêreld gebeur. Gasvryheid lei tot God, lei tot geloof, lei tot gemeenskap, lei tot gebed en lei tot verhoring van gebed.
Daarom dat die Nuwe Testament uiteindelik so vol is van oproepe na gasvryheid. Want dit is die beginsel van die nuwe lewe. En die basis daarvan is vriendskapsliefde.
•Romeine 12:13 gee die omvattende liefdesbeginsel: “Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid (philoxenia – vriendskapsliefde vir vreemdelinge).”
•Kolossense 4:10 spits dit toe op evangeliebedienaars: “Aristargos, wat hier saam met my gevange sit, stuur vir julle groete; ook Markus, die neef van Barnabas. Oor hom het julle reeds opdragte gekry: as hy daar by julle kom, moet julle hom gasvry ontvang.”
•1 Timoteus 3:2 pas dit toe op ouderlinge: “ʼn Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig;”
brei uit oor die leiers: “Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers.”
•1 Petrus 4:9 herinner ons: “Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla.”
Daar is niks meer opwindend as gasvryheid nie. Daar is niks meer avontuurlik as om die eerste draffie te gee na iemand wat oor jou pad kom nie.
En dis belangrik om te besef dat dié gasvryheid in die eerste plek bedoel is vir vreemdelinge! Daarom dat die woord gasvryheid letterlik beteken: vriendskapsliefde vir vreemdelinge. Gasvryheid beteken om in te nooi, om as gasheer op te tree teenoor iemand wat buite staan.
Pat Kiefert sê ons verval te maklik in ʼn soort private intieme godsdiens. Ons gebruik die metafoor van ʼn intieme familie en sluit daarmee mense uit wat nie deel van die familie is nie. En hoewel die kerk verseker met die beeld van familie beskrywe kan word, is dit nie net die intieme beeld van familie wat saamgevoeg in hulle huisie sit en beskerm word teen die koue en die gevare nie, maar ook die beeld van ʼn Abraham wat met sy oop tent sit en drie vreemdelinge ontvang in sy familiekring. Geen wonder dat Hy God op dié manier ontmoet het nie, want dít is die tipe gasvrye God wat ons het!
Gasvryheid is ʼn kultuur van uitreik na die wêreld. Dit is die wyse waarop ons ons liefde aan ander bekend maak. Dit is die ontmoetingspunt tussen mens en God en mens en medemens. Dit is die helingsmoment wat vervreemding in vriendskap laat verander.
Dink net as ons die beste wat ons het kan netwerk met die slegste wat ons het! Die meeste met die minste! Die siekste met die gesondste! Die oudste met die jongste! Die vinnigste met die stadigste! Die rykste met die armste! Die slimste met die domste!
My droom is dat die kerk ʼn plek sal word waarvandaan ons gaan lewe daarbuite eerder as ʼn plek waarnatoe ons kom om te lewe. Die kerk moet my help om nader te groei aan mense daarbuite en nie net nader te groei aan mense hierbinne nie. En om dít te doen, moet elkeen van ons aktiewe netwerkers word.
Ons moet mense intrek in ons kring en hulle blootstel en inlei in verhoudings met ander mense en met die Here. En die ideale manier, is deur ons gasvryheid. Die Nuwe Testament maak geweldig baie van die prinsipiële radikale openheid wat ons teenoor alle mense moet handhaaf, veral teenoor diegene wat op die rand van die samelewing staan. Ons moet vreemdes deel van ons omgee-kultuur maak.
Groei dus na God, mekaar en die wêreld deur GASVRYHEID … dié week en elke week!
28. Ekskursies: Kan God van gedagte verander?
Na aanleiding van die verhaal van Sodom en Gomorra en Abraham se gebed vir die regverdiges, vra mense baie keer die vraag: “Kan God van gedagte verander?”
Die kort antwoord is die volgende, soos een kommentaar (Klein) skryf hieroor:
Daar is ʼn paradoks tussen God se vryheid, om van gedagte te kan verander, en God se betroubaarheid, om nie van gedagte te kan verander nie. Albei is tegelykertyd waar: God verander nie sy gedagte nie, en tog doen Hy dit!
Ek wil twee aspekte in my langer antwoord uitlig:
1. God verander nooit in sy wese of karakter nie – Hy is onveranderlik in terme van bv. sy liefde en trou. Vergelyk bv. : “Hoe kan Ek jou vernietig … Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk.”
2. God kan wel van gedagte verander, omdat Hy in verhouding is met ons. Dit sien ʼn mens bv. in die bekende Pottebakker verhaal in . Soos klei in die hande van die pottebakker is, so is ons in God se hand. Wanneer Hy ʼn oordeel uitspreek en mense luister (is plooibaar soos klei), SIEN HY AF van die kwaad, en omgekeerd as Hy seën uitspreek en mense luister nie (is nie plooibaar soos klei nie), SIEN HY AF van die goeie wat Hy wou doen.
God verander dus van gedagte BINNE die verhouding met ons, soos ons ook onderling met mekaar werk, hoewel Hy nooit van karakter verander nie.
Vincent Brümmer (What are we doing when we pray? On prayer and the nature of faith – 2008 – een van die vorige Andrew Murray pryswenners) skryf hieroor en sê dat gebed eintlik die sleutel is om God se wese te verstaan (Ebeling se gedagtes).
“God gives us some things, not only as we wish, but because we wish.”
Dit beteken nie dat ons gebed God se arm draai nie, of dat dit outomaties gebeur nie, maar dat Hy in vryheid op ons versoeke reageer, omdat ons dit vra en Hy in verhouding is met ons.
Teenoor die statiese idee van God as onveranderlik, wys Vincent uit hoe gebed die verhouding tussen God en die bidder verander wat daardeur ʼn werklike veranderings effek op beide het. (On)veranderlikheid is altyd ʼn dinamiese begrip omdat dit ʼn onvolledige konsep is – God is onveranderlik in sy goedheid en getrouheid, maar veranderlik ten opsigte van gebeurlikhede. Anders sou hy nie ʼn persoon wees nie.
In ʼn besondere gedeelte in sy boek, Asking an omniscient God, sê hy die volgende.
Hy skiet die populêre gedagte van Boethius af dat God alwetend ten opsigte van die toekoms is, deur van buite ons realiteit, uit die ewigheid, na ons gebeure in tyd te kyk en dus te reageer op die gebeure soos dit gebeur, en dus nie voor die dinge gebeur nie. Dit maak nie logiese sin volgens Vincent nie, want ons ervaring van tyd sal dan ʼn illusie word. Selfs die verlede, hede en toekoms sal dan van God se perspektief een punt in tyd word en ononderskeibaar.
Vincent stel eerder voor dat God se alwetendheid ten opsigte van die toekoms gesien moet word as dat Hy te alle tye van alle toekoms moontlikhede bewus is, en ook die relatiewe waarskynlikheid van elke gebeurlikheid ken. Hy kan dus die toekoms antisipeer,
1. omdat Hy ons intensies ken, maar
2. ook sy eie bedoeling tot uitvoer kan bring.
Ten opsigte van die feit dat God ons behoeftes ken, kan ʼn mens aanvaar dat God baie van ons behoeftes vervul sonder dat ons vra, maar weens sy behoefte om met ons in ʼn verhouding te lewe, sommiges net gee omdat ons vra. Anders sou ons óf oorweldig wees deur die vervulling van ons onuitgesproke behoeftes óf bederf deur te dink dat ons behoeftes outomaties, sonder ʼn verhouding, bevredig word.
Hy sê ook volgende ongelooflike ding:
God se goedheid is die onderbou van die bidder se vertroue om te vra!
Daarvoor het die bidder die gawe van enlightenment (om sy wil te ken), empowerment (om sy wil te kan doen) en taste for the good (om sy wil uit liefde te doen) nodig. Hierdie trinitariese verklaring (enlightenment – Jesus; empowerment – Vader; motivation [soos hy dit verderaan noem] – Gees) is kenmerkend van sy teologie.
Vincent gebruik ook John Lucas (Freedom and Grace) se briljante voorbeeld as ʼn metafoor vir gebed as samewerking tussen ons en God, dié van Persiese tapytmakers.
In elke familie werk die pa aan die eenkant en die kinders aan die ander kant. Die kinders faal baie keer daarin om presies te doen wat die pa sê, maar die pa is vaardig genoeg om sy patrone aan te pas om hulle foute te inkorporeer en in ʼn fassinerende, konstant-ontwikkelende ontwerp te verander.
God se werk moet dus nie as ʼn bloudruk verstaan word nie, maar eerder as ʼn goddelike projek wat God ontwikkel in gemeenskap met menslike deelnemers. Dit het ʼn effek op hoe ons die eskatologie sien – in stede van ʼn vaste uitkoms, is die eschaton iets waaraan ons as medewerkers met God saamwerk.
Om terug te keer tot die vraag oor God se verandering van gedagte:
Numeri 23:19 sê wel van God die volgende: “God is nie ’n mens dat Hy sou lieg nie, ’n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.” Maar daar moet ons onthou dat dit uit die mond van Bileam kom, wat nie gesagvol oor God ʼn uitspraak kon lewer nie. Daarby interpreteer Bileam dit self, deur daaraan by te voeg: “Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?”
Dit beteken dat al wat Bileam sê, is dat God se woorde en sy dade ooreenstem, Hy doen wat Hy sê.
Dieselfde geld die gedeelte in , waar Samuel die oordeel oor Saul se koningskap uitspreek en dit verbind aan God wat nie van gedagte verander nie, maar doen wat Hy sê. In sê Samuel immers dat God se plan eintlik was om Saul se koningskap vir altyd te bevestig het, maar omdat Saul nie gehoorsaam was nie, het Hy sy plan verander. Die frase “nie van gedagte verander nie” bedoel dus eintlik net, dat God doen wat Hy sê.
Daarteenoor, moet ons ook sê, soos Jeremia die gesagvolle profeet van die Here, God reageer ook op hoe mense na Hom luister of nie, en verander sy optrede in reaksie daarop.
DUS: Albei stellings is tegelykertyd waar: God verander nie sy gedagte nie, en tog doen Hy dit!
29. – Losbandigheid en bloedskande bedreig familiewees
Die verhaal van Sodom en Gomorra begin reeds in hoofstuk 14 waar hulle rebelleer teen die vyf Mesopotamiese konings. Sodom en Gomorra word egter verslaan in die geveg en hulle mense spat in verskillende rigtings. Die konings van Sodom en Gomorra is verneder toe hulle in die Siddimvlakte in die asfaltgate geval het. Abram het egter in die proses om sy broerskind Lot te red die Mesopamiese konings verslaan en die twee stede van uitwissing gered.
Dit is egter duidelik dat Abram niks met Sodom en Gomorra te doene wou hê nie, en het enige vergoeding van die koning van Sodom geweier. Abram wou: “nie eers ʼn garingdraad of ʼn skoenveter”, van die koning van Sodom aanvaar nie, sodat hy nie kon sê: “Ek het vir Abram ryk gemaak” nie ().
Dit is nou amper ʼn kwarteeu later en die Here het so pas met Abram ʼn indringende gesprek gehad oor die sonde van Sodom en Gomorra: “Die geroep teen Sodom en Gomorra is hard. Hulle sonde is baie groot!” (). Terwyl die Here met Abram in gesprek was oor Abram se versoek dat die regverdiges nie saam met die goddeloses vernietig moet word nie, het die twee engele in die gedaante van twee mans na Sodom weggedraai en teen die aand vir Lot in die poort van Sodom aangetref (; ).
Lot ontvang hulle met groot gasvryheid ten spyte van hulle aanvanklike teëstribbeling en sit vir hulle ʼn maaltyd van ongesuurde brood voor, amper iets soos die Pasga maaltyd wat nog in die toekoms sou lê met die laaste nag voor die Uittog van Israel uit Egipte.
Al die mans van Sodom: “oral uit die stad uit, die mans van Sodom, oud en jonk, die hele klomp”, het egter Lot se huis omsingel om Lot se gaste te verkrag (). Dit dui onteenseglik op ʼn wydverspreide sedeloosheid in Sodom wat veral in selfdegeslag seksuele vergrype na vore gekom het. Daar was regtig nie een regverdige in Sodom en Gomorra nie. Almal het sedeloos en goddeloos gelewe. Hoe verskriklik!
Lot se poging om die mans te beskerm – onder andere met die gruwelike aanbod dat hulle liewer sy dogters moet verkrag, want ʼn selfdegeslag verkragting was vir hom ʼn nog erger daad – lewer egter niks op nie, en die engele moet hom beskerm deur die mans van Sodom met blindheid te slaan, soos Elisa ook later in ʼn gevaarlike situasie sou doen (2 Kon. 6:18). Dat die mans van Sodom die aanbod van seks met Lot se dogters van die hand wys, versterk die idee dat hier onteenseglik ʼn sterk selfdegeslag dimensie in die poging tot verkragting aan die werk is.
Die engele kondig dan aan dat Sodom verdelg sal word weens hulle sonde en gryp Lot, sy vrou en sy twee dogters en sleep hulle weg toe hulle nie gou genoeg reageer nie, omdat die Here Hom oor Lot-hulle wou ontferm in antwoord op Abram se gebed die vorige dag. Lot se aanstaande skoonseuns dink egter Lot maak ʼn grap en kom saam met die res van die mense van Sodom om in die swael en vuur wat die Here uit die hemel uit op Sodom en Gomorra en die hele vlakte laat reën het. Alles is vernietig.
Lot se vrou het dit ook nie gemaak nie, omdat sy die bevel om nie om te kyk nie, verontagsaam het. Die suigkrag van die sedelose lewe van Sodom was te veel.
Abram het uit die verte die verwoesting gesien wat vandag met die gebied om die Dooie See geassosieer word. Dit het gelyk asof die hele wêreld soos ʼn steenoond rook.
Die verhaal sluit af met die verdere ongemaklike verhaal dat Lot se twee dogters hulle pa dronk maak – ʼn mens kan nie anders as om die verhaal van Noag en Gam in herinnering te roep nie () – en hom verkrag. Waar Lot vroeër sy dogters se maagdelikheid wou opoffer om die engele te beskerm, offer die dogters nou self hulle maagdelikheid op deur hulle pa te verkrag.
Twee nasies het uit hierdie ongeoorloofde seks ontstaan, die Moabiete en Ammoniete, nasies wat op verskillende maniere ʼn doring in die vlees van Israel sou wees, en uit die gemeenskap van Israel geweer is weens hulle bloedskandelike oorsprong (; ).
Dit is gelukkig nie die laaste woord oor Moab en Ammon nie. Die Here het hulle met die Intog van Israel in Kanaän beskerm op grond van hulle verbintenis met Lot (, ). Die Here begenadig ook later vir Rut, ʼn Moabiet, deur haar in die nageslag van Juda in te trek met die resultaat dat sy ʼn stammoeder van die Messias sou word. Ook Jeremia het geprofeteer dat die lot van die Moabiete () en Ammoniete () verander sal word in die nuwe bedeling wat God in die toekoms sal bring, soos dit inderdaad in die NT met die koms van die Messias, Jesus, gebeur het.
Verkragting word ten sterkste afgekeur
Dit is duidelik uit die verhaal dat verkragting veroordeel word. Of dit nou tussen mans van die dieselfde geslag gebeur (selfs die poging word afgekeur) en of dit nou tussen vroue en mans gebeur, soos dit met die twee dogters die geval was wat hulle pa verkrag het, dit bly altyd verkeerd. Vandaar die wette wat in Levitikus gemaak sou word wat beide geslagsgemeenskap tussen mans of tussen lede van dieselfde gesin (behalwe uiteraard tussen die pa en ma) sou afkeur ().
Die enigste plek waar seksuele gemeenskap regtig tot sy reg kom, is in die veilige ruimte van die monogame huwelik tussen een man en een vrou soos God dit reg aan die begin gewil het in die paradysverhaal ().
Dit is aan die een kant duidelik dat daar in die verhaal van nie per sesprake is van homoseksualiteit as sodanig nie – dit is immers ʼn moderne gender begrip – hoewel dit onteenseglik ʼn poging tot selfdegeslag verkragting was. Die voorkeur vir die selfdegeslag seks met die twee mans eerder as met die twee dogters van Lot laat ʼn mens aan die ander kant egter ook deeglik besef dat daar ʼn selfdegeslag aangetrokkenheid teenwoordig was by dié mans van Sodom. Dit kan dus ook nie ontken word nie.
Dié poging tot verkragting is egter net één van die redes vir die stede van Sodom en Gomorra se verwoesting, al het die woord “sodomie” natuurlik ook die beskrywende woord vir selfdegeslag annale seks geword, en word selfdegeslag seksuele gedrag regdeur die res van die Bybel en in die kerkgeskiedenis en belydenisskrifte baie negatief bejeën.
Die broer van Jesus, Judas, skryf onder andere baie negatief oor dié poging van die Sodomiete tot selfdegeslag verkragting in sy brief om gelowiges teen dwaalleraars te waarsku, en vergelyk dit ook met die verhaal van Noag waar die hemelswesens op soortgelyke wyse hulle grense oorskry het deur met aardse vroue gemeenskap te hê. Daar is ʼn seksuele grens tussen mans en mans en tussen hemelwesens en (vrou)mense. Dit mag nie oorskry word nie.
Die rede vir die stad se verwoesting lê egter ook in verskeie ander booshede soos die res van die Bybel dit verwoord.
•Jesaja wyt dit aan die stad se sosiale onreg (Jes. 1:10-17).
•Esegiël wyt dit aan hulle hoogmoed en sorgelose materialisme waarin hulle geen deernis met armes gehad het nie (Eseg. 16:49-50).
•Jesus wyt dit aan hulle ongasvryheid ().
•Judas, soos reeds gesê, wyt dit aan die mans van Sodom se begeerte om omgang te hê met hemelse wesens, wat waarskynlik steeds ook weens die selfdegeslag seksuele gedrag daarvan afgewys word. Hy noem dit “vreemde vlees” (vers 6).
•Petrus verwys weer in die algemeen na die sonde van Sodom as: “die losbandige lewenswyse van sedelose mense” ().
Hoe dit ook al sy, die selfdegeslag aard van hierdie geslagsgemeenskap word regdeur die tradisies hieroor by Philo en Josephus en die latere interpretasies van deur die kerkvaders, afgekeur. Dat dus negatief is oor die selfdegeslag aard van die seksuele gedrag staan vas, selfs al was daar ook ander oorwegings vir die oordeel oor Sodom en Gomorra.
Boodskap
Ek wil aan twee aspekte van dié verhaal aandag gee, omdat dit só ʼn belangrike boodskap vir ons tyd is. Die een boodskap het met familiewees te make. Die ander boodskap het met losbandigheid te make.
OOR FAMILIEWEES: Lot se ervaringe in die sondige stede Sodom en Gomorra waar hy aan ontvoering, goddeloosheid en geweld blootgestel word en op die koop toe selfs ná sy ontvlugting van die vernietiging van Sodom en Gomorra verkrag word deur sy eie twee dogters, ruk ʼn mens tot diep in jou binneste. Dit is asof ʼn mens nie kan glo dat mense só laag kan daal nie. ʼn Mens wonder waarom Lot nie self ʼn keuse gemaak het om die goddeloosheid te ontsnap ter wille van sy familie nie? Kon hy nie insien dat hy sy mense aan die verderf blootstel nie?
Dit is daarom ’n verhaal wat jou diep laat nadink oor familiewees en die effek wat die plek waar jy woon op die onderlinge verhoudinge in jou eie familie het. Waar goddeloosheid in die samelewing gedy, het dit onvermydelik ʼn groot effek op jou eie mense. ʼn Mens kan altyd kies om uit te trek en ʼn lewe op ʼn ander plek te soek waar die uitdagings en versoekings van ʼn losbandige samelewing nie jou familiewees in sy wese bedreig nie.
Lot se dogters moet uiteraard verantwoordelikheid dra vir hulle eie keuses. Hulle kon bv. gewag het om by hulle oom Abram geholpe te kom met mans, soos Abram dit met sy soeke na ʼn vrou vir sy seun Isak sou doen, en Isak se seun Jakob later self sou doen. Abram het ʼn vrou vir Isak by sy familie in Mesopotamië gaan soek, en Jakob het vir homself ʼn vrou in Haran by sy familie bekom, maar moes ongelukkig uiteindelik tevrede wees met twee wat die gevaar van poligamie verder ingedra het in die geloofsgemeenskap. Ai!
Die blootstelling aan ʼn losbandige en sedelose omgewing het egter sy tol geëis op Lot en sy kinders.
Die genade in die verdere verloop van hulle verhaal is dat die Here tog wel vir Moab en Ammon, die nasies wat uit dié twee dogters gebore is, met die Intog van Israel in Kanaän beskerm op grond van hulle verbintenis met Lot (, ). Die Here begenadig ook vir Rut, ʼn Moabiet, deur haar in die nageslag van Juda in te trek met die resultaat dat sy ʼn stammoeder van die Messias sou word. Die genade word geëggo in Jeremia se belofte dat die lot van die Moabiete () en Ammoniete () verander sal word in die nuwe bedeling wat God in die toekoms sal bring, soos dit inderdaad in die NT met die koms van die Messias, Jesus, gebeur het.
OOR LOSBANDIGHEID: Jesus gebruik die verhaal van Lot en ook spesifiek Lot se vrou in Lukas 17 om die geloofsgemeenskap te waarsku om te alle tye die koninkryk eerste te stel en waaksaam te bly in die verwagting van die Here Jesus se wederkoms wat gepaard sal gaan met groot ontwrigting en verdrukking te midde van ʼn losbandige wêreld wat dink dat wat hulle doen heeltemal normaal is.
ʼn Mens moenie probeer om jou lewe te red in hierdie wêreld deur aanpassings te maak vir die sedelike peil van jou omgewing nie. Soms word van jou gevra om nie langer in dieselfde juk te trek saam met dié wat die Here in hulle sedelike lewe verloën nie. Dit kan beteken dat dit vir jou kan voel asof jy jou lewe agterlaat, maar eintlik is dit tot die behoud van jou lewe, sê Jesus.
Maar, dan moet jy nie terugkyk en terugverlang – soos Lot se vrou teruggekyk het na wat sy agter gelaat het – want jy loop die gevaar om jou toekoms in God se koninkryk te verloor. Ons mag nooit te gemaklik raak met die losbandigheid van die wêreld – wat dink dat dit normaal is – dat jy die losbandigheid later nie eers meer raaksien nie ().
Petrus sluit nog meer eksplisiet aan by hierdie verhaal van Lot as ʼn oproep aan gelowiges om versigtig te wees vir mense wat die Here Jesus verloën (). Hy waarsku die gelowiges dat vals leraars, soos die valse profete van vroeër, vernietigende ketterye sal insmokkel in hulle geloofsgemeenskap wat in die eerste plek hulle kan verlei om van die Here Jesus self afvallig te raak deur Hom te verloën.
Maar dit is nie al nie. Petrus gebruik die goddelose tyd van Noag en later van Lot – soos Jesus dit in Lukas 17 gedoen het – met die verwoesting van Sodom en Gomorra as voorbeelde van die gevare wat die verloëning van God inhou soos dit in seksuele grensoorskryding (hemelwesens wat met vroue seksueel verkeer het) en seksuele geweld (Sodom en Gomorra waar alle mans selfdegeslag verkragting wou pleeg) na vore kom, soos dit in die “onsedelike leefwyse van beginsellose mense” manifesteer.
Daar is net een plek vir seksuele gemeenskap en dit is in die monogame huwelik tussen een man en een vrou. Geen ander seksuele verbintenis dra God se goedkeuring weg nie. Só was dit in die hele OT. Só was dit in die NT. Telkens wanneer seksuele vergrype die geloofsgemeenskap bedreig het, het die openbaring van God op die keuse gedui vir die voorrang van die monogame huwelik.
Só hoor ons dit in die wet waar die keuse teen owerspel, prostitusie, bloedskande, egskeiding, bestialiteit en selfdegeslag seksuele gedrag gemaak word. Só hoor ons dit in die profete en wysheidsliteratuur dat die huwelik beskerm en bevorder moet word. Só hoor ons dit by Jesus en Paulus, Judas en die Hebreërskrywer, trouens regdeur die NT.
Paulus skryf in sy heel eerste brief aan die Tessalonisense dat die gemeente weet hoe God wil hê dat julle moet lewe. Maar hy versoek dringend dat hulle nog meer nougeset hulle daarop moet toelê in terme van die huwelik: “Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid (porneias). Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie. Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys. God het ons nie geroep om onsedelik te lewe nie, maar om heilig te lewe. Wie hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie maar net ’n mens nie, hy verwerp God wat ook sy Heilige Gees aan julle gegee het.”
Paulus wys hoe ander verhoudinge moet lyk deur daaraan toe te voeg hoe die res van die geloofsgemeenskap met mekaar moet lewe: “Oor broederliefde hoef ons nie aan julle te skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê. En dit doen julle dan ook teenoor al die broers in die hele Masedonië. Ons versoek julle egter dringend, broers: Lê julle nog meer daarop toe. Laat dit vir julle ’n saak van eer wees om rustig te lewe, julle met julle eie sake besig te hou en self in julle lewensonderhoud te voorsien, soos ons dit aan julle voorgehou het. Dan sal julle eerbare leefwyse die agting van die mense buite die gemeente afdwing, en julle sal van niemand afhanklik wees nie.” (1 Tess. 4:1-12).
Terug by die belangrike boodskap van Petrus aan die gelowiges, d.w.s. ook aan ons. Die diepste boodskap wat Petrus in sy brief aan ons gee, is dat die Here Jesus self vir ons intree, soos ʼn Abraham van ouds, en ons uit die noute, ook die noute van seksuele versoeking, wil red: “dan weet die Here tog baie goed om daardie mense wat ʼn toegewyde lewe lei, uit versoeking te red.” Dit is iets om op staat te maak, wat jou moet aanmoedig om weerstand te bied teen versoekings, soms deur ook letterlik “onder hulle uit te gaan.”
Ons moet onthou dat die Here nie net genadig is, maar ook in staat is: “om die onregverdiges tot op die dag van oordeel gevange te hou sodat hulle gestraf kan word.” Sy oordeel is allerverskrikliks. Jesus is nie net Verlosser nie , maar ook Here. Hy verlos en Hy veroordeel. Hy seën en Hy straf. Daarmee moet ʼn mens rekening hou.
30 – Abraham tree as profeet op ten spyte van sy onbehoorlike gedrag
Hierdie verhaal vertoon groot ooreenkomste met Abram se verblyf in Egipte toe daar ʼn hongersnood was in Kanaän (). Hierdie keer trek Abraham na die grens tussen Kanaän en Egipte en gaan bly daar tussen Kades en Sur in Gerar op die suid-oostelike grens van Kanaän.
Soos die vorige keer in Egipte gee Abraham voor dat Sara sy suster is. Hierdie keer gee hy vir ons meer detail. Sy is inderdaad sy halfsuster. Hulle het dieselfde pa, Tera, maar ʼn ander ma ().
Die koning van Gerar, Abimelek, laat haar haal om met haar te trou. In twee drome die nag waarsku God hom om nie met ʼn getroude vrou te trou nie. Dit sal hom sy dood kos. Soos Abram by die Here gepleit het vir die regverdiges in Sodom en Gomorra, pleit Abimelek vir sy onskuldige nasie, want hy het dit onskuldig en sonder slegte bedoelings gedoen.
Interessant genoeg kom ʼn mens in die tweede droom agter dat die Here agter die skerms gewerk het om te keer dat Abimelek teen God sondig – let wel nie teen Abraham of Sara nie! – en het hom gekeer om aan haar te raak.
Abraham word as ʼn profeet beskryf – die eerste persoon wat so genoem word in die Bybel – wat vir Abimelek sou intree deur gebed, een van die belangrikste take van ʼn profeet. Hulle was mense wat naby aan God gelewe het en daarom as Intersessors en Woordvoerders van God opgetree het. Jy kan hier meer daaroor lees.
Abimelek het na God geluister, maar nie sonder om Abraham te betig vir sy “onbehoorlike gedrag”! ʼn Mens kon verseker meer verwag het van iemand wat naby aan God gelewe het: “Wat het jou besiel om so iets aan te vang?” Voorwaar, sou ʼn mens saamstem.
Abraham se reaksie verskoon hom nie, maar gee ʼn mens insig in die geweldige uitdaging om God te dien in ʼn omgewing wat sedeloos en goddeloos lewe. Abraham moes egter leer om die Here te vertrou, al was daar geen ondersteuning in die samelewing of selfs in sy wyer familiekring nie.
Abraham en Sara word oorlaai met rykdom en word die vryheid van die land aangebied. Let op hoe Abimelek spesifiek vir Sara uitsonder om te wys dat alles in orde is, en sodat niemand sou skinder oor wat moontlik tussen hulle kon gebeur het nie.
Abraham se gebed herstel die situasie vir Abimelek en sy mense sodat die normale verwagting van vrugbaarheid herstel, ironies, want die volgende hoofstuk vertel vir ons dat Sara uiteindelik die seun van die belofte ontvang het. Dit is selfs moontlik dat sy al swanger was met dié episode in Gerar. Wie weet!
Boodskap
1. Dit tref my hoe God oor sonde dink. Wat moontlik tussen Abimelek en Sara kon gebeur het – en onthou Dawid het doelbewus dié grens oorgesteek met Batseba – sou nie net op ʼn horisontale vlak vir hulle probleme geskep het nie, maar in hulle vertikale verhouding met God. Dawid erken dit in sy roerende boetepsalm as hy sê: “Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.” ().
Sonde het altyd met God se wil vir die lewe te make. Waar ons dit oortree, bring ons nie net ons eie verhoudinge met mekaar in gedrang nie, maar nog dieper ons verhouding met God. Dit is waarom sonde ook nie deur ʼn verskoning uit die weg geruim kan word tussen mense nie. Dit behels altyd vergifnis van God se kant af, soos die gebed van Abraham inderdaad bewerk, selfs al was Abraham in die eerste plek eintlik verantwoordelik vir die gevaarsituasie vir Abimelek en Sara.
2. Dit tref my ook hoe God in die midde van dié potensiële dilemma optree. Mense kon miskien dink dat Sara by Abimelek swanger geraak het, wat God se hele idee van die kind van die belofte in die gedrang sou gebring het. Die Here sorg dat dit vir almal duidelik is dat Hy aan die werk is, beide in die feit dat Abimelek nie die troue voltrek nie, sowel as in die publieke bewussyn van wat hier aan die gang was. God werk in ons gedagtes en gedrag op subtiele en tog helder maniere.
Dit versterk my vertroue op God dat Hy op soortgelyke maniere in my lewe sal optree. Dat Hy my kan bewaar van die onnosel dinge wat ek onwetend kan doen. Dat Hy my sal lei in gedagtes en gedrag om in gehoorsaamheid aan Hom te volhard. Dat Hy my in die gelyk sal stel as ek oop en eerlik lewe.
3. Dit tref my ook watter rol van profete verwag word: Intersessors en Woordvoerders. Ek weet nie almal is profete soos wat Abraham was, en soos wat ons in die lewe van Moses, Samuel, Elia, Elisa en die ander groter en kleiner profete van die OT kon sien nie. Maar gelowiges het almal ʼn rol in ander se lewe in terme van voorbidding en getuienis. Dit is ʼn profetiese rol. Wanneer jy naby aan die Here lewe, is dit eintlik onmoontlik om nie voorbidding te doen en vanuit jou verhouding jou oortuigings met ander te deel nie. Moet dus nie jou verhouding met God verwaarloos nie, en kom jou verantwoordelikheid na om te bid en te getuig.
31. – Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het
bring die kwarteeu van konflik rondom die belofte van ʼn nageslag tot ʼn vreugdevolle einde. Isak word vir Abraham en Sara gebore – . Die vervulling bederf egter ook die verhouding met Hagar en Ismael wat tot ʼn tragiese skeiding van die weë lei – . Dit alles gebeur steeds teen die agtergrond van die konflik wat Abraham regdeur sy lewe met die mense van Kanaän sou hê, hoewel hy dit hier probeer besweer met ʼn ooreenkoms met Abimelek rondom die diefstal van ʼn waterput by Berseba – .
Isak word vir Abram en Sara gebore – 21:1-7
“Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het.” Watter wonderlike woord! God kom sy belofte aan haar na, en begin daarmee met die vervulling van sy belofte aan Abraham dat hy ʼn groot nasie sal word, trouens dat daar talle nasies uit hom sal voortspruit.
Sara weet nie of sy moet lag vir haarself – soos ander na ander na haar sal kyk nie – of moet lag van blydskap dat die onmoontlike moontlik geword het: “Wie sou vir Abraham kon sê dat Sara seuns aan haar bors sal voed? Ek het in sy ouderdom ʼn seun in die wêreld gebring.”
God sien vir Hagar en Ismael raak en seën en beskerm hulle – 21:8-21
Die vreugde is egter van korte duur, want Isak se geboorte bring konflik tussen Sara en Hagar. Soos Hagar vroeër vir Sara geminag het () spotlag/terg – soos die Hebreeuse woord meṣǎ·ḥēq eerder vertaal moet word – Ismael vir Isak by die fees van sy spening, op ongeveer driejarige ouderdom (). Sara kon dit net nie verdra nie en tree onmiddellik en skerp op.
Haar woorde is aan die een kant onverbiddelik tragies, maar aan die ander kant ook profeties: “Jaag hierdie slavin en haar seun weg. Die seun van die slavin mag nie saam met my seun Isak erf nie.” Ek sê dit omdat dit tragies is op ʼn menslike vlak, maar profeties is in die weerklank wat dit in Paulus se teologie vind waar hy hieroor teologiseer in sy brief aan die Galasiërs. Ek het daaroor vroeër die volgende kwyt geraak:
“Paulus gebruik (moontlik gebaseer op ’n soortgelyke allegorie van die Jode) Hagar en Sara as figuurlike simbole van twee verbonde wat teenoor mekaar staan:
•Hagar, die slavin, staan vir die verbond van die wet; Sara, die vrygeborene, staan vir die verbond van die belofte.
•Hagar het ’n kind gehad volgens hulle eie besluit. Sara het ’n kind gehad volgens God se belofte.
•Hagar staan (volgens Paulus se allegoriese verstaan) vir Sinaiberg wat ’n beeld is van die huidige Jerusalem (as geestelike sentrum); Sara, by implikasie, staan vir die hemelse Jerusalem.
Gelowiges is volgens dié beeld kinders van Sara, kinders van die belofte, kinders wat vrygeborenes is, en wat hulle nie weer onder ’n slawejuk moet begeef nie. Anders sou hulle slawekinders van Hagar wees.” Jy kan meer daaroor lees in my vroeëre skrywes in Galasiërs 3:1-4:20 – Dié wat glo, is kinders van Abraham en Galasiërs 4:21-5:12 – geloof wat deur dade tot liefde oorgaan.
Dit is waarskynlik dan ook hoe ons die verhaal moet lees en waarom selfs die Here vir Abraham aanmoedig om na Sara te luister. God se verbond is met die geloofsgemeenskap wat uit Isak sou kom, en nie met die nageslag van Ismael nie, hoewel die Messias wat uit die nageslag van Isak gebore sou word, ook die Verlosser van die nageslag van Ismael, trouens van al die nasies van die wêreld sou word.
Dat die Here Hagar en Ismael nie aan hulle lot oorlaat nie is egter ook duidelik uit die verhaal. Soos God aan Sara gedink het, hoor God die kind juis en troos hulle nie net met water nie, maar met die belofte van ʼn eie identiteit as nasie.
Dat Hagar Ismael laat trou met ʼn vrou uit Egipte gee ʼn mens die idee dat sy haar weer met haar eie mense assosieer wat die kort maar konflikterende kontak met die geloofsgemeenskap binne die verbond waarskynlik mettertyd sou uitdoof. ʼn Mens sou dit so anders wou hê, dat Abraham ook ʼn seën vir hulle op dié stadium sou wees. Maar die realiteit was anders.
Abraham sluit ʼn ooreenkoms met Abimelek oor ʼn waterput – 21:22-34
Ná die onverkwiklike gebeure rondom Hagar en Ismael, tref dit jou net weer hoe alles in die verhaal van Abram steeds teen die agtergrond van konflik met die mense van Kanaän gebeur. Dit sou Abraham regdeur sy lewe beleef, hoewel hy dit hier probeer besweer met ʼn ooreenkoms met Abimelek rondom die diefstal van ʼn waterput by Berseba.
Die positiewe van die verhaal is dat Abraham steeds tot ʼn seën vir die nasies bly, al kon hy dit nie regkry met sy eie seun Ismael nie. Dit wil ook lyk asof Abimelek nie net in ontsag bly lewe het vir die Here wat aan hom in twee drome verskyn het nie, maar inderdaad selfs waar sy mense oortree in diefstal, dinge regmaak. Waar Hagar en Ismael negatief teenoor beide Sara ( – Hagar het Sara geminag) en Isak ( – Ismael het Isak gespot) opgetree het, tree Abimelek met baie respek teenoor beide Abraham en sy God op.
Boodskap
Ek wil vandag meer aandag gee aan twee betekenisse wat hierdie gedeelte in terme van die Bybelse boodskap self het. Jy kan in jou oorweging hiervan gevolgtrekkings vir jou eie lewe trek in terme van jou eie ervaring van “vreemdelingskap” en “aanbidding” van die Here wat bó alles moet wees.
1. Abraham sou altyd ʼn vreemdeling bly in die land wat die Here aan hom belowe het, totdat sy nageslag dit onder Josua in besit sou neem. Die enigste fisiese aanspraak wat hy op die land in sy lewe sou hê, sou:
•hierdie waterput wees,
•die stuk grond van Efron in Makpela wat Abraham gekoop het, waarop die grot was waarin Sara uiteindelik begrawe is en wat oos van Mamre geleë was, sowel as
•die boom wat hy self geplant het (ʼn tamarisk by Berseba in die suide – ), en
•die vier altare wat hy opgerig het regdeur die land:◦by Sigem se aanbiddingsplekby die groot waarsêerboom – ;
◦ tussen Bet-El en Ai waar hy verskeie kere die Naam van die Here aangeroep het – ; ;
◦ by Mamre by Hebron, die plek wat later aan Kaleb sou behoort (), en waar Dawid sou bly met die eerste sewe jaar van sy koningskap oor Juda en hy uiteindelik gesalf is oor die hele Israel (; ) – ;
◦ op die berg in die landstreek Moria – .
2. Die betekenis van dié altare waar hy die Here aangeroep het, is uiters belangrik vir die ontvouing van die geskiedenis van die volk van God. Daarmee word nie net ʼn band met die aanbiddende nageslag van Set, seun van Adam, en Set se seun Enos gesluit nie: “In daardie tyd het die mense begin om die Naam van die Here aan te roep” (). Maar, op ʼn manier het Abraham se aanbidding van die Here op dié plekke die vervulling van God se belofte dat dié land aan Abraham se nageslag sou behoort, voorafgegaan:
•Die slawerny in Egipte sou begin met Josef se besoek aan sy broers in die landstreek van Sigem – waar Abraham ʼn altaar gebou het – en uiteindelike ontvoering vanaf nabygeleë Dotan ().
•Die Intog uit Egipte sou plaasvind vanaf Gilgal () uit die noord-ooste naby Bet-El en Ai – waar Abraham ʼn altaar gebou het.
•Dawid sou koning word in Hebron, suid van Jerusalem – waar Abraham ʼn altaar gebou het – en
•die tempel van Salomo sou op die berg Moria in Jerusalem gebou word – waar Abraham ʼn altaar gebou het: “Salomo het begin bou aan die huis van die Here in Jerusalem. Dit was op Moriabergwaar die Here aan Dawid, sy pa, verskyn het, op die plek wat Dawid laat regmaak het, waar die dorsvloer van Arauna die Jebusiet was.” (2 Kron. 3:1).
TOEPASSING: Daar is dus besondere uitkomste regdeur die Bybel gekoppel aan ons omhelsing van nie net ons vreemdelingskap nie, maar ook om die Here bó alles te aanbid en vir Hom te leef. So kom ons dit in die lewe van Abraham agter. So sal ons dit ook in ons eie lewe agterkom. Die gevolge van jou gehoorsaamheid ten spyte van jou vreemdelingskap sal ʼn impak hê tot in die verre toekoms.
Lees maar net Hebreërs 11:8-19 se refleksie oor Abraham om ʼn idee te kry van hoe fundamenteel die impak van ons getrouheid is. Daarom moet ons Petrus se raad volg, wat sê:
“Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net ’n mens se lewe. Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening.” ().
32. – Nou weet ek dat jy My dien
Daar is min verhale in die Bybel wat ʼn mens tegelykertyd só diep roer op ʼn menslike vlak en só fundamenteel uitdaag op teologiese vlak. Abram word beproef op ʼn manier wat nie net elke ouerhart sal laat saamtrek nie, maar ʼn venster word na die misterie van God self wat ons ʼn vooruitskou gee na wat op dieselfde plek met sy eie Seun aan die kruis op Golgota net oorkant dié berg sou gebeur.
Ek gaan in respek vir die boodskap van die verhaal ʼn preek plaas wat ek onlangs in die gemeente Somerstrand gelewer het wat die implikasies van dié verhaal uitspel in terme van die tipe geloof en gehoorsaamheid wat van elkeen van ons gevra word.
“Hier is ek!”
Die sweet begin pêrel teen die ou man se slape. Die berg is steil. Hy gaan staan om asem te skep. Sy oë dwaal terug. Sy mense is net ʼn veraf spikkeltjie in die dynserige hitte van die vlakte. Hy weet hulle sal vir hom wag. Hy sluk swaar. Wat sê hy vir hulle as hy leë hande terugkeer?
Hy draai om. Daar is nie meer tyd vir draal nie. Die tyd het gekom. Hulle moet die berg uit. Hy trek sy gordel reg waaraan die mes hang. Hy versit die potjie met kole na sy ander hand. Dan kyk hy links. Sy seun het darem regtig sterk geraak. Hy dra die hout met gemak. Sy treë is lank. Die man weet hy sal homself al hoe meer moet inspan om by te hou. Sy hart swel van trots.
Dan bars die bewussyn weer helder deur in sy gedagte. Dit is vir dié seun van hom, dié een wat hy liefhet, wat hulle hier is. Hoe kan dit wees? Hoe kan God dit van hom vra? Hoe kan hierdie geskenk, hierdie voorsiening vir sy toekoms, net so weggeneem word van hom? Sommer so. Sonder rede. Sonder verduideliking.
Terwyl sy voete hulle pad begin vind tussen die klippers deur, gaan sy gedagte terug na vier dae gelede.
Die aand was koud. So asof die aandluggie geweet het wat kom. “Abraham!” het God gesê. “Hier is ek!” het hy geantwoord. “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys.”
Sy wêreld het vir ʼn oomblik gaan stilstaan. Dit was asof sy verlede en sy toekoms in een verstikkende oomblik tot stilstand gekom het. Asof niks van voorheen meer enigiets getel het nie. En sy hele toekoms in die weegskaal gekom het. Net die ontsettende bewussyn van die belang van die hede. Die wete dat hierdie oomblik lotsbepalend is.
Miskien moes hy God ingevra het, soos die keer met Sodom en Gomorra, verwyt hy homself. Dit woel weer in sy hart. Miskien moes ek weer gevra het: “Sal U die regverdiges saam met die goddeloses vernietig?” Want, onthou hy, die Here het nie kwaad geword nie. God was geduldig met hom. Elke keer het die Here hom geantwoord. Sy voorstelle eerbiedig. Selfs vir Lot gered, soos hy later gehoor het, al was daar toe nie eens tien regverdiges in die stad nie, soos hy in sy vrymoedigheid gevra het.
Maar, onthou hy, hy het onmiddellik geweet dat hierdie eis van God onverbiddelik was. Dat hy nie met dié God kan redeneer nie. Dat daar vir hom net die pad van gehoorsaamheid voorgelê het. Sommer so. Sonder rede. Sonder verduideliking.
En Sara? Hy kon haar nie in die oë kyk nie. Nie na sy saam met hom só lank vir Isak gewag het nie. Dié dat hy vroeg die volgende oggend weg is sonder om met haar te praat. Sommer so. Sonder rede. Sonder verduideliking.
Deur die wasigheid, voel dit vir hom, kom Isak se vraag: “Pa? “Ja, my seun?” antwoord hy. “Hier is vuur en hout, maar waar is die lam om te offer?”
Abraham kry dit reg om die bewing uit sy stem te hou: “My seun, God sal sy eie offerlam voorsien.” En dis asof sy woorde ander ore vind. Asof dit eggo van die berg af in ʼn ander werklikheid in.
Hy buk om die eerste klip op te tel. Sy seun se vraende oë volg hom. Met die twaalfde een is die altaar klaar. Groot is sy verbasing toe Isak toelaat dat hy hom op die altaar vasbind. Net sy oë wyk nie van sy pa s’n nie.
Abraham steek sy hand uit na die mes … en meteens vul die stem van God die lug hier om hom. Roep die Engel van die Here uit die hemel: “Abraham, Abraham!” Soos vier dae terug antwoord Abraham: “Hier is ek!”
En voordat die stem kom, weet Abraham al, die Here het voorsien: “Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.”
Toe Abraham weer kyk, sien hy agter hom ʼn skaapram wat aan sy horings in ʼn bos vasgevang is. Hy het die ram gaan vat en hom in die plek van sy seun as brandoffer geoffer.
En hy het geweet wat hy sy twee slawe, en later vir Sara, moes antwoord op sy terugreis; “Die Here voorsien. Op die berg van die Here word voorsien.”
Dit is ʼn ontstellende en netelige verhaal
Dit is ʼn ontstellende verhaal dié, die verhaal van Abraham en Isak op die berg Moria in , soos ek dit met digterlike vryheid vertel het. Dit is een van die netelige tekste in die Bybel. Dit is een van daardie tekste wat jou voorveronderstellings van God uitdaag. Wat jou laat wonder oor God. Wat jou laat wonder oor Abraham. Wat jou selfs laat wonder oor Isak. Dit is ʼn gedeelte wat jy eintlik anders wil uitlê, sodat dit aanvaarbaar kan raak vir ʼn moderne lewensgevoel.
Vir kritiese geleerdes is dié gedeelte daarom in ernstige konflik met die moderne begrip van die wêreld en die mens. Waar is die naasteliefde in dié verhaal? En die versoeking is dan om die teks te herinterpreteer dat ʼn mens die konflik met die moderne lewensgevoel kan verwyder, selfs met ʼn beroep op die Bybel en die liefdesgebod. Alles om die ontstellende en netelige kante van die teks en van wat dit oor God en menswees sê, aanvaarbaar te maak vir hoe ons vandag oor die lewe dink.
Maar, dan sal ons die drie uiters belangrike boodskappe van hierdie teks mis. ʼn Teks wat geëggo word in die boodskap van Jesus aan die skare mense wat Hom gevolg het. ʼn Boodskap wat juis óns voorveronderstellings wil uitdaag. Wat ons pogings om die Skrif mak te maak, ontbloot. Wat ons moderne lewensgevoel in lyn wil bring met wie God regtig is, eerder as om die teks anders uit te lê.
1. Geloof is vir Abraham ʼn ernstige saak
Hierdie verhaal konfronteer ons met die erns van geloof. Die verhaal wys ons hoe ernstig geloof is. Vir Abraham. Hierdie toetsing van sy geloof was ’n saak van lewe en dood vir hom.
Nie maar net sy fisieke lewe en dood nie. Nee, die voortbestaan van sy geloof in God.
Abraham word gekonfronteer met hoe ver hy dit met God sal waag in geloof. Sal hy in God glo al word die mat volledig onder sy voete uitgeruk? Al verdwyn al die sekerhede en selfs die beloftes van God? Al maak niks meer sin nie? Al word van hom goed gevra wat teen alle menslike wysheid indruis?
Soos Derek Kidner sê: “Abraham’s trust was to be weighed in the balance against common sense, human affection, and lifelong ambition; in fact against everything earthly.”
Vir Abraham was sy geloof in God dus op die spel, en alles wat tot dusver in die geloof met hom gebeur het, selfs al het die opdrag van die Here vir hom geen sin gemaak nie. Trouens, al het dit teen die karakter van God ingegaan, altans soos hy gedink het dat God is, want daar was nog min van God se wil vir die mens op skrif gestel vierduisend jaar gelede.
Dit is hoe ernstig geloof is. Indien Abraham nie hierdie toets sou slaag nie, sou sy hele geloofslewe tot niks gekom het nie. Van nul en gener waarde gewees het. ʼn Moeisame oefening in futiliteit. Alles verniet. Van begin tot einde. En daarmee sou hy verder moes saamlewe, ʼn lewe van verwyt, ʼn lewe van verlies. Van wat kon gewees het. En wat in die niet verdwyn het.
Abraham het dus iets verstaan van wat Jesus later sou sê in Lukas 14:26-27:
26 “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders, en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. 27 Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie.
Dit is hoe ernstig geloof is. Wat Jesus in die NT vra, het Abraham lank terug al in die OT gedoen. Hy het gedoen wat Jesus hier vra. Hy het afstand gedoen van sy eie kind. Want God het dit van hom gevra.
Dit is die waarheid van hierdie netelige en ontstellende teks in die Bybel.
En hoekom is dit só belangrik?
Want, ons moet die boodskap van die Bybel goed hoor, iets wat in die wet van God as ʼn reël vir alle tye en omstandighede neergelê is. God vra onverdeelde lojaliteit. Hy is ʼn jaloerse God. Hy duld geen konkurrent nie. Hy soek nie mededingers in ons lojaliteit nie. “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ (aangehaal uit ) en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod.” ().
Soos Jesus sê: 26 “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders, en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. 27 Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie. ().
Soos dit die geval was met Abraham, só vra Jesus dit van elkeen van ons. Hy vra ʼn dissipelskap wat bereid is om jou eie kruis te dra, om te sterf vir jou eie belange en God se belange absoluut eerste te stel, selfs al is dit netelig, selfs al is dit ontstellend, selfs al kos dit jou wat ook al. Jesus vra dat daar ʼn afstand kom tussen jou lojaliteit aan God en alle ander dinge in jou lewe.
Ek weet ons probeer sin maak van hierdie teks deur dit te versag met die idee van sirkels van lojaliteit. God in die middel. Dan die res – jou pa en ma, jou vrou en kinders, jou broers en susters – en dan jou eie lewe. Dit klink netjies. Dit klink haalbaar. Dit sit alles mooi in vakkies.
Maar diep binne in jou weet jy dat só ʼn verklaring net ʼn stukkie van die waarheid kan bevat. Ons is net te geneig om balans in ons lewe te probeer bring. Ons gee God wat Hom toekom. So ook vir jou familie. En laaste vir jouself en jou besittings.
Die probleem is net, dan raak die deel wat God kry eintlik al hoe minder en al hoe kleiner. Hy bly in die middel soos ʼn Bullseye op ʼn Dartboard, maar ook net so klein soos ʼn Bullseye. God soek nie die middelpunt van jou lewe nie. Hy soek die hele bord, jou hele lewe.
Hoekom? Want, die idee van sirkels van lojaliteit help jou min as jy iets gevra word wat niemand anders se goedkeuring gaan wegdra nie. Ook nie jou familie se goedkeuring nie. Trouens, wanneer gehoorsaamheid jou diep in die moeilikheid kan bring as jy aan God gehoorsaam is. As jy dit waag om Hom op sy Woord te neem en dit probeer uitvoer. Soos ʼn Abraham.
Dit is waarom Jesus in Lukas 14 sê dat jy baie goed moet gaan sit en dink wat jy doen as jy agter Hom wil aankom. As jy ʼn dissipel wil wees. As jy bekend wil staan as iemand wat die Here Jesus volg.
Jesus sê vir jou:
•Moenie uitgevang word dat jy ʼn huis probeer bou sonder genoeg geld nie. Dit is nie die moeite werd nie.
•Moenie oorlog maak met te min mense nie. Dit is ook nie die moeite werd
Bly dan liewers in jou ou huis. Maak vrede met jou vyande sodat jy nie op jou baadjie kry nie.
En net vir in geval jy gedink het jou besittings is van hierdie uitdaging uitgesluit, sê Jesus: “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.”
Die punt is. Daar is net een persoon in die sirkel van lojaliteit. Dit is God. Hy alleen. Dit is wat Abraham se verhaal ons leer. Dit is hoe ernstig geloof is. Dit is wat die wet van die Here in Eksodus 20:4-5 van ons vra. “Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My.” Dit is wat Jesus van ons vra: “Niemand van julle kan my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.”
Dit is alles of niks. Dit is nie God in die middel met alle ander verantwoordelikhede netjies daaraan ondergeskik gerangskik nie. Dit is God in die sirkel. Of nie.
Dit is hoe ernstig geloof is.
2. Geloof is vir God ʼn ernstige saak
Die ander kant van hierdie boodskap is dat soos geloof vir Abraham ʼn ernstige saak is, só is geloof ook vir God ʼn ernstige saak.
Daar is ʼn Joodse legende oor die rede waarom Abraham in hierdie krisis beland het. Die legende word op die patroon van die verhaal van Job vertel.
Op ’n dag toe Satan ná ’n inspeksietoer van die aarde met God aan die gesels raak, sê Satan dat hy ’n vinnige verrassingsbesoekie aan Abraham gebring het.
“Toevallig was dit juis Isak se verjaardag en yslike feesvierings was aan die gang. Groot vrolikheid, ’n yslike maaltyd, almal was uitgenooi. Maar, vertel Satan, hy het ook slegte nuus vir God. Dis nou nie dat hy wil stories aandra nie, maar sy indruk is dat Abraham besig is om die Here te vergeet. Die hele dag, sê Satan, is daar nie ’n enkele offer vir die Here gebring nie – nie eens ’n ou lammetjie nie. Dis nou net Isak voor en Isak agter; Isak is al wat nog vir Abraham saak maak. Maar, so lui die storie verder, die Here was nie oortuig nie. Hy het vir Satan bly sê dat hy ’n fout maak, dat dit nie kan wees nie, dat dit veral van Abraham nie waar kan wees nie. Abraham het Hom lief, het die Here gesê, so lief dat hy vir Hom enigiets sal gee indien Hy daarvoor sou vra. Kom ons toets dan vir Abraham, het Satan vinnig gereageer. Kom ons kyk of hy bereid is om enigiets te gee wat U vra. Wat van Isak? Vra hom om Isak vir U te gaan offer! Dan sal ons weet; dan sal ons mos kan sien of hy regtig alles, ook sy kind, in u hande sal plaas – hierop volg dan, volgens die legende, die geskiedenis van .” (Coenie Burger).
Nou, dit is net ʼn legende. Maar, dit onderstreep die erns van . Dit help ons verstaan dat Abraham se geloof uiteindelik nie net vir hom ʼn saak van lewe en dood was nie. Abraham se geloof was ook vir God geen speletjie nie. Dit was ’n saak van dodelike erns. Ook vir God.
Daarom is dit van soveel belang om God se stem aan Abraham te hoor: “Nou weet ek dat jy My dien …”
Die hemel het ʼn sug van verligting geslaak toe Abraham in God geglo het ten spyte van die toets wat vir hom gestel is.
3. Geloof is vir jou ʼn ernstige saak
Wat ons bring by vandag en ons eie geloof in God. Geloof is ook vir jou ʼn ernstige saak.
God sal waarskynlik nie van jou vra om jou seun of dogter fisiek te offer nie. Hy kan en sal egter van jou vra dat jy Hom eerste stel in jou lewe. Dat jy in die eerste plek lojaal aan Hom sal wees en bly. Selfs al word jy daarin getoets.
Dit gebeur dikwels in ons persoonlike lewe en in die lewe van die kerk dat daar sulke tye van toetsing kom. Dit is die tye waarin ons lojaliteite en prioriteite opnuut geweeg word.
Die grootste gevaar vir die kerk is dat ons lojaliteite en prioriteite maklik skeef getrek word. Ons begin leef asof ons die beloftes van God besit. Ons begin leef en optree asof ons die beskikkingsreg het oor die gawes van God.
Iemand vertel die verhaal van kinders wat ’n jakkals probeer vang het. Die een seun het die jakkals gejaag tot in sy gat en daar ’n deel van die jakkals beetgekry. Hy het geskreeu: “Ek het hom! Ek het hom!” Kort daarna het sy wysie verander: “Hy het my! Hy het my!”
Net so kan dit maklik gebeur dat die Here se mense mag dink dat hulle nog in beheer van ’n situasie is, terwyl hulle lankal vasgevang is in die spinnerak van nuwe lojaliteite. Prof Bethel Müller skryf in ʼn preekstudie oor die teks:
“Daar is baie dinge wat ons kan opbou in ons land: ons bodem, taal, kultuur, wetenskap, ekonomie. Dis alles belangrik … Maar dan moet ons oppas dat ons nie so besig is net met die opbou van hierdie dinge ter wille van hulleself nie, dat ons ons daarmee so afsloof dat ons te moeg en te lusteloos is vir die eintlike bouwerk aan die tempel van die Here.”
Jy sien, die kerk mag nie dubbelvisie hê nie. Die kerk kan nie twee Here dien nie. Jesus waarsku dat ons altyd die een bo die ander sal stel (). Die kerk se hoogste lojaliteit is altyd om haarself vir die koninkryk van God en vir sy wil te beywer. God sal vir die ander dinge sorg.
Die toets waarvoor ons dikwels gestel word, is of ons bereid is om die Here onvoorwaardelik te volg. Om sy stem in die Skrif nie net te hoor nie, maar ook te doen, selfs as dit netelig is, selfs as dit ontstellend is.
As die Here vandag vir sy kerk vra om sy opdragte in die Skrif bo alle ander opdragte en lojaliteite te stel – bo ons toekoms, kinders, man, vrou, werk, die heersende moraal van die samelewing – wat sal die kerk se pad wees?
Martin Luther King het tereg eenmaal gesê: “The ultimate measure of a man is not where he stands in times of comfort and convenience, but where he stands in times of challenge and controversy.” So word die kerk ook uitgeken. So word jy ook uitgeken.
Ek sluit met die verhaal van Johannes Hus, een van die eerste Hervormers wat op Maarten Luther só ʼn groot impak gehad het, al het hy meer as ʼn honderd jaar vroeër geleef. Johannes Hus se moed van oortuiging het Luther geïnspireer om sy eie pad met die Here voluit en enduit te volg.
Johannes Hus, die Boheemse Hervormer, is 601 jaar gelede, op 6 Julie 1415, finaal gevonnis tot die dood. Sy kettery was dat hy die Skrif se gesag bó dié van die kerk geag het en geleer het dat ’n mens nie iets ander as Christus nodig het vir sondevergiffenis nie. Hy het sterk teen die aflaatstelsel (indulgences) en die verering van heilige objekte (relics) in opstand gekom.
Voor keiser Sigismund het die biskoppe sy siel aan die duiwel toevertrou, waarop Hus geantwoord het: “En ek wy dit toe aan die mees barmhartige Here Jesus Christus.”
Op pad na die brandstapel het Hus verby ’n “bonfire” van sy boeke gestap. Hy het gestop, gelag, en vir die omstanders gesê, moenie al die leuens glo wat oor my vertel word nie.
Toe hy by die brandstapel kom, het hy gekniel en gebid. Vir die laaste keer is hy gevra of hy sy besware teen die kerk terugtrek. Hy het geantwoord: “God is my getuie dat die getuienis teen my vals is. Ek het nooit iets gedink of gepreek wat nie gemik was daarop om mense te red, indien enigsins moontlik, van hulle sondes nie. Ek het die waarheid van die evangelie geskryf, geleer en gepreek; vandag sal ek met vreugde sterf.”
Hulle het sy kleed uitgetrek, sy hande agter sy rug vasgebind, en sy nek met ’n geroeste ketting aan die brandstapel vasgemaak. Hy het daarop kommentaar gelewer met ’n glimlag dat sy Redder met ’n swaarder ketting geboei was. Toe die vuur aangesteek is, het Hus ʼn weergawe van die Jesus-gebed begin sing: “Christus, Seun van die lewende God, wees ons genadig.” en toe: “Christus, Seun van die lewende God, wees my genadig.”
Hy het met ’n gebed begin wat hy nie klaar gemaak het nie, want die wind het die vlamme in sy gesig gewaai.
(Lutzer, Rescuing the Gospel, in die hoofstuk A Morning Star (John Knox) and a Goose and Swan (Hus en Luther).
33. – Sara word begrawe in die Makpelagrot as vervulling van die landsbelofte
Ses en dertig jaar ná Sara aan Isak geboorte gegee het (2066 v.C.), is sy oorlede in Kirjat-Arba (2030 v.C.), dit is Hebron, die stad waar Dawid later koning sou word. Sy het egter nie haar seun Isak se huwelik met Rebekka meegemaak nie. Dit sou wel Abraham se voorreg wees soos ons in hoofstuk 24 lees. Abraham, wat nege jaar ouer was as Sara (, ) sou nog nege en dertig jaar leef en selfs weer trou met Ketura en ses kinders by haar verwek voordat hy in 1991 v.C. oorlede is ().
Abraham onderhandel met die Hetiete oor die stuk grond van Efron sodat hy haar in die Makpelagrot kan begrawe. Ons sien in die onderhandelinge ʼn tipiese Midde-Oosterse transaksie waarin waar Efron die stuk grond eers gratis aanbied en dan half terloops die prys aankondig: “Moenie dat ons stry oor ʼn stukkie grond wat vier en ʼn half kilogram silwer werd is nie”, waarop Abraham dan die vier en ʼn half kilogram silwer vir hom afgeweeg het en die enigste eiendom bekom wat hy ooit in die land Kanaän sou besit, behalwe vir die enkele waterput wat hy gegrawe het, die enkele boom wat hy geplant het, sowel as die vier altare wat hy opgerig het.
Die graf van Sara, waarin Abraham ook later begrawe is (), het egter nie net ʼn simboliese band met die land verteenwoordig nie. Met die kooptransaksie en deur hulle begrafnis in die Makpelagrot het ʼn konkrete band tussen hulle en die land tot stand gekom wat ʼn enorme teologiese impak gehad het in die tradisie waartoe dit aanleiding gegee het. Hierdie land was nou die land wat die Here aan die aartsvaders gegee het: “Dit is U, ons God, wat die vroeëre inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdryf het en die land aan die nageslag van u vriend Abraham as ’n blywende besitting gegee het.” (2 Kron. 20:7). Die graf was een van die getuienisse daarvan.
Die klein en amper onopsigtelike vervulling van die belofte in terme van die Makpelagrot het in die volksbewussyn ʼn definitiewe konkrete verbintenis van God aan sy belofte verteenwoordig. Moses kon in Egipte daarop aanspraak maak om die volk te motiveer om die uitdaging nie net van die Uittog uit Egipte aan te pak nie, maar ook die Intog in die beloofde land, om dit as vervulling van die beslote in besit te neem: “Ek sal julle bring na die land toe wat Ek met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob belowe het. Ek sal dit julle eiendom maak. Ek is die Here.” (Eks. 6:7).
Boodskap
Sara word in Jesaja as die moeder van die volk geëer: “Dink aan Abraham, julle voorvader, aan Sara wat vir julle in die wêreld gebring het.” (Jes. 51:2). Dit op sigself is al ʼn groot genoeg aanleiding daartoe om Sara se nagedagtenis te eer.
Jesaja gebruik haar egter daarby as ʼn voorbeeld van volharding wat die volk moet inspireer om nie op te hou met die begeerte om reg te doen en na die wil van die Here te vra nie. Hy moedig hulle aan om tussen al die sleg uit die verlede, dinge waarvoor hulleself ook verantwoordelik is, te soek na dié dinge wat lewe gegee het en dit weer te omarm.
Die ballingskap was vir Israel immers ʼn reinigingsproses om die bewussyn van God te herstel. En die raad wat Jesaja vir hulle gee, is om moed te skep uit dit wat in hulle verlede lê. In hulle verlede lê die Here se roeping van die aardsouers, Abraham (vader van vele) en Sara (prinses) en hulle gehoorsaamheid. Net soos Hy hulle toe geseën het, net soos Hy die belofte aan hulle vervul het, al het dit bloedsweet gekos en ʼn kwarteeu se geduld, net soos hulle uiteindelik ʼn stuk konkrete eiendom in die beloofde land bekom het, so gaan God dit nou weer vir Sion, vir die volk, doen.
Trouens, die boodskap van seën is nie eksklusief net vir Israel bedoel nie, maar is ook die goeie nuus vir al die volke en nasies, sê Jesaja. Dit wil sê, dié boodskap is ook vir ons. En in ons as gelowiges het die Here sy Heilige Gees gegee as ʼn: “waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos.” (Ef. 1:14).
34. – God gee vir Isak ʼn gasvrye vrou wat hom vertroos na die dood van Sara
Dit is ʼn heerlike vrou-soek verhaal, want Abraham besluit ná Sara se dood dat die tyd gekom het om vir Isak ʼn maat, ʼn metgesel, te soek. Die skrywer herinner ons aan die seën wat hy ervaar het in sy verhouding met die Here. Hy wou nou van dié seën vir sy seun aangee.
Maar dit is ook duidelik ʼn verhaal van God wat in dit alles die leiding neem en ʼn vrou vir Isak gee wat by hom kan pas sodat hy die rol kan speel wat God in die heilsgeskiedenis vir hom beplan het. Soos Abraham die gasvrye een gewees het in die vorige geslag sou Rebekka dit nou wees in die volgende geslag. Haar gasvryheid sou verseker ook haar skoonpa se goedkeuring weggedra het! Haar naam rym ook met die Hebreeuse woord vir seën, bē·rǎḵ, wat in die eerste vers van Abraham gebruik word.
Abraham is al baie oud, waarskynlik 139. Isak was reeds ouer as ses en dertig jaar (sy ouderdom toe sy ma dood is), en het nog getreur oor sy ma se dood, soos ons aan die einde van die hoofstuk lees. Dit moes dus min of meer in sy nege en dertigste jaar gebeur het, want op veertig was hy met Rebekka getroud ().
Die slaaf se naam word nie genoem nie, anders as wat die geval was met Eliëser, die slaaf wie se naam in hoofstuk 15 genoem word. Hierdie slaaf het ʼn belangrike posisie in Abram se huishouding beklee en was in beheer van al sy besittings.
Die slaaf word aangesê om sy hand onder Abraham se heup (bobeen) te sit wat ʼn eufemisme is vir die opdrag dat die slaaf aan Abraham se geslagsdele moes vat. ʼn Eed is baie keer in die Ou Nabye Ooste gesweer met ʼn heilige objek in die hand. Hierdie aksie het dus ʼn diep godsdienstige betekenis gegee aan die eed wat die slaaf moes sweer. Hy sweer by die vrugbaarheid van Abraham en in die bewussyn van die belofte van ʼn nageslag dat die Here se seën verder sal gaan as net die een seun Isak in die koms van die volgende geslag.
Ons sien hier die eerste getuienis van ʼn “gereelde huwelik”, waar die pa vir sy seun ʼn vrou soek, soos wat Hagar natuurlik dieselfde gedoen het vir Ismael. Binne die sterk patriargale, en in Hagar se geval matriargale konteks, waarin ouers ʼn outoritêre rol in hulle kinders se lewens gespeel het, was dit een van die verantwoordelikhede van ouers. Soms het kinders self inisiatief geneem, soos ons in die verhaal van Jakob sien, maar selfs in daardie geval het Rebekka se broer Laban eintlik namens haar opgetree, maar uiteindelik Jakob se keuse van Ragel aangevul met haar suster Lea, wat weereens die problematiek van poligamie in die aardsvaderlyn in gedra het.
Abraham is ook baie duidelik daaroor dat hierdie vrou van sy eie mense af moet kom, en nie van die mense van Kanaän nie. Die enigste vrou wat sou deug vir die seun van die belofte is iemand wat nie gekontamineer is met die kultuur en gebruike van Kanaän nie, om die versoekings te vermy wat die blootstelling daarin in die huishouding sou bring.
Die wet sou later uitvoerig uitbrei oor die verkeerde seksuele praktyke wat sou voorkom as: “Julle … julle seuns met hulle (Kanaänitiese) dogters laat trou, en wanneer hulle dogters onsedelikheid bedryf in die verering van hulle gode, sal hulle julle seuns tot dieselfde soort onsedelikheid verlei.” (Eks. 34:16). Daarom is dit ten sterkste verbied () en die gevare van die Moabitiese orgie in Siddim wat tot Baäl-Peor aanbidding aanleiding gegee het, aan die nageslagte oorvertel ().
Let op dat hierdie gereelde huwelik steeds die vrou se instemming benodig. Indien Rebekka sou weier om saam terug te kom sou die huwelik van die baan wees. Sy het die finale sê gehad.
Abraham se instruksies is egter ook spesifiek dat Isak die seun van die beloofde land moet bly en onder geen omstandighede toegelaat moet word om Kanaän te verlaat nie. Die slaaf van Abraham het dus meer magte gehad as wat ʼn mens sou verwag van ʼn slaaf. Hy kon waarskynlik Isak verbied om die land te verlaat in uitvoering van die opdrag van Abraham.
Let op dat Abraham nie maar net bid dat God se engel met die slaaf sal gaan nie, maar inderdaad verklaar dat dit sal gebeur, iets waarop die slaaf dan staatmaak in sy eie gebed dat die Here hom sal lei deur die gebeure by die waterput waar hy Rebekka aantref. Abraham het ʼn baie noue verhouding met God regdeur sy lewe geniet, soos die slaaf later aan die familie getuig: hy “leef naby die Here”.
Let op dat die slaaf staat maak op God se voorsienigheid in terme van sy betrokkenheid by die normale verloop van sake. Hy vra dat die Here in die normale verloop van die waterdrink proses by die put die vrou wat God uitkies, sal aanwys. Dit is hoe bo-natuurlike ingrype baie keer werk, in die normale gang van die lewe! Iets waarop ons ook daagliks kan staatmaak.
Dit is verder insiggewend dat die slaaf ʼn baie spesifieke versoek rig dat die Here hom na ʼn vrou sal lei wat nie bang is om gasvry te wees teenoor vreemdelinge nie. Hy het dus ʼn idee van watter tipe vrou geskik sal wees vir Isak. Dit is inderdaad dan hierdie tipe vrou, ʼn uitgaande gasvry persoon, wat die Here uitwys as die gepaste gesellin vir Isak, wat ʼn mens in die verloop van sy eie verhaal in die volgende paar hoofstukke sal agterkom ʼn diep introvert en maklik beïnvloedbare mens was. Rebekka was nommerpas vir hom.
Die skrywer is helder daaroor dat Rebekka ʼn maagd was, sodat daar geen suspisie oor haar morele karakter sou wees wat die nageslag wat uit haar gebore sou word in enige diskrediet sou kon bring nie. Dit is dus duidelik hoe hoog die skrywer die heiligheid van die huwelik waardeer, selfs voordat die wet in meer eksplisiete detail riglyne daarvoor neergelê het. Seks het in die huwelik gehoort en klaar.
Rebekka is daarby direk familie van Abraham, die dogter van Betuel, die seun van sy broer Nahor en sy vrou Milka wat weer ʼn dogter was van Abraham se ander broer, Haran. Rebekka is daarom ʼn bloedniggie van Isak. Sy noem interessant genoeg nie die naam van haar ma nie, maar wel dié van haar ouma Milka wat ná haar pa Haran se dood waarskynlik deur haar oom Nahor van weeskind-status gered is deur met haar te trou (soos Abraham Haran se seun Lot weer saam met hom laat trek het). Dit beteken dat Rebekka eintlik van beide Abraham se twee broers afstam – van Haran via Milka en van Nahor via Beteul. Verstommend!
Die weë van die Here is voorwaar wonderbaar, soos die slaaf in sy gebed verklaar. Die slaaf oorlaai Rebekka met geskenke en dank die Here op roerende wyse dat Hy die regte een gekies het vir Abraham se seun Isak, toe Rebekka presies optree soos die slaaf gebid het.
Laban verskyn op die toneel wat nog ʼn paar keer in die verdere verloop van die verhaal van Isak en Jakob ʼn rol sal speel en word die brugbouer na die uiteindelike ooreenkoms wat tussen die twee families gesluit word. Dit is egter duidelik dat hy deur gierigheid gedryf word, anders as sy suster se gasvryheid. “Toe hy die neusring sien en die armbande aan sy suster se arms … het hy na die man gehardloop …” Die verwysing na wat die man alles vir haar gesê het, word tweede genoem in die beskrywing wat dié indruk by ʼn mens laat. En soos ʼn mens in die verhaal van Jakob later sal sien, is dit presies hoe Laban uiteindelik geteken word.
Let ook op hoe die slaaf die voorsienigheid van God in sy versoek in gebed en die uitkoms in die gebeure by die waterput gebruik om die familie van die Goddelike oorsprong van die huweliksaanbod te oortuig. Hy brei ook duidelik uit oor sy eienaar se oorvloed, wat veral vir Laban van waarde sou wees. Hulle aanvaar egter die slaaf se woorde as die woord van die Here en ook Rebekka laat haar die aanbod van ʼn huwelik met Isak geval.
Die slaaf is slim om die aanbod om langer te vertoef van die hand te wys en vat die pad met ʼn paar vroue om haar by te staan, haar grootmaak-“ma” en ʼn paar slavinne. Dit sou haar ʼn stukkie bekendheid gee in ʼn vreemde omgewing.
ʼn Seënwens vergesel haar wat iets van die toekomstige hoop vir ʼn nageslag en ʼn tuiste in die land Kanaän uitspreek: “Ons suster, mag jou nageslag tienduisende word, mag hulle die stede van hulle vyande verower!” Onthou dat dié familie saam met hulle pa Tera op pad was Kanaän toe, maar vasgehaak het in Haran in Mesopotamië. Hulle het dus steeds iets van die oorspronklike droom verstaan, hoewel hulle nie dit enduit gevolg het nie.
Dit is duidelik dat Isak al selfstandig gewoon het, interessant genoeg by Lagai-Roï, die plek waar Hagar aanvanklik die ontmoeting gehad het met God in die woestyn toe Sarai haar die eerste keer met haar ongebore kind weggejaag het.
Dat daar kontak was tussen Isak en Ismael is duidelik, nie net uit dié mededeling nie, maar ook uit hulle gesamentlike afskeidneem van hulle pa, Abraham, soos ʼn mens in die volgende hoofstuk lees.
Die ontmoeting met Rebekka word met ʼn stukkie ingetoënheid vertel dat Isak in sy verlies van sy ma Sara getroos word deur die vreugde van Rebekka, soos blyk daaruit dat hy haar laat woon in die tent wat aan sy ma behoort het. Daarmee het sy Sara se posisie in die uitgebreide familie ingeneem.
Die slaaf noem Isak ook sy eienaar waaruit dit wil voorkom dat Abraham se gesag na Isak oorgegaan het, hoewel daar ook geleerdes is wat dink dat dit dui op die feit dat Abraham moontlik al dood was. vermeld egter sy ouderdom as 175 met sy dood, wat dit onwaarskynlik maak.
Die skrywer sluit af deur te sê: “Sy was sy vrou en hy het haar liefgehad.” Die eerste huwelik waarvan ons in die Bybel lees waarin dit pertinent genoem word.
35. – Abraham omhels die roeping van God enduit
Met hierdie hoofstuk kom ons aan die einde van die Abraham verhaal. Abraham het die roeping van God enduit omhels. Hoewel hy twee keer gefaal het voor die versoeking om te lieg oor sy vrou se skoonheid in Egipte en Gerar, en dit sy roeping en die belofte van God vir sy nageslag in gevaar gestel het, het die diepte van sy verbintenis aan die Here ʼn stygende lyn getoon. Hy het met onderskeiding die wedloop van die geloof gehardloop en enduit gehoorsaam volhard.
Die skrywer rond die verhaal van sy lewe af met twee mededelings. Die eerste is die verwysing na die begin van ʼn groot aantal nasies wat uit sy verbintenis met Ketura voortgespruit het. Dit is egter ook duidelik dat hy hulle wegstuur met geskenke om nie die grondgebied van Isak te bedreig nie. Die meeste van die name van sy nasate word met Arabië geassosieer.
Die ander mededeling is sy sterwe en begrafnis in die enigste plek wat hy ooit besit het, die grot by Makpela. Abraham het oud geword en ʼn vol lewe gehad, herinner die skrywer ons. Dit is ook opmerklik dat die twee seuns, Isak en Ismael, hom saam begrawe. Trouens, al die aartsvaders en hulle vrouens is in die Makpelagrot begrawe (23:1-20; 25:9; 35:27-29; 49:29-32). Dié grot kan ʼn mens vandag nog besoek waar ses monumente vir die aartsvaders en aartsmoeders opgerig is.
Isak word deur die Here geseën as die opvolger van Abraham en in die volgende hoofstukke sal sy verhaal, waarin Jakob natuurlik ʼn sentrale rol speel, vertel word.
Ismael verdwyn hierna van die toneel, hoewel die geslagsregister ʼn paar interessante laaste feite oor dié eerste kind van Abraham vertel. Hy het ook twaalf seuns soos Jakob later sou hê, en die begin van ʼn twaalfstam-koninkryk. Maar, Ismael se nageslag se veglustigheid staan soos ʼn paal bo water: “hulle het met al Ismael se broerskinders oorlog gemaak.” Dit verklaar die bykans skisofreniese aard van die konflikte in die Midde-Ooste waar die onmin telkens in ʼn familietwis begin wat ʼn konflikterende identiteit tussen mense van dieselfde breër familie tot stand bring.
Boodskap
Die eerste elf hoofstukke van Genesis het ʼn prentjie geteken van ʼn wêreld wat dit nie regkry om met God in ʼn volhoubare geloofsgemeenskap te leef nie. Die verhaal van Abraham wys in die volgende veertien hoofstukke egter dat God se bedoeling met die mens nie deur die verhale van wanhoop gedwarsboom word nie. In sy genade tree Hy in en roep vir Abram om in hom en sy nageslag die verhale van wanhoop te herskryf, om in ʼn volk wat aan Hom behoort die nasies van die hele wêreld te seën, en daardeur die mensdom te verlos.
Abraham kry dit reg om enduit te volhard. Daarom is hy só ʼn inspirasie vir ons, selfs al het hy ook twee keer gefaal in die uitlewing van sy roeping om tot ʼn seën te wees. As Abraham dit kon regkry om vóór die Here te leef () en hy die voorreg beleef dat die Here vóór hom leef, hom intrek in wat God vir hierdie wêreld beplan (), nooi Abraham ons uit om dieselfde te doen.
Die God wat Abraham geroep het en met hom die pad gestap het, is ook ons God. Dieselfde wonder van sy teenwoordigheid is ook ons beskore. Ons kan net soos hy voor God leef en iets van God se lewe voor en saam met ons beleef.
Die verhale in Genesis het daarom ʼn besondere openbaringskarakter. Dit help ons om diep na te dink oor die lewe, oor God, oor menswees en oor wat regtig belangrik is in dié lewe. Dit sluit vir ons die betekenis van ons menswees oop en nooi ons uit om op die belangrike dinge te konsentreer.
Dit konfronteer ons egter ook met die erns van geloof. Die verhale wys ons hoe ernstig geloof is. Vir Abraham. Vir God. Vir die wêreld. Ook die toetsing van ons geloof is ’n saak van lewe en dood soos dit vir Abraham was.
Abraham roep ons ook op om die roeping wat die Here vir ons het te omhels en enduit te volhard.
35. – Esau minag sy eersgeboortereg en verkoop dit aan Jakob
Ons kom by die derde fase van die verbond met die aartsvaders, die verhaal van Isak. Die eerste fase was die uitgebreide verhaal van Abraham met die tweede fase die kort geslagsregister van Ismael met twee kort opmerkings oor hom in die vorige perikoop.
Soos dit die geval was met Abraham se verhaal wat as deel van sy pa Tera se storie vertel is, is dit ook nou weer die geval. Jakob se verhaal word van die begin af as deel van Isak se storie vertel. Dit wys net hoe integraal die verhale van die groot Godsfigure met dié van hulle families en geloofsgemeenskappe verweef is.
Getrou aan die aard van die wyse waarop die boek Genesis die verhale van die aartsvaders aanbied, is dit weereens duidelik dat die verhaal van Isak, Jakob en uiteindelik Josef die verhaal van die “verkose” families is. Die hele verhaal van die “verkose” families met al sy intriges word vertel, soos dit ook die geval was met die verhaal van Abraham. Net die geslagslyste van die “verwerpte” families word egter vertel, soos dit in die vorige perikoop die geval was met die verhaal van Ismael.
Die verkose families raak deel van God se storie met hierdie wêreld. Die verwerpte families staan God se storie met die wêreld teë.
Die tweeling Esau en Jakob
Isak se verhaal begin met twee belangrike mededelings wat die tafel dek vir die ontwikkeling van die res van sy verhaal. Die eerste mededeling is sy huwelik met Rebekka waarin spesifiek genoem word dat sy die suster van Laban die Arameër was. Die kort verwysing laat ʼn mens alreeds in afwagting van die verhaal van Jakob se stryd met Laban om ʼn billike hantering waarin Laban se gierigheid gekontrasteer word met God se genade in die lewe van Jakob.
Die tweede mededeling is dat Rebekka kinderloos was wat Isak in beweging gebring het om die Here te vra vir ʼn kind vir Rebekka. Die profesie wat oor haar uitgespreek is van tienduisende kinders het nie gou tot vervulling gekom nie. Gelukkig was sy ook die vrou wat Isak regtig liefgehad het. Kyk sommer vorentoe hoe Abimelek “per toeval” gesien het hoe Isak vir Rebekka “liefkoos” ()! Daar was ʼn goddelike vonk tussen dié twee.
Isak word met sy gebed vir haar ʼn Intersessor, net soos sy pa dit was, en hier spesifiek vir sy eie familie. Die feit dat dit amper in een sin vertel word dat sy gebed verhoor is, moet jou egter nie mislei dat dit vinnig gebeur het nie. Dit neem amper net so lank vir hom as vir Abraham om sy eerste kind uit die hand van die Here te ontvang, want die tweeling word eers twintig jaar later gebore.
Waar Isak menigmaal eintlik as ʼn diep introvert geteken word, staan sy gebedskrag en liefde vir sy vrou duidelik uit as uitstaande kenmerke van dié Godsman. Waar sy pa Abraham op die internasionale verhoog gedy het en konings verslaan het, blink Isak uit in die meer private omgewing van sy eie familie … hoewel hulle sy saggeaardheid liederlik misbruik het. Maar nou gryp ek te ver vooruit.
Die gebedsverhoring na twintig jaar beteken ook nie dat dit ʼn tydperk van maanskyn en rose ingelei het vir Isak en Rebekka nie. Inteendeel. Dit stel hulle bloot aan die enorme magspel wat van vóór die tweeling, Esau en Jakob, se geboorte al geheers het tussen hulle. Die kinders het letterlik mekaar probeer “breek” in die baarmoeder! Rebekka is só raadop daarmee dat sy die Here (deur ʼn plaaslike profeet of priester?) raadpleeg oor die oorlog wat binne haar gevoer word.
Die antwoord voorspel ʼn voortdurende stryd soos dit inderdaad tussen die Edomiete (Esau) en Israeliete (Jakob) van dié punt af geheers het. Dit het eeue later selfs ʼn poging tot ʼn Joodse volksmoord deur Haman, ʼn Edomiet, in die verhaal van Ester, ingesluit. Meesal het die skoen egter aan die ander voet gepas, want Israel het talle veldslae teen Edom gevoer en gewen (bv. Saul in ; Dawid in ; Konings 8:22 sê: “Tot vandag toe is Edom in opstand teen die gesag van Juda.”).
Die rede vir die negatiewe oordeel oor Edom in die Skrif is die minagting wat Esau heel gou betoon teenoor sy eersgeboortereg. Die agtergrond daarvan lê onder andere in die feit dat sy pa Isak – ʼn gesonde en waarderende wildsvleis eter, wil dit voorkom! – Esau voorgetrek het. Daarteenoor het Rebekka weer vir Jakob voorgetrek. Dit het natuurlik ook nie gehelp in die broeiende konflik tussen dié twee broers nie!
Maar die feit dat Esau sy eersgeboortereg verkoop vir ʼn pot lensiesop (eintlik net ʼn bredie) kan waarskynlik onder andere uit sy witbroodjie status by Isak verklaar word. Hy het regtig nie gedink dat sy pa hom enigsins anders sou behandel, selfs al het hy sy eersgebore reg aan sy broer met ʼn eed beloof.
Dieper as dit het Esau hom egter misgis nie net met sy pa nie, want dié het hom gehou aan sy eie dwase optrede, maar hy het homself misgis met God. Esau verloor met hierdie een onbesonne daad die dubbele erfdeel wat aan die eersgeborene volgens wet behoort het (). Esau minag dus nie net homself nie, maar ook die gawe wat die eersgebore in die oë van die Here toegekom het. Daarmee minag hy eintlik die Here.
Wat ʼn vreeslike vergissing. Soos die skrywer van die Hebreërbrief later vir ons waarsku: “Sorg ook dat niemand sedeloos en goddeloos lewe nie, soos Esau wat vir een maaltyd sy eersgeboortereg verkoop het.” (). Ons moet dié patrone by ons mense nie net optel nie, maar inderdaad ook intree vir hulle sodat hulle nie in die sonde val van ʼn minagting vir die waardes waaraan God ons meet nie.
Regdeur die profete is daarom negatief oor Edom geoordeel. Vergelyk maar net die boodskap van Obadja wat net oor Edom handel en hulle striem vir hulle verwaandheid en afsydigheid. Dié verwaandheid en afsydigheid wat hulle nasie teenoor Juda betoon het in die ballingskap, stem ooreen met Esau se minagtende houding wat hom verhoed om die impak van sy dwase dade te besef: “en hy het geëet. Toe hy klaar was, het hy uitgestap.” Asof niks van belang gebeur het nie.
Jakob word egter ook nie gespaar in die proses nie. Hy word as ʼn baie berekende listige persoon geteken. Hy help juis nie sy broer nie, maar buit sy broer se honger en moegheid uit om ʼn voordeel te kry wat hom nie toegekom het nie. Dié onderduimse optrede sou vir Jakob hier ʼn voordeel bring, maar later in sy onderhandelinge met sy oom Laban, sou hy dubbeld en dwars self aan die kortste end van Laban se gierigheid trek.
Boodskap
Hierdie verhale in Genesis is regtig besonders. Dit help ons die dinamika van menswees in verhouding nie net met mekaar nie, maar ook met God verstaan. Ons kan onsself ook herken in die verhale wat jou uitnooi om te identifiseer met die wyse waarop die verhaal vertel word en die boodskap van die dele daarin wat jou aanspreek, vir jouself toe te eien. Ons hoor hier ook nuwe lewensmoontlikhede wat ons uitnooi om ons eie oorspronklike geloofservaringe te beleef.
Die effek wat kinderloosheid op Rebekka en Isak gehad het, spreek my aan. Sy moes twintig jaar lank ʼn pad stap met die belofte van tienduisend kinders voor dit vervul is. Isak moes twintig jaar lank vir haar intree voor die belofte vervul is. Gebed vra ʼn volharding wat bereid is om jare lank aan te hou totdat dit vervul word.
Die konflik tussen die tweeling wat deur die voortrekkery van hulle ouers aangevuur is, laat my besef dat konflik hande kan uitruk as ʼn mens dit nie gou genoeg aanspreek nie. Dit gaan uiteindelik ook nie eers net oor wat tussen Esau en Jakob gebeur nie, maar wat ná hulle in die komende geslagte gebeur. Onoploste konflik raak onhanteerbare vetes.
36. – Isak beweeg van rusies na die ruimte wat die Here hom gee
Dit is duidelik uit hierdie verhaal dat dieselfde tipe uitdagings vir Isak tref as vir Abraham. Hongersnood tref ook vir Isak. Hy word ook versoek om sy eie bas te red deur voor te gee Rebekka is sy suster, soos Abraham dit met Sara ervaar het. Hy ervaar ook die uitdaging wat voorspoed bring, soos dit die geval was met Abraham met Lot. Hy ervaar ook konflik rondom sy kinders, hoewel die situasie effens anders is. Met Abraham was dit Sara teen Hagar. Met Isak is dit Esau teen Jakob met Rebekka aan Jakob se kant.
“Life is difficult!”
Dit is egter ook duidelik dat die Here op ʼn heel ander manier met Isak werk as met Abraham. Isak het immers ʼn heeltemal ander tipe persoonlikheid as Abraham. Maar God vorm ook vir Isak in die proses sodat hy van “rusies” beweeg na die “ruimte” wat die Here vir hom verskaf. Isak raak só self een van die geloofshelde van die OT, al is dit ʼn enkele vers in die Hebreërbrief (11:20).
Die uitdaging van hongersnood
Die Here gee ʼn ander opdrag in hongersnood aan Isak toe hy aanvanklik die uitdaging van hongersnood hanteer soos sy pa dit die tweede keer gedoen het deur te trek na Gerar, na koning Abimelek van die Filistyne toe. Hierdie Filistyne moet waarskynlik eerder met die mense van Kaftor geassosieer word (). Die Filistyne wat van die Rigtertyd af in die Bybel beskrywe word, het aan die westekant by die Mediterreense kus in die vyf stede Gad, Gasa, Askelon, Asdod, en Ekron gebly. Hulle het histories gesproke eers ʼn hele paar eeue hierna op die toneel verskyn.
Die Here het egter, anders as met Abraham, aan Isak verskyn en ʼn duidelike opdrag gegee om nie soos sy pa voor hom na Egipte te trek nie: “Bly waar Ek jou sê: in hierdie land.” Die Here koppel aan dié opdrag ʼn belofte van sy teenwoordigheid sowel as voorspoed in terme van die land, ʼn getalryke nageslag en dat hy tot ʼn seën vir die nasies sal wees.
Interessant genoeg koppel die Here die voortgang van sy belofte aan die gehoorsaamheid van Abraham wat God se gebooie, sy voorskrifte en sy wette nagekom het. Abraham se gehoorsaamheid beteken dat die belofte vir Isak aangegee kan word. Maar, God verwag nou van Isak dieselfde gehoorsaamheid, al vra hy van Isak ander dinge as van Abraham.
Die uitdaging van Isak se mooi vrou Rebekka
Isak gehoorsaam die Here en bly op die suidgrens van die beloofde land, in Gerar. Isak val egter ook soos Abraham vir die versoeking om Rebekka as sy suster voor te stel, eerder as sy vrou, omdat hy bang was haar skoonheid kos hom sy lewe. Ai tog!
Hierdie keer kom hy ʼn tyd lank weg met die leuen totdat Abimelek op ’n keer deur die venster sien “hoe Isak sy vrou Rebekka liefkoos.” “Liefkoos” is ʼn vertaling van die Hebreeuse woord “speel” wat ʼn eufemisme is vir hulle “liefdespel”. Abimelek sal vergewe word as hy gedink het hy ly aan deja vutoe hy agterkom dat Isak presies dieselfde aan sy mense doen as wat Abraham aan hom gedoen het. Sy verbasing blyk duidelik uit sy uitroep: “Wat het jy ons aangedoen!” Hy verswyg egter sy “afloerdery”!
Die verhaal loop wel aanvanklik goed af deurdat Abimelek sy beskerming aan beide Isak en Rebekka gee, maar dit het nie op die lange duur gehou nie. Isak het mettertyd te ryk begin word weens die seën van die Here.
Die uitdagings wat voorspoed bring
Die Here seën Isak se gesaaides honderdvoudig sodat hy ’n ryk man word. ʼn Mens dink onwillekeurig aan Jesus se gelykenis van die Saaier waar die goeie grond se beste opbrengs honderdvoudig was ()! Die afguns van die Filistyne lei egter daartoe dat Isak se putte toegegooi word, en Abimelek vra dat hy eerder weg trek van hulle af, omdat hy: “te sterk geword” het.
Let op hoe Isak probeer om in vrede te lewe met die mense rondom hom, maar dat die seën van die Here hom telkens in konflik bring met hulle. Twee keer word dié konflik rondom die waterputte beskryf met beskrywende woorde: “Rusie” en “Klagte”, totdat hy ʼn plek gekry het waar hy die waterput: “Ruimte” kon noem, “want … nou het die Here vir ons ruimte gemaak en in dié land sal ons voorspoedig wees.”
Die Here verskyn daarom aan hom by Berseba met ʼn wonderlike herinnering aan die feit dat Hy die God van sy pa Abraham is en ook by hom sal wees. Dit bevestig die vorige belofte wat hy met sy trek na Gerar ontvang het. Isak bou daarom ʼn altaar daar wat uiteindelik ook lei tot ʼn ooreenkoms met Abimelek, al kon Isak hom nie bedwing om darem ʼn stekie in te kry vir hulle vorige onvriendelikheid nie! Hulle kon egter die waarde van God se seën in Isak se lewe nie langer ontken nie en wou nie in stryd met hom lewe nie: “Dit is so: jy word deur die Here geseën.”
Die uitdaging wat kinders bring
Die hoofstuk sluit af met ʼn kort opmerking oor die uitdaging wat Esau se keuse van lewensmaats vir hulle bring. Esau minag sy pa se geskiedenis, sowel as dié van sy oupa, wat binne familie-verband getrou het, en trou met plaaslike vrouens, nogal sommer met twee op een slag. Die kort, maar gelaaide opmerking, laat ʼn mens besef dat nog meer konflik aan die kom is: “Hulle het baie kommer in Isak en Rebekka se lewe gebring.” Daarmee word nie na Esau verwys nie, maar spesifiek na die twee skoondogters. In die Hebreeus staan dit dat hulle: “bitternis in gees” vir Isak en Rebekka gebring het. Spreuke 14:10 gebruik ʼn soortgelyke frase: “bitternis in siel” om dieselfde aanvegting te beskryf: “Net ’n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed.” Ja, die lewe is nie maklik nie.
Boodskap
Dit is so heerlik om deur hierdie verhaal te lees en agter te kom hoe dinamies die verhouding tussen God en sy mense ontwikkel. Daar is ander uitdagings vir Isak en Rebekka en die Here se pad met hulle is anders as wat dit was met Abraham en Sara. Abraham het ook die uitdaging van hongersnood gehad soos Isak, maar die Here gee hierdie keer ʼn direkte opdrag aan Isak om nie al die pad na Egipte te gaan nie. Abraham is nie op dieselfde wyse gelei nie.
Uiteraard speel die verskillende geaardhede van die aartsvaders ook ʼn rol in die wyse waarop die Here by hulle wel en wee aansluit. Abraham soek self vir oplossings vir die uitdaging van kinderloosheid terwyl Isak die Here in gebed vertrou vir ʼn uitkoms. Die Here gebruik dit in die uitkomste wat hy vir hulle albei gee. Ironies genoeg wag Abraham langer as Isak vir die Here se uitkoms, maar waarin albei wel kry wat God belowe het. Die ekstrovert hantering van uitdagings – by wyse van spreke – is nie beter as dié van ʼn introvert se hantering nie, sou ek daaruit wou aflei.
Sommige uitdagings is wel dieselfde, ten minste in die impak wat dit op hulle onderlinge verhoudinge het, al verskil dit in die detail van die gebeure. Abraham moet die konflik in sy huis tussen twee sterk vroue hanteer sowel as die uitdaging wat die sewe seuns waarvan hy die pa is uiteindelik in terme van grondgebied vir hom gee. Hy kry dit reg, maar nie sonder dat dit baie spanning en hartseer veroorsaak nie.
Isak moet die konflik tussen sy twee sterk seuns hanteer sowel as die uiteindelike pogings van sy vrou om hom na haar wil en wens te manipuleer. Hy kry dit reg om ʼn reguit pad tussen die uitdagings te loop, maar ook nie sonder dat dit baie spanning en hartseer veroorsaak nie. Veral nie in die bitterheid wat Esau se twee vroue vir hom en Sara bring nie. Die lewe is regtig nie maklik nie!
Soos ek ʼn paar keer al gesê het, dié verhale is daarom ʼn illustrasie van hoe die Godsverhouding werk. Jy word daardeur uitgenooi om met die besondere uitdagings wat jy in jou lewe ervaar na die Here te gaan. En jy kan dit doen op die manier wat vir jou werk, bv. om self na oplossings te soek in vertroue op die Here, óf die Here vertrou om te antwoord op gebed. Die Here sal jou menswees en manier van werk eer en intrek in die wyse waarop Hy jou begelei.
37 – Rebekka en Jakob se bedrog bedreig die geloofsgemeenskap se voortbestaan
Die vorige hoofstuk het afgesluit met die uitdaging wat konflik rondom ʼn mens se kinders vir jou bring. Die skrywer het ons ʼn kykie gegee spesifiek in die bitterheid van gees wat hulle skoondogters, die Hetitiese vrouens van Esau, vir Isak en Rebekka gebring het.
Dit wil egter voorkom asof hierdie konflik minder van ʼn probleem vir Isak was as vir Rebekka, want hulle reageer op heeltemal verskillende maniere teenoor Esau. Nie net trek Isak vir Esau, “sy seun”, steeds voor en Rebekka vir Jakob, “haar seun”, nie, maar Isak roep slegs vir Esau om hom te seën en vergeet skoon van Jakob. Dit was binne die tradisionele gebruike van daardie tyd regtig ongehoord. Jakob seën bv. nie net ál sy seuns nie, maar selfs sy kleinkinders, die twee seuns van Josef! ().
Daarby sal ons in die volgende gedeelte lees dat Rebekka só siek en sat was vir die Hetitiese vroue van Esau dat sy vir Isak gevra het om Jakob na Laban te stuur om met ʼn dogter van hulle familie te trou. Dit is nou benewens die feit dat sy Jakob só die gramskap van Esau wil spaar. Dit is egter duidelik dat Esau se lewenskeuses haar teen die bors gestuit het en sy het nie geskroom het om agteraf te konkel om Jakob te bevoordeel en Esau te benadeel nie.
Dit bly darem maar hartseer dat Rebekka juis dié een wat haar só lief gehad het, dat sy juis vir Isak bedrieg. Sy neem eintlik die voortou in die misleiding van haar wederhelf.
Maar niemand is eintlik in dié deel van die verhaal te verskone nie. Isak tree wederregtelik op deur nie sy twee seuns saam te seën nie. Rebekka tree wederregtelik op deur doelbewus haar geliefde te bedrieg en Jakob voor te trek. Esau het reeds sy kaarte gewys deur sy eersgeboortereg prys te gee en daarby met plaaslike heidense meisies te trou. Jakob speel saam met sy ma ter wille van die voordeel wat hy dink hy daaruit sal kry.
ʼn Tragiese vertroebeling van die geloofsgemeenskap in hulle onderlinge verhoudinge. Die bedrog bedreig hulle voortbestaan.
Rebekka bedrieg Isak en Jakob word geseën
Isak is teen dié tyd oud en blind en bewus van die naderende einde. Hy vra vir ʼn stukkie wild om te geniet voor hy Esau seën. Soos Wenham sê: “Isaac’s sensuality is more powerful than his theology.” Sy maag was nou sy ondergang.
Rebekka het egter gehoor wat aangaan en beraam ʼn plan met Jakob om Isak te bedrieg tot voordeel van haar witbroodjie seun. In ʼn mens se agterkop is natuurlik die feit dat Esau sy eersgeborereg verloën het. ʼn Mens wonder watter rol dit in Rebekka en Jakob se oorwegings gespeel het, hoewel dit natuurlik nie die bedrog kan verskoon nie.
Jakob stribbel eers teë, want hy is bang die bedrog bring ʼn vervloeking oor hom. Sy ma is egter baie duidelik dat sy kans sien vir dié vervloeking – kan jy nou meer – en oorreed Jakob om haar plan uit te voer.
Isak is duidelik agterdogtig, maar die plan werk en Jakob word in die plek van Esau geseën. Let op hoe Jakob nie net lieg oor wie hy is nie, maar die Here ook daarby betrek. Toe Isak wonder hoe Jakob so vinnig geholpe geraak het met die bok, antwoord Jakob: “Die Here u God het my dit laat raakloop.” U God, inderdaad. Nie Jakob se God nie, Isak s’n. Hoe tragies. Hoe ironies. Sonde is nooit net iets wat op ʼn horisontale vlak ander mense raak nie. Dit het altyd ook ʼn vertikale dimensie. Dit het altyd met God te make. En die arrogansie van Jakob se antwoord het eintlik geen perke nie.
Die seën wat Jakob van Isak ontvang omvat op ʼn besondere poëtiese manier die wonder van die skepping as ʼn seën aan Jakob – die reuk van die veld, die dou uit die hemel, koring en wyn in oorvloed – sowel as ʼn groot naam op aarde – volke wat hom sal dien, voorrang onder sy broers. Let egter ook op hoe Isak net die een deel van die Abrahamitiese seën wat vir die nasies bedoel was – “in jou sal al die volke van die aarde geseën wees” – aanhaal. Dit verander die seën in ʼn voorwaardelike seën aan dié wat vir Jakob seën. Dat die nasies van die aarde in hom geseën sal word, soos Abraham dit van die Here af ontvang het, laat Isak weg uit sy seën aan Jakob.
Dié subtiele weglating in sy seën vir Jakob verraai waarskynlik ʼn sweem van selfsug in Isak se versugting vir sy seun Esau. En verklaar miskien hoekom so baie in Israel gesukkel het om die seën van Abraham wat vir die nasies bedoel was, te omarm. Dink maar net aan die skoorvoetende profeet Jona wat die Nineviete niks gegun het nie, en eerder wou hê dat hulle vervloek word.
Esau se smart oor sy verlies ken geen perke nie
Uiteraard is die ontknoping van die omvang van die bedrog ʼn aardskuddende ervaring beide vir Esau as vir Isak. Isak raak onbedaarlik en amper paniekbevange aan die bewe. Esau raak onbedaarlik aan die skree, hard en bitter, en pleit by sy pa om die seën om te keer en hom ook te seën.
Let egter op hoe Esau Jakob nie net verkwalik vir hierdie bedrog nie, maar ook vir die wegneem van sy eersgeboortereg, iets waarvoor hy self verantwoordelikheid moes neem. Hy het dus ʼn onvermoë om in te sien watter effek sy eie dade inhou, selfs al is hy hierdie keer die een wat aan die kortste end trek.
Die seën wat Isak wel vir Esau gee, herinner aan die belofte wat die Here vir Ismael vroeër gegee het, een waarin Esau nie ʼn maklike lewe sal hê nie, een van oorlog en konflik, hoewel Isak tog die moontlikheid oophou: “maar as jy jou kans afwag, sal jy sy juk (Jakob s’n) van jou nek afgooi.”
Esau se diep hartseer oor sy verlies kom na vore in ʼn dodelike haat vir sy broer Jakob wat net bedwing word ter wille van sy pa. Rebekka is daarom nie links nie en raai Jakob aan om na haar familie te vlug tot sy broer se bui gesak het. In die volgende hoofstuk sal sy dié raad in ʼn versoek aan Isak verwoord en dit regkry om Jakob onder Esau se voete uit te kry.
Almal kry dus seer in hierdie groot konflik. Maar, die groter vraag is natuurlik, hoe gaan dit die heilsgeskiedenis raak? Hoe gaan God sy belofte van die seën vir die nasies in hierdie bedrieër Jakob tot vervulling bring? Is dit enigsins haalbaar om die pad te stap met iemand wat die seën van sy pa met bedrog gesteel het? Tyd sal leer.
Boodskap
Die opmerking in die vorige hoofstuk oor Esau wat met twee vroue getroud is – waarskynlik op dieselfde dag – is ʼn belangrike sleutel om sin te maak van die chaos van die interpersoonlike verhoudinge in hierdie hoofstuk. Die feit dat hierdie vroue Hetiete was, het beteken dat hulle daarom ʼn vreemde morele en godsdienstige standaard in die geloofsgemeenskap sou indra. Die poligame aard van Esau se verbintenis met hulle, sou die lesers verder ook herinner aan die nageslag van Kain se gebrek aan ʼn ontsag vir God se wil vir monogame verhoudings. Geen wonder dat hierdie huwelik ʼn bitter ervaring vir Isak en Rebekka sou wees nie.
Die verbreking van God se wil rondom die huwelik sou altyd ʼn uitdaging bly vir die geloofsgemeenskap, selfs al het die profete dit van tyd tot tyd aangespreek. Totdat Jesus en Paulus die verwording van die huwelik pertinent aangespreek het en in ʼn beroep op die huwelik in ere herstel het as ʼn verbintenis tussen een man en een vrou (; Kor. 7).
Maar dit is nie al nie. Die destruktiewe effek wat voortrekkery op die onderlinge verhoudinge binne ʼn familie het, is eintlik nog ʼn belangriker boodskap. Isak is selfs bereid om die tradisionele gebruike rondom die aangee van God se seën vir die geslagte te verbreek om Esau voor te trek. Rebekka is selfs bereid om haar geliefde man te bedrieg en só haar seun Jakob nie net voor te trek nie, maar te betrek en van hom ʼn bedrieër te maak. Dit wreek hom op hulle verhoudinge sodat in die volgende hoofstuk Jakob die vreemde moet in om vrede te bewaar met sy tweelingbroer.
Ons leer ook hier die dure les dat as Jakob se verhaal uiteindelik wel verander in ʼn verhaal van hoop, soos ons nog sal agterkom, dit nie te danke is aan enige intrinsieke waarde wat hy het bó Esau nie. Dit is nie omdat Jakob beter was of beter gedoen het as Esau nie.
Vgl. bv. vir Paulus wat hieroor teologiseer in sy bespreking van die uitverkiesing in . God se verkiesing van Jakob bó Esau was voor hulle geboorte: “Toe haar kinders nog nie gebore was nie en ook nog niks goeds of kwaads gedoen het nie, toe is al vir haar gesê: ‘Die oudste sal die jongste dien.’ … Die besluit van God is gegrond op die uitverkiesing; dit hang dus nie af van wat ʼn mens doen nie, maar van Hom wat jou roep.”
Die hoop van Jakob se verhaal berus dus in die eerste plek op die belofte wat God aan Isak gegee het, op die seën wat Isak oor Jakob uitgespreek het in die tweede plek, al is dit ʼn geval van misplaaste identiteit, en veral op die genade van God self in die derde plek wat by die Jabbokrivier die bedrieër ʼn bedienaar van die goddelike genade maak vir die geslagte wat sou kom.
– Rebekka en Jakob se bedrog bedreig die geloofsgemeenskap se voortbestaan
Die vorige hoofstuk het afgesluit met die uitdaging wat konflik rondom ʼn mens se kinders vir jou bring.  Die skrywer het ons ʼn kykie gegee spesifiek in die bitterheid van gees wat hulle skoondogters, die Hetitiese vrouens van Esau, vir Isak en Rebekka gebring het.
Dit wil egter voorkom asof hierdie konflik minder van ʼn probleem vir Isak was as vir Rebekka, want hulle reageer op heeltemal verskillende maniere teenoor Esau. Nie net trek Isak vir Esau, “sy seun”, steeds voor en Rebekka vir Jakob, “haar seun”, nie, maar Isak roep slegs vir Esau om hom te seën en vergeet skoon van Jakob.  Dit was binne die tradisionele gebruike van daardie tyd regtig ongehoord.  Jakob seën bv. nie net ál sy seuns nie, maar selfs sy kleinkinders, die twee seuns van Josef! ().
Daarby sal ons in die volgende gedeelte lees dat Rebekka só siek en sat was vir die Hetitiese vroue van Esau dat sy vir Isak gevra het om Jakob na Laban te stuur om met ʼn dogter van hulle familie te trou.  Dit is nou benewens die feit dat sy Jakob só die gramskap van Esau wil spaar.  Dit is egter duidelik dat Esau se lewenskeuses haar teen die bors gestuit het en sy het nie geskroom het om agteraf te konkel om Jakob te bevoordeel en Esau te benadeel nie.
Dit bly darem maar hartseer dat Rebekka juis dié een wat haar só lief gehad het, dat sy juis vir Isak bedrieg.  Sy neem eintlik die voortou in die misleiding van haar wederhelf.
Maar niemand is eintlik in dié deel van die verhaal te verskone nie.  Isak tree wederregtelik op deur nie sy twee seuns saam te seën nie.  Rebekka tree wederregtelik op deur doelbewus haar geliefde te bedrieg en Jakob voor te trek.  Esau het reeds sy kaarte gewys deur sy eersgeboortereg prys te gee en daarby met plaaslike heidense meisies te trou.  Jakob speel saam met sy ma ter wille van die voordeel wat hy dink hy daaruit sal kry.
ʼn Tragiese vertroebeling van die geloofsgemeenskap in hulle onderlinge verhoudinge.  Die bedrog bedreig hulle voortbestaan.
Rebekka bedrieg Isak en Jakob word geseën
Isak is teen dié tyd oud en blind en bewus van die naderende einde.  Hy vra vir ʼn stukkie wild om te geniet voor hy Esau seën.  Soos Wenham sê: “Isaac’s sensuality is more powerful than his theology.”  Sy maag was nou sy ondergang.
Rebekka het egter gehoor wat aangaan en beraam ʼn plan met Jakob om Isak te bedrieg tot voordeel van haar witbroodjie seun.  In ʼn mens se agterkop is natuurlik die feit dat Esau sy eersgeborereg verloën het.  ʼn Mens wonder watter rol dit in Rebekka en Jakob se oorwegings gespeel het, hoewel dit natuurlik nie die bedrog kan verskoon nie.
Jakob stribbel eers teë, want hy is bang die bedrog bring ʼn vervloeking oor hom.  Sy ma is egter baie duidelik dat sy kans sien vir dié vervloeking – kan jy nou meer – en oorreed Jakob om haar plan uit te voer.
Isak is duidelik agterdogtig, maar die plan werk en Jakob word in die plek van Esau geseën.  Let op hoe Jakob nie net lieg oor wie hy is nie, maar die Here ook daarby betrek.  Toe Isak wonder hoe Jakob so vinnig geholpe geraak het met die bok, antwoord Jakob: “Die Here u God het my dit laat raakloop.”  U God, inderdaad.  Nie Jakob se God nie, Isak s’n.  Hoe tragies.  Hoe ironies.  Sonde is nooit net iets wat op ʼn horisontale vlak ander mense raak nie.  Dit het altyd ook ʼn vertikale dimensie. Dit het altyd met God te make.  En die arrogansie van Jakob se antwoord het eintlik geen perke nie.
Die seën wat Jakob van Isak ontvang omvat op ʼn besondere poëtiese manier die wonder van die skepping as ʼn seën aan Jakob – die reuk van die veld, die dou uit die hemel, koring en wyn in oorvloed – sowel as ʼn groot naam op aarde – volke wat hom sal dien, voorrang onder sy broers.  Let egter ook op hoe Isak net die een deel van die Abrahamitiese seën wat vir die nasies bedoel was – “in jou sal al die volke van die aarde geseën wees” – aanhaal.  Dit verander die seën in ʼn voorwaardelike seën aan dié wat vir Jakob seën.  Dat die nasies van die aarde in hom geseën sal word, soos Abraham dit van die Here af ontvang het, laat Isak weg uit sy seën aan Jakob.
Dié subtiele weglating in sy seën vir Jakob verraai waarskynlik ʼn sweem van selfsug in Isak se versugting vir sy seun Esau.  En verklaar miskien hoekom so baie in Israel gesukkel het om die seën van Abraham wat vir die nasies bedoel was, te omarm.  Dink maar net aan die skoorvoetende profeet Jona wat die Nineviete niks gegun het nie, en eerder wou hê dat hulle vervloek word.
Esau se smart oor sy verlies ken geen perke nie
Uiteraard is die ontknoping van die omvang van die bedrog ʼn aardskuddende ervaring beide vir Esau as vir Isak.  Isak raak onbedaarlik en amper paniekbevange aan die bewe.  Esau raak onbedaarlik aan die skree, hard en bitter, en pleit by sy pa om die seën om te keer en hom ook te seën.
Let egter op hoe Esau Jakob nie net verkwalik vir hierdie bedrog nie, maar ook vir die wegneem van sy eersgeboortereg, iets waarvoor hy self verantwoordelikheid moes neem.  Hy het dus ʼn onvermoë om in te sien watter effek sy eie dade inhou, selfs al is hy hierdie keer die een wat aan die kortste end trek.
Die seën wat Isak wel vir Esau gee, herinner aan die belofte wat die Here vir Ismael vroeër gegee het, een waarin Esau nie ʼn maklike lewe sal hê nie, een van oorlog en konflik, hoewel Isak tog die moontlikheid oophou: “maar as jy jou kans afwag, sal jy sy juk (Jakob s’n) van jou nek afgooi.
Esau se diep hartseer oor sy verlies kom na vore in ʼn dodelike haat vir sy broer Jakob wat net bedwing word ter wille van sy pa.  Rebekka is daarom nie links nie en raai Jakob aan om na haar familie te vlug tot sy broer se bui gesak het. In die volgende hoofstuk sal sy dié raad in ʼn versoek aan Isak verwoord en dit regkry om Jakob onder Esau se voete uit te kry.
Almal kry dus seer in hierdie groot konflik.  Maar, die groter vraag is natuurlik, hoe gaan dit die heilsgeskiedenis raak?  Hoe gaan God sy belofte van die seën vir die nasies in hierdie bedrieër Jakob tot vervulling bring?  Is dit enigsins haalbaar om die pad te stap met iemand wat die seën van sy pa met bedrog gesteel het? Tyd sal leer.
Boodskap
Die opmerking in die vorige hoofstuk oor Esau wat met twee vroue getroud is – waarskynlik op dieselfde dag – is ʼn belangrike sleutel om sin te maak van die chaos van die interpersoonlike verhoudinge in hierdie hoofstuk.  Die feit dat hierdie vroue Hetiete was, het beteken dat hulle daarom ʼn vreemde morele en godsdienstige standaard in die geloofsgemeenskap sou indra.  Die poligame aard van Esau se verbintenis met hulle, sou die lesers verder ook herinner aan die nageslag van Kain se gebrek aan ʼn ontsag vir God se wil vir monogame verhoudings.  Geen wonder dat hierdie huwelik ʼn bitter ervaring vir Isak en Rebekka sou wees nie.
Die verbreking van God se wil rondom die huwelik sou altyd ʼn uitdaging bly vir die geloofsgemeenskap, selfs al het die profete dit van tyd tot tyd aangespreek.  Totdat Jesus en Paulus die verwording van die huwelik pertinent aangespreek het en in ʼn beroep op die huwelik in ere herstel het as ʼn verbintenis tussen een man en een vrou (; Kor. 7).
Maar dit is nie al nie.  Die destruktiewe effek wat voortrekkery op die onderlinge verhoudinge binne ʼn familie het, is eintlik nog ʼn belangriker boodskap.  Isak is selfs bereid om die tradisionele gebruike rondom die aangee van God se seën vir die geslagte te verbreek om Esau voor te trek.  Rebekka is selfs bereid om haar geliefde man te bedrieg en só haar seun Jakob nie net voor te trek nie, maar te betrek en van hom ʼn bedrieër te maak.  Dit wreek hom op hulle verhoudinge sodat in die volgende hoofstuk Jakob die vreemde moet in om vrede te bewaar met sy tweelingbroer.
Ons leer ook hier die dure les dat as Jakob se verhaal uiteindelik wel verander in ʼn verhaal van hoop, soos ons nog sal agterkom, dit nie te danke is aan enige intrinsieke waarde wat hy het bó Esau nie.  Dit is nie omdat Jakob beter was of beter gedoen het as Esau nie.
Vgl. bv. vir Paulus wat hieroor teologiseer in sy bespreking van die uitverkiesing in .  God se verkiesing van Jakob bó Esau was voor hulle geboorte: “Toe haar kinders nog nie gebore was nie en ook nog niks goeds of kwaads gedoen het nie, toe is al vir haar gesê: ‘Die oudste sal die jongste dien.’ … Die besluit van God is gegrond op die uitverkiesing; dit hang dus nie af van wat ʼn mens doen nie, maar van Hom wat jou roep.
Die hoop van Jakob se verhaal berus dus in die eerste plek op die belofte wat God aan Isak gegee het, op die seën wat Isak oor Jakob uitgespreek het in die tweede plek, al is dit ʼn geval van misplaaste identiteit, en veral op die genade van God self in die derde plek wat by die Jabbokrivier die bedrieër ʼn bedienaar van die goddelike genade maak vir die geslagte wat sou kom.
Dit is God se roeping wat die verskil maak, ook in jou lewe vandag.  Daarop moet ons in geloof en gehoorsaamheid reageer.
Dit is God se roeping wat die verskil maak, ook in jou lewe vandag. Daarop moet ons in geloof en gehoorsaamheid reageer.
38 – Die Godsverhouding en die beskerming van die huwelik bevestig die geloofsgemeenskap
Die bedrog van die vorige episode in die lewe van die aartsvaders Isak en Jakob het die voortbestaan van die geloofsgemeenskap in die gedrang gebring. Nie net het almal seergekry in die groot konflik rondom die seën van Isak nie. Die gebrek aan ʼn onberispelike wandel vóór God het hulle bedenklike moraliteit en spiritualiteit aan die kaak gestel.
Die dieper vraag na hoe dit die heilsgeskiedenis gaan raak, het nou krities belangrik geword. Het Rebekka en Jakob se bedrog God se belofte aan Abraham en Isak in gedrang gebring? Sal God die pad met Jakob verder stap al is hy iemand wat met uitbuiting (Esau) en bedrog (Isak) die seën verkry het? Trouens, kan ʼn seën wat só bekom is enigsins van krag bly?
Die antwoord hierop word in drie episodes gegee.
Rebekka neem inisiatief om vir Jakob ʼn vrou uit haar eie familie te verkry
Die eerste antwoord lê in Rebekka se inisiatief om Isak te vra om Jakob na haar broer Laban te stuur sodat hy vir hom daar ʼn vrou uit hulle familie kan gaan soek, soos Abraham dit indertyd vir Isak gedoen het. Daarmee voorkom hulle die gevaar van die onsedelike en godsdienstige verleiding van vroue uit die Kanaänitiese omgewing.
Die beweegrede daarvoor lê nie net in die gevaar wat Esau vir Jakob ingehou het weens Jakob se bedrog nie. Sy besef ook dat as Jakob met Hetitiese vroue vanuit die omgewing sou trou, haar eie leed sou vererger: “Ek is nou siek en sat van hierdie Hetitiese vrouens van Esau.”
Isak se opdrag aan Jakob neem dié inisiatief van Rebekka in ag, maar plaas dit in ʼn meer godsdienstige perspektief waarin hy die belofte aan Abraham weereens aan Jakob toevertrou, met selfs meer detail as in die vorige hoofstuk. Dit sluit vrugbaarheid en die land van Kanaän in.
Dit is duidelik dat ten minste ʼn deel van die antwoord vir die voortbestaan van die geloofsgemeenskap in die beskerming van die huwelik sowel as die omarming van die belofte van God lê. Die vreemde invloed van Kanaän moet ten alle koste vermy word. Die toekoms lê in gedeelde familiewaardes en die vasgryp en gehoorsaamheid aan die verbond wat God met hulle gesluit het. Daarvan is Isak en Rebekka oortuig, soos Abraham voor hulle.
Esau probeer tevergeefs sy pa tevrede stel deur ʼn vrou uit Ismael se familie te neem
Die tweede antwoord lê in Esau se poging om sy pa tevrede te stel deur ʼn derde vrou te neem wat nie Kanaänities is nie, maar deel van Ismael, Isak se broer, se nageslag. Hulle is immers deel van sy nader familie. Ismael se vrouens was egter van Egiptiese oorsprong wat nie die probleem van ʼn ander kulturele en godsdienstige impak in sy huis sou voorkom nie. Hy word daarmee ook die eerste opgetekende persoon in die Bybel wat drie vroue gelyktydig gehad het. Hy tree dus met minagting op nie net vir die regte familiewaardes in die huwelik nie, maar ook in terme van die godsdienstige invloed wat sy vrouens op sy kinders sou hê.
Esau se planne was dus ondeurdag en vererger eintlik die impak op sy huis en sy nageslag. Dit is duidelik dat die antwoord vir die voortbestaan van die geloofsgemeenskap in ʼn verhouding met God lê wat onder andere in die deurdagte keuse vir ʼn vrou met dieselfde kulturele en godsdienstige waardes insluit. ʼn Noue Godsverhouding en die beskerming van die huwelik is die boustene van die voortbestaan van die geloofsgemeenskap. Esau se keuses lei na ʼn vermenging van waardes met dié van die volkere wat téén God se pad met sy volk gekies het.
God maak Jakob deel van die verbond en seën hom uit eie keuse
Die derde is God se ingrype in die lewe van Jakob waar Hy die inisiatief neem en die verhaal beslissend op die regte baan plaas. Daarmee wys die skrywer dat God die enigste hoop is dat die geloofsgemeenskap aan sy doel om ʼn seën vir die nasies te wees, kan beantwoord, al trek Hy natuurlik ook die planne wat Rebekka gemaak het in sy groter plan met Jakob in.
Jakob sien in ʼn droom ’n leer wat op die aarde staan waarvan die punt aan die hemel raak, en die engele van God wat op en af klim met die leer. Soos die geval was met Abraham, kom staan die Here by Jakob om aan hom die belofte aan sy oupa en pa te herhaal. Dit sluit die grondgebied in sowel as ʼn groot nageslag waarin die seën vir die nasies ook lê. Maar die belangrikste is dat die Here belowe dat Hy by Jakob is en hom sal beskerm waar hy ook al gaan, selfs al is dit nou buite die beloofde land. Die Here belowe ook om hom na hierdie land toe terug te bring. Hy sal Jakob nie in die steek laat nie en doen wat Hy hom beloof het.
Ons sien hier dus die uitverkiesende genade van God in werking. Jakob het tot op dié stadium die voordele van die verbond met sy pa Isak geniet, maar eintlik volledig op sy eie, soms regtig duistere, planne staatgemaak. Die Here breek dus in sy onafhanklike eiesinnige bestaan deur en kies om die pad met Jakob te loop, sonder dat Jakob dit op enige manier verdien. God se roeping en verkiesing berus volledig op sy eie soewereine besluit.
Geen wonder dat Jakob in ontsag vir dié God wakker word en die plek Bet-El noem nie, “huis van God”, ʼn poort of kontakpunt na die hemel. Soos sy oupa en pa voor hom verklaar hy dié plek as ʼn heilige plek met die gesalfde klippilaar wat hy daar neersit en belowe dat hy ʼn tempel daar sal oprig en van alles wat die Here vir hom gee ʼn tiende terug te gee. Met die belofte van ʼn tiende haak hy nie net aan by die voorbeeld van sy oupa Abraham teenoor Melgisedek nie (), maar gee self ʼn voorbeeld wat ʼn belangrike geestelike riglyn geword het vir nie net sy nageslag nie, maar ook vir die Christelike gemeenskap van die NT en daarna.
Hierna sou God Homself as die God van Bet-El aan Jakob bekendstel in van hulle volgende ontmoetings (; ) en Jakob ook aanmoedig om sy belofte na te kom om ʼn altaar – later ʼn tempel – vir die Here daar te bou (). Hy sou ook ʼn tyd lank daar bly in opdrag van die Here.
Boodskap
Dit is ʼn ryk en betekenisvolle gedeelte. Dit wys hoe God deur menslike planne sy eie plan ten uitvoer bring – Rebekka en Isak se keuse van ʼn vrou vir Jakob uit hulle eie familie. Dit wys hoe ʼn halfhartige poging tot gehoorsaamheid ʼn mens nie regtig baat nie – Esau se keuse vir ʼn derde vrou uit Ismael se nageslag. Dit wys ook hoe God se soewereine roeping die enigste wyse is waarop sy beloftes in vervulling gaan – Jakob se ervaring by Bet-El.
Dit is ook duidelik dat die Here hier met ʼn beslissende proses begin om Jakob te skuif van ʼn passiewe gelowige wat die voordeel van sy ouers se geloof geniet, na ʼn aktiewe gelowige waarin hy self aan die Here in gehoorsaamheid vasgryp. Dié proses sou eers met die terugkoms na Kanaän voltooi word by die Jabbokrivier waar Jakob weer die engele teëkom en in ʼn worsteling die nag God van aangesig tot aangesig sien ().
Die belofte dat God by Jakob sal wees, is daarby ʼn belofte wat nie net telkens aan geloofshelde in die OT herhaal is nie – Moses (Eks. 3:12), Josua (), Gideon (Rigt. 6:16) – maar in die Here Jesus Christus ʼn persoonlike realiteit vir elke kind van God geword het. Jesus kry ook die naam: “Immanuel”, dit is: “God met ons” (; vgl. Jes. 7:14). Die wonder van ons verkiesing in Christus is dat hierdie belofte ook vir ons waar geword het.
Die Hebreërskrywer pas dié belofte toe op elke gelowige, interessant genoeg ook in die konteks van die huwelik, presies soos dit hier in aan die orde kom. “Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.” (). Daaraan word die vermaning gekoppel dat gelowiges hulle lewe vry van geldgierigheid moet hou en tevrede moet wees met wat hulle het. Die motivering? “God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.’ Daarom kan ons met vertroue sê: ‘Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan my doen?” ( – laasgenoemde sin is aangehaal uit ).
Daar is nog meer wat ʼn mens kan sê oor die realiteit van hierdie visie op die engele. praat van die beskerming van engele wat moontlik op hierdie visie van Jakob geskoei is, hoewel die Here Jesus in die versoeking van die duiwel om dié belofte van God te misbruik, teenstaan (). Dit vorm egter wel deel van die groter visie van God se belofte van sy teenwoordigheid, soos Jesus wel ervaar ná die versoeking: “daar het engele gekom en Hom versorg.” (). Maar daaroor ʼn ander dag!
39 – Jakob word sterk in die stryd met Laban
Jakob se verhaal in Haran by Laban en sy twee dogters, Lea en Ragel, word in drie episodes verspreid oor twee hoofstukke vertel. In die eerste episode word die verhaal van Jakob se troue met twee vroue, Lea en Ragel, vertel weens Laban se bedrog – 29:1-20. In die tweede episode word die verhaal van Jakob se kinders by dié twee vroue van hom vertel ten spyte van die hewige onderlinge konflik tussen die vroue – 29:21-30:24. In die derde episode word Jakob se stryd om Laban se bedrog in ʼn voordeel vir homself om te swaai, vertel – 30:25-43. Ek gaan dit dus as ʼn eenheid hanteer in drie episodes.
– Jakob trou met Lea en Ragel weens Laban se bedrog
Jakob het sy reis voortgesit – “sy voete opgetel” – na sy familie in die ooste. Soos dit vroeër die geval was met die slaaf wat vir sy pa, Isak, ʼn vrou gaan soek het, speel ʼn waterput weer ʼn belangrike rol om Jakob by die regte adres uit te bring.
Anders as met Rebekka wat die slaaf gehelp het om sy kamele te laat drink, is dit hierdie keer Jakob wat uit sy pad uit gaan om Ragel te help om haar vee te laat suip. Van die eerste kontak af met haar is dit duidelik dat daar ʼn vonk is tussen dié twee.
Laban bied aan dat Jakob vir hom teen betaling werk, want Jakob kom daar aan sonder enige rykdom. Jakob soek egter net een ding van Laban, sy beeldskone – in liggaamsbou en gelaat – dogter Ragel. Hy is bereid om sewe jaar vir haar te werk, ʼn tyd wat vir hom soos ʼn gedagte verbygevlieg het.
Laban bedrieg hom egter met Lea, die een met die sagte (of dowwe) oë, sodat hy uiteindelik nie net met twee vroue trou nie, maar op die koop toe nog sewe jaar vir Laban moes werk. Laban se gierigheid bepaal al sy verhoudinge, hierdie keer tot Jakob se nadeel.
Albei vroue bring ook ʼn slavin in Jakob se huishouding, Silpa saam met Lea en Bilha saam met Ragel. Dit sorg vir ʼn uiters ingewikkelde familieverhouding waaruit ʼn hele aantal kinders gebore is.
Jakob het vir Ragel baie liewer gehad as vir Lea al moes hy nog sewe jaar by Laban vir haar werk.
– Jakob se familie brei uit ten spyte van konflik tussen sy twee vroue
Van die begin af definieer die wedywering om die aandag van Jakob dié twee vroue, Lea en Ragel, se onderlinge verhouding. Dit hou net nie op nie! Jakob maak dit ook nie makliker nie, want hy maak geen geheim daarvan dat hy Ragel verkies nie. Soos sy pa Isak dit met Esau gedoen het …
Gou kom ʼn mens egter agter dat die Here alles raaksien en tussenbeide tree deur Jakob vir sy ongelyke hantering te dissiplineer. Lea ontvang kinders van die Here, maar Ragel bly kinderloos.
Elkeen van die kinders word ook name gegee wat iets van die worstelstryd om die liefde van Jakob in dié bigame en later poligame huwelik illustreer. Met elke geboorte is Jakob waarskynlik herinner aan dieselfde stryd wat daar in sy ouerhuis was tussen hom en sy tweelingbroer Esau om Isak se seën. As hy maar net wou leer!
Die eerste vier kinders word almal vir Lea gebore. Met elkeen spreek sy die hoop uit dat Jakob haar sal liefhê soos hy vir Ragel lief was:
•Lea se eersgebore Ruben se naam is ʼn loflied aan die Here dat hy: “my smart raakgesien” het.
•Lea se tweede oudste kry die naam Simeon waarmee sy die Here loof dat hy haar: “gehoor” het.
•Lea se derde seun kry die naam Levi wat verband hou met die Hebreeuse woord vir “gebind wees”. Haar hoop was Jakob deur dié seun aan haar gebind sou wees. Hoewel dit nie geslaag het nie, was dit ʼn gepaste naam vir die geslag priesters en Leviete wat hierna die volk aan die Here sou “bind”.
•Lea se vierde seun kry die naam Juda wat weereens ʼn loflied aan die Here is en inderdaad die betekenis van “prys” dra. Uit hierdie geslag sou al die Dawidiese konings gebore word en uiteindelik die Messias, ons Here Jesus Christus.
Die volgende twee kinders word vir Bilha, Ragel se slavin, gebore, omdat Ragel kinderloos gebly het. Soos Sara dit met Hagar gedoen het, wil Ragel op dié manier haar kinderloosheid oplos. Let op hoe bewus Jakob is van die Here se rol in dit alles toe hy haar jaloerse beskuldiging antwoord met: “Kan ek God se werk oorneem? Dit is Hy wat sorg dat jy nie swanger word nie.”
Ragel het deur Bilha twee kinders, maar dié keer, anders as wat die geval was met Sara wat Hagar en Ismael weggestuur het, bly dié twee kinders deel van die groterwordende familie en vorm uiteindelik deel van die twaalfstamme ryk van Israel.:
•Bilha se eerste kind kry die naam Dan waarmee Ragel haar interpretasie verwoord dat die Here: “in my guns uitspraak gelewer” het.
•Bilha se tweede kind kry die naam Naftali waarmee Ragel haar stryd met Lea verwoord: “ek was in ’n bitter swaar stryd gewikkel”.
Lea was natuurlik nie links nie en doen dieselfde met haar slavin Silpa wat ook twee kinders vir Jakob in die wêreld bring:
•Silpa se eerste kind kry die naam Gad wat verband hou met die Hebreeuse woord vir “gelukkig”.
•Silpa se tweede kind kry die naam Aser wat ook verband hou met die Hebreeuse woord vir “gelukkig”.
In ʼn wending in die stryd om Jakob se aandag “verkoop” Ragel Jakob se liefde aan Lea vir ʼn aantal liefdesappels (waarskynlik mandrakes wat met seksuele begeerte en fertiliteit geassosieer is) wat Ruben vir sy ma in die oestyd gepluk het. Lea word geseën met nog twee eie seuns sowel as ʼn dogter:
•Haar vyfde eie kind kry die naam Issaskar wat verband hou met die Hebreeuse woord vir “loon”. Die Here het haar dus beloon met nog ʼn kind is haar interpretasie.
•Haar sesde eie kind kry die naam Sebulon wat verband hou met die Hebreeuse woord vir “bly by”. Haar droom is dat haar man by haar sal bly, ʼn droom wat met die konstante wedywering van drie ander vrouens ʼn onhaalbare droom gebly het. Tog sou Sebulon (en ook Naftali, haar tweede kind by Silpa) die plek word waar Jesus in Kapernaum gaan bly het () soos dit in Jesaja voorspel is (Jes. 8:23). Daarmee is hulle historiese vernedering opgehef.
•Daarna het Lea ook ’n dogter in die wêreld gebring en haar Dina
Uiteindelik verhoor God Ragel se volgehoue gebed om ʼn eie kind.
•Ragel het swanger geword en haar eerste eie kind Josef in die wêreld gebring. Interessant genoeg noem sy jaar seun Josef, wat beteken “byvoeg”. “Want,” het sy gesê: “die Here sal my nog ’n seun gee.” En dit is inderdaad wat ʼn paar jaar later op die terugreis na Kanaän gebeur het, hoewel dit haar dood gekos het.
Nie net het God met Josef haar skande van kinderloosheid weggeneem nie, maar iemand gegee wat ʼn groot rol in die toekoms van die volk Israel sou speel. Josef se byvoeging is dus nie net ter wille van Ragel se behoefte aan ʼn kind nie, maar ter wille van ʼn baie groter plan waarvan Ragel nie eers naastenby die impak kon besef nie. Dit laat ons ook verstaan waarom dit regtig gaan in gebedsverhoring. Daar is altyd meer by betrokke as die doodgewone antwoord op gebed!
– Jakob se rykdom groei ten spyte van die bedrog van Laban
Jakob besluit met die geboorte van Josef dat die tyd vir sy terugkeer aangebreek het. Dit is min of meer veertien jaar ná hy daar aangekom het, hoewel dit nie presies aangedui word nie. Die gierige Laban wil egter nie die seën van God, wat hy weet om Jakob se ontwil sy deel geword het, ontbeer nie. Hy bedrieg Jakob nog ʼn keer deur al die diere wat Jakob kies om as beloning te neem – die gestreepte en bont kleinvee – af te keer en weg te steek drie dae se trek van Jakob af.
Jakob is egter nie onder ʼn kalkoen uitgebroei nie en werk die volgende ses jaar kliphard om ʼn groot rykdom aan kleinvee op te bou.
Sy metodiek om die kleinvee by die gestreepte afgeskilde lote van populiere, amandels en plataanbome te laat dek, sowel as om hulle in die rigting van die gevlekte en swart vee van Laban te laat kyk, val ietwat vreemd op. Dit verteenwoordig waarskynlik ʼn bygeloof uit daardie tyd, hoewel die feit dat hy net met die sterker diere teel en die swakkes uitlos, ʼn briljante werkbare plan was om ʼn groot kudde diere vir hom op te bou. Saam met sy slavinne en slawe, sy kamele en donkies, het Jakob nou ʼn ryk en magtige man geword.
Boodskap
Dit is weereens só ʼn ryk gedeelte dat ʼn mens ʼn hele aantal perspektiewe hieruit van toepassing in jou lewe kan maak.
Ek het nou al verskeie kere oor die problematiek van bigamie en poligamie geskryf, maar kan nie anders as om net weer te onderstreep watter groot probleem dit vir die geloofsgemeenskap was nie. Eerder as dat meer as een vrou die probleem van kinderloosheid oplos, vererger dit die wyse waarop die nageslag van dié meervoudige metgeselle met mekaar moet saamleef.
Die besluit van waarskynlik veral Lea se nasate om Josef te verkoop aan die Midianiete is moontlik ʼn onafwendbare gevolg van die feit dat Jakob hulle ma, Lea, nie gelykwaardig aan sy tweede vrou, Ragel, behandel het nie (). En dan praat ons nie eers van die primêre konflik wat dit tussen die vroue onderling veroorsaak nie.
Geen wonder die wet reflekteer die afkeur van bigamie en poligamie in Levitikus se verbod daarop: “Solank jou vrou lewe, mag jy nie met haar suster trou nie. Daar sal vyandskap tussen hulle ontstaan as jy met albei gemeenskap het.” ().
Nie dat veral die koninklikes hulle daaraan gesteur het nie, soos veral die verhaal van Salomo illustreer. Die skrywer van Konings is egter met reg uiters afkeurend oor Salomo se liefde vir vroue (en perde). Die baie vroue het hom verlei: “om ander gode te dien. Toe het hy die Here sy God nie meer met soveel toewyding gedien soos sy pa (Dawid) nie. Hy het Astarte, die godin van die Sidoniërs, en Milkom, die afskuwelike god van die Ammoniete, gedien.” (1 Kon. 11:4-5).
Tot Jakob se krediet hou hy sy familie beter bymekaar as wat sy oupa Abraham dit reggekry het. Die Here seën hom ook deurdat elkeen van dié twaalf seuns – Benjamin word op pad terug gebore – ʼn plek binne die twaalfstamme ryk kry, sowel as uiteindelik ʼn deel van die beloofde land.
Dit is ook die evangelie in die verhaal. Dat dié familie tot ʼn magtige volk saamgesnoer word, ten spyte van die onderlinge jaloesie en konflik, getuig van God se genade wat van bedrieërs bedienaars maak, en van vyande vriende. Nie dat dit ʼn eenvoudige proses was nie. Maar God se genade vir hierdie geloofsgemeenskap skep inderdaad ʼn toekoms nie net vir hulleself nie, maar vir die hele wêreld.
Die verhaal wys ook hoe die uitmergelende stryd wat Jakob moes voer om sy merk in die lewe te maak nie net vir hom rykdom gebring het nie, maar veral sy karakter gebou het en van hom ʼn sterk mens en dienskneg van God gemaak het. Hierna sou dié stryd tot ʼn worsteling met God self oorgaan wat ʼn onuitwisbare vastigheid in sy verhouding met God gebring het.
Dit kan ook nooit anders met wees met die kinders van God nie. Soos Paulus jare later sou skryf:
“Weet julle nie dat atlete wat aan ’n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan ’n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ’n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ’n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ’n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.” (1 Kor. 9:24-27).
40 – Jakob word sterk in die stryd met Laban
Jakob se verhaal in Haran by Laban en sy twee dogters, Lea en Ragel, word in drie episodes verspreid oor twee hoofstukke vertel. In die eerste episode word die verhaal van Jakob se troue met twee vroue, Lea en Ragel, vertel weens Laban se bedrog – 29:1-20. In die tweede episode word die verhaal van Jakob se kinders by dié twee vroue van hom vertel ten spyte van die hewige onderlinge konflik tussen die vroue – 29:21-30:24. In die derde episode word Jakob se stryd om Laban se bedrog in ʼn voordeel vir homself om te swaai, vertel – 30:25-43. Ek gaan dit dus as ʼn eenheid hanteer in drie episodes.
– Jakob trou met Lea en Ragel weens Laban se bedrog
Jakob het sy reis voortgesit – “sy voete opgetel” – na sy familie in die ooste. Soos dit vroeër die geval was met die slaaf wat vir sy pa, Isak, ʼn vrou gaan soek het, speel ʼn waterput weer ʼn belangrike rol om Jakob by die regte adres uit te bring.
Anders as met Rebekka wat die slaaf gehelp het om sy kamele te laat drink, is dit hierdie keer Jakob wat uit sy pad uit gaan om Ragel te help om haar vee te laat suip. Van die eerste kontak af met haar is dit duidelik dat daar ʼn vonk is tussen dié twee.
Laban bied aan dat Jakob vir hom teen betaling werk, want Jakob kom daar aan sonder enige rykdom. Jakob soek egter net een ding van Laban, sy beeldskone – in liggaamsbou en gelaat – dogter Ragel. Hy is bereid om sewe jaar vir haar te werk, ʼn tyd wat vir hom soos ʼn gedagte verbygevlieg het.
Laban bedrieg hom egter met Lea, die een met die sagte (of dowwe) oë, sodat hy uiteindelik nie net met twee vroue trou nie, maar op die koop toe nog sewe jaar vir Laban moes werk. Laban se gierigheid bepaal al sy verhoudinge, hierdie keer tot Jakob se nadeel.
Albei vroue bring ook ʼn slavin in Jakob se huishouding, Silpa saam met Lea en Bilha saam met Ragel. Dit sorg vir ʼn uiters ingewikkelde familieverhouding waaruit ʼn hele aantal kinders gebore is.
Jakob het vir Ragel baie liewer gehad as vir Lea al moes hy nog sewe jaar by Laban vir haar werk.
– Jakob se familie brei uit ten spyte van konflik tussen sy twee vroue
Van die begin af definieer die wedywering om die aandag van Jakob dié twee vroue, Lea en Ragel, se onderlinge verhouding. Dit hou net nie op nie! Jakob maak dit ook nie makliker nie, want hy maak geen geheim daarvan dat hy Ragel verkies nie. Soos sy pa Isak dit met Esau gedoen het …
Gou kom ʼn mens egter agter dat die Here alles raaksien en tussenbeide tree deur Jakob vir sy ongelyke hantering te dissiplineer. Lea ontvang kinders van die Here, maar Ragel bly kinderloos.
Elkeen van die kinders word ook name gegee wat iets van die worstelstryd om die liefde van Jakob in dié bigame en later poligame huwelik illustreer. Met elke geboorte is Jakob waarskynlik herinner aan dieselfde stryd wat daar in sy ouerhuis was tussen hom en sy tweelingbroer Esau om Isak se seën. As hy maar net wou leer!
Die eerste vier kinders word almal vir Lea gebore. Met elkeen spreek sy die hoop uit dat Jakob haar sal liefhê soos hy vir Ragel lief was:
•Lea se eersgebore Ruben se naam is ʼn loflied aan die Here dat hy: “my smart raakgesien” het.
•Lea se tweede oudste kry die naam Simeon waarmee sy die Here loof dat hy haar: “gehoor” het.
•Lea se derde seun kry die naam Levi wat verband hou met die Hebreeuse woord vir “gebind wees”. Haar hoop was Jakob deur dié seun aan haar gebind sou wees. Hoewel dit nie geslaag het nie, was dit ʼn gepaste naam vir die geslag priesters en Leviete wat hierna die volk aan die Here sou “bind”.
•Lea se vierde seun kry die naam Juda wat weereens ʼn loflied aan die Here is en inderdaad die betekenis van “prys” dra. Uit hierdie geslag sou al die Dawidiese konings gebore word en uiteindelik die Messias, ons Here Jesus Christus.
Die volgende twee kinders word vir Bilha, Ragel se slavin, gebore, omdat Ragel kinderloos gebly het. Soos Sara dit met Hagar gedoen het, wil Ragel op dié manier haar kinderloosheid oplos. Let op hoe bewus Jakob is van die Here se rol in dit alles toe hy haar jaloerse beskuldiging antwoord met: “Kan ek God se werk oorneem? Dit is Hy wat sorg dat jy nie swanger word nie.”
Ragel het deur Bilha twee kinders, maar dié keer, anders as wat die geval was met Sara wat Hagar en Ismael weggestuur het, bly dié twee kinders deel van die groterwordende familie en vorm uiteindelik deel van die twaalfstamme ryk van Israel.:
•Bilha se eerste kind kry die naam Dan waarmee Ragel haar interpretasie verwoord dat die Here: “in my guns uitspraak gelewer” het.
•Bilha se tweede kind kry die naam Naftali waarmee Ragel haar stryd met Lea verwoord: “ek was in ’n bitter swaar stryd gewikkel”.
Lea was natuurlik nie links nie en doen dieselfde met haar slavin Silpa wat ook twee kinders vir Jakob in die wêreld bring:
•Silpa se eerste kind kry die naam Gad wat verband hou met die Hebreeuse woord vir “gelukkig”.
•Silpa se tweede kind kry die naam Aser wat ook verband hou met die Hebreeuse woord vir “gelukkig”.
In ʼn wending in die stryd om Jakob se aandag “verkoop” Ragel Jakob se liefde aan Lea vir ʼn aantal liefdesappels (waarskynlik mandrakes wat met seksuele begeerte en fertiliteit geassosieer is) wat Ruben vir sy ma in die oestyd gepluk het. Lea word geseën met nog twee eie seuns sowel as ʼn dogter:
•Haar vyfde eie kind kry die naam Issaskar wat verband hou met die Hebreeuse woord vir “loon”. Die Here het haar dus beloon met nog ʼn kind is haar interpretasie.
•Haar sesde eie kind kry die naam Sebulon wat verband hou met die Hebreeuse woord vir “bly by”. Haar droom is dat haar man by haar sal bly, ʼn droom wat met die konstante wedywering van drie ander vrouens ʼn onhaalbare droom gebly het. Tog sou Sebulon (en ook Naftali, haar tweede kind by Silpa) die plek word waar Jesus in Kapernaum gaan bly het () soos dit in Jesaja voorspel is (Jes. 8:23). Daarmee is hulle historiese vernedering opgehef.
•Daarna het Lea ook ’n dogter in die wêreld gebring en haar Dina
Uiteindelik verhoor God Ragel se volgehoue gebed om ʼn eie kind.
•Ragel het swanger geword en haar eerste eie kind Josef in die wêreld gebring. Interessant genoeg noem sy jaar seun Josef, wat beteken “byvoeg”. “Want,” het sy gesê: “die Here sal my nog ’n seun gee.” En dit is inderdaad wat ʼn paar jaar later op die terugreis na Kanaän gebeur het, hoewel dit haar dood gekos het.
Nie net het God met Josef haar skande van kinderloosheid weggeneem nie, maar iemand gegee wat ʼn groot rol in die toekoms van die volk Israel sou speel. Josef se byvoeging is dus nie net ter wille van Ragel se behoefte aan ʼn kind nie, maar ter wille van ʼn baie groter plan waarvan Ragel nie eers naastenby die impak kon besef nie. Dit laat ons ook verstaan waarom dit regtig gaan in gebedsverhoring. Daar is altyd meer by betrokke as die doodgewone antwoord op gebed!
– Jakob se rykdom groei ten spyte van die bedrog van Laban
Jakob besluit met die geboorte van Josef dat die tyd vir sy terugkeer aangebreek het. Dit is min of meer veertien jaar ná hy daar aangekom het, hoewel dit nie presies aangedui word nie. Die gierige Laban wil egter nie die seën van God, wat hy weet om Jakob se ontwil sy deel geword het, ontbeer nie. Hy bedrieg Jakob nog ʼn keer deur al die diere wat Jakob kies om as beloning te neem – die gestreepte en bont kleinvee – af te keer en weg te steek drie dae se trek van Jakob af.
Jakob is egter nie onder ʼn kalkoen uitgebroei nie en werk die volgende ses jaar kliphard om ʼn groot rykdom aan kleinvee op te bou.
Sy metodiek om die kleinvee by die gestreepte afgeskilde lote van populiere, amandels en plataanbome te laat dek, sowel as om hulle in die rigting van die gevlekte en swart vee van Laban te laat kyk, val ietwat vreemd op. Dit verteenwoordig waarskynlik ʼn bygeloof uit daardie tyd, hoewel die feit dat hy net met die sterker diere teel en die swakkes uitlos, ʼn briljante werkbare plan was om ʼn groot kudde diere vir hom op te bou. Saam met sy slavinne en slawe, sy kamele en donkies, het Jakob nou ʼn ryk en magtige man geword.
Boodskap
Dit is weereens só ʼn ryk gedeelte dat ʼn mens ʼn hele aantal perspektiewe hieruit van toepassing in jou lewe kan maak.
Ek het nou al verskeie kere oor die problematiek van bigamie en poligamie geskryf, maar kan nie anders as om net weer te onderstreep watter groot probleem dit vir die geloofsgemeenskap was nie. Eerder as dat meer as een vrou die probleem van kinderloosheid oplos, vererger dit die wyse waarop die nageslag van dié meervoudige metgeselle met mekaar moet saamleef.
Die besluit van waarskynlik veral Lea se nasate om Josef te verkoop aan die Midianiete is moontlik ʼn onafwendbare gevolg van die feit dat Jakob hulle ma, Lea, nie gelykwaardig aan sy tweede vrou, Ragel, behandel het nie (). En dan praat ons nie eers van die primêre konflik wat dit tussen die vroue onderling veroorsaak nie.
Geen wonder die wet reflekteer die afkeur van bigamie en poligamie in Levitikus se verbod daarop: “Solank jou vrou lewe, mag jy nie met haar suster trou nie. Daar sal vyandskap tussen hulle ontstaan as jy met albei gemeenskap het.” ().
Nie dat veral die koninklikes hulle daaraan gesteur het nie, soos veral die verhaal van Salomo illustreer. Die skrywer van Konings is egter met reg uiters afkeurend oor Salomo se liefde vir vroue (en perde). Die baie vroue het hom verlei: “om ander gode te dien. Toe het hy die Here sy God nie meer met soveel toewyding gedien soos sy pa (Dawid) nie. Hy het Astarte, die godin van die Sidoniërs, en Milkom, die afskuwelike god van die Ammoniete, gedien.” (1 Kon. 11:4-5).
Tot Jakob se krediet hou hy sy familie beter bymekaar as wat sy oupa Abraham dit reggekry het. Die Here seën hom ook deurdat elkeen van dié twaalf seuns – Benjamin word op pad terug gebore – ʼn plek binne die twaalfstamme ryk kry, sowel as uiteindelik ʼn deel van die beloofde land.
Dit is ook die evangelie in die verhaal. Dat dié familie tot ʼn magtige volk saamgesnoer word, ten spyte van die onderlinge jaloesie en konflik, getuig van God se genade wat van bedrieërs bedienaars maak, en van vyande vriende. Nie dat dit ʼn eenvoudige proses was nie. Maar God se genade vir hierdie geloofsgemeenskap skep inderdaad ʼn toekoms nie net vir hulleself nie, maar vir die hele wêreld.
Die verhaal wys ook hoe die uitmergelende stryd wat Jakob moes voer om sy merk in die lewe te maak nie net vir hom rykdom gebring het nie, maar veral sy karakter gebou het en van hom ʼn sterk mens en dienskneg van God gemaak het. Hierna sou dié stryd tot ʼn worsteling met God self oorgaan wat ʼn onuitwisbare vastigheid in sy verhouding met God gebring het.
Dit kan ook nooit anders met wees met die kinders van God nie. Soos Paulus jare later sou skryf:
“Weet julle nie dat atlete wat aan ’n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan ’n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ’n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ’n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ’n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.” (1 Kor. 9:24-27).
41 – Die Here stuur Jakob as ʼn ryk man weer terug na Kanaän
Na twintig jaar in die vreemde raak die verlange na sy vaderland vir Jakob te veel. Laban se seuns het ook al hoe meer jaloers geraak op Jakob se vermoë om slegte situasies om te keer in ʼn voordeel vir homself. Jakob het net te ryk en te sterk geword vir hulle. Ook Laban het ongemaklik geraak met Jakob se sukses.
In dié situasie hoor Jakob die roepstem van die Here: “Gaan terug na jou vaderland, na jou familie toe.” Weereens herhaal die Here die belofte van vroeër by Bet-El: “Ek sal by jou wees.”
Let op hoe effektief Jakob telkens Laban se houding teenoor hom kontrasteer met wat God vir hom gedoen het as ʼn motivering vir sy twee vroue, Ragel en Lea, dat hulle moet trek. Laban, sê Jakob, voel nie meer soos voorheen oor my nie. Maar, die God van my vader was by my. Laban het my bedrieg, maar God het hom nie toegelaat om my te benadeel nie. Laban, sê Jakob, het my met die kleinvee probeer bedrieg, maar God het Laban se besittings vir my gegee.
Dit dek egter net die tafel vir die eintlike beweegrede vir sy trek terug na sy land toe. Die Engel van God het in ʼn droom aan hom verskyn en opdrag gegee om terug te trek. Dit is duidelik uit die inhoud van die gesprek met Jakob dat dit God self is wat met hom kommunikeer, dieselfde God wat by Bet-El aan hom verskyn het.
Dit oortuig Ragel en Lea om in te val by sy voorneme: “Doen dus gerus maar alles wat God vir jou gesê het.” Dat Jakob hulle in dié geval gelyk hanteer, het waarskynlik ook ʼn rol gespeel in hulle gesamentlike aanvaarding van sy voorneme.
Jakob laat daarom nie gras onder sy voete groei nie en neem al sy besittings en begin die lang trek terug na Kanaän toe. Laban was juis weg om sy skape te skeer wat Jakob ʼn voorsprong gegee het.
Daar is duidelik ʼn reuse verskil tussen die lewende God wat in dié verhaal optree in kontras met die afgodsbeeldjies wat Ragel van haar pa gesteel het. God het nie net aan Jakob verskyn nie, maar doen dieselfde met Laban om hom te waarsku om versigtig te wees met wat hy vir Jakob sê in hulle ontmoeting. Die Here tree dinamies op in die praktyk van hulle lewe terwyl die afgodsbeeldjies so passief is dat hulle selfs gesteel kan word, trouens op gesit kan word, soos dit inderdaad gebeur toe Ragel hulle onder haar wegsteek.
Dit is ook ironies dat hulle daarmee “onrein” raak vanweë Ragel se menstruasie, selfs al het sy dit net voorgegee. Dit is eintlik ook skreeusnaaks dat Laban se soektog vir sy afgodsbeeldjies niks oplewer nie. Hy kan sy afgode nie opspoor nie, want hulle kan nie vir hulleself praat nie, laat staan nog enigiets effektiefs doen. Dit terwyl die lewende God in geen onseker terme die gang van sake bepaal van alle partye wat in hierdie konfliksituasie betrokke is.
Jakob benut die geleentheid om sy frustrasie met die bedrog van Laban uit te spreek en beroep hom op God se sorg en beskerming regdeur die tyd by Laban. Dié God, sê Jakob, is die God van sy voorvaders wat gesien het hoe hard hy gewerk het en daarom in Jakob se guns besluit het in die geskil tussen hom en Laban.
Laban besef dat hy hier sterk tweede viool speel en vra dat hulle ʼn ooreenkoms sal sluit. ʼn Herinneringsklip word as getuienis daarvan opgerig. Die twee name vir die plek beteken albei “getuienis”. Jegar-Sahaduta is die Aramees en Galed Hebreeus. Hulle eet ʼn maaltyd wat dié ooreenkoms beseël.
Laban gee die herinneringsklip ook ʼn ekstra naam, Mispa, wat beteken: “die Here hou ’n oog oor ons wanneer ons mekaar nie meer kan sien nie.” Daarmee maak hy aanspraak op die Here as getuie van die ooreenkoms tussen hulle. Hy verwag dat Jakob goed sal kyk na sy kinders en belowe om nie self teen Jakob op te trek in oorlog nie.
Hy roep daarmee die God van Abraham – Jakob se oupa – en die God van Nahor – sy eie oupa – as getuie en regter op in die toekomstige kontak tussen hulle nasate. Jakob lê net ʼn eed af by die Naam van die Beskermer van Isak, sy pa.
Hiermee is ʼn belangrike ooreenkoms voor God gesluit. In die oorloë wat wel later jare tussen dié twee nasies gewoed het, het God telkens opgetree as getuie en regter. Lees gerus van die oorloë tussen Dawid en die Arameërs van Damaskus (), ook hulle samewerking toe hulle aan Dawid onderhorig geword het (). Agab, die koning van Israel, sneuwel in die oorlog teen die Arameërs weens God se besluit (1 Kon. 22), terwyl Naäman, die Arameër, genade ontvang van dieselfde God deur die werk van Elisa, en van sy melaatsheid genees word. Die getuienis van ʼn jong vyfjarige dogtertjie wat op een van die Arameërs se veldtogte buitgemaak is en in sy huishouding moes werk, speel daarin ʼn belangrike rol (2 Kon. 5).
ʼn Mens kan ook nie anders as om die baie belangrike bekering van ʼn jong Saulus op pad na Damaskus in herinnering te roep nie … (Hand. 9). Soos die profeet Sagaria vroeër sou sê: “Die woord van die Here is ook in Gadrak, en Hy het ook in Damaskus sy woonplek. Die Here sien alle mense, nie net al die stamme van Israel nie.” (Sag. 9:1 vv.)
Boodskap
Die verhaal se betekenis lê op ten minste twee vlakke.
Op die eerste vlak gee die verhaal ʼn mens perspektief op die latere konflikte tussen Israel en die Arameërs, twee nasies wat vanuit dieselfde familie ontstaan en mettertyd in opposisie teen mekaar te staan gekom het. Tera was die voorvader van beide die nageslag van Abraham, Isak en Jakob en die nageslag van Nahor, Betuel, en Laban. Soos die twee volkere groter en groter geword het, het die onderlinge konflikte geëskaleer en van tyd tot tyd tot volskaalse oorlog aanleiding gegee.
Dit is op ʼn tweede vlak ook duidelik dat albei volke die Here aanbid het. Daar is egter ʼn reuse verskil. Abraham se nageslag het Hom as die enigste God aanbid. Nahor se nageslag het Hom net as ʼn God onder die gode aanbid.
Dit verklaar hoekom die getuienis van die Israeliete die toets van die tyd deurstaan het. Uit dié geloofsgemeenskap is die Messias uiteindelik gebore wat tot ʼn seën van die wêreld sou wees. Die Arameërs se getuienis was altyd ʼn gemengde werklikheid wat die Godsbeeld in hulle geskiedenis verduister het. Hoewel hulle die pad saam met die Godsvolk begin het, het hulle liefde vir ander gode hulle van die pad af verlei.
Daarmee kan die Here Homself nooit vereenselwig nie. Soos die wet later sou uitspel: “Jy mag naas My geen ander gode hê nie. Jy mag nie vir jou ’n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My.” (Eks. 20:3-5). Die wortels vir dié duidelike riglyn vir die geloofslewe lê onder andere in dié verhaal van Jakob en Laban en die God van Bet-El en die afgodsbeeldjies waarop Ragel kon sit …
Dieselfde boodskap kan daarom aan ons gerig word. Ons durf ook nie enige ander lojaliteit hê benewens God self nie. Hy is ons Beskermer. Hy is ons Begeleier. Hy is die een wat Bystaan. Hy is die God van Bet-El wat Jakob eenmaal bygestaan het, en dit altyd ook vir ons sal doen. Dit is van Hom wat ons ons seën kan verwag, soos Jakob in die volgende hoofstuk van sal getuig in sy worsteling met God self.
42 – Jakob worstel enduit met God en word verander van bedrieër na begenadigde
Soos Jakob se vlug uit Kanaän deur engele begelei is, só gebeur dit ook nou met sy terugkeer. Waar die ervaring met die engele by Bet-El vir Jakob ʼn betroubare kontakpunt met die hemel gegee het met die eksplisiete belofte dat God by hom sal wees (), gee hierdie ervaring met die engele by Maganajim vir Jakob ʼn verdere vaste vertrekpunt vir sy stryd op die aarde met die implisiete belofte dat die “leër van God” by hom sal wees ().
Die naam Maganajim beteken: “twee kampe” wat waarskynlik dui op die werklikheid van God se betrokkenheid by sy mense. Hulle vorm as’t ware: “twee kampe”, in die stryd vir die vestiging van God se koninkryk op aarde – God se kamp van engele, en Jakob se kamp van mense en diere.
Let op hoe dié tema van die “twee kampe” in die res van die verhaal ontvou. Aan die een kant probeer Jakob alles in sy vermoë om die uitdaging wat sy herontmoeting met Esau die hoof te bied.
•Hy stuur boodskappers om sy onderdanigheid aan Esau oor te dra. Nie dat dit veel help nie, want Esau was reeds met ʼn groot mag van vier honderd man op pad.
•Hy deel in sy angstigheid die mense by hom in twee groepe om die kanse dat hulle almal uitgewis word, te verminder.
•Hy bid tot die God van sy voorouers en ouers wat hom aangesê het om terug te gaan na Kanaän en belowe het om aan hom goed te doen. Nie dat hy dié gunsbewyse werd is nie, maar net op grond van God se belofte maak hy staat daarop dat: “Ek sal beslis goed doen aan jou.”
•Hy stuur ʼn reuse geskenk aan sy broer Esau – 580 bokke, skape, kamele, beeste en donkies – maar laat hulle ook in ʼn paar troppe trek ter wille van veiligheid. “Jakob het naamlik gedink: met die geskenk wat voor my uit gaan, sal ek probeer om hom in ’n goeie bui te kry. Dan sal ek na hom toe gaan en miskien ontvang hy my dan vriendelik.”
•Hy laat laaste van alles sy vroue en kinders en sy persoonlike besittings deur die Jabbokdrif trek.
Aan die ander kant bly Jakob uiteindelik heeltemal alleen agter waar ’n man die hele nag tot dagbreek toe met hom gestoei het. Sy stryd is nie met vlees en bloed, in die gestalte van sy broer Esau nie, maar met homself en met God, soos dit uit vers 29 blyk.
Jakob se stryd om die seën van sy pa het hy met bedrog in sy guns beslis. Hier vind hy sy meerdere in die stryd met God waarin hy nie kan wen nie, al hou hy enduit vol. Hy is uiteindelik afhanklik van God self om op soewereine wyse die seën vir hom ʼn werklikheid te maak.
Dat die man teen dagbreek gelos wil word, het waarskynlik daarmee te make dat geen mens God kan sien en bly lewe nie. Jakob word gevra om sy naam te gee vóór hy geseën kan word. Daarmee word Jakob gedwing om te erken dat hy ʼn bedrieër is, want dit is die betekenis van sy naam.
Die man se seën behels egter nie ʼn nuwe belofte aan Jakob nie, maar eerder ʼn nuwe naam, Israel (God stry), wat sy transformasie van bedrieër na begenadigde voltrek. Waar hy voorheen téén mense en selfs God gestry het, word God nou die een wat vír hom teen mense stry. Hiermee word dit ook duidelik dat dit hierdie God sal wees wat vir die volk wat uit Jakob gebore is, sal stry. Jakob se stryd met God het in ʼn stryd van God vir Jakob en sy nageslag verander.
Dat die man sy naam nie aan Jakob wil gee nie, is waarskynlik gemik daarop om die versoeking te voorkom om dié naam te misbruik, soos die wet eeue later sou uitspel: “Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik nie ongestraf laat bly nie.” (Eks. 20:7).
Jakob noem die plek Pniël (aangesig van God) om sy ontsag en dankbaarheid vir God te verwoord, “want, ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.” Nie dat hy God in die daglig gesien het nie, maar tog in die stryd in die donker van aangesig tot aangesig met God gekom het.
Hoe poëties en betekenisvol vervolg die skrywer nie met die afloop van dié ontmoeting met God nie: “Net toe Jakob by Pniël verbygaan, het die son opgekom.” ʼn Nuwe era het vir Jakob aangebreek. Die Here het Hom verbind nie net aan Jakob nie, maar aan Israel. God was nou die strydros vir die volk.
Dit is betekenisvol dat Jakob mank gebly het aan sy heup, en dat die Israeliete sy nagedagtenis geëer het met die gebruik om nie die skiatiese senuweebondel wat aan die heup vaskom, te eet nie. Soos die besnydenis hulle aan die verbond met Abraham herinner het, het die skiatiese senuweebondel hulle aan die verbond met Israel, dit is Jakob, herinner.
Jakob se arrogansie en verwaandheid het oorgegaan in afhanklikheid en nederigheid. Dit gee ʼn mens ʼn beter begrip vir die latere aanklag teen Edom, Esau se nageslag, se verwaandheid en afsydigheid, soos ʼn mens by die profeet Obadja lees.
Boodskap
Weereens lê die boodskap van dié verhaal op verskeie vlakke. Ek noem net drie.
In die eerste plek bemoedig die verhaal ons met die perspektief op die “twee kampe” in ons eie lewe. Ons hoef nie net staat te maak op ons eie vermoëns nie. God se teenwoordigheid met alles wat Hy tot sy beskikking het, is ook aan ons belowe.
Interessant genoeg sou Dawid ʼn paar eeue later dié plek Maganajim as ʼn toevlugsoord gebruik in sy eie stryd met sy seun Absalom waar hy selfs deur van die omringende nasies, onder andere Arameërs, versorg is met beddegoed (). Nog dieper, Elisa sou ook deeglik rekening hou met die werklikheid van die “twee kampe” toe hulle op ʼn keer omsingel was van die Arameërs. Hy het Gehasi gerusgestel: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” Elisa het toe gebid dat sy oë vir God se leërmag sal oop raak: “Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.” Toe die Here die oë van Gehasi oopmaak, kon hy sien dat die berge rondom Elisa vol was van perde en strydwaens van vuur (2 Kon. 6:16-17).
In die tweede plek bemoedig die verhaal ons met die perspektief dat in ons worstelstryd met God se wil vir ons lewe, ons op sy uiteindelike seën kan staatmaak. Dit is so dat die verhaal ʼn mens diep laat nadink oor jou persoonlike ambisie en die drang tot selfverwesenliking en waar die grense lê tussen mens en mens en tussen mens en God. Maar die evangelie van Jakob se transformasie van bedrieër na begenadigde is dat God ons nie kies vir wie en wat ons is nie, maar vir wie en wat Hý van ons kan maak.
Om die waarheid te sê, as ’n mens na Jakob se verhaal tot en met hier kyk, sien jy ’n aartsskelm en manipuleerder van formaat wat ten alle koste bo wil uitkom. Hy het ongelooflike beloftes van God, reeds van geboorte af, wat herhaal is in die woestyn toe hy van Esau af wegvlug, maar hy kies om self te probeer om te sorg dat hy bo uitkom.
En dan wanneer hy hom uiteindelik in God vasloop by die Jabbokrivier, sien jy dat Hy uiteindelik buig voor God en dat hy sy arrogansie en manipulasie los en Esau met nederigheid tegemoet loop. “God was baie goed vir my,” sê hy in die volgende hoofstuk vir sy broer en dít raak die getuienis van sy lewe wat tot vandag toe met ons spreek.
Op ʼn derde vlak kan ons kennis neem van die parallelle wat daar tussen ons ervaring en Jakob s’n is. Calvyn het in sy kommentaar op Genesis ons versoekings met die worsteling van Jakob verbind. Versoekings, sê Calvyn, is nie net ʼn worsteling met jou eie begeertes en behoeftes en die verleiding van die wêreld nie, maar baie keer ʼn worsteling met God self en sy wil vir jou lewe. In ʼn sekere sin, sê Calvyn, veg God téén ons en vír ons. Hy maak ons sterker in dié ervarings wat voel asof God téén ons is, deurdat dit juis Hy is wat ons die krag gee om te kan oorwin:
“For we do not fight against him, except by his own power, and with his own weapons; for he, having challenged us to this contest, at the same time furnishes us with means of resistance, so that he both fights against us and for us … in as much as he supplies us with more strength to resist than he employs in opposing us, we may truly and properly say, that he fights against us with his left hand, and for us with his right hand. For while he lightly opposes us, he supplies invincible strength whereby we overcome.” (John Calvin’s Commentaries on ).
43 – Jakob bely teenoor Esau dat God goed was vir hom
Waar Jakob die agterhoede gevorm het in die trek oor die Jakkobrivier, neem hy nou die voortou. Hy het verbygegaan tot heel voor, sy broer tegemoet. Die ervaring by die rivier het hom heeltemal verander. Esau het op sy beurt hom tegemoet gehardloop en omhels. Die wedersiens was ʼn emosionele katarsis vir beide.
Let op met hoeveel waardering Jakob oor sy vroue en kinders praat. Dit is die mense wat God in sy liefde aan hom gegee het. Dieselfde geld sy geskenke aan Esau, waarmee hy heel openlik en eerlik Esau se vriendskap probeer wen, waarskynlik veral in die lig van die bedrog waarmee hy hom vroeër hanteer het. Hy tref die vergelyking met die wyse waarop ʼn mens God se goedgesindheid probeer wen, só wil hy dit met Esau doen.
Let egter ook op dat Jakob alle hulp wat Esau aanbied met ʼn sagte maar ferm antwoord van die hand wys. God was goed vir hom. Hy wil nie nou van Esau afhanklik wees nie, en besluit ook om hom nie te vestig by Seïr nie. Dit was Esau se woonplek, die Edomitiese gebied oos van die Jordaan en nie deel van die beloofde land nie. Jakob gaan vir eers net tot by Sukkot, baie naby aan die Jabbokrivier, waar hy vir hom ’n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak het. Die plek is na die takkrale vernoem.
Uiteindelik druk Jakob deur tot by Sigem in Kanaän, die beloofde land, waar hy ʼn stuk grond vir honderd geldstukke by die seuns van Gamor, die pa van Sigem, gekoop het. Jakob het nou nie net self ʼn stuk grond besit in die beloofde land nie, maar ook daar ’n altaar gebou en dit genoem: “Die God van Israel is God”, ʼn duidelike verwysing na sy ervaring by die Jabbokrivier. Nog later sou hy sy belofte nakom om by Bet-El ʼn altaar te bou in erkenning dat die God wat daar aan hom verskyn het, sy belofte aan hom nagekom het, aan wie nou sy volle lojaliteit behoort het.
Sigem sou egter ook die plek van ʼn baie hartseer ervaring wees, soos ons in die volgende hoofstuk sal lees. Die beloofde land was steeds ʼn plek waar ongeregtigheid en onsedelikheid die botoon gevoer het.
Boodskap
Die kort hoofstuk vier die uitkoms van die pad wat God met Jakob gestap het. Hy het nie net van ʼn bedrieër in ʼn begenadigde verander nie, maar van ʼn berekende skelm in ʼn nederige erkentlike mens. God was inderdaad vir hom goed, nie net in terme van sy besittings en rykdom nie, maar veral in terme van die karakter- en geloofsvorming wat ons in hom kan raaksien.
Dat hy in Kanaän gaan bly, is nie net om onder sy broer se wakende oë uit te bly nie, maar om doelgerig gehoorsaam aan die Here te wees. Hy is teruggeroep na die beloofde land, en dít is waar hy homself vestig, selfs al het dié land sommer gou weer ʼn uitsonderlike uitdaging gestel in terme van die onreg en onsedelikheid wat daar gefloreer het.
44 – Dina se verkragting word met koelbloedige moord beantwoord
Dit is duidelik dat daar raakpunte is tussen dié verhaal van Dina en dié van beide Sara (; ) en Rebekka (). Soos dit die geval was met Abraham en Isak wat hulle vrouens in gevaar stel deur voor te gee hulle is nie getroud met hulle half-susters nie, so stel Jakob vir Dina in gevaar deur toe te laat dat sy gaan kuier by die dogters van die omgewing van Sigem. Maar anders as Sara en Rebekka, ly Dina direk onder die gevaar van die sedelose Kanaänitiese omgewing.
Die feit dat sy haarself ook in gevaar stel deur by die dogters van die omgewing te gaan kuier – Genesis waarsku regdeur dat daar geen kontak met die dogters van die land moet wees nie (Abraham se verbod aan sy slaaf in ,; Isak en Rebekka se verbod aan Jakob in 27:46; 28:1,6,8) – verskoon egter nie die tragedie dat sy die slagoffer word van Sigem nie – nogal ʼn volksleier! – wat haar sien, haar gryp, en haar verkrag.
Dit illustreer egter die onversoenbaarheid van die waardes van die geloofsgemeenskap met dié van die omringende heidense omgewing.
Dat Sigem vir Dina lief raak (“sy siel kleef aan haar”) – dit wil voorkom asof hy haar in sy huis gehou het, ʼn mens weet nie of dit teen haar sin was of nie (kyk vers 17,26) – verskoon egter nie die gruwelike onreg wat hy nie net vir haar nie, maar ook vir die geloofsgemeenskap aangedoen het nie. Hy het selfs haar hart probeer wen, hoewel sy opdrag aan sy pa om “daardie meisie/kind” vir my te kry sy brutale kant duidelik wys.
Jakob is egter duidelik minder bekommerd oor wat met Dina gebeur het as oor die effek wat dié situasie vir sy onderlinge verhouding met die inwoners van die land gaan hê. Daarom doen hy aanvanklik niks tot sy seuns terug is van die veld nie. Trouens, dit lyk asof hy hulle nie eers laat weet het nie. Hy raak ook nie direk betrokke in die onderhandelinge wat sy seuns met Sigem voer nie, al kyk hy klaarblyklik toe sonder om te praat.
Dit is duidelik dat dié verkragting vir Sigem se mense geen skande was nie. Daarom onderhandel hulle net oor die beste manier om dié ding te hanteer en bied aan dat die twee gemeenskappe onderling met mekaar vermeng.
Jakob se seuns het egter duidelik ʼn heeltemal ander waardestelsel gehad – die opdrag was immers baie duidelik dat daar geen vermenging met die Kanaänitiese bevolking mag wees nie – hoewel hulle handhawing daarvan gruwelik boos was. Hulle bied met voorbedagte rade aan dat Sigem se mense deur die besnydenis deel van die geloofsgemeenskap word, maar vermoor al die mans toe die aanbod aanvaar word en hulle op die derde dag onbekwaam is om hulleself te verdedig. Dit wil darem voorkom asof hulle die vrouens gespaar het, maar dit versag nie eintlik die onreg van die massaslagting nie.
Die broers het Dina uit Sigem se huis gaan haal en hulle optrede regverdig met die perspektief wat ook die gedeelte opsom: “Hy (Sigem) moes nie ons suster soos ʼn hoer behandel het nie!” ʼn Duidelike aanduiding dat geslagsgemeenskap buite die huwelik om as ʼn gruwel beskou is, soveel te meer as dit met iemand was wat nie deel van die geloofsgemeenskap was nie. “So iets doen ’n mens nie.”
Jakob is egter steeds meer ontsteld oor die dinge wat sy seuns doen, as oor wat met Dina gebeur het. Selfs ná die moord op die mense van Sigem, wil dit voorkom, is hy slegs angstig oor die effek wat die uitwissing van Sigem en sy mense op hom sal hê: “Julle het my in die moeilikheid gebring, want julle het my naam sleg gemaak by die mense van hierdie land.”
Later in die verdere verloop van die verhaal van Jakob kom ʼn mens egter agter dat hy dié optrede regtig glad nie goedgekeur het nie. Sy oordeel oor dié gruwelike moord op Sigem sien ons in die weiering om aan die einde van sy lewe vir Simeon en Levi te seën soos hy dit doen met sy ander seuns. Hy praat eerder van die straf van God wat hulle sal tref oor die gewelddadige hantering van dié tragedie rondom Dina wat in hoofstuk 49 aangeteken word:
“Simeon en Levi is die een soos die ander: altyd gereed vir geweld. Aan hulle beraadslagings wil ek geen deel hê nie, in hulle vergaderings wil ek nie kom nie, want koelbloedig het hulle mense vermoor, roekeloos het hulle diere mishandel. Die straf van God sal hulle tref oor hulle geweldpleging, hulle onbeteuelde drif: hulle sal uitmekaar gejaag word in Jakob, versprei word tussen die stamme van Israel.” ().
Dit is dan ook inderdaad wat uiteindelik gebeur. Simeon word mettertyd deel van die stam van Juda – trouens hulle grondgebied met die aanvanklike indeling met die Intog was binne dié van Juda () – soos ons lees in 2 Kronieke 15 toe die hervormings van Asa in die 9de eeu v.C. ʼn aantal mense van Simeon gemotiveer het om deel van die suidryk te raak. Dit is waarskynlik ook ʼn stukkie genade, want dit gee hulle ʼn uitkoms toe die noordryk in 8ste eeu v.C. in ballingskap weggevoer word.
Levi kry weer geen grondgebied met die Intog nie, hoewel daar vir Levi weliswaar verlossing gekom het in die aanstelling as die stam wat as priesters en Leviete diens gedoen het. Twee van die groot figure in die Trek uit Egipte was deel van die stam van Levi, Moses en Aäron.
Boodskap
ʼn Mens sien hier duidelik twee beginsels geïllustreer.
Aan die een kant is dit regdeur Genesis duidelik dat seks binne die huwelik hoort. Daarom word Gam se ontering van sy pa (), Lot se dogters se verkragting van hulle pa (), en ook hierdie verhaal van Dina () in detail vertel. “So iets doen ’n mens nie.” Selfs die verhale van farao () en koning Abimelek (; ) gee erkenning aan dié belangrike moreel-etiese norm, soos die wet dit uiteindelik ook uitspel dat maagdelikheid ononderhandelbaar was en seks binne die huwelik gehoort het.
Dit word as ’n ongehoorde ding in Israel beskou as ʼn vrou: “met ’n man geslagsgemeenskap gehad het terwyl sy nog ongetroud was.” (). Vergelyk ook Paulus se opdrag dat begeertes net in die huwelik tot hulle vervulling kan kom (1 Kor. 7:36).
Dit is as ʼn nog groter skande beskou as iemand verkrag word. Vandaar die oordadige gewelddadige reaksie van die broers van Dina. Die skande van haar ontering word met die wreedheid van ʼn volskaalse vermoring van al die mans getroef. Grusaam. Maar dit is ook ʼn totale oorboord gaan met geweld, anders as wat die wet later sou uitspel dat die straf met die oortreding verband moet hou. Dit is wat: “ʼn oog vir ʼn oog en ʼn tand vir ʼn tand” later sou reël, ʼn beperking van die geweld wat ʼn oortreding tot gevolg kan hê.
Aan die ander kant is dit ook regdeur Genesis duidelik dat daar ʼn afstand gehandhaaf word tussen die geloofsgemeenskap en die heidense omgewing, veral weens hulle afgodery en onsedelikheid en die effek wat dit op die geloofsgemeenskap kan hê in terme van beide hulle aanbidding en godsdiens as die handhawing van hoë sedelike waardes.
Dit is beginsels wat uiteindelik regdeur die OT en selfs in die NT gehandhaaf word. Daarom leer Paulus ons dat ʼn ongelowige en ʼn gelowige nie in dieselfde juk kan trek nie, verseker ook nie in die huwelik nie, behalwe as die huwelik reeds voltrek is, en die ongelowige dit goedvind om in die huwelik met die gelowige te bly (1 Kor. 7:12-16). Daar kan geen kompromie aangegaan word met ongelowiges nie weens die gevaar van afvalligheid en onsedelikheid:
“Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan ’n gelowige dieselfde belange hê as ’n ongelowige? Hoe kan ’n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode? Ons is immers die tempel van die lewende God. Dit is soos God gesê het:
“Ek sal onder hulle woon en wandel, en Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.” (Vgl. ; ; Eseg. 37:27). Daarom: ‘Gaan van hulle af weg en sonder julle af,’ sê die Here, ‘en moenie wat onrein is, aanraak nie.’ (Vgl. ; ; Eseg. 37:27). ‘Dan sal Ek julle aanneem, en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,’ (Vgl. ; ; Jes. 43:6; ) sê die Here, die Almagtige. Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.” (2 Kor. 6:14-7:1).
Soos die Here Jesus die gemeente van Tiatira in Openbaring 2 oproep tot ʼn onberispelike heilige lewe – vry van afgodery en onsedelikheid – só doen die talle verhale van Genesis ook. Dit is hierdie geestelike tradisie wat die grondslag vorm vir ons eie moreel-etiese en geestelike waardestelsel, veral met die druk wat uit ons omgewing op ons uitgeoefen word om aan hierdie wêreld gelykvormig te word. Mag ons die genade vind om nie net self hieraan getrou bevind te word nie, maar ook in opstand te kom en die heersende Westerse onsedelike waardes teen te staan.
45 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin het
Die aartsvaders het nou al verskillende altare gebou om hulle aanbiddingsplekke te merk. Hier lees ons van die eerste opdrag wat die Here self gee vir ʼn aartsvader om ʼn altaar te bou. In taal wat herinner aan ʼn pelgrimstog sê God vir Jakob: “Maak jou klaar en gaan na Bet-El toe en bly daar. Bou vir My daar ’n altaar. Ek is die God wat daar aan jou verskyn het toe jy vir jou broer Esau gevlug het.”
Die opdrag was nie net om hom te herinner aan die belofte wat hy self gemaak het met sy reis na Haran nie, hoewel hy ook duidelik verbind aan: “die God wat my gebed verhoor het toe ek in die moeilikheid was en wat by my was waar ek ook al gegaan het.”
Dit is in die eerste plek om seker te maak dat Jakob en sy familie hulle reinig van alle afgodsbeelde wat nog by hulle was. Dit het natuurlik Laban se afgodsbeeldjies ingesluit wat Ragel gesteel en saamgebring het na Kanaän toe.
Ná die afgodsbeelde en ook oorringe begrawe is onder die groot boom by Sigem en het hulle die trek aangedurf. Die verwysing na oorringe is nie so duidelik nie, behalwe dat twee latere verhale verwys na oorringe wat gebruik is om afgodsbeelde te maak.
Miskien wou Jakob voorkom dat daar weer afgode van die oorringe gemaak word, soos dit die geval was met die goue kalf in die woestyn van Aäron (Eks. 32:2-4), en die efodbeeld wat Gideon ná sy oorwinning oor die Midianiete gemaak het (Rigt. 8:24-27). Die volk is by beide geleenthede verlei om afgode te aanbid.
Dit is interessant hoe die Here Jakob se gehoorsaamheid eer deur die volke van die omgewing bang te maak vir Jakob en sy seuns sodat hulle nie agtervolg is en verantwoordelik gehou is vir die uitwissing van Sigem en sy mense nie.
Met die aankoms by Bet-El is die siklus voltooi. Die Here het sy gebede vir beskerming beantwoord en Jakob het sy gelofte kom betaal. Die Here herhaal aan hom sy beloftes van vroeër sowel as sy naamsverandering, Hy voeg ʼn nuwe belofte by van konings waarvan hy die voorvader sou wees.
Bet-El is egter ook die plek waar Debora, die vrou aan wie Rebekka as kind gedrink het, begrawe is onder die groot boom wat hulle Huilboom genoem het. Die eerste van drie hartseer gebeure in die verloop van ʼn baie kort tyd.
Die volgende hartseer gebeure het Jakob met gemengde gevoelens gelaat. Aan die een kant is sy twaalfde en laaste seun gebore, maar sy lieflingvrou, Ragel, is met die bevalling dood. Hy verander die naam wat sy die seun gegee het, Ben-Oni – seun van my smart – na Ben-jamin – seun van my regterhand. Dit was op die pad na Efrata naby Bethlehem.
Die hoofstuk sluit af met ʼn stukkie familiegeskiedenis waarin die derde hartseer verhaal vertel word, dié van Ruben wat gemeenskap gehad het met Bilha, sy pa se slavinvrou. Miskien wou hy voorkom dat Ragel se slavinvrou nou bó sy ma Lea verhef word. Miskien wou hy sy pa se gesag uitdaag. ʼn Mens weet nie.
Al wat die skrywer sê oor die saak: “Israel het dit te hore gekom”, sonder om verder daaroor uit te brei. Jakob het ʼn manier gehad om nie dadelik te reageer op iets negatiefs nie, soos stadig-werkende gif, en ʼn mens dink by voorbaat dat Ruben êrens aan die pen sal ry vir dié onverskoonbare skande wat hy oor Jakob bring.
Die feit dat Ruben probeer om verantwoordelikheid te neem vir die situasie wanneer die broers in opstand kom teen die voortrekkery van Josef (), en uiteindelik dit regkry om volle verantwoordelikheid te neem vir Benjamin toe dié Egipte toe ontbied word (), spaar hom egter nie die gramskap van sy pa.
Op Jakob se sterfbed begin Jakob om Ruben te prys: “Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!” (). Maar laat dan die giftige geweld van sy vervloeking op Ruben los: “Maar jy sal nie langer die vernaamste wees nie, want soos stormwater was jy onstuimig: jy het jou vergryp aan ’n vrou van jou vader, jy het my bed verontreinig toe jy daarin geklim het.” ().
Geen wonder dat Levitikus later presies hierdie tipe bloedskande verbied, dié met die tweede vrou van jou pa (). Bloedskande saam met al die ander vergrype aan seksualiteit buite die veilige ruimte van die huwelik om was sterk afgewys.
Die laaste mededeling in die hoofstuk is van Jakob se besoek aan sy pa Isak wat op dié stadium in Abraham se oorspronklike plek by Mamre, dit is Hebron, gebly het. Isak is in die hoë ouderdom van honderd en tagtig jaar dood. Hy het ’n vol lewe gehad, sê die skrywer en is deur sy twee seuns Esau en Jakob begrawe.
Boodskap
Weereens kan ʼn mens nie anders as om die refrein deur die boek Genesis raak te sien nie. Die belangrikste twee goed wat die Godsverhouding en die geloofsgemeenskap se onderlinge verhoudinge in gevaar gestel het, was afgodery en onsedelikheid.
Ek het nou al ʼn hele paar keer daaroor geskryf, en wil dit nie herhaal nie, behalwe om net te onderstreep dat dié boodskap van Genesis, soos dit in wette in Levitikus uiteindelik neergelê het, die identiteit en moraliteit van die volk van God gestempel het, soos dit van niks anders geld nie. Dit is daarom ook in die hart van die Tien Gebooie opgeneem.
Die eerste tafel van die wet kan opgesom word in ʼn aandrang op ʼn onverhandelbare lojaliteit aan God wat alle afgode daarmee van die tafel afhaal. Die tweede tafel van die wet kan opgesom word in ʼn aandrang op ʼn onverhandelbare lojaliteit aan die naaste, wat ouers insluit, wat moord en steel uitsluit, wat egbreuk en valse getuienis uitsluit, en jou begeerte na iets van jou naaste van die tafel afhaal.
Ek is eintlik net verstom met die integriteit waarmee die Bybel aan mekaar gesit is. Die verhale in Genesis illustreer die wette in die res van die Pentateug. Die riglyne wat God gee vir die lewe is nie uit die lug gegryp nie. Dit is ingebed in die lewe van die volk. En ʼn mens ignoreer die geopenbaarde wil van God op eie risiko.
46 – Esau verlaat die beloofde land en slaan sy eie koers in
Hierdie hoofstuk bevat die vierde kort fase van die verbondsgeskiedenis (hoofstuk 12-50) soos dit telkens met die frase: “die familiegeskiedenis”, in Genesis aangedui word. Die eerste fase was dié van Tera waarin die verhaal van Abraham egter heeltemal oorheers het aangesien hy die volle pad tot in Kanaän aangedurf het. Die tweede fase was dié van Ismael wat net kort vertel is, aangesien hy nie in Kanaän bly woon het nie, maar in Arabië. Die derde fase was die verhaal van Isak waarin die verhaal van Jakob baie prominent was wat geëindig het met Jakob weer terug in die land ná sy omswerminge in Haran.
Hierdie vierde fase van die verbondsgeskiedenis word ook kort vertel en fokus op die nageslag van Esau wat uiteindelik ook nie in die land Kanaän agter gebly het nie, maar hulle eie grondgebied in Seïr betrek het, die gebied van die latere Edomiete. Die frase word hier twee keer gebruik, maar handel oor dieselfde nasie. Die volgende hoofstuk sal die vyfde en laaste fase van die verbondsgeskiedenis vertel, die verdere geskiedenis van Jakob waarin Josef ʼn prominente rol gaan speel.
Dit is duidelik dat die ontwikkeling van die families vir Genesis belangrik is, veral die families van die uitverkore geloofsgemeenskap van Israel. Daarom word die geslagsregisters van beide die “verkose” families en die “verwerpte” families aangegee, maar met die verskil dat die “verkose” families se verhale ook vertel word, maar net die geslagslyste van die “verwerpte” families aangegee word. Die verkose families raak dus daarmee deel van God se verhaal met hierdie wêreld.
Die familiegeskiedenis van Esau word in vier afdelings hanteer.
1. Esau se direkte familiegeskiedenis – 36:1-19
2. Die nageslag van Seïr – 36:20-30
3. Die konings van Edom – 36:31-39
4. Die Stamhoofde van Esau – 36:40-43
Kort bespreking
1. Die name van die drie vroue wat hier aangegee word, verskil van die drie name vir Esau se vroue in en 28:9. Daar is gesê dat Esau getrou het met Jehudit dogter van Beëri, en met Basematdogter van Elon, sowel as met Magalatdogter van Ismael, Abraham se seun. Sy was die suster van Nebajot. Hier word gesê dat Esau getrou het met Ada dogter van Elon en met Oholibama dogter van Ana, dogter van Sibonen en met Basemat dogter van Ismael en suster van Nebajot.
Dit kan wees dat hier verskillende tekstradisies agter die verskille in name lê of selfs dat die vroue meer as een naam gehad het. Die belangrike punt om hierdie vroue se afkoms weer te beklemtoon, is om aan te dui dat Esau – en ook Ismael – met die plaaslike bevolking ondertrou het wat hulle vatbaar gemaak het vir afgodery en onsedelikheid.
Die “uitverkore” families het deurgaans dié uitdaging die hoof gebied, hoewel daar ook soms afdwalings was, soos ons onder andere in hoofstuk 38 gaan lees in die verhaal van Juda wat met Bat-Sua, die Kanaänitiese vrou, trou en toe met die uitgeslape Tamar, waarskynlik ook ʼn Kanaänitiese vrou, te doene gekry het. Hoewel die latere wet dié voorvaderlike gebruik om nie met Kanaäniete te ondertrou nie, vasgelê het (), het Tamar haar met haar optrede skielik binne die Messiaanse lyn bevind. Wonderlike uitkoms!
2. Die name van die seuns en kleinseuns wat vir Esau gebore is, kom ooreen met die geslagsregister wat in 1 Kronieke 1:35-42 aangegee word sowel as die konings en stamhoofde wat hier genoem word wat ooreenkom met die lys in 1 Kronieke 1:43-54. Dit bevestig die oorlewering hiervan as gesagvol.
3. Esau se nageslag se verkiesing van konings lank voor Israel dieselfde gedoen het, is betekenisvol. Koningskap in Israel was ʼn laat ontwikkeling en op versoek van die volk, soos die verhaal van Saul vir ons uitwys. Dit is ook duidelik dat hierdie lys van Edomitiese konings wys dat die konings mekaar nie direk opgevolg het nie. Elke keer is daar ʼn ander stad betrokke en die konings se name kom nie ooreen met die vorige koning nie. Dat daar later net met stamhoofde geregeer is, is waarskynlik aan die veldtogte van Dawid te wyte, wat Edom aan hom onderhorig gemaak het (1 Kron. 18:13; ).
4. Die verdere belang van die geslagsregister van Esau op dié punt in die verhaal is om die historiese verbintenis van Israel aan sy buurvolkere te beklemtoon. Hoewel Esau – en ook Ismael – nie die uitverkore seuns in terme van die Godsvolk was nie, is hulle steeds deel van die antieke verhale van die oorsprong van die Godsvolk. Die geskiedenis van Israel kan dus ook nooit losgemaak word van dit wat rondom hulle gebeur nie, selfs vandag nog.
5. Die belangrikste punt van hierdie eerste beskrywing van Esau se geslagsregister is waarskynlik dat dit die trek na ʼn ander land verduidelik. Daarmee het hy enige reg op die beloofde land verbeur. Hy het met sy vrouens en sy seuns en dogters en al die mense by hom sowel as met sy kleinvee en grootvee en al sy besittings wat hy in Kanaän bymekaargemaak het, weggetrek na ’n ander land toe, weg van sy broer Jakob af.
Die rede wat aangegee word, is dat hulle twee se besittings te veel was, sodat hulle nie saam kon boer nie. Die land waar hulle as vreemdelinge gebly het – let op die belangrike feit van “vreemdelingskap” na al die jare in die land! – kon nie hulle vee dra nie.
Die feit is egter dat Esau, die voorvader van die Edomiete die beloofde land verlaat het en in die Seïrberge gaan woon het. Enige aanspraak op die beloofde land word daarmee versaak, soos hy in der waarheid ook afstand gedoen het van sy eersgeboortereg.
47 – Josef die dromer word ʼn slaaf in Egipte
Ons kom by die vyfde en in vele opsigte die belangrikste fase van die verbondsgeskiedenis in Genesis. Dit is die familiegeskiedenis van Jakob, maar word ook die Josef-siklus genoem, omdat Josef so ʼn belangrike rol in hoofstuk 37-50 speel. Trouens, Josef is die eerste persoon wat in die familiegeskiedenis van Jakob genoem word en is die hoofkarakter waarom dié uitmuntend saamgestelde verhaal wentel.
ʼn Mens kan die verhaal in twaalf episodes indeel wat ook die manier vorm waarop ons dit gaan lees:
1. Josef die dromer word ʼn slaaf in Egipte –
2. Tamar word in die gelyk gestel teenoor Juda –
3. Josef weerstaan Potifar se vrou –
4. Josef lê drome uit in die tronk –
5. Josef se lot word dramaties verander –
6. Jakob se seuns word deur God uitgedaag in Egipte –
7. Jakob stuur Benjamin na Egipte in die hoop dat God hulle goedgesind sal wees –
8. Juda pleit vir Benjamin se lewe toe God hulle sonde aan die lig bring –
9. Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was –
10. Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef –
11. Jakob seën die farao sowel as Josef se twee seuns –
12. Jakob seën sy seuns met die oog op die toekoms –
Josef en sy drome – 37:1-11
Josef se verhaal begin op sewentienjarige ouderdom. Dit is die jaar 1898 v.C. Hy word bekendgestel as ʼn klikbek, ʼn witbroodjie en ʼn dromer.
Die feit dat hy slegte stories oor sy broers by sy pa aandra is die enigste negatiewe ding wat in die hele verhaal oor hom persoonlik vertel word. In elke ander situasie tree hy met groot oorleg en wysheid op, selfs in die toetsing waaraan hy sy broers in Egipte later in die verhaal onderwerp.
Die feit dat hy deur sy pa voorgetrek word met besondere klere is nog ʼn negatiewe ding wat oor hom vertel word, hoewel dit natuurlik sy pa se skuld was. Dit verklaar die begin van die afkeer wat sy broers aan hom gekry het. Omdat hulle geweet het dat Jakob liewer vir Josef was as vir hulle kon hulle niks goeds oor hom sê nie.
Die feit dat hy as ʼn dromer bekend gestel word, is egter die eintlike belangrike ding wat oor hom gesê word. Dit is aan die een kant van uiters groot belang in die verloop van die verhaal. Nie net kom sy drome waar nie, maar sy uitleg van drome is ʼn kontak met God wat in dié verhaal baie meer agter die skerms werk as wat dit die geval was met Abraham, Isak en Jakob.
Trouens, daar is net een geval in dié veertien hoofstukke waar God direk praat met iemand in ʼn visioen, en dit is met Jakob, soos dit vroeër ook gebeur het. Josef en al sy mense moet staatmaak op die interpretasie van drome om God se wil vir hulle lewe agter te kom.
Die feit dat hy twee keer dieselfde tipe droom kry, al verskil van die detail, vorm later deel van sy insig dat ʼn dubbele droom eintlik net een droom is, soos hy die twee drome van farao interpreteer. “Die droom het twee keer na u toe gekom omdat die saak vas staan by God. Hy sal dit binnekort uitvoer.” ().
Maar, aan die ander kant het die drome sy broers se afkeer verdiep omdat dit hulle laat dink het dat sy verbeelding op loop gesit het met hom. “Dink jy dalk jy sal oor ons regeer?” vra hulle hom. Gelukkig het Josef nie geweet hoe waar dié droom was nie, en het dit op dié stadium net die afguns van sy broers op hom verdiep.
Selfs sy pa was nie baie tevrede met die implikasies van die droom nie en het hom berispe. Asof Josef natuurlik sy eie drome kon bepaal … wat ʼn mens laat besef dat hier iets agter die skerms besig was om te gebeur. In die donker dade van mense bewerk God die hoop vir die toekoms.
Josef word ʼn slaaf in Egipte – 37:12-36
Josef word dan deur Jakob gestuur om by Sigem te gaan kyk of alles reg is met sy broers en hulle vee. En ʼn mens besef onmiddellik dat sy pa se beskerming nie daar in die veld enige effek op sy broers sal kan hê nie. Josef word eintlik vir die wolwe gegooi.
Hy kry sy broers uiteindelik in Dotan, maar loop hom vas in ʼn hinderlaag waar hulle beplan om hom dood te maak. “Dan sal ons sien wat word van sy drome,” sê hulle. Ruben beplan om hom te red en stel voor dat hy eerder in ʼn put gegooi word. Juda besluit egter dat Josef aan die Ismaelitiese/Midianitiese (waarskynlik uitruilbare terme) handelaars verkoop moet word wat op pad Egipte toe was.
So beland Josef in Egipte by Potifar en word die storie opgemaak dat ʼn roofdier Josef opgeëet het tot Jakob se groot verdriet: “Ek sal bly treur oor my seun tot ek by hom in die dood is.” So erg was dit vir Jakob. Hy sou eers met sy seun verenig word meer as twintig jaar later.
– Josef weerstaan Potifar se vrou om aan God en sy baas getrou te bly
Die verhaal van Josef en Potifar se vrou word waarskynlik in die eerste plek hier vertel om ʼn kontras met Juda se dreigende afvalligheid en uiteindelike losbandigheid te trek. Nog belangriker is egter in die tweede plek dat Josef se onkreukbare karakter bevestig word wat sy betroubaarheid in die uiteindelik hantering nie net van die wel en weë van mens en dier in Egipte in die vooruitsig stel nie, maar veral in die hantering van die boodskap wat hy van God af vir farao en die res van die mense moet bring.
Josef onderskei homself dus op uitnemende wyse in die vreemde, aanvanklik in die wyse waarop hy sy baas bly dien selfs in die uitdaging van slawerny. Hy bly in die huis van Potifar en is suksesvol in alles wat hy aanpak. Soveel só dat Potifar hom goedgesind is en aanstel oor al sy besittings. Dit het vir Potifar nog meer dividende opgelewer, want die Here het nou ook sy huis geseën.
Die skrywer is egter baie duidelik daaroor dat sy sukses in die vreemde te danke was aan die feit dat die Here by Josef was en dat dit die rede was waarom dit so goed gegaan het met Josef en met Potifar. “Dit was oor Josef dat die Here dit gedoen het. Die seën van die Here het gerus op al Potifar se besittings, dié in sy huis en dié in die veld.” Dit word heel eerste as die rede vir Josef se sukses genoem.
Josef word dus geloof vir sy absolute getrouheid aan die Here wat hom inspireer tot kreatiewe en betroubare inisiatiewe in sy meester se huis. Potifar: “het alles aan Josef oorgelaat en hom aan niks gesteur nie, behalwe aan sy kos.”
Josef bly aanvanklik selibaat, d.w.s. ongetroud. Daarmee voorkom hy die gevaar van die verleiding van afgodery en sedeloosheid en kry hy dit reg om gehoorsaam te bly nie net aan die geloofsgemeenskap se sedelike norme nie, maar nog belangriker, aan die Here s’n. “U is sy (Potifar se) vrou. Hoe kan ek só ʼn verkeerde ding doen. Ek sal mos teen God sondig!” ().
Soos Willcox sê: “It is out of an appropriate intimacy with the Lord that Joseph is able to refuse an inappropriate intimacy with the woman.” (Living the Dream).
Let op dat Josef raaksien dat sedeloosheid nie net die twee partye betrokke betrek nie, maar altyd ook die Here wat raaksien wat in die slaapkamer gebeur. Wat ons in die slaapkamer doen, soos trouens op elke ander plek op hierdie Godgeskape aarde, gebeur altyd voor die: “oë van die Here.”
Wat ons ook moet raaksien, is dat Josef op dié manier Potifar se regte beskerm deur sy vrou se onsedelike voorstelle: “dag vir dag” te weerstaan. Dit laat my dink aan Paulus in sy eerste brief aan die Tessalonisense wat die gemeente oproep om die huwelik heilig te hou en niemand in dié verband te bedrieg met seks buite die huwelik nie:
“Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie. Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys. God het ons nie geroep om onsedelik te lewe nie, maar om heilig te lewe. Wie hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie maar net ’n mens nie, hy verwerp God wat ook sy Heilige Gees aan julle gegee het.” (1 Tess. 4:3-8).
Tot op die dag dat Potifar se vrou nie meer nee vir ʼn antwoord van die aantreklike fris jongman wou aanvaar nie, en Josef moes vlug vir haar, al bring dit hom uiteindelik in die tronk, weens haar valse beskuldiging. Hy aanvaar die onreg daarvan, omdat hy aan die Here getrou wil bly en aan sy baas. Sy lewe getuig dus van ʼn volhardende selfdissipline, anders as Juda wat geval het vir afleiding buite die huwelik om, soos die vorige hoofstuk dit uitspel.
Die tronk sou egter net ʼn volgende fase van God se plan met Josef wees, soos ons in die volgende deel gaan lees.
– Josef lê drome uit in die tronk met God se hulp
Drie frases in vers 21 struktureer die volgende fase van Josef se lewe in Egipte. Terwyl Josef daar in die tronk was: 1) “was die Here by hom”, en 2) “het Hy Josef sy troue liefde laat ondervind”, sodat 3) “die tronkbewaarder hom goedgesind geword het.”
Hoewel Josef dus van ʼn slegte situasie as slaaf in Potifar se huis na ʼn nog slegter situasie in die koninklike tronk beweeg het, is die bepalende faktor steeds die Here se teenwoordigheid in Josef se lewe. Nie net was die teenwoordigheid van die Here by Josef nie, maar die Here het sy lojaliteit, sy besondere troue liefde (die Hebreeuse ḥě·sěḏ) steeds aan Josef bewys. Daarom was die tronkbewaarder hom goedgesind en plaas hom bykans onmiddellik in beheer van al die gevangenes in die tronk. Hy was nou verantwoordelik vir alles wat hulle daar moes doen. Josef was só goed in sy organisatoriese en leidinggewende vermoëns dat die tronkbewaarder eintlik na niks meer omgesien het nie. Alles was in Josef se hande, soos dit uiteindelik van die hele Egipte waar sou word.
Om die punt te onderstreep, herhaal die skrywer die feit dat dit die gevolg is van die Here wat by hom was en alles wat Josef ook al aangepak het, laat slaag het.
’n Ruk nadat Josef in die tronk gesit is, gebeur daar iets wat Josef se invloedsfeer beslissend sou uitbrei. Die bekende storie uit ons jeug van die skinker en die bakker van Egipte se koning word vir ons vertel. Hulle het albei verkeerd opgetree teenoor die farao, hoewel ons nie weet wat presies hulle verkeerd gedoen het nie. Die farao het vir hulle kwaad geword en hulle beland in die tronk.
Die afwagting neem toe, maar die volgende positiewe ding wat met Josef gebeur, kom eers na ʼn lang tyd verloop het, ongeveer in die elfde jaar van sy tronkstraf (). Trouens Josef sou ongeveer dertien jaar in die tronk deurbring (). In die tydsberekening van die Here verloop daar soms jare voor die tyd ryp is vir wat Hy beplan.
Die skinker en die bakker droom albei een nag ʼn droom, maar wonder oor die uitleg daarvan. Let op hoe Josef eers invra oor hulle bedruktheid – sy belangstelling kom baie eg oor – en daarna stellig verklaar dat God hulle drome se uitleg ken. Die uitleg van drome, sê hy, is nie ʼn menslike kuns nie, maar ʼn Goddelike guns.
Die hoof van die skinkers se droom oor die wingerdstok met die drie lote waarvan hy die ryp druiwe in die farao se beker uitdruk, word deur Josef geïnterpreteer dat hy weer oor drie dae in sy amp herstel sal word.
Die hoof van die bakkers se droom was opgewonde oor die gunstige uitleg vir die skinker, maar moes die grusame nuus aanhoor dat sy droom van die drie mandjies met brood op sy kop wat die voëls opgevreet het, beteken dat hy aan ’n paal opgehang sal word waar die voëls sy vleis van hom sal afvreet.
Let op hoe dit net vir die skinker is wat Josef vra dat hy aan hom moet dink en ʼn guns aan Josef moet bewys deur sy saak aan die farao te stel. Dit is immers net hy wat moontlik ʼn effek op Josef se lot kan hê. Josef wil hê dat sy verhaal van ontvoering en verontregting die ore van die koning moet bereik. Hy het niks gedoen wat dié onreg verdien nie.
Dit alles het gebeur soos Josef vir die twee hulle drome uitgelê het. Na drie dae is die twee weer na die koning met sy verjaarsdag ontbied en die skinker het inderdaad sy pos teruggekry en die bakker is opgehang.
Die hoop dat Josef se verhaal by die koning sou uitkom, het egter beskaam. Die hoof van die skinkers het nie weer aan Josef gedink nie. “Hy het van Josef vergeet.” Soos dit waarskynlik die geval was met sy broers in Kanaän. Maar nie soos dit die geval was met die eintlike koning, die Here, nie, soos ons in die volgende hoofstuk sal agterkom. Twee jaar later sou Josef se kans kom.
Dit is ook merkwaardig dat Josef se twee drome in Kanaän vir Josef in die tronk laat beland het toe eers sy broers en daarna Potifar hom in die steek gelaat het. Twee drome van die skinker en bakker in die tronk lei uiteindelik daartoe dat hy as verantwoorde Goddelike uitlegger vir die farao aanbeveel word. Twee drome van die farao lei uiteindelik daartoe dat hy in die posisie as de facto leier van Egipte aangestel word wat nie net tot Egiptenare se voordeel is nie, maar sy broers, familie en selfs wyer na ander nasies s’n ook.
Die laaste twee drome bevestig dus uiteindelik die ware betekenis van die eerste twee drome, al neem dit ongeveer twintig jaar voor dit waar word. En dit is nie net sy ouers en broers wat hom daarvoor eer nie. Hy hou die hele wêreld se lot uiteindelik in sy hand met die wyse plan om koring gedurende die sewe vet jare op te gaar vir die sewe maer jare wat sou kom. God het hom inderdaad vir die hele wêreld geroep en sy sorg vir alle mense daardeur geïllustreer.
Dit was inderdaad so dat die Here by Josef was, dat Hy hom sy troue liefde laat ondervind het, sodat almal teenoor hom goedgesind geword het, al het dié fase in sy lewe dertien jaar lank geduur. Selfs sy broers sou uiteindelik sy guns soek en dit vind. Watter wonderlike getuienis van wat God met ʼn mens se lewe kan doen!
– Josef se lot word dramaties verander van vergete na vrugbaar
Josef – die sewentienjarige tiener wat dertien jaar lank in die tronk vergeet is – se lot word dramaties in sy dertigste jaar verander (1885 v.C.). Hy word gevra om farao se drome te interpreteer en bestyg met die positiewe uitleg daarvan die hoogste posisie wat enigiemand in Egipte kon beklee, uitgesonderd die koning.
Josef se status word van ʼn vergete slaaf in die tronk verander na ʼn vrugbare leier wat nie net die volk van Egipte help om die voorspoed van hulle oes ekonomies voortreflik te bestuur nie, maar vir die hele wêreld in hongersnood ʼn uitkoms te bied. Sy twee kinders kry name wat dié twee aspekte van sy lewe simboliseer: vergete (Manasse) en vrugbaar (Efraim). “The vale of tears has proved to be the valley of soul making.” (Wenham).
Farao het twee drome. In die eerste droom word sewe mooi vet koeie deur sewe lelike en maer koeie opgevreet. In die tweede droom word sewe mooi vol are deur sewe skraal are ingesluk.
Geeneen van farao se waarsêers en raadgewers kon dit vir hom uitlê nie, totdat die hoof van die skinkers Josef se droomuitleg in die tronk onthou het. Die farao het Josef laat roep. Josef is geskeer en ander klere aangetrek om hom respektabelik te maak vir die Egiptiese koning.
Interessant genoeg kry ʼn mens dit op ʼn paar plekke in die Bybel dat die skeer van hare ʼn simboliese betekenis gehad het. Ons lees op een plek dat net die helfte van die baard van ʼn paar manskappe afgeskeer is as ʼn minagtende gebaar teenoor Dawid, iets wat die Ammoniete suur bekom het (vgl. ). Ons lees ook van die skeer van alle liggaamshare as iemand van ʼn velsiekte gereinig is ().
Simson se skeerdery van sy sewe haarlokke het hom egter suur bekom (Rigt. 16:19), hoewel die skrywer die uiteindelike oorwinning van Simson aankondig met die onheilspellende opmerking: “Daar het sy hare wat afgeskeer was, weer begin groei.” (Rigt. 16:22).
Meer in lyn met Josef se ervaring, lees ons egter ook dat die baard sowel as die kophare afgeskeer is ná die tydperk van ʼn besondere nasireërgelofte van toewyding aan die Here voltooi is (). Dit is presies wat Paulus op ʼn keer doen in Jerusalem om sy getrouheid aan die wet te bewys, deur saam met vier mans wat ʼn gelofte afgelê het, te betaal dat hulle almal hulle hare (baard en kop) laat afsny (Hand. 21:22-26).
Dit laat ʼn mens onmiddellik dink dat wat die Egiptenare hier doen aan die een kant inpas by hulle eie gebruike. Die meeste van die lande van die Ou Nabye Ooste het nie hulle baarde en hare geskeer nie, die Egiptenare wel. Die Egiptiese priesters het selfs hulle kop geskeer. Dit verklaar waarskynlik ook hoekom Josef se broers hom nie herken het toe hulle uiteindelik in sy teenwoordigheid toegelaat is nie. Hy het nie meer gelyk soos hulle hom onthou het nie.
Aan die ander kant laat dit ʼn mens die gedagte kry dat die tydperk in die tronk vir Josef soos ʼn tyd van toewyding aan die Here was. Hy is nou getoets deur dié tyd van ontbering en toewyding en geskik bevind vir die taak wat die Here vir hom verder gehad het.
Let op hoe Josef ontken dat hy drome kan uitlê, slegs dat die Here vir farao ʼn goeie antwoord sal kan gee. Ná hy na die drome geluister het, gee hy daarom ook onmiddellik vir farao die uitleg dat die twee drome eintlik maar net een boodskap dra: “Wat God wil doen, het Hy aan u meegedeel.”
God het farao laat sien het wat Hy wil doen. Daar sal in die hele Egipte sewe jaar groot oorvloed wees waarna sewe jaar van hongersnood sal aanbreek. Dit sal die hele land op sy knieë bring weens die strawwe droogte en hongersnood.
Die feit dat die droom twee keer na farao toe gekom het, beteken maar net dat die saak vas staan by God. “Hy sal dit binnekort uitvoer.”
Dan gaan Josef aan om in lyn met sy verstommende organisatoriese en bestuursvermoë die farao raad te gee om die jare van oorvloed behoorlik te organiseer. Op ekonomiese voortreflike manier beveel hy aan dat daar met mening gespaar word deur die oorvloed van koring op te gaar vir die maer jare wat sal kom.
Almal – die farao en al sy amptenare – het Josef se raad goedgevind. Trouens, farao sê-vra: “Waar kry ons so iemand, ’n man met die verstand van ’n god?” Inderdaad. Josef is deur God gestuur!
Farao stel hom daarom oor sy paleis en die hele Egipte aan en betoon aan hom groot eer met klere en ʼn entourage wat hom op die tweede beste wa van die farao laat ry het.
Farao besluit ook om Josef ʼn Egiptiese naam te gee – Safenat-Paneag, dit beteken moontlik “verborge ontdekker”, soos Josephus dit vertaal het – en laat hom trou met Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, dit is die stad Heliopolis (16 km noord-oos van Kaïro) van die songod Ra.
Josef het nie gras onder sy voete laat groei nie en onmiddellik die opdrag van farao in werking gestel. In dié tyd, die tyd van oorvloed voor die hongersnood begin het, is daar vir Josef ook twee seuns gebore. Hy was dus nie net vrugbaar in sy bediening nie, maar ook in sy huis en familie. Josef het die oudste Manasse genoem, “want,” het hy gesê, “God het my alles laat vergeet: al my swaarkry en alles wat my familie my aangedoen het.” Hy het sy ander seun Efraim genoem, “want,” het hy gesê, “God het my vrugbaar gemaak in die land waar ek verneder is.”
ʼn Gepaste opsomming van sy lewe tot dusver.
Die voorspoed het ook ná sewe jaar in ʼn grootskaalse wêreldwye hongersnood oorgegaan wat nie net die hele wêreld van Egipte se voorsiening afhanklik gemaak het nie, maar binnekort vir Josef en sy broers weer in kontak met mekaar sou bring. Die tafel is gedek vir ʼn baie interessante verdere werk van God in die lewe van sy volk.
Die gawe van administrasie
Die Ontdek jou gawes kursus sal Josef se gawe waarskynlik beskryf as die gawe van administrasie.
Hulle sê: “Die gawe van organisasie is die Godgegewe vermoë om te verstaan wat dit is wat ʼn organisasie laat funksioneer, en die spesiale vermoë om prosedures te beplan en uit te voer ten einde die doelwitte van die bediening te bereik.” Skrifverwysings is 1 Korintiërs 12:28; Handelinge 6-1-7; Eksodus 18:13-26.
Veral 1 Korintiërs is waarskynlik van toepassing om dit van die gawe van leierskap te onderskei, hoewel dit baie naby aan mekaar is. Die NAV vertaal ʼn bietjie onversigtig: “om leiding te gee“. Die Griekse woord is kubernesis (κυβέρνησις) wat van die werkwoord kubernao afkom en basies beteken om ʼn skip te stuur of om te begelei.
Die gawe van leierskap word effens anders gedefinieer. Hulle sê: “Die gawe van Leierskap is die vermoë om visies te formuleer, te motiveer en mense so te bestuur dat hulle in harmonie God se doel bereik.” Skrifverwysings is Romeine 12:8; Hebreërs 13:17; Lukas 22:25-26.
Veral Romeine is waarskynlik van toepassing om die gawe van leierskap van administrasie te onderskei. Die Griekse woord is proistamenos (προϊστάμενος) en basies beteken dit om ander só te beïnvloed dat hulle ʼn aanbevole koers of optrede volg.
Naby mekaar, maar tog onderskeibaar.
– Jakob se seuns word deur God uitgedaag in Egipte
Ons is geneig om God se teenwoordigheid in ons lewe te meet aan die goeie dinge wat met ons gebeur. Hierdie episode in die lewe van Josef se broers wys ons dat God ook teenwoordig is in die slegte dinge wat met ons gebeur. Die hongersnood wat Jakob se seuns na Egipte dryf, die beskuldiging van Josef dat hulle spioene is, die drie dae in die tronk, die gevangenskap van Simeon, die geld in hulle sakke wat hulle as diewe kan brandmerk, dit alles is dinge wat lei tot die groeiende besef by die broers dat hierdie dinge nie maar onbeplande ongelukke langs die pad is nie.
In hulle radelose vrees kom hulle agter dat God daarin teenwoordig is: “Wat het God ons nou aangedoen?” Die slegte dinge wat in Egipte met hulle gebeur, word algaande vir hulle tekens van God se teenwoordigheid, hoewel hulle nie die volle boodskap daarvan nou al kan raakvat nie. Wat die leser egter begin agterkom, is nie net dat God agter die slegte dinge is wat met hulle gebeur nie, maar dat Hy met ʼn proses besig is om hulle tot selfinsig te bring oor die leed wat hulle Josef aangedoen het wat uiteindelik sal lei tot versoening.
Die hongersnood in Kanaän is duidelik baie swaar sodat Jakob inisiatief neem en sy seuns na Egipte stuur. Hoe hy gehoor het dat daar koring in Egipte is, word ons nie vertel nie, maar hy is duidelik in sy opdrag dat hulle daar koring moet gaan koop.
Jakob trek egter steeds Ragel se enigste oorblywende kind, Benjamin, voor en stuur hom nie saam nie: “netnou gebeur daar iets met hom!” Let op dat hy steeds as Josef se broer beskryf word. Jakob kon net nooit die herinnering aan Josef laat gaan nie.
Let ook op hoe die skrywer die broers: “seuns van Israel” noem, want dit is juis in Egipte wat die nageslag van Jakob die nasie van Israel sou word. Saam met ʼn klomp ander mense uit Kanaän het hulle dus gaan koring koop in Egipte.
In Egipte buig die boers diep voor Josef wat self streng beheer oor die verkoop van die graan aan die mense uitgeoefen het. Josef het sy broers herken, maar hulle nie laat agterkom wie hy is nie, en hulle baie bruusk hanteer.
Met sy navraag na hulle plek van oorsprong word weereens gesê dat hy hulle herken het, maar dié keer is dit duidelik dat hy ook aan sy drome van vroeër begin dink en sin probeer maak van wat hom te doene staan. Hy kies om hulle as spioene te brandmerk wat die land kwaad wil aandoen.
Dit ontlok by hulle ʼn stuk eerlikheid oor wie hulle is, en laat hulle interessant genoeg fokus op die eenheid tussen hulle as kinders van een pa. Hulle gee selfs meer inligting as wat nodig is deur van die jongste te praat wat nog in Kanaän is, sowel as van die een wat nie meer leef nie, dit is natuurlik Josef, hoewel hulle nie sy naam noem nie.
Josef se reaksie is om hulle aan ʼn toets te onderwerp of hulle die waarheid praat. ʼn Mens dink onmiddellik aan die leuen wat hulle oor Josef vir Jakob vertel het dat hy deur diere opgevreet is. Josef weet natuurlik self wat die waarheid is, maar sy toets is gemik daarop dat daar selfinsig kom by die broers oor wat hulle aan hom gedoen het, die een wat nie meer leef nie.
Josef laat hulle ook drie dae aanhou in die tronk, waarskynlik in presies dieselfde tronk waar hy vir dertien jaar onregverdiglik aangehou is. Dit sou hulle iets laat ervaar van sy wroeging in die onsekerheid van wat die toekoms regtig inhou.
Op die derde dag gee Josef vir hulle ʼn baie verrassende stukkie inligting oor homself: “Ek dien God!” Hy versag ook sy voorwaardes en hou net vir Simeon agter en stuur hulle om hulle jongste broer te gaan haal, sodat Josef kan weet hulle is eerlike mense wat die waarheid praat.
Let op hoe hulle onmiddellik verstaan dat hier iets met hulle gebeur wat hulle konfronteer met die leed wat hulle hulle broer Josef aangedoen het: “Dit het ons nou van alles wat ons destyds ons broer aangedoen het. Ons het sy angs gesien toe hy ons om genade gesmeek het, maar ons het nie geluister nie. Nou sit ons met dieselfde angs.”
Toe Josef hoor hoe Ruben hulle herinner daaraan dat hy vir Josef opgekom het – iets wat hy waarskynlik nie geweet het nie – kan Josef sy emosies egter nie beheer nie, en het eers eenkant gaan huil voor hy sy verdere plan in werking gestel het.
Hy stuur hulle met padkos terug, en versteek ook hulle geld in hulle sakke. Toe een van die broers die geld in sy sak ontdek, het die insig uiteindelik begin opdaag dat hier iets meer aan die gang is as wat hulle gedink het. God was hierin teenwoordig. Dit is Hy wat dié dinge laat gebeur het. Die vraag was net, wat was God se doel daarmee? Sou God se werk ʼn straf wees of ʼn seën?
Toe hulle terug is by die huis het hulle alles vir Jakob vertel wat gebeur het, redelik uitvoerig, maar een detail verander. In plaas daarvan om Jakob van Josef se negatiewe planne te vertel – hy het gesê hy sal hulle doodmaak as hulle Benjamin nie saambring nie – verander hulle dit in ʼn positiewe boodskap dat hulle dan vry sal kan rondbeweeg in die land.
Waarskynlik doen hulle dit om Jakob te oorreed om vir Benjamin saam te stuur. Groot was hulle ontsteltenis egter toe hulle met die leegmaak van die graansakke agterkom dat elkeen se beursie met geld in die sakke geplaas is. Die uitdaging om terug te gaan, het skielik eksponensieel groter geword.
Jakob se emosionele reaksie – let op hoe egosentries hy dit stel: “En ek ly daaronder” – kan egter nie die uiteindelike terugreis na Egipte voorkom nie, veral toe Ruben volledig verantwoordelikheid aanvaar om Benjamin terug te besorg vir sy pa. Jakob moes uiteindelik instem, soos ons in die volgende hoofstuk sal sien.
Die proses om die broers tot inkeer te laat kom – om hulle gewetens deur die proses van versoening skoon te maak – dié proses sou nog ʼn hele tyd lank neem voor die lug tussen die broers en Josef en tussen die broers en God gesuiwer sou wees.
– Jakob stuur Benjamin na Egipte in die hoop dat God hulle barmhartig en genadig sal wees
Dit is insiggewend dat daar in hierdie episode van die Josef-siklus twee woorde vir die eerste keer in die Bybel met God geassosieer word. Dit is barmhartigheid/meegevoel/ontferming en genade.
Die eerste verwysing na barmhartigheid is in die mond van Jakob as ʼn gebed vir sy kinders (“goedgesind” in die NAV). Die tweede verwysing na barmhartigheid is in die beskrywing van Josef se innerlike roering waarin sy: “gemoed vol” word vir sy broers, veral vir Benjamin. Die woord beskryf dus wie God in sy wese is, en wat in ons kan gebeur as ons oop is vir God se ingrype in ons en ander se lewe.
Die eerste verwysing na genade is in die mond van Josef as ʼn gebed vir sy broer Benjamin waarin hy op diepsinnige wyse God se karakter teken, soos hy dit inderdaad in sy lewe ervaar het, selfs al het dit dertien jaar van ontbering in ʼn tronk ingesluit. Die woord is ʼn vorige keer gebruik deur Josef se broers waar hy hulle om genade gesmeek het, maar hulle nie daaraan gehoor gegee het nie ().
Hierdie twee konsepte – barmhartigheid/meegevoel/ontferming en genade – is só belangrik dat ek in ʼn leeskursus aan die einde ietsie meer daaroor sê. Al die verhale tot dusver in Genesis illustreer eintlik alreeds hierdie twee kante van God, sy barmhartigheid en ontferming oor die mensdom in die skepping – dink aan die reënboog as teken daarvan – sowel as die genade wat hy meer spesifiek die verbondsgemeenskap laat beleef – dink aan die besnydenis as teken daarvan.
Jakob se seuns keer terug na Egipte in die hoop dat God in Josef hulle barmhartig sal wees
Let op hoe Juda hier leiding neem om Jakob te oortuig om Josef se opdrag na te kom dat Benjamin saam met hulle moet aftrek Egipte toe as hulle weer daar gaan koring koop. Jakob het geweet wat moet gebeur, maar kon dit aanvanklik nie oor sy hart kry om sy lieflingseun Benjamin saam te stuur soos Josef geëis het nie.
Let op dat daar weereens van Jakob as Israel gepraat word. Die skrywer is baie bewus daarvan dat hier ʼn groter ding aan die gang is as maar net die behoefte aan kos wat hulle na Egipte toe dring. Die volk Israel is in ʼn transisie periode wat uiteindelik vierhonderd jaar in Egipte sou word.
Jakob gee uiteindelik in en stuur die broers met geskenke sowel as ʼn dubbele hoeveelheid geld om te vergoed vir die moontlik vergissing van die vorige transaksie in Egipte. Hy is oortuig dat God die Almagtige hulle barmhartig sal wees – soos dit in die teks staan – en sal sorg dat die man hulle goedgesind sal wees en ook vir Simeon sal terugstuur. Hy is egter ook voorbereid op die moontlikheid dat hy steeds ook van sy kinders sal verloor. Dan is dit tot daarnatoe, reken hy.
Josef onthaal sy broers en seën vir Benjamin met God se genade
Josef ontmoet hulle by ʼn onthaal wat hy die middag vir hulle reël, hoewel hulle bevrees is dat dit eintlik is om hulle in slawerny te dompel. Ironies genoeg is dit presies wat uiteindelik met ʼn volgende farao gebeur het, maar daarvan lees ons eers in Eksodus.
Josef se broers probeer so al wat hulle kan om in die Egiptenare se goeie boekies te kom en gee die geld dubbeld terug wat die vorige keer op onverklaarbare wyse in hulle sakke beland het.
Let op hoe die hoofamptenaar hulle antwoord:
“Wees gerus! Moenie bekommerd wees nie. Julle geld het by my uitgekom, en dit is julle God, die God van julle voorvaders, wat ’n skat in julle sakke gesit het.”
Dit is ʼn ongelooflike uitspraak van die hoofamptenaar wat waarskynlik goed geweet het wat eintlik gebeur het, maar onder die invloed van Josef die vergissing as ʼn genade van God interpreteer.
Ook Simeon is aan hulle terugbesorg en aan hulle fisiese behoeftes is aandag gegee.
Met Josef se inkoms buig hulle diep voor hom neer, nóg ʼn waarmaking van Josef se aanvanklike drome. Josef vra uit oor sy pa Jakob en gee spesiaal aandag aan Benjamin. Met Josef se “voorloper” Aäronitiese seën () aan Benjamin – “My seun, God sal jou genadig wees” – oorval die emosies van ontferming en barmhartigheid egter vir Josef en hy het eenkant gaan huil.
Met sy terugkoms het hulle saamgeëet waarin twee goed hulle opgeval het. Josef laat hulle volgens ouderdomme sit en bedien hulle volgens Hebreeuse eetgewoontes. Hieroor was hulle verbaas. Hy identifiseer ook met hulle deur hulle kos van sy tafel aan hulle te gee, met Benjamin wat vyf keer meer gekry het as die res.
Wat nie uitsonderlik was nie is dat hulle vrolik geraak het van die wyn. Die skrywer sê hulle het wyn gedrink en saam met Josef: “vrolik geraak” en genoegsaam onder die invloed geraak dat ʼn mens dit soos in die NAV vertaling as “dronk word” kan beskryf. ʼn Groot familiefees, sou ʼn mens wou sê, maar helaas, daar was nog ʼn paar draaie wat vir hierdie verhaal voorgelê het …
Ekskursies oor barmhartigheid en genade
Dit is insiggewend dat daar in hierdie episode van die Josef-siklus twee woorde vir die eerste keer eksplisiet in die Bybel met God geassosieer word. Dit is barmhartigheid/meegevoel/ontferming (rǎ·ḥǎmîm, die meervoud van rǎ·ḥǎm [rě·ḥěm]) en genade (yāḥ·neḵāvan die werkwoord ḥā·nǎn).
Al die verhale tot dusver in Genesis het eintlik alreeds hierdie twee kante van God geïllustreer, sy barmhartigheid en ontferming oor die mensdom in die skepping – dink aan die reënboog as teken daarvan – sowel as die genade wat hy meer spesifiek die verbondsgemeenskap laat beleef – dink aan die besnydenis as teken daarvan.
Barmhartigheid
Die eerste woord rǎ·ḥǎm (rě·ḥěm) wat barmhartigheid, meegevoel of ontferming beteken, is eintlik wegvertaal in die NAV met die vertaling: “God die Almagtige … sal sorg dat die man julle goedgesind is.” (). Dit moet eintlik lees soos in die OAV: “Mag God, die Almagtige, julle barmhartigheid verleen by die man.”
En dit is ʼn baie belangrike merker in die teks, nie net om die karakter van God mee te beskryf nie, maar ook om die karakter van God se mense te beskryf. Dit lei ons af deurdat dieselfde woord gebruik word in vers 30 om Josef se reaksie op die weersiens van sy broers, en veral Benjamin, te beskryf. Soos die skrywer dit uitdruk: “sy binneste was ontroerd oor sy broer” (OAV) of: “sy gemoed was vol oor sy broer.” (NAV).
Die gebed van Jakob dat God barmhartigheid sal bewys, word dus direk geëggo in wat in Josef se hart gebeur. God se barmhartigheid stem hom tot barmhartigheid.
Barmhartigheid of meegevoel sal hierna ʼn belangrike beskrywing van God word in die OT sowel as in die NT. Dink maar net aan:
•Eksodus 22:27 wat verklaar oor die onreg wat ʼn arm mens aangedoen word: “As hy My hieroor aanroep, sal Ek na hom luister, want Ek is barmhartig.”
se belydenis oor God wat vir sy dienaars sorg: “Soos ʼn vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.” (vgl. ; ; ; )
•2 Kronieke 30:9 waar Hiskia spesifiek vir Efraim en Manasse – die nageslag van die seuns van Josef! – uitnooi om by Juda aan te sluit: “Die Here julle God is genadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na Hom toe terugkom nie.”
•Habakuk 3:2 waar die profeet bid vir die volk in die hoop dat hulle tot inkeer sal kom: “laat u dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in u toorn.” (vgl. ook Nehemia 9:17; Joël 2:13 vir nog voorbeelde).
Barmhartigheid sal ook ʼn uitstaande beskrywing raak van dié mense wat aan God behoort en as sy verteenwoordigers op aarde optree. Vergelyk in die NT:
•Matteus 5:7 waar Jesus in die Bergrede dit as ʼn uitstaande kenmerk van sy mense beskryf: “Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.”
waar Jesus sy oproep tot barmhartigheid koppel aan wie God die Vader is: “Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.”
Dié barmhartigheid is natuurlik nie net voor die voet nie. Daarom is die Bybel ook duidelik daaroor dat hierdie barmhartigheid aan God se soewereiniteit verbind is. Hy besluit aan wie Hy barmhartig is, en aan wie nie. Vergelyk:
•Eksodus 33:19 waar God vir Moses teregwys omdat hy God se arm wil draai om hom uit te wis om aan die volk barmhartigheid te bewys: “Maar die Here sê: ‘Ek sal al my voortreflikheid voor jou laat verbykom en Ek sal die Naam ‘die Here’ vir jou uitroep, want Ek betoon genade aan wie Ek genade wil betoon en Ek ontferm My oor wie Ek My wil ontferm. ‘”
•Romeine 9:15-16 waar Paulus dié gedagte uit Eksodus 33:19 intrek in sy lering oor die uitverkiesing: “Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees, en Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. Dit hang dus nie af van ’n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is.”
Genade
Die tweede woord ḥā·nǎn wat genade beteken, vind ons in Josef se gebed vir sy broer Benjamin: “God sal jou genadig wees.” ().
Dit is alreeds ʼn belangrike merker in die konteks van die broers van Josef wat juis nie genadig was teenoor hom nie. Onthou hoe hulle hulleself net in die vorige hoofstuk verwyt het dat hulle nie genadig was teenoor Josef nie: “Ons het sy angs gesien toe hy ons om genade gesmeek het, maar ons het nie geluister nie.” (). Josef bid nou dat die genade vir sy broer – en uiteindelik ook vir al sy broers en selfs vir sy pa – van God self afkomstig sal wees. Roerend!
Dit is daarom net só ʼn belangrike merker in die teks om God se karakter te beskryf reeds hier in die OT. Daar is so baie verwysings dat ek net ʼn kort seleksie maak:
•Numeri 6:25 maak dit deel van die liturgiese seën wat die priesters oor die volk uitspreek: “Die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees.”
verwoord Dawid se sewe dae lange gebed vir sy sterwende seun – dié een wat by Batseba in owerspel verwek is – waarin hy hom op die genade van God verlaat het: “Terwyl die kind nog gelewe het, het ek gevas en gehuil, want ek het gedink: wie weet, dalk is die Here my genadig, en dan sal die kind lewe.”
maak genade die hart van Dawid se gebed – juis in die tyd dat hy sy seun verloor – dat die Here hom genadig sal weer in die aangesig van sy haters: “Wees my genadig, Here, aanskou die ellende wat my haters my aangedoen het, U wat my terugruk uit die poorte van die dood.” (Vgl. ; ; ; ; ; ; ; ; ; ).
•Spreuke 28:13 verbind die ontvangs van genade aan sondebelydenis: “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.”
•2 Konings 13:23 verwoord die vertroue op God se genade soos Hy dit in die verbond met die aartsvaders belowe het: “Die Here was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm. Hy het Hom na hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob. Hy wou hulle nie vernietig nie; Hy het hulle tot nou toe nie verwerp nie.”
•Jesaja 30:18 verkondig selfs aan die volk wat God se oordeel beleef: “Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy hom oor julle ontferm: Die Here is ’n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.”
Die NT sal op voortreflike wyse hierop voortborduur. ʼn Mens sien dit selfs in die gebruiklike aanhef van die briewe van Paulus: “Genade vir julle en vrede van God ons Vader, en die Here Jesus Christus.” (1 Kor. 1:3 en verder). Dit is immers een van die mees sentrale boodskappe van die koms en bediening van die Here Jesus:
•Lukas 1:68 kondig in die lofsang van Maria die geboorte van Jesus as God se genade aan: “Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk.”
•Johannes 1:14 koppel die genade in Jesus aan die waarheid wat Hy gebring het: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.” (vgl. Lukas 2:14)
•Handelinge 4:33 wys hoe die verkondiging van hierdie Jesus se opstanding uit die dood God se genade oorvloedig oor hulle gemaak het: “Die apostels het kragdadig getuig dat die Here Jesus uit die dood opgestaan het, en die genade van God was groot oor hulle almal.” Dit word daarom ʼn woord wat Lukas kwistig gebruik in die res van sy verhaal van die uitbreiding van die koninkryk deur die getuienis van die genade van God in Christus Jesus (Hand. 6:8; 11:23; 13:43; 14:3, 26; 15:11, 40; 18:26; 20:24, 32).
•Romeine 1:5 maak genade deel van die roeping van Paulus om gelowiges aan God te verbind, soos dit trouens regdeur die brief uitgespel word: “Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.” (Vgl. ; ; ; , ; , ; ; ; , ; ; ).
Uiteindelik sou dit een van die vyf basiese belydenisse van die Gereformeerde teologie word: sola gratia (saam met sola scriptura, sola fide, solus Christus, soli Deo gloria).
Soos met barmhartigheid is genade gekoppel aan God se soewereiniteit. Dit kan ook misbruik word, soos Judas 4 ons waarsku dat ʼn keuse vir losbandigheid terwyl jy steeds staatmaak op genade nie moontlik is nie:
“Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe, en hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus.”
Paulus is net so helder daaroor dat ʼn mens nie mag aanhou sonde doen in ʼn gewaande afhanklikheid van genade nie:
“Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe.” ().
Die roeping van elke gelowige is om juis deur die genade die suigkrag van die sonde te ontkom en aan God in elke faset van jou lewe toegewyd te lewe. Dit sluit ons liggame in wat nie die sondige begeertes (vgl. vir ʼn lysie van begeertes) moet gehoorsaam nie, maar God self en hoe Hy wil hê dat ons moet lewe, heilig, onberispelik, aan Hom welgevallig:
“Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ’n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade.” ().
– Juda offer sy lewe vir Benjamin op toe God hulle sonde aan die lig bring
Hierdie hoofstuk is een van die belangrikste hoofstukke in die Josef-siklus. Dit beantwoord die vraag of die familiebande wat hierdie geloofsgemeenskap aan mekaar verbind, sterk genoeg is om innerlike konflik en uiterlike uitdagings die hoof te bied. Sal die broers lojaal bly aan mekaar, selfs al het hulle baie onder Jakob se bevoorregting van Josef en later Benjamin gely? Sal die broers bereid wees om dié keer by Benjamin te staan wat in die moeilikheid gekom het? Of sal hulle hom in die steek laat soos hulle dit vroeër met Josef gedoen het?
Josef beraam ʼn laaste uitdaging om agter te kom of sy broers verander het – 44:1-17
Dit is vroeg die volgende môre. Josef beraam ʼn laaste uitdaging vir sy broers om agter te kom of daar regtig by hulle ʼn verandering plaasgevind het. Hy sit weereens elkeen se geld terug in hulle oorvol sakke. Maar, dié keer gaan hy verder en laat sy silwerbeker – die beker wat met voorspellings geassosieer is – bo in die sak van die jongste seun, Benjamin, sit.
Ligdag is die broers toe daar weg. Maar gou is Josef se hoofamptenaar agter hulle aan om hulle te konfronteer volgens Josef se planne. Die broers se verontwaardiging oor die valse beskuldiging dat hulle die silwerbeker gesteel het, verander baie gou in afgryse toe die silwerbeker in Benjamin se sak gekry word.
Let op hoe die afgryse hulle almal, sonder uitsondering, beetpak en hulle hulle klere skeur en laat omdraai stad toe om voor Josef neer te val. Juda bely namens hulle almal: “God het ons sonde aan die lig gebring. Hier is ons, ons is Meneer se slawe: ons almal, saam met hom by wie die beker gekry is.”
Hulle weet – en die lesers weet, sowel as Josef in die stilligheid – dat hulle onskuldig is, maar hulle kan hulle onskuld nie bewys nie. Hulle kan net op Josef se barmhartigheid staatmaak, soos hulle pa gebid het. Dit is iets wat ons weet reeds in die vorige hoofstuk gedemonstreer is, toe Josef se hart ontroer is oor sy broer Benjamin, maar waarvan die broers nog niks geweet het nie.
Dit is ook belangrik om te weet dat Juda nie hier verwys na die “sonde” van die diefstal van die silwerbeker nie. Daaraan het almal geweet dat hulle nie skuldig is nie, al het die broers nie geweet wat Josef weet nie. Juda verwys hier na die “sonde” teen Josef, toe hulle hom leed aangedoen het en aan slawehandelaars verkoop het meer as twee dekades gelede. Hulle het toe hulle harte toegesluit vir sy pleidooi om genade. Nou, sê Juda: “God het ons sonde aan die lig gebring.”
Die eerste belangrike hekkie na versoening is hiermee oorgesteek. Die sondebelydenis is egter nog nie heeltemal genoeg om versoening tussen hulle en Josef te bring nie. Josef kan nie maar net op só ʼn erkenning staatmaak nie. Hy moet weet of hulle dieselfde ding sou doen as hulle weer in dieselfde situasie geplaas word. Daarom herskep hy presies dieselfde tipe situasie as waarin hyself was in die put by Dotan.
Hy laat die broers kies tussen hulle eie vryheid en dié van Benjamin. Net Benjamin sal ly onder die diefstal, is Josef se reëling. Die broers kan Benjamin agterlaat in die penarie waarin hy homself “onskuldig” bevind, hoewel hulle natuurlik nie op dié stadium weet dat Josef weet dat Benjamin onskuldig is nie.
Juda offer homself op vir sy broer Benjamin – sy transformasie is voltooi – 44:18-34
Dit lei tot een van die roerendste toesprake in Genesis, trouens in die hele OT. Op ʼn besondere eerlike en innemende manier verwoord Juda die broers se keuse. Hulle kies vir die bande van die bloedfamilie selfs al was hulle ervaring daarvan nie altyd so goed nie. Juda noem sy pa veertien keer in dié toespraak. Daarmee bevestig hy hulle lojaliteit aan hom, al weet elke leser dat dié pa juis vir Josef en sy broer Benjamin bó sy ander seuns voorgetrek het en dit hulle seergemaak het.
Soos Gordon Wenham hieroor sê: “The acknowledgment of his father’s favoritism is striking, for it was Jacob’s love of Joseph that caused his brothers to hate him. Now this same favoritism is cited as ground for mercy; the other brothers, or at least Judah, have accepted that love for their father must override all other grudges.” ().
Juda sê hiermee dat lojaliteit aan die familie – wat natuurlik ook waar is van die geloofsfamilie – juis volgehou kan en moet word, selfs al is daar talle ervarings van die temperamentele en onvoorspelbare, selfs onregverdige kante van die liefde in die familiekonteks. Juda se begrip vir sy pa Jakob se onvolmaakte liefde oorwoeker sy vroeëre jaloesie waarin Juda instrumenteel was om Josef as slaaf te verkoop. Juda word nou die een wat homself offer sodat sy pa nie die leed van nog ʼn verlore seun moet beleef nie.
Soos Robert Alter in sy uitstaande boek oor die kuns van die Bybelse verhale Juda se keuse hier opsom: “Twenty-two years earlier, he stood with his brothers and silently watched when the bloodied tunic they had brought to Jacob sent their father into a fit of anguish; now he is willing to do anything in order not to have to see his father suffer that way again.” (Art of Biblical Narrative).
ʼn Mens kan ook nie anders as om te onthou dat dit juis dié Juda is – wat deur Tamar van die Kanaänitiese versoekings verlos moes word – wat nou as ʼn onkreukbare lojale familielid optree nie. Dit is Juda wat nou bereid is om homself prys te gee om sy broer los te koop. ʼn Keuse wat ons vanuit die NT perspektief weet die Messiaanse geslag waardig is. Hoewel ons ook weet dat die uiteindelike Messias nie net sy lewe vir een persoon sou opoffer nie, maar vir ʼn skare uit die nasies, soos dit immers in die belofte aan die verbondsfamilie verwoord was: “Julle sal tot ʼn seën vir die nasies wees.”
Juda is net nie bereid dat sy pa ʼn tweede keer deur die onnoembare leed van ʼn verlore seun gaan nie, en gee homself as ʼn offer vir Benjamin: “Hou my daarom dan nou hier as Meneer se slaaf in die plek van die seun, maar laat hý saam met sy broers teruggaan. Hoe kan ek sonder die seun by my pa aankom? Ek sal dit nie kan verdra om te sien dat so ’n smart hom tref nie.”
En Josef weet uiteindelik die verandering waarvan die skuldbelydenis getuig het, is werklik. Die bereidheid van Juda om anders op te tree, oortuig Josef. En ʼn mens weet al waarmee die volgende hoofstuk vorendag gaan kom, ʼn versoening tussen Josef en sy broers. Die werk van God in hulle lewens het volwassenheid bereik.
In die wysheidsliteratuur sal die Spreuke skrywer uiteindelik dié gedrag van Juda opsom in die volgende rigtinggewende spreuk: “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.” (Spr. 28:13). Sondebelydenis en ʼn nuwe lewe gaan saam. Soos dit veel later ʼn belangrike deel van Paulus se prediking sou wees dat dié wat hulle tot God bekeer: “dit moet bewys met dade wat by die bekering pas.” (Hand. 26:20).
– Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was
Die broers se eerlike ontbloting van hulle skuld aan die verlede roer Josef só diep dat hy dit nie meer kan regkry om homself te bedwing nie. Hy stuur alle diensknegte weg en bars uit in trane in sy eie selfontbloting aan hulle: “Ek is Josef. Leef Pa werklik nog?”
Hy sien egter hulle vrees en laat hulle nader kom om self te kan agterkom dat dit werklik hy, Josef, is. Die opgekropte spanning in Josef borrel oor in ʼn stortvloed van woorde waarin hy soveel as moontlik probeer inprop van alles wat die afgelope twee dekades sedert hulle hom verkoop het, gebeur het. Hy brei ook uit, met amper te veel detail, van wat hy voorsien vir die toekoms.
Josef beklemtoon tussen die baie detail oor die hongersnood en sy planne vir die toekoms twee baie belangrike goed.
1. Die eerste klem is dat hulle nie moet sleg voel of bang wees omdat hulle hom verkoop het nie, want dit was alles deel van God se planne vir hulle almal. Hy gaan sover as om te sê: “Dis nie júlle wat my hierheen gestuur het nie, maar God.” Vier keer beklemtoon hy God se werk in die gebeure tot dusver: “God het my voor julle uit gestuur om lewens te red.”
Dat hulle hom verkoop het, is so. Maar, dié slegte bedoelings het in God se planne ʼn goeie uitkoms gehad. Die hele familie het daarby baat gevind deurdat hulle nou in Egipte aan die lewe gehou sou kon word sodat: “baie aan die dood sal ontkom.”
Waar Juda se offer in die vorige hoofstuk Messiaanse trekke gehad het, is dié verklaring van Josef eweneens ʼn aanduiding van wat die Here Jesus met sy kruisdood jare later sou vermag, ʼn ewige toekoms waardeur baie aan die ewige dood sal kan ontkom.
Watter ongelooflike geestelike insig. Dit gee ʼn mens ʼn nuwe perspektief op wat Paulus in Romeine 8 skryf oor God se planne met ons in Christus Jesus. Nie net kan ons saam met hom bly wees oor die feit dat God alles ten goede laat meewerk nie: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” ().
Ons kan in die lig van die Josef verhaal met groter waardering die boodskap van die volgende vers ook aangryp: “Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.” (). Soos Josef sy broers as ”eerste” vooruitgegaan het, sodat “baie broers” uiteindelik nie net aan die lewe gehou kon word deur die kos in Egipte nie, maar in die proses ook geestelike volwasse kon word, só het Jesus dit ook vir ons gedoen.
Ons is ook besig om te groei om soos Jesus te word. En Hy doen dit op ʼn besondere wyse deur presies die onontwykbare lyding waaraan ons in hierdie lewe blootgestel word. Sommige daarvan verdiend, soos dit die geval was met Juda en sy broers. Sommige daarvan onverdiend, soos dit die geval was met Josef.
Dat alles ten goede meewerk, dra dus nie net die boodskap dat alles aan die einde uitwerk nie, maar dat ons in die proses die tipe mense word wat God van ons wil maak. Lyding – verdiend en onverdiend – is die smeltkroes van geestelike groei.
Wat ons daaruit moet leer, is dat sonder lyding min van waarde ooit in ons eie lewe tot stand kom. En daarmee saam, dat ons moet toelaat dat dié geestelike proses in ander se lewe sy loop neem. Ons moet ander nie te gou afskryf, omdat hulle nie op dieselfde plek in hulle geestelike lewe as ons is nie.
2. Die tweede klem is op die gemeenskap van die familie wat herstel moet word. Soos Juda dit in die toespraak in hoofstuk 44 gedoen het, só fokus Josef op sy pa Jakob en verwys dertien keer na hom. Hy kan nie ʼn sekonde langer wag dat sy pa na hom in Egipte toe moet kom sodat hy vir hom kan sorg in die laaste deel van sy lewe nie. Hy wil hulle almal as familie rondom sy pa verenig: “Dan is Pa naby my: Pa en Pa se seuns en kleinseuns, die kleinvee en grootvee en alles wat Pa besit. Ek sal vir Pa daar onderhou … So sal Pa nie verarm nie: Pa en Pa se familie en almal by Pa … Maak gou en bring vir Pa hierheen.”
Met dié het Josef sy broers omhels en hulle kon hulle harte skoon huil. Toe eers het die broers tot verhaal gekom en self begin om met Josef te praat en hulleself te vergewis dat hulle nie droom nie. Die nagmerrie van die verlede het nou ʼn beter toekoms gebring as wat hulle self sou kon droom.
Die wedersiens het die broers nie net met mekaar versoen nie, maar ook tot ʼn groot welwillendheid aanleiding gegee sodat hulle deur die farao met groot gasvryheid ontvang is en ʼn vrugbare deel van Egipte in die Nyldelta aangebied is.
Let op hoe Josef hulle egter telkens gerus stel dat die verlede regtig agter hom lê: “Moenie langs die pad bang word en begin twyfel nie.” Die sleg van die verlede was regtig sleg, maar Josef kon die doel wat God daarmee gehad het, omarm, en daarom sy broers omhels en vergewe, veral ná die belydenis van Juda wat hom oortuig het dat hulle verander het.
Jakob se hart het gaan stilstaan toe die nuus aan hom oorgedra is – hy was stomgeslaan – maar hy het hulle aanvanklik nie geglo tot die nuus deur die werklikheid van die waens bevestig is nie. Sy reaksie is roerend. Hy het hom met die broers se reis na Egipte op die barmhartigheid van die Here beroep dat Benjamin behoue sou terugkeer, maar nou het hy sy verlore seun, Josef, op die koop toe teruggekry. God se barmhartigheid was meer as oorvloedig: “Ek verlang niks meer nie. My seun Josef leef, en ek wil hom net sien voor ek sterf.”
– Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef
Die fokus in die verhaal van Josef skuif terug na sy pa, Jakob, en sal só bly tot aan die einde van die boek Genesis.
Met sy vertrek uit Kanaän bring Jakob ʼn offer aan God by Berseba, die eerste keer dat ons weer só ʼn spesifieke aktiwiteit van aanbidding van hom waarneem. Let op hoe dié offer baie spesifiek aan “die God van sy pa Isak” gebring word.
Die goeie nuus oor Josef het Jakob se vertroue in God weer laat opvlam, al was daar tye waarin die smart sy lewe só oorheers het, dat hy met minder oorgawe van sy geloof in God getuig het. Dit sien ʼn mens in die beskrywings van sy smart waarin dit lyk asof hy glad nie met die Here daaroor in gesprek getree het nie, maar net verslae gesit het in sy verdriet (). ʼn Mens sien dit in sy aanvanklike weiering om Benjamin saam te stuur: “Netnou gebeur daar iets met hom!” (). En ʼn mens sien dit in die gelatenheid waarmee hy die tweede keer ingee om Benjamin te stuur, en in sy gebed wel God, die Almagtige, aanroep om barmhartigheid vir sy kinders in Egipte, maar daarby half fatalisties voeg: “En ek, as ek dan my kinders moet verloor, moet ek hulle maar verloor.” ().
Die Here roep daarom in ʼn visioen vir Jakob dié nag en bevestig dat Hy inderdaad die God van sy vader Isak is. En anders as wat die geval was met Abraham en Isak gee die Here vir Jakob verlof om na Egipte te trek. Dit is die plek waar die Here hulle nou ʼn groot nasie wil maak voordat Hy hulle almal weer na Kanaän, die beloofde land, sou laat terugkom.
Let op dat Jakob al hoe meer op sy naam Israel genoem word. Trouens, in vers 8 word sy nageslag die eerste keer in die Bybel “Israeliete” genoem, of soos dit in die grondteks verskyn: “kinders van Israel”. Die verwagting dat Israel ʼn groot nasie sal word, begin al hoe groter groei.
Waar Jakob se familiegeskiedenis in net die naam van Josef bevat het, word hier nou al die name van Jakob se kinders en kleinkinders gegee. Let op hoe die skrywer beklemtoon dat dit al sy seuns en kleinseuns was, ook sy dogters en kleindogters. Die hele familie word saamgevat Egipte toe.
Saam met die familie van Josef in Egipte was hulle sewentig mense altesaam, ʼn simboliese getal van volkomenheid. Dit herinner ons ook daaraan dat dit oor die familie as geloofsgemeenskap gaan in Genesis en nie oor die individue nie, selfs al speel hulle ook hoe groot ʼn rol in die behoud van daardie geloofsgemeenskap.
Juda speel duidelik ʼn al hoe groter leiersrol en fasiliteer die blye wedersiens met Josef in die land Goosen in die Nyl-delta. Hulle het mekaar omhels en: “lank so gestaan en huil.” Vir Jakob het dit sy lewe tot ʼn volmaakte afsluiting gebring. Sy wedloop is geloop. Die stryd is gestry. Hy kan in vrede saam met sy voorvaders begrawe word.
Josef reël dat dié streek hulle woonplek word, maar die skrywer vermeld wel die afkeur wat die Egiptenare aan klein veeboere gehad het, ʼn stukkie onheilspellende nuus wat ʼn mens laat besef dat daar nog groot ontberings vir dié Godsvolk sou oorbly voor hulle uiteindelik rus sou kry met die Intog terug in die beloofde land jare later.
– Jakob seën die farao sowel as Josef se twee seuns
Die laaste vier hoofstukke van Genesis brei uit oor die wyse waarop Jakob en sy seuns in Egipte vestig vir die fase van nasiebou, hoewel dit nie net ʼn lang tyd sou neem nie, maar ook groot ontberinge sou insluit. Die volgende temas word aangestip in die proses:
•Jakob seën die farao met hulle eerste ontmoeting –
•Josef verstewig die farao se greep op die mense en sy land –
•Jakob seën Josef se twee seuns –
•Jakob seën die res van sy seuns –
•Josef stel sy broers gerus met Jakob se dood dat God steeds vir hulle sal sorg –
•Josef herinner sy broers met sy eie dood dat God hulle sal terugneem na die beloofde land –
Ons lees die eerste drie temas as ʼn eenheid en daarna ook die laaste drie temas in die volgende bydrae.
Jakob seën die farao met hulle eerste ontmoeting –
Josef neem duidelik verantwoordelikheid vir die hele proses van Jakob en sy familie se vestiging. Eers neem hy vyf van sy broers saam – ons weet nie watter vyf nie – om die onderhandelinge rondom die verblyf in Goosen te reël.
Let op dat hulle: “as vreemdelinge” daar wil woon, in lyn met hulle verstaan dat hulle toekoms eintlik in die beloofde land lê. ʼn Mens sal dié sentiment weer hoor in die lewe van Moses wanneer hy sy eersteling by Sippora Gersom noem, “want,” het hy gesê, “ek woon as vreemdeling in ’n vreemde land.” (Eks. 2:22; 18:3 – die naam herinner aan die Hebreeuse woord vir “vreemdeling”).
Hierdie belydenis van vreemdelingskap sou ʼn belangrike deel van die Israelitiese credo word, soos Moses in Deuteronomium die volk leer om in die beloofde land te sê: “My vader was ’n Arameër wat van plek tot plek getrek het. Hy het na Egipte toe gegaan en met min mense daar as vreemdeling gaan woon. Daar het hy ’n groot, sterk en talryke nasie geword.” (Deut. 26:5 vv).
Farao is só beïndruk met die onderhandelinge dat hy voorstel dat van Josef se broers verantwoordelikheid neem vir die farao se eie vee.
Dit open die weg vir ʼn ontmoeting tussen Jakob en die farao. Twee keer vertel die skrywer vir ons dat Jakob die farao geseën het, met hulle voorstelling aan mekaar, sowel as toe hulle afskeid neem van mekaar.
Die Hebreeuse werkwoord wǎy·ḇā·rěḵ in vers 7 en 10 kan wel met: “en hy het gegroet” vertaal word, soos in die NAV, maar die ander betekenis van dié werkwoord: “en hy het geseën” maak vir my baie meer sin. Dit is immers waartoe die aartsvaders geroep is, om tot ʼn seën vir die nasies te wees. Daarom het die OAV dit dan ook briljant soos volg vertaal: “gegroet met ʼn seënwens” soos verskeie ander vertalings en kommentators dit ook gedoen het.
Dit is merkwaardig dat Jakob – die een wat sy tweelingbroer Esau uit sy eersgeboortereg gemanipuleer het, en sy pa Isak bedrieg het om die seën wat bedoel was vir Esau in sy plek te ontvang – die een word wat hier vir farao seën. Trouens, in lyn met die belofte en roeping aan al drie aartsvaders, neem Jakob sy posisie in as die fasiliteerder van God se seën vir al die families op aarde. Dat hy nou sy roeping om tot ʼn seën te wees volledig kan omhels, getuig van ʼn totale transformasie van karakter.
Let op dat Jakob daarby homself nie net as ʼn ou man wat baie swaargekry het, voorstel nie, maar veral as: “’n vreemdeling hier op aarde.” Daarmee sluit Jakob nie net aan by wat sy seuns oor hulle verblyf in Egipte vroeër gesê het nie, maar maak hy self ʼn fundamentele uitspraak oor die geloofsgemeenskap.
Soos die Hebreërskrywer later van al drie die aartsvaders sou sê, het hulle: “uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.” (). Dit het hulle nie afgesit dat hulle in dié lewe die belofte van God nie volledig in ontvangs kon neem nie, want hulle: “het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is.” ().
Dit is só ʼn belangrike ding vir ons as geloofsgemeenskap om vir ons eie tyd te omarm. Ons word ook geroep om nie só vas te gryp aan die tydelike verblyf wat ons hier op aarde het nie. Ons word ook geroep om te lewe met die uitsig op die stad van God wat vir ons wag. Trouens, sê die Hebreërskrywer: “Mense wat so praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na ’n vaderland. As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan. Maar hulle het na ’n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle ’n stad gereed gemaak.” ().
Josef het hulle daarom in Rameses – hulle sou later voorraadstede vir die farao daar bou (Eks. 1:11) – laat woon in die land Gosen, soos hy voorgestel het en die farao hom beveel het. Daar was hulle almal goed versorg, al was dit ook baie duidelik dat hulle as vreemdelinge daar sou vertoef, totdat daar ʼn dag sou kom dat hulle die roepstem van God terug na die beloofde land sou hoor.
Josef verstewig die farao se greep op die mense en sy land –
Die hongersnood het nie net die hele ekonomie in Egipte verander nie, maar op ʼn beslissende wyse die manier waarop grond en grondeienaarskap hanteer is, verander. Die kosvoorsiening aan honger mense het nie net die farao ryk gemaak nie, maar hom die alleen besitter van alle lewende hawe en grond gemaak. In effek het die bevolking sy slawe geword, behalwe vir die priesters wat ʼn mate van onafhanklikheid kon handhaaf.
Die gebruik om ʼn vyfde van die opbrengs vir die farao as teëprestasie vir sy voorsiening te gee, sê die skrywer, dateer ook uit dié tyd. Dit moet ʼn mens natuurlik laat besef dat hierdie konsep van slawerny anders is as die tipe slawerny waarvan die Westerse samelewing met reg afstand gedoen het, ʼn sisteem wat per definisie onderdrukkend en mensonterend was.
In ʼn sekere sin kon die lewe egter eenvoudig aangaan met die voorsiening van die farao vir sy mense, behalwe vir die 20% “belasting” en die gebrek aan private eiendomsreg. Dié reëling was dus op die oog af ʼn wedersydse voordelige een, hoewel dit later met die slawerny van die Israeliete ʼn bose wending sou neem. Die gevaar van uitbuiting en onderdrukking was dus steeds onderliggend deel van dié sisteem.
Wat egter duidelik is, is dat die hongersnood die Egiptiese gemeenskap fundamenteel verander het. Soos Robert de Vaux in sy History of Israel dit opsom: “Two facts that are established beyond doubt … are the sovereign right of the Pharaoh over the whole land and the extent of the crown domains and of those belonging to the priests, between them covering almost the whole of the land of Egypt. The most striking characteristic of this system was that the principal landowners were institutions and that the right of private ownership was … hardly developed at all”.
Josef en sy mense het ʼn belangrike rol hierin gespeel, iets wat ten diepste op God se ingrype in die geskiedenis van die wêreld berus.
Jakob seën Josef se twee seuns –
Dit wil voorkom asof die Israeliete ʼn groter mate van vryheid geniet het deurdat hulle die Gosenstreek as eiendom ontvang het. Die feit dat hulle vrugbaar was en baie geword het, sou natuurlik later vir hulle ʼn probleem word met toekomstige faraos. Hier was dit egter nog die teelaarde vir die belofte van vrugbaarheid waarmee die Here hulle geseën het.
Na sewentien jaar in Egipte het Jakob egter sy sake in orde begin kry toe hy agterkom dat sy einde nader kom. Hy vra dat Josef beloof om hom in Kanaän te gaan begrawe in die Makpelagrot, soos Josef dit dan ook na sy dood doen, soos ons later in Genesis lees.
Hoe roerend staan dit nie daar dat “Israel” daar op sy bed gebuig het voor God nie. Jakob was die een wat met God en met mense gestry het, en toe agtergekom het by die Jabbokrivier dat dit eintlik God is wat vir hom stry. Waar hy voorheen téén mense en selfs téén God gestry het, het God die Een geword wat vír hom gestry het!
Soos Paulus jare later dit sou uitroep in sy diep oordenking oor die stryd en lyding wat ons ervaar in hierdie lewe: “Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? … Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons … Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” ().
’n Rukkie hierna bring Josef sy twee seuns Manasse en Efraim na die siekbed van Jakob. Jakob herinner Josef aan God se verskyning en belofte van vrugbaarheid by Bet-El (Lus). Hy verseker Josef dat dit sy twee seuns, Efraim en Manasse insluit: “Jou twee seuns wat hier in Egipte vir jou gebore is voordat ek hier na jou toe gekom het, Efraim en Manasse, is vir my soos my eie, soos Ruben en Simeon is hulle vir my.” Dit sluit ook sy toekomstige kinders in. Hulle sal saam met hulle broers erf.
Jakob begin daarom met ʼn seën vir Josef waarin hy baie spesifiek die seën van die voorvaders nie maar net vir Josef afbid nie, maar vir Josef se kinders. Daarmee bid Jakob dat dié God naby wie Abraham en Isak geleef het, dié God wat vir Jakob van sy geboorte af tot nou toe gesorg het, wat deur sy Engel hom uit elke moontlik gevaar gered het, dat dié God Josef se seuns sal seën.
Jakob weet dat daardeur sy naam, en ook dié van sy voorvaders, sal voortleef in hulle, sowel as in die vrugbaarheid van hulle nageslag. Die laaste gedeelte van hierdie meer algemene seën kan ook soos volg vertaal word: “mag die seuns vermeerder en baie word op die aarde.” Daar is heel waarskynlik ʼn meer universele toepassing van dié seën merkbaar in Jakob se visie vir die toekoms, soos Peterson vertaal: “And may they grow covering the Earth with their children.” (The Message).
Jakob seën ook in ʼn baie besondere gebaar dié twee seuns meer spesifiek, maar anders as wat Josef verwag, die jongste Efraim bó dié oudste Manasse, soos dit ook in die geskiedenis van die Godsvolk uitgespeel het. Die tema van die jongste wat bó die oudste verkies word, word voortgesit soos dit die geval was met Abel en Kain, Peres en Serag, en natuurlik Jakob en Esau. Hierdie keer is dit egter nie die blinde Isak wat bedrieg word nie, maar die amper blinde Jakob wat self besluit hoe hy die seën gaan gee.
Jakob herinner Josef daaraan dat hulle eintlike toekoms in Kanaän lê: “God sal by julle wees. Hy sal julle terugbring in die land van julle voorvaders.” Hy gee ook ʼn meer persoonlike erfenis vir Josef, die stuk grond wat hy in Sigem van die seuns van Gamor gekoop het. Josef se beendere is ook later met die Intog daar begrawe (). Die verwysing na ʼn skermutseling met die Amoriete om dié stuk grond te kry, is nie baie duidelik nie, hoewel dit na die ongelukkige geskiedenis van Simeon en Levi kan verwys wat al die mans van Sigem uitgemoor het ter wille van hulle suster Dina.
– Jakob seën sy seuns met die oog op die toekoms
Soos ek in die vorige bydrae gemeld het, sluit die boek Genesis in die laaste twee hoofstukke af met die volgende drie temas:
•Jakob seën die res van sy seuns –
•Josef stel sy broers gerus met Jakob se dood dat God steeds vir hulle sal sorg –
•Josef herinner sy broers met sy eie dood dat God hulle sal terugneem na die beloofde land –
Dit is drie baie belangrike temas in die lig van die nuwe situasie waarin hulle hulle nou in Egipte bevind. Al drie temas vertolk die toekoms vir die groeiende Godsvolk.
•Jakob lewer sy seën in die vorm van ʼn laaste testament waarin sy toekomsvisie vir sy kinders en hulle nageslagte uitgespel word.
•Josef fokus ook op die toekoms. Aan die een kant fokus hy in die onmiddellike toekoms op sy lojaliteit aan sy broers. Hy begrond dit in God se sorg vir hulle. Hy sal hulle nie anders hanteer as wat God dit doen nie.
•Josef fokus egter aan die ander kant ook op God se sorg in die verre toekoms, d.w.s. selfs ná hy dood is. Hy verklaar stellig dat God hulle sal terugbring in Kanaän as vervulling van sy belofte aan hulle.
Die hoop op ʼn land van hulle eie word daarmee brandende gehou. Al sou dié tydperk in die geskiedenis van die Godsvolk meer as vier eeue duur, sou daar ʼn dag aanbreek waarin die Here hulle sou uitlei. Daarvan vertel die boek Eksodus ons.
Jakob seën die res van sy seuns –
Die NAV laat ʼn baie belangrike frase uit in vers 1. Daar staan eintlik in die oorspronklike Hebreeuse teks, meer letterlik vertaal: “Jakob het sy seuns geroep en gesê: ‘Kom bymekaar sodat ek kan aankondig vir julle wat sal gebeur met julle aan die einde van die dae (beʾaḥarît hayyāmîm).’”
Hierdie frase word eintlik veral in profetiese tekste gekry, waar dit ʼn eskatologiese betekenis dra en met die einde van tyd as sodanig verbind kan word (bv. Jes. 2:2). Hier dui dit waarskynlik net op die toekoms ná die tydperk in Egipte, soos die term op ander plekke in die Pentateug gebruik word.
Bileam gebruik die term in Numeri 24:14 om Israel se oorwinning in die toekoms (aan die einde van die dae) oor onder andere die Moabiete, Edomiete, Amalekiete, en Keniete (Kain se nageslag) te beskryf. Moses gebruik ook die term in Deuteronomium 4:30 om die Israeliete op te roep om in die toekoms (aan die einde van die dae) hulleself voor die Here te verootmoedig as die strawwe van die verbond hulle sou tref. Dieselfde geld Deuteronomium 31:29.
Let op hoe Jakob homself met beide sy geboortenaam, Jakob, as met die naam wat God hom gegee het, Israel, beskryf. Sy twaalf seuns word nie in volgorde van geboorte genoem nie, behalwe die eerste vier seuns by Lea en die laaste twee seuns by Ragel. Net om jou te herinner gee ek die orde van die geboortes:
•Lea se eerste vier seuns was Ruben, Simeon, Levi en Juda.
•Bilha, slavin van Ragel, se twee seuns was Dan en Naftali.
•Silpa, slavin van Lea, se twee seuns was Gad en Aser.
•Lea het daarna nog twee seuns gehad, Issaskar en Sebulon.
•Ragel se twee seuns was Josef en Benjamin.
Let ook op dat Jakob hier doelbewus ʼn voorrang gee aan die twee kinders wat uit sy liefde vir Ragel gebore is, iets wat die wet later sou verbied (). Dit dui aan die een kant op die ouderdom van dié tradisie – dit het duidelik gebeur vóór die wet in werking gekom het – en aan die ander kant op die feit dat die latere wet gewaarsku het teen die kere wat die aartsvaders “oneties” opgetree het. Ná die uitsprake van die wet sou niemand weer soos Jakob ʼn kind onregverdiglik kon voortrek op die wyse waarop hy dit gedoen het nie.
Ruben, word as die oudste, vernaamste en sterkste genoem, maar deur Jakob van sy eersgebore status ontneem omdat hy onstuimig was “soos stormwater” (of “skuim”) en hom aan bloedskande skuldig gemaak het met Silpa. Jakob moes natuurlik iets daaraan gedoen het toe dit gebeur het, en nie gewag het tot op sy sterfbed om sy seun daaroor aan te spreek nie. Die aankondiging word bewaarheid in die feit dat die latere stam Ruben in vergetelheid verdwyn en niemand van betekenis in die geskiedenis van Israel opgelewer het nie.
Simeon en Levi word saam genoem, veral omdat hulle saamgesweer het in die koelbloedige moord op Sigem se mense. Jakob verkwalik hulle dat hulle altyd gereed is vir geweld. Daarom wil hy geen deel hê aan hulle manier van onderhandelinge doen nie, want dit was nie in goeder trou nie, maar met kwade bedoelings. Selfs die diere het dit blykbaar ontgeld – beeste se agterbeen senings is afgekap – hoewel dit ook ʼn metafoor kan wees vir die gevaar wat dit vir Jakob gebring het.
Jakob bid dat die straf van God hulle sal tref oor hulle geweldpleging en hulle nie as stamme in Israel sal voortbestaan nie. Dit het inderdaad só gebeur.
Simeon het deel geword van die stam van Juda. Trouens, hulle grondgebied was aanvanklik ingesluit binne dié van Juda (). Ons lees ook in 2 Kronieke 15 dat die hervormings van Asa in die 9de eeu v.C. ʼn aantal mense van Simeon gemotiveer het om deel van die suidryk te raak. Dit was waarskynlik ʼn stukkie genade, want dit gee hulle ʼn uitkoms toe die noordryk in die 8ste eeu v.C. in ballingskap weggevoer word.
Levi kry weer geen grondgebied met die Intog nie, hoewel daar vir Levi weliswaar verlossing gekom het in die aanstelling as die stam wat as priesters en Leviete in die tabernakel en later die tempel diens gedoen het. Twee van die groot figure in die Trek uit Egipte was deel van die stam van Levi, Moses en Aäron.
Juda word geëer vir sy groeiende rol in die geledere van die twaalf broers. Jakob voorspel dat dit hy sal wees vir wie sy broers sal eer soos dit later met die koninklike geslag sou gebeur, toe Saul uit Benjamin nie die mas opgekom het nie, en die Here vir Dawid uit die nageslag van Juda gekies en ʼn ewige verbond met hom gesluit het.
Daar is duidelik Messiaanse trekke in die beskrywing van die toekomstige geskiedenis van Juda. Die simbool van Juda as die leeu word in Openbaring met Jesus se koningskap geassosieer (Openb. 5:5). Trouens, die aankondiging dat Juda sal aanhou regeer: “totdat Silo kom, die heerser aan wie die volke hulle sal onderwerp”, bevestig dit onteenseglik, soos veral Paulus (Kol. 1:15-20) en Johannes (Openb. 1:5 vv.) dit van Jesus by sy wederkoms verkondig.
Sebulon se verbintenis met die see en Sidon kan moontlik dui op ʼn toekoms wat in die vergetelheid sal verdwyn, maar dit is nie presies duidelik wat daarmee bedoel word nie. Jesaja voorspel egter ʼn omkeer in hulle geskiedenis wat met die Messias verbind word (Jes. 8:23). Jesus gaan bly dan ook in Kapernaum in die gebied van Sebulon (en Naftali) in vervulling van dié profesie soos Matteus ons vertel ().
Issaskar word as ’n sterk pakdier geskets wat bereid is om dwangarbeid te verrig ter wille van ʼn goeie woonplek tussen die Kanaäniete, suidwes van Galilea soos dit in Josua 19 beskryf word. Daar is getuienis uit die El-Amarna dokumente dat só iets gebeur het, maar die interpretasie daarvan bly onseker.
Dan word geteken as ʼn stam wat in die toekoms sal sorg dat die reg van die hele volk gehandhaaf sal word, soos dit inderdaad met die geskiedenis van die rigter Simson uit die stam van Dan in die boek Rigters gebeur het (Rigt. 13-16).
Gad se militêre finesse word aangekondig soos dit dan ook inderdaad in die geskiedenis van Israel die geval was, met bv. Jefta (Rigt. 11 – Gilead was deel van die stamgebied van Gad []; ) en die Gadiete wat saam met Dawid geveg het (1 Kron. 12).
Aser word geteken as mense wat lief was vir kos en die luukses in die lewe. Dit het beteken dat hulle nie veglustig was nie en deel van die Kanaäniete geword het (Rigt. 1:32).
Naftali word geteken as vlugvoetige en mooi mense wat ook nie ʼn groot bydrae met die Intog gelewer het nie en eerder deel van die Kanaäniete geword het (Rigt. 1:32), hoewel hulle darem onder die leierskap van Debora hulle deel gedoen het (Rigt. 5:18). Soos met Sebulon voorspel Jesaja ʼn omkeer in hulle geskiedenis wat met die Messias verbind word (Jes. 8:23). Jesus gaan bly dan ook in Kapernaum in die gebied van Naftali (en Sebulon) in vervulling van dié profesie soos Matteus ons vertel ().
Josef verdien in Jakob se oordeel die beste deel van sy seën vir die toekoms en word in gloeiende terme as vrugbaar (vgl. se beelde van ʼn boom by die waters) en magtig (hy het alle aanslae teen hom kon afweer) geteken. Anders as met die res van die broers word sy sukses egter aan God se ingrype, beskerming en voorsiening geteken. Hoe pragtig verwoord Jakob nie sy gebed vir Josef nie: “Die seëninge wat jou vader gegee het, is sterk, sterker as dié van die ou-ou berge, as die kosbaarhede van die heuwels wat altyd daar is. Daardie seëninge kom op Josef, op hom wat die leier van sy broers sal wees.”
Benjamin neem die laaste plek in as ’n “wolf wat prooi verskeur”, ʼn duidelike verwysing na hulle vernuf in oorlog, soos dit op talle plekke in die OT genoem word, bv. in ʼn positiewe sin in die optrede van Ehud teen die Moabiete (Rigt. 3:15-30) sowel as hulle geveg saam met Debora (Rigt. 5:14). In ʼn negatiewe sin kan ʼn mens hierin ook die oorlog rondom die grusame verkragting van die Leviet se byvrou lees, waartydens die Benjaminiete byna uitgewis is weens sommige van hulle se aandeel daarin (Rigt. 19-21). Saul en Jonatan was ook Benjaminiete ().
Die gedeelte word afgesluit met ʼn oorhoofse opmerking dat dit Jakob se seën aan hulle was, hoewel ʼn mens duidelik uit die inhoud kan aflei dat dit baie meer ʼn verklaring oor hulle toekoms was.
Josef stel sy broers gerus met Jakob se dood dat God steeds vir hulle sal sorg –
Jakob koppel daaraan ʼn paar laaste opdragte aan sy seuns om hom in die familiegraf by die Makpelagrot te begrawe waar sy voorvaders ook lê. Lea was alreeds daar saam met hulle begrawe – wat verklaar hoekom daar vandag net ses grafte by dié belangrike Joodse historiese plek in Hebron is (Ragel is naby Bethlehem begrawe).
Dit was vir Josef ʼn emosionele afskeid, maar sy praktiese geaardheid neem oor en ná die lyk gebalsem is, het hy aan sy pa se wens voldoen. Dit sou die eerste keer sedert sy tienerdae wees wat hy in Kanaän sou kom, maar ook die laaste keer, hoewel sy gebeentes saam met die Israeliete jare later terug is met die Uittog uit Egipte en in Sigem begrawe is (), volgens die wense van Jakob. Moses het persoonlik daarvoor gesorg (Eks. 13:19).
Dat dié gebeure ʼn groot impak op Egipte gehad het, gesimboliseer deur die groot stoet Egiptenare wat saam is Kanaän toe, is nogal interessant, hoewel dit ook wil lyk asof hulle net tot by die grens saam is, en die broers alleen tot by Hebron getrek het. Ook die Kanaäniete het kennis geneem van die groot rouproses.
Met hulle terugkoms in Egipte was die vraag in die broers se harte brandend of Josef nie miskien al die tyd ʼn grief teen hulle in sy hart weggesteek het nie. Hulle was bang dat hy hulle nou vanuit sy magsposisie in Egipte sou terugbetaal vir al die kwaad wat hulle hom aangedoen het.
Dit wil voorkom asof hulle ʼn boodskap opmaak dat Jakob hulle beveel het om Josef te vra dat hy die groot misdaad wat hulle hom aangedoen het, sal vergewe op grond van die feit dat hulle dieselfde God dien, “die God van u vader.”
Dit lei ons af uit die feit dat dit Josef in trane gehad het. Met sy broers se besoek aan hom waarin hulle – soos in die aanvanklike drome – voor hom neerval, verklaar hulle hulleself tot sy slawe. Josef wou egter niks daarvan weet nie en het geantwoord dat hulle nie moet bang wees vir hom nie. Hy sal nie en kan nie God speel in hulle lewe nie.
Hy som daarmee hulle hele geskiedenis op met die woorde: “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ’n groot volk nou in die lewe gebly het.”
Hy het hulle van sy goeie gesindheid verseker sowel as van die feit dat hy vir hulle sal sorg. Grootmoedig regdeur sy lewe, en tot die einde toe, soos ons in die volgende perikoop sal sien.
Josef herinner sy broers met sy eie dood dat God hulle sal terugneem na die beloofde land –
Die fokus verskuif in die laaste perikoop na die einde van Josef se lewe, ongeveer sestig jaar later. Op Josef se inisiatief kry hy sy broers weer bymekaar en verseker hulle hierdie keer nie net van sy sorg nie, maar van God s’n. Soos Jakob dit ook gedoen het, fokus hy ook nie net op die onmiddelike toekoms nie, maar op die Uittog wat êrens in die toekoms sou gebeur: “Na my dood sal God na julle omsien en Hy sal julle uit hierdie land uit laat trek na die land toe wat Hy met ’n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob.”
Daaraan koppel Josef ʼn plegtige versoek dat hulle sal sorg dat hy self in Kanaän begrawe sal word, soos dit jare later deur Moses uitgevoer sou word.
Dit is op hierdie twee laaste woorde van Josef wat die Hebreërskrywer fokus as hy van Josef se geloof vertel: “Omdat Josef geglo het, het hy kort voor sy dood melding gemaak van die uittog van die Israeliete en opdrag gegee in verband met sy liggaam.” ().
Josef se lewenstaak was voltooi. Sy wedloop is voltooi. Hy het die geloof behou en sy plek ingeneem in die skare gelowiges wat ons aanmoedig om ons eie wedloop met volharding te hardloop.
Soos dit geblyk het regdeur die eerste boek in die Bybel – Genesis – dat God se genade op ʼn besondere manier in geloofsgemeenskappe tot sy reg kom, só sal dit in die tweede boek – Eksodus – en daarna telkens in die res van die OT en later in die NT blyk. God roep families om aan Hom te behoort en tot ʼn seën in hierdie wêreld te wees.
Daarin het jy en jou familie ook ʼn roeping waarop net julle kan antwoord en waaraan net julle gehoorsaam kan wees.
Related Media
See more
Related Sermons
See more