Die roetines en gewoontes van Jesus

Dagbreek   •  Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 45 views
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
View more →
Dit is die aktiwiteite wat ons daagliks doen, wat ons lewe bepaal. [1]
Dit is die aktiwiteite wat ons daagliks doen, wat ons lewe bepaal. [1]
“All our life, so far as it has definite form, is but a mass of habits,” William James
“Dailiness, routine, sameness frees the heart to traffic in more important matters.” Joan Chittister
“How we spend our days is, of course, how we spend our lives.” Annie Dillard
One paper published by a Duke University researcher in 2006 found that more than 40 percent of the actions people performed each day weren’t actual decisions, but habits.[2]
Die moderne mens se misrekende verwagting is dikwels; oombliklike gewigsverlies, fiksheid, welvaart, sukses en roem. Terwyl die realiteit is, dit kos harde daaglikse roetines om sukses in hierdie areas van ons lewe te bereik.
We have believed that the pursuit of truth alone will yield a life worth living, and so we have emphasized doctrine over life, facts over vitality, and information over transformation. Because of our relentless pursuit to get everything right, we’ve gotten it all wrong. Transformation is an experience. It’s something that happens to a person who alters the trajectory and quality of life from that point forward.[3]
Ons wil so graag soos in die films wat ons kyk, ons lewe probeer ‘fast-forward’ of dele “wegvee”, of soos video speletjies, oor-begin, sonder om enigiets daagliks in ons lewe aan te pas of te verander. In video speletjies kry jy gewoonlik 3 lewens, in die werklikheid van hierdie lewe, ontvang jy een lewe! Jy kan nie dele uitsny of weglaat nie. Elke besluit, elke aktiwiteit, is bepalend tot jou lewe.
Vir 40 jaar het die volk daagliks Manna opgetel, en oorleef in ‘n woestyn. ()
Gee ons vandag ons daaglikse Brood. ()
Ons neem ons kruis daagliks op. ()
the Lord’s mercies “are new every morning” ( NIV),
Die vleeswording van Jesus grondves en anker ons lewe in die wete, dat 30jr se ordinêre, vakman, plaaslewe, buite die kollig nie, van minder belang is nie. Die hierdie opvoeding en leerproses wat Sy publieke lewe en woorde gevorm het. Die Seun van God het bykans 30 jr gespandeer om die alledaagse werk van die gewone mens te doen. Daaglikse werk is dus nie van minder belang as tempeldiens en prediking nie. Elkeen het sy plek. Jesus het baie wonderwerke gedoen, maar elke dag was nie ‘n reuse wonderwerk, en die opwekking van ‘n dooie nie. Wonderwerke en tekens is belangrik, wat egter van wesenlike belang is, is die daaglikse roetine lewe, wat die weg gebaan het vir hierdie wonderwerke!
The incarnation of God helps us rethink the myth that we need more. When God became flesh, every ordinary human life was validated as sacred. The fact that God became human and spent most of His life in obscurity as a carpenter in a small village called Nazareth gives us perspective. Through the incarnation, we learn that every life has dignity and significance; every ordinary life matters. The mystery of the incarnation helps us remember that an ordinary life is, in fact, a life worth living or else God would have chosen a different life, a different town, and perhaps a more “relevant” time, like right now.[4]
Ons daaglikse bestaan, het dus betekenis en waarde. Niks is verniet of onbenullig nie. Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. ()

JESUS SE DAAGLIKSE ROETINES

Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. () Jesus het dus die weeklikse byeenkomste bygewoon. Soos sy gewoonte was. Mens vra nie daagliks jouself af, of jy moet gaan werk, of jy jou tande moet borsel nie. Dis bloot goeie gewoontes. AS as nie kerkbywoning vir ons kinders as ‘n gesonde goeie gewoonte aanleer nie, leer hulle ‘n ander gewoonte, om eerder ander dinge te doen.
“Was dit vir julle nodig om met swaarde en stokke uit te gaan om My te vang asof Ek 'n rower is? Dag vir dag het Ek in die tempel gesit en die mense geleer, en julle het My nie gevange geneem nie. ; Eredienste op ’n Sondag (Die 1ste dag vd week) het ontstaan agv mense se honger en daaglikse behoefte en begeerte om byeen te kom. Daar was ’n hoë waarde gehef op gereelde byeenkomste. Vandag kry kinders, sport, tv, ontspanning ’n hoër prioriteit as Kerk. Ons is mos vertel dat jy is die kerk, nie die gebou of samekoms nie. Tog gebeur kerk, in die samekoms van 2 of 3 in Sy naam. Diegene wat nie meer kerk bywoon nie, wen ook nie meer siele nie, bid nie vir siekes nie, beraad en bedien ander ook minder. Dis interessant dat hoe ryker mense word, hulle behoefte vir kerk al hoe minder word. Enige dieet en oefen program behels daaglikse roetines. Hierdie nuwe roetine breek die ou ongesonde leefstyl gewoontes.
“Church has become more like going to the movies when it’s supposed to be more like going to the gym. -Francis Chan”
Jesus herken die beweging en oomblik van genade wat God gee vir ‘n gegewe situasie. Hy het gegaan om vir Petrus se skoonmoeder te bid, maar toe word die skare meer, en het Hy deru die nag die mense bedien. Toe Jesus uit die sinagoge weg is, is Hy na Simon se huis toe… Teen sononder het almal wat mense in die huis gehad het met een of ander siekte hulle na Jesus toe gebring... Die volgende oggend teen dagbreek het Jesus alleen weggegaan... So het Hy dan aangehou om in die hele Joodse gebied te preek. . Die bruilof van Kana, is nog ‘n voorbeeld, dat Jesus saam met God werk, en nie God saam met Hom nie. ()
Jesus het ‘n duidelike gebedsroetine gehandhaaf. Jesus het die stad verlaat en volgens gewoonte Olyfberg toe gegaan, en sy dissipels het Hom gevolg. Toe Hy op die plek aankom, sê Hy vir hulle: ()
Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ’n eensame plek en daar gebid. ()
Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid. ()
Dit was in daardie tyd dat Jesus eenkeer die berge in is om te gaan bid. Dwarsdeur die nag was Hy besig om tot God te bid... ()
na hierdie gesprek het Jesus teen die berg uitgeklim om te gaan bid. Hy het Petrus en Johannes en Jakobus saam met Hom geneem. ()
Die vroeë Kerk het Jesus se gewoonte nagevolg:
So continuing daily with one accord in the temple, and breaking bread from house to house, they ate their food with gladness and simplicity of heart,
Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig. Maar party was koppig en wou hulle nie laat oortuig nie. Hulle het ook in die openbaar die leer van die Here belaglik probeer maak. Toe het Paulus hulle verlaat en die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou.
Goeie gewoontes:
Gee van offergawes en tiendes:
Kerk Bywoning:
Huiskerk samesyn:
Bybelskool:
“Modern church is visitor-centric, biblical church is committed-centric.” -Dale Partridge

ONS VERLOËN SELF DAAGLIKS

Ons geestelike bestaan hang nie af van die groot dinge wat ons vermag nie. Geestelike heldedade is geskenke uit God se hand, en kan nie deur die mens gemanipuleer word nie. Opstanding is ‘n goddelike werk. Ons kan nie onsself uit die dood laat opstaan nie. Ons kan wel daagliks ons eie-ek, en self, kruisig, en verloën in gehoorsaamheid aan dit wat die Here van ons vra. Self is ons grootste vyand! Daarom kies ons as ons redelike godsdiens, om ‘self’ se versoeke te ontken, en misken. (; ) ons verloën en verklaar dat ons self nie ken nie. Soos Petrus Jesus verloën het, dat hy Hom nie ken nie. () Ons vergeet dus van ons self. Selfloosheid, is om geen ag aan self te slaan nie. () Hierdie selflose bestaan, word ons lewe. Dis hoe ons kies om te reageer op negatiwiteit, of vyandigheid. Ons leef nie meer nie. ()

DAAGLIKSE FOKUS OP JESUS

Hierdie selflose liefde is net moontlik, en kan net gevind word in die voortdurende openbaring van God se liefde. ()
Self word dus net minder in die aangesig van Sy liefde. Dit impliseer dat ons daagliks fokus op Sy geregtigheid. () Soos ons Hom bewonder, en Hy meer word in ons fokus en bewussyn, vergeet ons van onsself. () Paulus bid vir die gemeente: bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. () Om Christus werklik te leer ken, bring outomatiese selfloosheid te weeg. Soos wanneer mens met iemand van wie jy baie hou meer en meer tyd spandeer, smeer daardie persoon af op jou. So fokus ons op Christus, Sy lewe, styl, waardes, manier, gesindheid, denke, gewoontes, karakter en word ons gevul met die kennis (experiencial knowledge) van wie Hy is. Dis hierdie fokus, en nabyheid aan Christus, wat ons lewe transformeer. Johannes verduidelik dat soos, wat ‘n boom ingeënt word op ‘n ander kern/wortel/stam is ons in Christus ingeënt. ()
OM gereeld nagmaal te gebruik, versterk hierdie Jesus fokus. “do this in remembrance of Me.” () 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. () Om op Jesus se kruisdood te mediteer, en die offerwerk wat Hy volkome vir ons verrig het, fokus ons reg. () Soos die mense na die slang gekyk het, en genesing ontvang het. Kyk ons na Jesus. ()
Deur elke dag tyd in die Woord spandeer, en op die Here te wag, in stil luister meditasie, en “mindfulness” fokus, rig ons hart en siel op Hom.

DAAGLIKSE SAMEKOMS MET GELOWIGES

Hy was elke dag in die tempel besig om die mense te leer. ()
Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47en God geprys. ()
daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou ()
en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie... ()
Daar is ‘n gesonde ewewig, soos die getye vd see, inwaarts na individuele intimiteit met die Here, en samesyn met gelowiges. Die 2 bewegings, dien aan God, en diens aan mekaar is wat die woord “tempel – Naos” beteken. Ons sien God se gesig, en voel Sy aanraking in mekaar. Ons is soos tropdiere, ons kan nie sonder mekaar funksioneer nie. Inteendeel, soos die dele van die liggaam, bestaan ons ter wille van die liggaam. ()

LOOF EN DANK DIE HERE DAAGLIKS

Ek loof U soveel keer elke dag oor u bepalings. Hulle is regverdig. () ‘n ander vertaling sê, sewe keer per dag, oordink ek U voorskrifte. Dan sal ek u Naam altyd besing
en dag na dag my geloftes betaal. (Ps 61:9) Een van my vriende, begin elke dag met bybelstudie, lofprysing en danksegging. Dis so ‘n pragtige gewoonte, om ons ingesteldheid vir die dag reg te begin. Ons fokus reg, want ons fokus op die ewige!
Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. ()

DAAGLIKSE WONDERWERKE

Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen” ()
En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.” ()
terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?” (, Afrikaanse Ou Vertaling)
want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.” ()
Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.” ()
Dr Brian Adams glo in “verwag daaglikse wonderwerke”. Ons behoort ‘n daaglikse verwagting te hê, dat God bonatuurlik deur ons wil werk! Hierdie verwagting, is soos ‘n “keystone” habit. Dit rig ons, en hou ons bedagsaam, en sensitief teenoor die Heilige Gees. Ons kan nie wonderwerke maak gebeur nie, ons is bloot ingestel om in die geloof te doen soos die Heilige Gees lei. God se koninkryk is geestelik. Deur die uitstorting van die Heilige Gees, het God nou in ons kom woon, om soos Christus deur ons Sy wêreld te demonstreer.

DAAGLIKSE WERK

Jesus het ons kom wys, dat daaglikse werk ook heilig kan wees. Want Hy was volkome mens, en tog het Hy nie gesondig nie. Ons verheerlik die Here ook deur die kwaliteit werk wat ons doen. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. () Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God. () Sien jy ’n man wat vaardig is in sy werk—hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie. ()
Ons moet werk om te kan gee. Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het. ()
Maar ons moet ander werk as die wêreld. Ons handewerk, en hoe ons met mense werk, moet spreek van God se Vaderhart, en Sy waardes. Toe die koningin van Skeba, die geregte op die tafel sien. Wat was anders? Die manier hoe dit voorgesit word? Verder was sy beindruk oor hoe Salomo se diensknegte gesit het, hoe hulle hulleself gehandhaaf het, en hulle klere? die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die Here, was daar in haar geen gees meer nie. () Ek glo Salomo het sy diensknegte nie soos slawe behandel nie, maar menswaardig, wat hulle trots laat voel het om te dien. So behoort ons plase, pakhuise, en fabrieke ook regering na hulle asem laat snak, vir hoe ons mense bemagtig, en menswaardigheid ontwikkel.

DAAGLIKSE DIENS

God is nie soms ‘n gewer nie. As ons na die skepping kyk, dan gee God nog steeds, in oordaad! Wanneer ons verstaan, dat dit beter is om te gee as om te ontvang. Dan word gee ‘n lewenstyl. Diensbaarheid is nie slawerny nie, dis ‘n lewenstyl van gee. Liefde, vriendelikheid, goedheid, vrede, behulpsaamheid: GEE! So vind ons vroeg in die getuienis van die handelinge van die apostels en vroeë gelowiges, dat hulle daagliks besig was om te gee. () Daar word ook vrywilligers, diakens aangestel om prakties te help en te dien. Jesus het die wêreld kom dien, deur genesing, verlossing, en bevryding uit te deel. () Jesus was selfs bereid om sy dissipels se voete te was. () Boere dien die wêreld deur genoeg, smaakvolle, en voedsame voedsel te voorsien. Besighede dien die mensdom, deur die kos te verpak, te verwerk, en toeganklik te maak vir elkeen. Die regslui en wetstoepassers dien die mensdom, deur wet en orde toe te pas, en sodoende te sorg vir ons veiligheid. Dokters hou ons gesond. Regering, sorg dat daar toepaslike infrastruktuur en hulpbronne beskikbaar gestel word, vir ons om te floreer in ons skeppingsdoel.

DAAGLIKSE RUS

Ja ons onthou, God het op die sewende dag gerus. Daarom die Sabbat. Maar Jesus toon ons dat daar by hom ‘n gesonde ritme tussen rus en werk was. Hy is die permanente sabbatsrus. () Christus is die rus waarna elke mens soek. Hierdie rus gebeur wanneer ons vrede met God maak. () Om in die geloof te lewe, is om in God se rus te lewe. Die rus van volkome geloofsvertroue. (; ) Ons wandel deur die geloof, nie deur wat ons sien nie. () Wandel impliseer daaglikse lewe. Ons leer dus om vanuit rus, en na rus toe te leef. Ons veilige plek is God se rus. Ons leef nie meer nie. Wat beteken rus. Ons beweeg net, wanneer ons gelei en gedring word deur die Heilige Gees. () Ons beweeg dus van rus af, in gehoorsaamheid, waartoe Hy ons opwek tot ‘n nuwe lewe in Christus. Jesus slaap te midde van ‘n storm. () So kan ons ook te midde van krisis, en tye van onheil, rus in die woord, of opdrag wat God ons gegee het. Hy sal ons in elke situasie anders lei.

ONDERSOEK DIE SKRIFTE DAAGLIKS

En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. () Jesus het al as jong seun die skrifte geken, dat hy op die ouderdom van 12 met die fariseërs en skrifgeleerdes kan redeneer. () Dit impliseer: Hy het die OT geskrifte honderde kere deurgelees, gememoriseer, en verstaan. Op 12! Vandag heg ons ‘n hoër waarde aan sekulêre skool onderrig, as die ken van God se Woord. Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. ()

DIE TYD IS NOU

Hy het hulle vriendelik ontvang en met hulle gepraat oor die manier waarop God NOU regeer; () Deur te fokus op vandag, ontsluit ons die NOU genade van God. God is ‘n ewige teenwoordigheid. Sy genade is vir die nou. Ons moet net bepaal wat wil God nou doen.
“Op die regte tyd het Ek jou verhoor, en op die dag van verlossing het Ek jou gehelp.” Inderdaad – dit is nóú die geskikte tyd; dit is nóú die dag van verlossing. () Die geheim van iemand wat van elke dag die beste maak is, ons ontsluit en ontgin God se plan vir elke dag. Ons hoor en doen! Daarom het Jesus gewag vir die oomblik van “dit is nog nie my tyd nie” () tot “Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. () ‘n groot deel van hoekom ons die skrifte ondersoek is, om God se tydsberekening te verkry. Iets wat die fariseërs heeltemal gemis het. ()
Carpe diem is a Latin aphorism, usually translated "seize the day", taken from book 1 of the Roman poet Horace's work Odes (23 BC).
In Horace, the phrase is part of the longer carpe diem, quam minimum credula postero, which can be translated as "Seize the day, put very little trust in tomorrow (the future)". The ode says that the future is unforeseen and that one should not leave to chance future happenings, but rather one should do all one can today to make one's future better. This phrase is usually understood against Horace's Epicurean background.[6] The meaning of carpe diem as used by Horace is not to ignore the future, but rather not to trust that everything is going to fall into place for you and taking action for the future today.[7]
"Remember that you are mortal, so seize the day."
enjoy the moment. "enjoy, seize, use, make use of"
Hebrew: The phrase ?ואם לא עכשיו, אימתי 'And if not now, then when?' (Pirkei Avoth 1:14)
In the 1989 movie Dead Poets Society, the English teacher John Keating, played by Robin Williams, famously says: "Carpe diem. Seize the day, boys. Make your lives extraordinary." Later, this line was voted as the 95th greatest movie quote by the American Film Institute.[9] The television series Community later satirized the movie with the recurring character of Professor Whitman, a comedically eccentric version of Williams' character who uses "Carpe diem" as his guiding philosophy.
“Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg.” ().
Moet julle dan nie vandag al oor more se probleme kwel nie. As more gekom het, kan julle daaroor dink. Elke dag het genoeg van sy eie probleme.” Die Lewende Bybel. ().
In the dailiness of our lives the holy meets the ordinary. Glory intersects with ruin. The sacred meets the routine. The lifelong journey to heaven is often marked with ordinary days where we simply do our work and serve God the best way we believe we can.
Manna elke dag
“Gee ons vandag ons daaglikse brood”
Indian philosopher, cultural reformer, and spiritual leader Gandhi was right when he said, “There is more to life than increasing its speed.”
the Lord’s mercies “are new every morning” ( NIV)
[1] Charles Duhigg. The Power of Habit: Why We Do What We Do in Life and Business
[2] One paper published Bas Verplanken and Wendy Wood, “Interventions to Break and Create Consumer Habits,” Journal of Public Policy and Marketing 25, no. 1 (2006): 90–103; David T. Neal, Wendy Wood, and Jeffrey M. Quinn, “Habits—A Repeat Performance,” Current Directions in Psychological Science 15, no. 4 (2006): 198–202.
[3] The Jesus Life. Eight ways to recover authentic Christianity Stephen W Smith
[4] The Jesus Life. Eight ways to recover authentic Christianity Stephen W Smith
Related Media
See more
Related Sermons
See more