Jesus die ryk arm man
Notes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
This world is divided roughly into three kinds of nations: those that spend lots of money to keep their weight down; those whose people eat to live; and those whose people don’t know where the next meal is coming from. [1]
This world is divided roughly into three kinds of nations: those that spend lots of money to keep their weight down; those whose people eat to live; and those whose people don’t know where the next meal is coming from. [1]
Was Jesus arm, of was Hy ryk? ‘n wesenlike belangrike vraag. As Hy die weg van armoede gekies het, moet ons mos derhalwe as Sy volgelinge dieselfde weg kies. As Hy ryk was, kan ons darem ook ons Westerse rykdom regverdig. Uit die volgende skrifbewyse gaan ons leer, dat Jesus nie arm of ryk was nie. Tog sien ons dat Hy homself arm kom maak het, om mens te word en ons te kom dien. Maar dan sien ons ‘n inherente rykdom, wat ander ryk maak.
Hy wat in die gestalte van God was,
het sy bestaan op Godgelyke wyse
nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,
maar Hy het Homself verneder
deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem
en aan mense gelyk te word. ()
Jesus se ekonomiese posisie
Jesus se ekonomiese posisie
Alhoewel Jesus in ‘n stal gebore is: Toe die Sterrekykers 2jr later opdaag het hulle Jesus in ‘n huis besoek.
Die feit dat by Jesus se besnydenis, Sy ouers twee jong duiwe gebring het as offer. Hulle het ook die reinigingsoffer gebring volgens die voorskrif in die wet van die Here, naamlik “'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe” (). Volgens die wet was dit die betaling van iemand wat nie ‘n lam kon bekostig nie. As sy nie 'n lam kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee ander duiwe bring, die een as brandoffer en die ander as sondeoffer, sodat die priester vir haar versoening kan doen en sy rein kan wees” (). Jesus se ouers was dus te arm om ‘n lam te offer. Tog het die sterrekykers uit die ooste vir Hom waardevolle geskenke gebring. “Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre” (). Die feit dat Joseph en Maria, toe Jesus 12 jr oud was ‘n reis kon onderneem na die tempel vir die pasgafees, beteken hulle was nie só arm nie, want arm mense sou dit nie kan bekostig nie. (; ). Josef die timmerman, of beter vertaling ambagsman, dui op ‘n middelklas bestaan, sou hy genoeg werk gehad het (; ). Jesus sou dan ook as die oudste seun, die werk by Sy vader oorgeneem het.
Nasaret was ‘n arm, landbou gemeenskap net 5km buite die vooraanstaande stad Sepphoris. Werk sou dus volop gewees het, alhoewel opgrawings by Nasaret dui op materiële armoede.
Tydens Jesus se bediening sien ons dat Jesus afhanklik was van sy volgelinge: Hierdie vroue het uit eie middele vir Jesus en die twaalf gesorg. () Toe Jesus nog in Galilea was, het hulle oral saam met Hom gegaan en Hom versorg. ()
Hy het in ‘n geleende boot gepreek, ‘n geleende donkie Jerusalem binnegery, en in ‘n geleende graf begrawe. Dit is ook onseker of Jesus ‘n woning van Sy eie gehad het. “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie” (). Hy het wel ‘n tuiste gehad. () Later het Jesus verhuis na Kapernaum, Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Zebulon en Naftali. () Die woordjie ‘Katoikeo’, ‘vestig’ beteken meer permanente verblyf.
Hy het genoeg geld ingesamel, dat Hy Judas daaroor aangestel het. () Maar dan nie genoeg gehad vir Hom en Petrus se jaarlikse tempelbelasting nie. “Gaan see toe en gooi hoek in, en die eerste vis wat byt, moet jy uittrek. As jy sy bek oopmaak, sal jy 'n silwermuntstuk daarin kry. Vat dit en betaal hulle die belasting vir My en vir jou.” () Maar dit kan ook wees dat hulle bloot nie die regte geldeenheid gehad het nie. Die belasting moes met Joodse muntstukke betaal word waarop geen afbeelding van 'n mens verskyn het nie. Jesus het die geldwisselaars wat hierdie wet misbruik, het vir hulle eie gewin uit die tempel gejaag. (; ; ) Ons weet die algemene geldeenheid van die dag was die met die Keiser se beeld op. (; ; ).
Jesus het ook gemaklik met ryk, vooraanstaande invloedryke mense verkeer. Josef van Arimatea () , Saggéüs (), Levi (Luk 529), en van die Fariseers (). Hy het ook geen probleem gehad om by hierdie mense te gaan eet en selfs ‘n feesmaal te geniet nie. (; ; ; ). Jesus verwys selfs na Homself, oor wat die mense van Hom sê. Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’ ()
Jesus was nie skaam om welvaart te geniet nie. Hulle het ook sy onderkleed gevat. Dit was sonder naat van bo af in een stuk geweef. Hulle sê toe vir mekaar: “Ons moet dit nie skeur nie. Kom ons loot wie dit moet kry. () Hierdie onderkleed sou waardevol gewees het in daardie tyd. Jesus ontvang twee keer die liefdesgeskenk van duur parfuum olie. Jesus laat toe dat die sondares sy voete was en salf met reukkolie: () en later laat hy toe dat Maria duur Nardus olie op Hom vermors. ().
Die slotsom is dus: Jesus het geleer om vergenoegd met tekort, en oorvloed te wees. Paulus het ook hierdie Jesus Leefwyse verstaan: Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. () Paulus som Jesus se lewe baie mooi op: as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles. ()
Die idee dat Jesus egter ‘n ryk man was, en welvaartsteoloë die reg gee om in welvaart te leef strook nie met die hele gees van die skrif nie. Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word. ()
Jesus maak mense Ryk, en het geen nodigheid gehad om rykdom te versamel nie.
Jesus het die brood vermeerder: (; ; ; )
Jesus het honderde mense genees en bevry. (Hand 10:38)
Jesus gee ons die ewige lewe!
Jesus se perspektief oor geld:
Jesus se perspektief oor geld:
There are 500 verses on prayer, 500 on faith, but 2350 verses about money, property and business. In the NT there are 288 references to money and business. 16 of the 38 parables is about the right use of money, and property.
But money answers everything. ()
Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks ()
Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. ()
Bileam seun van Beor wat daarop uit was om vir geld onreg te pleeg ()
Ons vergelyk dikwels getrouheid met standvastigheid, konsekwentheid, betroubaarheid, lojaliteit, toegewydheid en eerlikheid Jesus vergelyk getrouheid met iets anders - vermenigvuldiging. Wat God ook aan ons gee, verwag dat ons dit sal vermenigvuldig en aan Hom terugbring.
Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.
“Omdat ek bang was” v25
Jy is ’n slegte en ’n lui slaaf! ().
En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis ().
Om die erns vd gedeelte nog beter te verstaan sien oor die gelykenis vd ponde.
Dryf handel daarmee totdat ek terugkom.’ v13
u muntstuk het tien muntstukke opgelewer ()
kry jy nou die bestuur oor tien stede ().
Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. ().
Jesus se perspektief oor Rykdom
Jesus se perspektief oor Rykdom
Gelykenis van die ryk man en Lasarus. () Alhoewel Lasarus homself bevind aan die boesem van Abraham, en die ryk van sy oë in die doderyk oopmaak. Is die kwessie nie rykdom vs. armoede nie, maar dat hy a.g.v. sy rykdom nie ag geslaan het om Sy lewe tot die Here te bekeer nie. Rykdom kan dus ‘n hindernis wees in mense se lewe, omdat hulle dink hulle het God nie nodig nie.
Daar is niks verkeerd met rykdom nie, maar soos enige ding in die lewe kan elke voorreg teen ’n prys. God het nie ’n probleem met ryk mense nie, verskeie prominente figure in die Bybel was ryk:
Abraham:
Isak
Jakob: ; ;
Solomo pp
Hiskia: ;
Josef van Arimatea;
Saggeus
Matteus
RYKES MOET OPPAS VIR:
Rykdom is aards, en tydelik, kan jou nie die ewigheid koop nie. Ryk Dwaas: Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.”
Die ryk Jongman kan nie die Here se opdrag, met liefde in Sy oë, om alles te verkoop en Hom te volg uitvoer nie. As gevolg van Sy rykdom. Rykdom is daar om ander te seën, maar kan ‘n hindernis word om die Here te gehoorsaam. Maar toe die jongman dié woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad. En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ’n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan. En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. Dit is ook so, dat arm mense makliker die Here gehoorsaam, om te gaan en doen wat die Here vra. Ryk mense is gewoonlik te besig, om hulle rykdom te vermeerder of te probeer behou.
Rykdom gee meer sorge. En hulle by wie in die dorings gesaai word—dit is hulle wat die woord hoor, en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar. ().
Rykdom bied valse sekuriteit. Julle sê: “Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal.”
Oppas vir hoe jy rykdom en welvaart bekom. 'n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê het nie, dit is die mens wat op oneerlike wyse ryk word. Hy sal sy rykdom moet agterlaat in die fleur van sy lewe, sy uiteinde is dié van 'n dwaas. ()
OPDRAG AAN DIE RYKES:
Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.
en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos 'n veldblom. As die son met sy gloeiende hitte opkom, verskroei dit die plantegroei, die blomme val af en die prag is daarmee heen. So sal die ryke ook tussen al sy bedrywighede deur vergaan.
Jesus se perspektief oor Armoede:
Jesus se perspektief oor Armoede:
Die Here maak arm en Hy maak ryk, ()
Gee drank aan dié wat besig is om onder te gaan, laat dié wat swaar ly, drink; as so 'n mens drink, vergeet hy van sy armoede en dink hy nie meer aan sy moeilikheid nie. ()
As jy maar net luister na die Here jou God en gehoorsaam is aan al hierdie gebooie wat ek jou vandag gee en daarvolgens lewe, sal daar nie 'n arme onder jou wees nie, want die Here sal jou baie voorspoedig maak in die land wat Hy jou gee om as jou eie te besit. ()
Gee vryelik aan jou broer wat arm is, en moenie sleg voel omdat jy vir hom gegee het nie, want juis omdat jy vir hom gee, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy doen en aanpak. Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.” ()
Die armes het julle altyd by julle (; ; )
Toe het ek gesê: Wysheid is wel beter as krag,maar die wysheid van die arme word geminag,
en niemand luister na wat hy sê nie. ()
Toe die Heilige Gees uitgestort word, stel die Here die mense in staat om werklik Jubeljaar toe te pas, vanuit die hart. Nie een van hulle het gebrek gely nie, want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopprys daarvan gebring ().
YOU WILL BECOME POOR IF:
Armoede en vernedering wag vir iemand wat hom nie wil laat leer nie, ()
Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, word brandarm. ();
Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek. ();
Nou gaan die Here alles vat wat die stad het, Hy gaan die mag breek wat die stad op see het, en die stad self sal afgebrand word. ();
Sy het baie gely onder die behandeling van talle dokters en het alles wat sy gehad het, daaraan bestee. Sy het egter geen baat daarby gevind nie; haar toestand het eerder vererger. (); Nadat hy alles deurgebring het, het daar 'n kwaai hongersnood in daardie land gekom, en ook hy het begin gebrek ly. ()
As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie; staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hê om te eet. ()
'n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak. Die verstandige mens samel sy oes in as dit ryp is; 'n mens wat die oestyd deur slaap, verdien veragting. ()
Wie plesier voorop stel, word arm; wie lief is vir wyn en lekker kos, word nie ryk nie. ()
want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop. ()
BLESSING TO THOSE WHO HELP THE POOR
Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed. ()
Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed. ();
Wie vir 'n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor. ();
Wie groot rykdom versamel deur mense uit te buit, versamel dit vir iemand wat hom oor arm mense sal ontferm. ().
Jesus het soms finansiële tekort gehad, maar Hy was nooit arm nie.
Jesus het soms finansiële tekort gehad, maar Hy was nooit arm nie.
Armoede is ‘n ingesteldheid.
• Armoedig teenoor jou verhouding met God – Armoede van initimiteit
• Armoedig teenoor jou verhouding met myself- Armoede van bestaan
• Armoedig teenoor jou verhouding met jou familie – Armoede van vertroue
• Armoedig teenoor jou verhoudings met die gemeenskap – Armoede van veiligheid
• Armoedig teenoor die skepping – Armoede van rentmeesterskap
Armoede Mentaliteit!
Armoede leef vir vandag, maar rykdom laat 'n nalatenskap.
Armoede vind 'n probleem in elke geleentheid, terwyl welvaart in elke probleem 'n geleentheid soek
Armoede voel geregtig, terwyl rykdom bemagtig voel.
Armoede vrees die toekoms, maar rykdom maak geskiedenis.
Armoede blameer ander vir sy toestand, maar welvaart neem verantwoordelikheid vir dinge wat nie sy skuld is nie.
Armoede vra: "Wat gaan jy vir my doen?" Welvaart vra: "Wie is my belegging werd?"
Armoede hang saam met ander ontevrede soorte wat sy aanklagte bekragtig, maar rykdom omring hom met ander kragtige beïnvloeders.
Armoede stem vir kandidate wat sy regte sal verhoog, terwyl welvaart kies amptenare wat vandag se gerief vir môre se kinders sal aanbied.
Rykdom Mentaliteit
Ryk mense kry hul identiteit uit die dinge wat hulle besit: hul huise, motors, seiljagte, geld, ens. Die ryk mense se identiteit kom van wie hulle is, nie wat hulle besit nie.
Ryk mense spandeer ook baie tyd om nie hul geld te verloor nie, of spandeer tyd mors dit op hulself. Ryk mense se geld is net 'n uitdrukking van wie hulle is, so hulle is vol vertroue in hul welsyn.
Ryk mense werk vir geld, terwyl ryk mense se geld vir hulle werk.
Ryk mense dink aan hul bates, maar ryk mense droom van hul nalatenskap.
Ryk mense gee aan mense. Ryk mense belê in mense, met die verwagting van 'n opbrengs op hul belegging, gemeet aan 'n voorafbepaalde uitkoms. Voorbeelde hiervan is 'n veranderde lewe, 'n getransformeerde buurt, 'n besigheidswins, ens.
Ryk mense dink hulle geld beskerm hulle; hulle het 'n gevoel om bo die wet te wees. Salomo het dit so gestel: "Die rykdom van 'n ryk man is sy sterk stad en soos 'n hoë muur in sy eie verbeelding" (Spreuke 18: 11). Maar welvarende mense is inherent nederig, omdat hulle dankbaar is omdat hulle weet dat die bron van hulle voorsiening die Here is.
Ryk mense het 'n visie vir die dinge wat hulle kan koop. Ryk mense het 'n visie vir die nalatenskap wat hulle verlaat.
Ryk mense kompeteer vir geld. Ryk mense word deur die lot verplig.
Ryk mense stap op ander om op te beweeg. Ryk mense meet sukses deur die mense wat hulle help.
Die ryk persoon se besigheidsdoelwit is om geld te verdien, terwyl 'n ryk persoon se beroep wins oplewer as die vrug om ander goed te dien.
[1] David S. Landes – Wealth and poverty of nations.