Sermon Tone Analysis
Overall tone of the sermon
This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.07UNLIKELY
Disgust
0.08UNLIKELY
Fear
0.12UNLIKELY
Joy
0.52LIKELY
Sadness
0.66LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.16UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.44UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.13UNLIKELY
Tone of specific sentences
Tones
Emotion
Language
Social Tendencies
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
Die Goeie Raaisel
Inleiding:
Die raaisel oor wanneer Jesus gaan heers -
vir ewig - bly maar ‘n raaisel wat mense kan besig hou.
Hier is ‘n paar raaisels:
Kom ons kyk wie kan dit regraai:
So groen soos gras, so wit soos was, so rooi soos bloed so suikersoet!
Wat is ek… (‘n waatlemoen)
Al wieker al wakker, al oor die akker, die dooie maak die lewendige wakker.
Wat is ek… (‘n sweep)
Ek het ‘n perdjie, hoe verder ek hom ry, hoe korter word sy stertjie.
Wat is dit? (Naald en gare)
Hier kiep-kiep, daar kiep-kiep, woerts in die hoekie.
Wat is ek…(besem)
Vier stap in die pad, vier hang in die pad, een jaag vlieë weg, twee jaag honde weg.
Wat is ek? (Koei - vier bene, vier spene, een stert, twee horings).
Kom ons kom terug by ons ernstige raaisel vir vandag.
ëKom ons skets net weer die prentjie.
Die raaisel oor wanneer Jesus gaan heers - vir ewig - bly maar ‘n raaisel wat mense kan besig hou.
Wanneer gaan Jesus Sy heerskappy oor Israel herstel?
Ons skets net weer die prentjie.
Die dissipels, sommige van hulle sou Apostels genoem word;
Kuier gereeld saam met Jesus.
Dit is na Jesus se dood en opstanding.
Jesus kuier saam met hulle en gesels-leer hulle.
Hierdie kuiers, meesal oor ‘n bord kos en ek glo ‘n beker wyn, het geskied na Jesus se dood en opstanding.
Hulle leer alles wat hulle moet weet, maar hulle leer nie alles nie.
Ons ook nie.
Ons leer alles wat ons moet en kan leer;
Maar ons leer nie alles nie.
Jesus sê dat daar sekere dinge is wat “..nie vir julle is…om te weet” nie.
Een spesifieke stukkie inligting wat nie vir ons ore bedoel is nie - is die koms van die koninkryk vir Israel.
ê
Een van die redes hoekom ons as Christene hier op aarde besig gehou word is sodat ons die werk wat Jesus en die apostels begin het sal klaarmaak.
Ons het geleer dat die Evangelie (Goeie nuus oor Jesus) bestaan uit alles wat Hy gedoen en geleer het).
Ons het geleer dat daardie inligting (kennis) nutteloos is sonder die Goeie Heilige Gees se krag.
Vandag leer ons dat daar kennis is wat ons Here van ons af weghou.
In lyn met die Goeie nuus is daar ‘n goeie raaisel.
Twee dele van die Goeie Raaisel wat ons op ‘n Goeie plek los om die Goeie nuus te verkondig.
Soos enige Goeie Raaisel is daar ‘n vraag.
Wat is ‘n raaisel werd as daar nie ‘n goeie antwoord op die vraag is nie.
Die Goeie Raaisel
Die Antwoord op die Goeie Raaisel
1. Die Goeie Raaisel se vraag
Acts 1:
Ons weet nie wie spesifiek hierdie vraag gevra het nie.
Dit is ‘n tipiese vraag wat Petrus sou vra.
Maar, ter versagtende omstandighede; Petrus het baie kere die vrae gevra wat die ander dissipels te skaam of te bang was om te vra.
So: “hulle” vra.
Kyk na die sinskonstruksie van die vraag.
“..is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?”
Die vraag is nie “Gaan U die koninkryk ooit vir Israel weer oprig?” nie
Die vraag is ook nie “Wanneer gaan U die koninkryk vir Israel weer oprig?” nie
“Hulle” wonder nie of Jesus die koninkryk vir Israel weer gaan oprig nie.
“Hulle” raaisel is “gaan dit nou gebeur?”
Verstaanbaar: want Jesus het saam met hulle gekuier en met hulle gepraat oor die koninkryk.
Die groot fokus en antwoord op die Ou Testament se raaisel is opgelos.
Die Messias is hier, prys betaal, lewende lywe, wonderwerke, verlossing.
Nou is die tyd.
Hulle het verwag dat Jesus se antwoord bloot sal wees: “Ja, nou is die tyd.”
Daar was in die dissipels se gedagtes geen aardse rede waarom die aardse koninkryk nie weer herstel kon word nie.
Die tweede koms van Jesus was nooit spesifiek in die Ou Testament verkondig nie.
Die apostels het ook geweet dat Esegiël 36 en ook Joël 2 die koms van die koninkryk verbind met die uitstorting van die Heilige Gees.
So, hulle vraag was ‘n baie goeie vraag.
Jesus het sopas belowe dat die Gees se koms om die draai is.
Dan is die logiese volgende stap - die koms van die koninkryk.
Ons weet dat die geestelike ewige koninkryk van God gevestig is van die begin van die skepping af;
Ons weet dat die geestelike ewige koninkryk van God by die dag groei soos daar nuwe lede van God se gesin bygevoeg word;
Ons weet dat dit goed en reg is vir ons om eerste te soek na, te hunker na, die koninkryk van God;
En dat ons nie bekommerd behoort te wees oor die behoeftes van hierdie lewe nie.
().
Jesus self leer ons om te bid:
,
Drie en dertig verse in die Nuwe Testament praat van die Koninkryk van die hemel.
Almal behalwe twee van hierdie verse is in die Evangelies.
Twee in Openbaring.
Luister na Openbaring 11:15:
As mens gaan soek vir “Koninkryk van God dan is daar 73 verse - elkeen van die Evangelies het ‘n klomp;
Handelinge verwys ses keer na “koninkryk van God”.
In hierdie geval val die antwoord wat hulle gekry het in hierdie kategorie.
Verskeie van Paulus se briewe verduidelik wat die koninkryk is.
Voorbeeld:
Sonder om te veel te sê oor hierdie vers, net dit:
Maar, daar is baie dinge in hierdie lewe wat ‘n raaisel is vir ons.
Paulus maak dit duidelik dat wanneer jy lewe vir Jesus, deel jy in Sy koninkryk.
ê
Hierdie waarheid - maak seer.
Jesus regeer, van voor die begin af, nou, en tot in alle ewigheid in.
Jesus IS Koning.
Maar, die raaisel is eintlik agter die vraag:
“Jesus, is dit nou die tyd dat U weer die Koninkryk gaan oprig?”
Die raaisel is eintlik: “Wanneer gaan u die gemors laat ophou?”
“Wanneer gaan ons in vrede kan lewe?”
“Wanneer gaan die skelms hulle verdiende loon kry?”
“Wanneer gaan misverstande, wreedheid, onregverdigheid, korrupsie - ophou?”
As mens deur die Nuwe Testament lees dan verstaan mens dat alle sonde eers in die ewigheid sal ophou.
Hierdie lewe is vol sonde en probleme.
1 Johannes 3:13 gaan sover as om te sê:
Die raaisel, bevat ‘n goeie vraag.
Wanneer gaan die Koninkryk kom?
Hier op aarde?
Selfs die Psalmskrywer het gevra:
Wat is die antwoord?
2. Die Antwoord op die Goeie Raaisel
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9