Sermon Tone Analysis

Overall tone of the sermon

This automated analysis scores the text on the likely presence of emotional, language, and social tones. There are no right or wrong scores; this is just an indication of tones readers or listeners may pick up from the text.
A score of 0.5 or higher indicates the tone is likely present.
Emotion Tone
Anger
0.09UNLIKELY
Disgust
0.07UNLIKELY
Fear
0.11UNLIKELY
Joy
0.09UNLIKELY
Sadness
0.72LIKELY
Language Tone
Analytical
0UNLIKELY
Confident
0UNLIKELY
Tentative
0UNLIKELY
Social Tone
Openness
0.12UNLIKELY
Conscientiousness
0.13UNLIKELY
Extraversion
0.42UNLIKELY
Agreeableness
0.6LIKELY
Emotional Range
0.08UNLIKELY

Tone of specific sentences

Tones
Emotion
Anger
Disgust
Fear
Joy
Sadness
Language
Analytical
Confident
Tentative
Social Tendencies
Openness
Conscientiousness
Extraversion
Agreeableness
Emotional Range
Anger
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9
JESUS CHRISTUS WAS TOEGERUS VIR SY WERK
JESAJA 50:4–7 (Afrikaanse Ou Vertaling)
4 DIE Here Here het My ’n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.
5 Die Here Here het my oor geopen, en Ek was nie wederstrewig nie; Ek het nie agteruitgewyk nie.
6 Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.
7 Maar die Here Here help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos ’n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.
Matteus 12:18 (Afrikaanse Ou Vertaling)
18 Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel ’n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig.
Jesaja 42:1 (AFRIKAANS 1983)
1 Hier is my dienaar, Ek stel hom aan.
Ek het hom uitverkies, hy geniet my guns.
Ek laat my Gees op hom kom, hy sal my wil aan die nasies bekend maak.
Lukas 4:18–19 (AFRIKAANS 1983)
18 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig.
Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur,
19 om die genadejaar van die Here aan te kondig.”
Johannes 3:34 (AFRIKAANS 1983)
34 God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking.
Handelinge 10:38 (AFRIKAANS 1983)
38 Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het.
Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom.
Hebreërs 10:5 (AFRIKAAN)
5 Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld: “Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U My gegee het.
GOD RUS SELF SY MENSE TOE VIR SY DIENSWERK
IN DIE OU TESTAMENT
Besaleel en Oholiab
Eksodus 31:1–6 (AFRIKAANS 1983)
1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Kyk, Ek het vir Besaleël uitgekies.
Hy is ’n seun van Uri, seun van Gur uit die stam Juda.
3 Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen:
4 ontwerpe maak en dit in goud, silwer en brons uitwerk,
5 edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen.
Hy sal enige werk kan doen.
6 Ek het vir Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, aangestel om saam met hom te werk.
Aan elke vakman het Ek vaardigheid gegee sodat hulle alles kan maak wat Ek jou beveel het:
Levitikus 8:7–9 (AFRIKAANS 1983)
7 Daarna het hy die priesterklere vir Aäron aangetrek en die serp vir hom omgebind.
Hy het die mantel vir hom omgehang en die skouerkleed vir hom aangetrek deur dit met die band wat daaraan was, om sy lyf vas te maak.
8 Hy het ook die borssak daaraan vasgebind en die urim en tummim in die borssak gesit.
9 Hy het die tulband om sy kop gesit en die goue blom aan die voorkant van die tulband vasgesit as ’n besondere wydingsteken.
Dit is alles gedoen soos die Here Moses beveel het.
Rigters 3:10 (Afrikaanse Ou Vertaling)
10 En die Gees van die Here het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en die Here het Kusan Risatáim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risatáim gekry het.
Gideon:
Rigters 6:14 (Afrikaanse Ou Vertaling)
14 Toe draai die Here na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete.
Is dit nie Ek wat jou stuur nie?
Rigters 6:34 (Afrikaanse Ou Vertaling)
34 En die Gees van die Here het Gídeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep.
Jdg 11:29; Jdg 14:19 Samson; 1 Sa 10:10
Solomo:
1Konings 3:7–9 (Afrikaanse Ou Vertaling)
7 Nou dan, Here my God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is ’n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie.
8 En u kneg is midde onder u volk wat U verkies het, ’n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie.
9 Gee dus aan u kneg ’n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer?
2 Kronieke 2:12 (Afrikaanse Ou Vertaling)
12 Verder het Huram gesê: Geloofd sy die Here, die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het, wat aan koning Dawid ’n wyse seun gegee het, begaafd met insig en verstand, om ’n huis vir die Here en ’n huis vir sy koninkryk te bou.
2 Ki 2:9 Elisha; Ne 13:9; Is 6:6–7; Je 1:9; Eze 1:1; Eze 3:23
IN DIE NUWE TESTAMENT
Matteus 4:19 (Afrikaanse Ou Vertaling)
19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
Handelinge 6:3 (Afrikaanse Ou Vertaling)
3 Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;
Handelinge9:17 (Afrikaanse Ou Vertaling)
17 En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.
Romeine 13:12 (Afrikaanse Ou Vertaling)
12 Die nag het ver gevorder en dit is amper dag.
Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.
Efesiërs 4:12 (Afrikaanse Ou Vertaling)
12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
Efesiërs 6:11–18 (Afrikaanse Ou Vertaling)
11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God —
18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
Filippense4:19 (Afrikaanse Ou Vertaling)
19 En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
2 Timoteus 3:16–17 (Afrikaanse Ou Vertaling)
16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus
Hebreërs 13:20–21 (Afrikaanse Ou Vertaling)
20 MAG die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,
21 julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid!
Amen.
1 Petrus 3:15 (Afrikaanse Ou Vertaling)
15 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;
See also Mt 4:19; Lk 1:15 John the Baptist; Lk 1:41; Lk 1:67 Zechariah; Lk 12:33; Ac 4:8 Peter; Ac 6:3; Ac 9:17 Ananias; Ac 11:24 Barnabas; Ro 13:12; Eph 4:12; Eph 6:11–18; Php 4:19; 2 Ti 3:16–17; Heb 13:20–21; 1 Pe 3:15
GELOWIGE CHRISTENE WORD TOEGERUS VIR HULLE DIENSWERK
ONS WORD DEUR CHRISTUS GEROEP
Markus 10:24–31 (Afrikaanse Ou Vertaling)
24 En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!
25 Dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
26 En hulle was uitermate verslae en het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word?
27 Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.
28 Toe begin Petrus vir Hom te sê: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.
< .5
.5 - .6
.6 - .7
.7 - .8
.8 - .9
> .9