Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.06UNLIKELY
Disgust
0.09UNLIKELY
Fear
0.07UNLIKELY
Joy
0.08UNLIKELY
Sadness
0.71LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.13UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.42UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.1UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Genesis
Bybelskool
Liewe lidmaat,
Ek wil graag die Bybel van vooraf, vers vir vers met jou deurwerk.
Vir die doel sal ek elke week ‘n bydrae by die verhaal byvoeg.
Ek glo dat jy nie die boodskap van die Bybel reg kan verstaan nie, as jy nie die Bybel van voor tot agter verstaan nie.
Dit wat ek hier met jou deel is aantekeninge wat ek deur die jare op my Logos Bybelprogram gemaak het.
Ek het dit ook al met ‘n Bybelstudie groep deurgewerk en is tans nog besig daarmee.
Seën in Christus,
Ds Dawie Scheepers
Genesis – die oorsprong van alle dinge
Ek brand om te begin met die lees van die eerste sewe boeke van die Bybel.
Ons begin met die boek Genesis.
Hier is ʼn klein voorsmakie van wat wag:
God gee Genade vir Geloofsgemeenskappe
Die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug, is die verhaal van God se genade wat geloofsgemeenskappe laat floreer.
Van die begin af voeg God in sy genade families saam in ʼn geloofsgemeenskap (Genesis).
Sy genade word sigbaar in die konkrete lewe van hierdie geloofsgemeenskap (Eksodus).
Sy genade word ook spesifiek sigbaar in die geloofsgemeenskap se onderlinge verhoudinge (Levitikus).
Dit is ook duidelik dat God nie van stryk gebring word deur teenstand en wantroue in die geloofsgemeenskap nie (Numeri).
In sy genade bring Hy self sy beloftes vir die geloofsgemeenskap in vervulling (Deuteronomium).
Genesis – Die oorsprong van alle dinge
Die woord Genesis beteken oorsprong of begin.
So lui die Griekse titel van die boek.
Die Hebreeuse titel berecsjît beteken: “ In die begin”.
Genesis begrond daarmee die verhaal van Israel in die oorsprong van alle dinge.
Die God van Abraham, Isak en Jakob, Elohim, is die God van al die nasies, trouens van die hele heelal.
Hy het nie net alles gemaak nie.
Hy tree in verhouding met mense van die begin af soos in die verhale van die families van Adam, Noag en Abraham gesien kan word.
Sy genade word van die begin af sigbaar in die ontstaan en vestiging van families as geloofsgemeenskappe.
Genesis in sy ontstaanswêreld
Die versoeking is daar om Genesis te lees vanuit ʼn moderne paradigma en vrae aan die teks te vra wat die teks nie bedoel was om op te antwoord nie.
Genesis sal egter enigiemand teleurstel wat antwoorde soek op vrae oor die kosmologie, evolusie, geskiedenis en ander moderne wetenskaplike navorsing.
Genesis en die res van die verhale van die Pentateug is nie geskryf om moderne wetenskaplike navorsingsvrae te bevredig nie.
Ek gaan dus ook nie daaroor uitbrei nie, en net soms in die verbygaan kommentaar daarop lewer.
Wat ʼn mens wel kan en moet doen, is om Genesis se verhale binne die konteks van sy eie ontstaanswêreld te plaas en die boodskap binne die kultuur en konteks van die tyd te lees.
As ʼn mens dit só lees, is dit uiters interessant dat Genesis ʼn baie duidelik alternatiewe wêreldbeeld verskaf as wat in die res van die Ou Nabye Ooste die geval was.
Dit sal jy self kan raaksien in drie van die verhale wat ek hier kortliks beskrywe; twee van die antieke skeppingsverhale: die Enuma Elisj en die Epos van Atrakhasis sowel as een van die antieke vloedverhale: die Epos van Gilgamesj.
2. Lees Genesis saam met my deur van môre af
Ek gaan elke week ‘n bydrae plaas oor die eerste vyf boeke van die OT, die Pentateug.
Die boeke vorm baie spesifiek die begronding van die lewe van die geloofsgemeenskap in Israel.
Aan die hand van die inhoud van hierdie vyf boeke kon die gehoorsaamheid van die volk van God getoets en beoordeel word.
Die legitimiteit van hulle spiritualiteit en moraliteit is daarom ook telkens aan hulle getrouheid aan die inhoud van dié vyf boeke gemeet, soos dit in die Profete en ander Geskrifte van die OT duidelik word.
Ek gaan ook ʼn paar bydraes oor die ooreenkomste en verskille in die verskillende antieke skeppings- en vloedverhale plaas.
Daar is verskeie ooreenkomste, maar ook duidelike en doelbewuste verskille.
Dit wys duidelik uit dat die Pentateug die antieke idees oor God, die wêreld en die mens op deurslaggewende wyse uitgedaag en verander het.
Met die ooreenkomste het hulle aangesluit by die bekende verhale.
Met die verskille het hulle die heersende teologiese, kosmologiese en antropologiese idees uitgedaag en met nuwe inhoud gevul.
Ek gee aandag aan sewe deurslaggewende verskille.
Ons begin met die lees van … en dit gaan ʼn bietjie langer as gewoonlik wees, omdat daar soveel belangrike perspektiewe in hierdie eerste hoofstuk van die Bybel opgesluit lê.
3. God gee Genade vir Geloofsgemeenskappe
Die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug, is die verhaal van God se genade wat geloofsgemeenskappe laat floreer.
Van die begin af voeg God in sy genade families saam in ʼn geloofsgemeenskap (Genesis).
Sy genade word sigbaar in die konkrete lewe van hierdie geloofsgemeenskap (Eksodus).
Sy genade word ook spesifiek sigbaar in die geloofsgemeenskap se onderlinge verhoudinge (Levitikus).
Dit is ook duidelik dat God nie van stryk gebring word deur teenstand en wantroue in die geloofsgemeenskap nie (Numeri).
In sy genade bring Hy self sy beloftes vir die geloofsgemeenskap in vervulling (Deuteronomium).
Dit is die boodskap van die Pentateug, ook genoem die Tora.
ʼn Mens kan hierdie aspekte van God se genade vir gelowiges as volg in die vyf boeke van die Pentateug raaksien:
•Genesis begrond die verhaal van Israel in die oorsprong van alle dinge.
Die God van Abraham, Isak en Jakob, Elohim, is die God van al die nasies, trouens van die hele heelal.
Hy het nie net alles gemaak nie.
Hy tree in verhouding met mense van die begin af soos in die verhale van die families van Adam, Noag en Abraham gesien kan word.
Sy genade word van die begin af sigbaar in die ontstaan en vestiging van families as geloofsgemeenskap.
•Eksodus begrond die verhaal van Israel in die hoop van verlossing.
Die God van Abraham is ook die God van Moses, Jahwe, wat sy volk deur die trek deur die woestyn uit die slawerny van Egipte verlos en bring na die land van die belofte.
Hy sluit met hulle ʼn verbond waarvan die inhoud in die wet en veral die Tien Gebooie wat op Sinai gegee is, beskryf word.
God se dinamiese teenwoordigheid by sy mense word herstel deur die gawe van die Tora en die bou van die tabernakel.
Sy genade word daarmee sigbaar in die konkrete lewe van die geloofsgemeenskap.
•Levitikus fokus op verhoudinge begrond op die opdragte van God uit die tabernakel aan Moses, die Levitiese Kode, wat riglyne vir die Groot Versoeningsdag verskaf sowel as die volk se verhouding met God en met mekaar soos beskryf in die Heiligheid Kode.
Die fokus van die boek op offers en heiligheid het alles te make met verhoudinge, met God en met mekaar.
Sy genade word sigbaar in die verhoudinge van die geloofsgemeenskap onderling en met God.
•Numeri is saamgestel rondom twee dele van die reisverhaal “in die woestyn” en vertel die verhaal van twee generasies.
Die eerste deel vertel die verhaal van die trek van die volk van Sinai tot by die oostekant van die beloofde land.
Dit eindig met die gebrek aan vertroue van die volk in God om die land in te neem en die begin van die gevolglike verdere omswerwinge in die woestyn.
Die tweede deel fokus op kwessies van leierskap en priesterskap en eindig met die voorbereiding van die tweede generasie om die beloofde land in te neem.
God se genade oorkom die uitdagings wat teenstand en wantroue in die geloofsgemeenskap aan Hom stel.
•Deuteronomium fokus op die impak van die verlede, hede en toekoms.
Dit is opgebou rondom drie “preke” van Moses wat hulle help om te onthou waar hulle vandaan kom, vir hulle riglyne gee om na te luister en uit te leef in ʼn verbondsverhouding met die Here asook vir hulle ʼn profetiese vooruitkyk gee na die lewe in die land waar vertroue op die beloftes van God lewensbelangrik sal wees.
God se genade bring sy beloftes vir die geloofsgemeenskap in vervulling.
Hierdie eerste vyf boeke van die OT, die Pentateug, gee daarmee dus nie net die agtergrond vir die vestiging van die volk Israel in Kanaän nie.
Die Pentateug – as geheel ook die Tora genoem – vorm ook baie spesifiek die begronding van die lewe van die geloofsgemeenskap in Israel.
Aan die hand van die inhoud van hierdie vyf boeke kon die gehoorsaamheid van die volk van God getoets en beoordeel word.
Die legitimiteit van hulle spiritualiteit en moraliteit is daarom ook telkens aan hulle getrouheid aan die inhoud van dié vyf boeke gemeet, soos dit in die Profete en ander Geskrifte van die OT telkens duidelik word.
4. Die Pentateug
Die Hebreeuse Bybel wat ons as die OT ken, staan vir die Jode as die Tenak bekend.
Dit is ʼn akroniem gevorm uit die eerste Hebreeuse letter van die drie dele van die OT – t-n-k.
Dit is dieselfde boek wat ons ken as die Ou Testament:
•die Torah, of Wet (Pentateug, die eerste vyf boeke van die Bybel),
•die Nevi`îm, of Profete (dit sluit die Vroeë profete soos Josua tot Konings, die Latere profete soos Jesaja, Jeremia en Esegiël, en die twaalf Kleiner profete soos Amos, Hosea en die ander in) en
•die Ketivîm, of Geskrifte, (wat die Psalms, wysheidsliteratuur soos Spreuke en die ander historiesegeskrifte soos Rut, Ester, Esra-Nehemia en Kronieke insluit).
Die Pentateug (die naam beteken: “vyf boekrolle”) is die eerste keer so genoem in ʼn kommentaar van die kerkvader Origines op die Johannes evangelie.
Die Hebreeuse titel van die vyf boeke is telkens die eerste woorde van die onderskeie boeke, hoewel ons werk met die Griekse titels wat meer met die onderwerp van elke boek te make het en kom van die Latynse vertaling, die Vulgaat, van die Septuaginta (LXX), die Griekse vertaling van die Ou Testament.
Die Pentateug is eintlik soos ʼn vyf volume werk, eerder as net vyf individuele boeke, wat oor eeue saamgestel is tot in sy huidige vorm.
Baie geleerdes het van vroeg af raakgesien dat die taalgebruik in die onderskeie dele van die Pentateug verskil.
Bv. gebruik die woord Elôhîm vir God en gebruik Jahwe Elôhîm (in Afrikaans Here God).
Daar is ook verskille in inhoud in die Pentateug, bv.
wette wat met die priesterlike tradisies verbind word en die verhalende – en preekstof wat weer met ʼn Deuteronomistiese skool van die ballingskap in die sesde eeu v.C. verbind word.
Dit het gelei tot die idee dat die Pentateug opgebou is uit vier tradisies of bronne, JEDP, wat staan vir die Jahwistiese, Elohistiese, Deuteronomistiese en Priesterlike tradisies (Graf en Wellhausen).
Dié bronne hipotese het sy voordele, in die mate wat dit ʼn prentjie probeer verskaf van hoe die vyf boeke in hulle huidige formaat tot stand gekom het.
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9