ONTHOU WAT MET LOT SE VROU GEBEUR HET.
Sermon • Submitted
0 ratings
· 143 viewsNotes
Transcript
Sermon Tone Analysis
A
D
F
J
S
Emotion
A
C
T
Language
O
C
E
A
E
Social
Lukas 17:28–33 (Die Boodskap)
28“Nog ’n voorbeeld: julle onthou mos nog vir Lot. In sy tyd het dit presies net so gegaan. Die mense het normaalweg met hulle lewens aangegaan. Hulle het besigheid gedoen, partytjies gehou, hulle lande bewerk en huise gebou. 29Toe gee Lot uit Sodom pad. Vuur en swael het op Sodom begin neerreën. Almal was dood. 30Dit sal presies net so gaan wanneer die Seun van die mens terugkom. 31Dan sal daar nie vir mense tyd wees om te vlug nie. As jy op jou stoep sit, moenie eers gou in jou huis ingaan om iets te vat nie. Dit gaan in elk geval nie help nie. En as jy buite op die lande werk, moenie eers teruggaan huis toe om skoon klere te gaan aantrek nie. Moet ook nie al jou kosbare besittings gaan haal nie. Nee, gee pad! 32Onthou wat met Lot se vrou gebeur het. Toe sy teruggekyk het na haar stad daardie dag toe God dit vernietig het, het sy op die plek in ’n soutpilaar verander.
28“Nog ’n voorbeeld: julle onthou mos nog vir Lot. In sy tyd het dit presies net so gegaan. Die mense het normaalweg met hulle lewens aangegaan. Hulle het besigheid gedoen, partytjies gehou, hulle lande bewerk en huise gebou. 29Toe gee Lot uit Sodom pad. Vuur en swael het op Sodom begin neerreën. Almal was dood. 30Dit sal presies net so gaan wanneer die Seun van die mens terugkom. 31Dan sal daar nie vir mense tyd wees om te vlug nie. As jy op jou stoep sit, moenie eers gou in jou huis ingaan om iets te vat nie. Dit gaan in elk geval nie help nie. En as jy buite op die lande werk, moenie eers teruggaan huis toe om skoon klere te gaan aantrek nie. Moet ook nie al jou kosbare besittings gaan haal nie. Nee, gee pad! 32Onthou wat met Lot se vrou gebeur het. Toe sy teruggekyk het na haar stad daardie dag toe God dit vernietig het, het sy op die plek in ’n soutpilaar verander.
33“Op daardie dag wanneer die Seun kom, sal dit te laat wees om gou met God te probeer vrede maak. Sorg dat julle lewe nou al in orde is. As julle God nou al dien, sal julle op daardie dag gered word. Maar as julle nou niks met Hom te doen wil hê nie, sal julle op daardie dag veroordeel word.
33“Op daardie dag wanneer die Seun kom, sal dit te laat wees om gou met God te probeer vrede maak. Sorg dat julle lewe nou al in orde is. As julle God nou al dien, sal julle op daardie dag gered word. Maar as julle nou niks met Hom te doen wil hê nie, sal julle op daardie dag veroordeel word.
1. SY WAS ‘N BEVOOREGTE VROU.
a. Sy Het Saam Met Abram Beweeg.
(Die Lewende Bybel)
1 Toe se die Here vir Abram: “Jy moet nou uit jou land uit weggaan—weg van jou familie en jou ouerhuis af. Ek sal jou wys na watter land toe jy moet trek.
2 Ek sal jou seën sodat jou nageslag ’n groot volk sal word. Ek sal jou naam so bekend maak dat jy vir ander mense ’n seën sal wees.
3 As iemand aan jou goed doen, sal Ek aan hom ook goed doen. Maar as iemand jou kwaad aandoen, sal Ek hom ook kwaad aandoen. Al die volke van die aarde sal jou naam gebruik as hulle vir hulleself iets goeds toewens.”
i. Sy kon sy godsdiens en getrouheid beleef.
ii. Sy offers en gawes sien.
b. Haar Man Was Regverdig.
(Die Lewende Bybel)
7 Maar Lot, wat ’n goeie man was, het Hy gered. Lot was geskok oor die onsedelikheid van daardie mense wat hulle deur geen wet wou laat bind nie.
8 Dit was vir hom, wat ’n eerbare mens was, ’n pyniging van die siel om tussen hulle te woon, en elke dag te sien en te hoor hoe sondig hulle lewe is.
c. Ons Leef In ‘N Godsdiens Deurdrenkte Wêreld.
d. Godsdiens Bevoorregting Red Niemand Nie
i. Gehasi verbeur alles.
(Die Lewende Bybel)
25 en gaan weer na Elisa toe. Elisa vra: “Waar kom jy nou vandaan, Gehasi?” “Ek was nêrens nie, Meneer,” antwoord Gehasi.
26 Toe vra Elisa vir hom: “Dink jy ek kon dit nie alles sien asof ek self daar was nie? Ek het gesien hoe Naaman van sy koets afklim om met jou te praat. Noudat jy die geld in die hande gekry het, dink jy seker dit is nou jou kans om vir jou grond en vee en slawe te koop?
27 Maar jy gaan nou Naaman se siekte kry, en jou nageslag sal nooit weer van die melaatsheid ontslae raak nie.” Toe Gehasi by Elisa se deur uitstap, het hy reeds die siekte gehad—daar was ’n spierwit uitslag oor sy hele lyf
ii. Demas verloor alles
(Die Lewende Bybel)
10 Demas is van my af weg want hy het te lief geword vir die wêreld. Hy het Tessalonika toe gegaan. Kresens is Galasië toe en Titus na Dalmasië toe.
iii. Judas Iskariot
(Die Lewende Bybel)
16 “Broers,” het hy gesê, “die Heilige Gees het vir Dawid gelei om in die Skrif sekere dinge oor Judas te voorspel, en daardie dinge moes net so gebeur. Want dit was Judas wat vir daardie bende gaan wys het waar Jesus was sodat hulle Hom kon arresteer.
17 En tog, Judas was een van ons groep en hy het ook ’n aandeel gehad in die werk waarvoor ons aangestel is.”
18 Die betaling wat hy vir sy misdaad gekry het, het hy gebruik om ’n stuk grond te koop. Daar het hy hom dood geval sodat hy oopgebars en al sy ingewande uitgekom het.
19 Die hele Jerusalem het daarvan gehoor en hulle het die stuk grond die naam Akeldama gegee wat beteken “Bloedgrond” .
20 Petrus verduidelik toe verder: “In die boek Psalms in die Skrif staan daar: ‘Laat sy huis leeg wees en laat niemand daarin woon nie.’ Daar staan ook: ‘Laat sy werk aan iemand anders gegee word.’
iv. VANDAG IS BAIE DIESELFDE
(AFRIKAAN)
8Hierdie dinge sal oor en oor gebeur. Dit is egter niks in vergelyking met wat gaan kom nie. Hierdie dinge moet julle maar net waarsku om gereed te wees vir wat voorlê. Julle gaan baie swaarkry net omdat julle Christene is. 9Die ongelowiges gaan julle haat met ’n vurige haat. Hulle gaan lekkerkry om te sien hoe julle ter wille van My gemartel en selfs doodgemaak word. 10Dit sal ook al hoe meer uit die mode raak om kerk toe te gaan en ’n Christen te wees. Wat egter hoog in die mode sal wees, is om mekaar om elke hoek en draai te bedrieg en niks vir mekaar oor te hê nie. 11Daar sal ook baie mense kom wat hoog en laag sal sweer dat hulle boodskappers van God is. Hulle is natuurlik skaamtelose bedrieërs. Die ergste is dat daar mense sal wees wat hulle gaan glo.
12“Liefde gaan baie skaars word, want mense sal hulle nie meer steur aan wat God wil hê nie. Julle moet egter nooit God se hand los nie, nooit nie!
13“So kan julle seker wees dat julle vir ewig saam met Hom sal leef; daarvoor sal Hy self sorg. Een ding is egter seker. Al hierdie haat en vyandskap sal die boodskap van God in hierdie wêreld nie kan stilmaak nie. 14Die goeie nuus van God moet en sal uitkom vir almal om te hoor. Oor die hele wêreld sal dit weergalm. Dit sal by elke nasie uitkom.
e. Al Bid Mense Vir Jou.
Abraham het gepleit by God van 50 tot net 5.
i. Sy het omgekyk. Besittings het haar vasgehou
ii. Sy het ervaar wat ongehoorsaamheid kan oplewer
iii. Haar ongeloof het haar vernietig
iv. Sy was aardsgebonde.
v. Sy sterf soos wat sy geleef het
vi. Sy sterf in sonde.
f. Wat sê dit vir ons?
(AFRIKAAN)
11 Aangesien al hierdie dinge so aan hulle einde gaan kom, moet julle des te meer vroom en aan God toegewy lewe.
(The Message)
11 Since everything here today might well be gone tomorrow, do you see how essential it is to live a holy life?
10Niemand weet wanneer die Here na ons toe terugkom nie. Dit sal onverwags wees, net so onverwags soos ’n dief wat iewers in ’n huis inbreek. Op daardie dag sal die hemelruim bokant julle inmekaarstort, die sterre en die planete sal tot ’n hoop as verbrand, en die aarde met alles daarop sal vergaan.
11Julle weet dat al die dinge waarvan ek praat enige oomblik kan plaasvind. Daarom moet julle al hoe meer doen wat God vra. Gryp elke kans aan! Wys dat julle net aan Hom behoort. 12Sien uit na die dag waarop die Here terugkom. Leef so dat God die datum van sy terugkeer sal vervroeg. Leef daardie groot dag nader! Op daardie dag sal die hemelruim in vlamme verbrand en al die sterre en planete in ’n oomblik wegsmelt. 13Ons hou met alles in ons vas aan die belofte dat ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde op pad is, presies net soos God belowe het. Daar sal God se wil seëvier. Wat ’n wonderlike vooruitsig!