Yitro (Hebreeuse Woord)

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 1 view
Notes
Transcript

Yitro יִתְרוֹ

Goeie dag en welkom by die week se gedeelte waar ons kyk na die woord Yitro, wat die naam is van die week se Parashah. Yitro, wat die naam is van Moses se skoonpa. Die week se Parashah bestaan uit:
Eksodus 18:1 - 20:23
Jes 6:1 - 7:6
Jes 9:5-6
Pet 1:22 - 2:10
Die woord Yitro, wat ook die 17de Parashah is, bestaan uit 4 Hebreeuse letters (Bet, Tav, Resh & Vav).
Die letter Yod is die tiende letter van die Hebreeuse Alef-Bet en dra die betekenis van volmaaktheid en goddelike orde. In die Woord sien ons die getal 10 verskeie kere as 'n teken van voltooiing—soos in die 10 keer wat God in Genesis 1 gesê het: “En God het gesê,” die 10 gebooie, die 10 geslagte tot Noag se vloed, en die 10 plae van Egipte.
Die Yod se oorspronklike prentjie is ’n arm en ’n hand, wat krag en outoriteit simboliseer. Die woord "Yad," wat van Yod afgelei is, word 1617 keer in die Bybel gebruik en wys op die hand van God en mens. In Genesis 3:22 verloor Adam sy goddelike outoriteit weens die sondeval, maar in Matteus 28:18-20 herstel Yeshua dit: "Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde."
Yeshua, die regterhand van Abba Vader, bring herstel aan die mens en vervul die prentjie van die Yod. Hy gee ons die mag om weer in verbond met God te leef. Die studie van hierdie letters openbaar die diepte van Abba Vader se Woord en Sy plan vir Sy kinders.
Die letter Tav se oorspronklike piktogram prentjie is ’n kruis – ’n simbool wat direk verbind is met Yeshua. In Openbaring 22:13 sê Yeshua: “Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde.” Hierdie patroon word weerspieël in die Hebreeuse Alef-bet waar Aleph Abba se alomteenwoordigheid en soeke verteenwoordig om met ons in verbond te wandel en Tav die kruis, die vervulling deur Yeshua verteenwoordig. Tav kom presies drie keer in die Woord voor, wat volmaaktheid en goddelike orde aandui. In Esegiël 9:4 word dit as ’n merk of seël beskryf, wat dié beskerm wat Abba Vader eer. In Esegiël 9:6 sien ons weer die ernstige betekenis – net dié wat gemerk is, sal gespaar word. Hierdie teken van verbond, die kruis bind ons aan Yeshua en word bevestig in 2 Korinthiërs 1:21-22: “God het ons gesalf, Sy seël op ons geplaas en Sy Gees gegee.” Tav is dus nie net ’n letter nie, maar ’n kragtige teken van Abba Vader se verbond en ons verlossing in Yeshua.
(Hoe pas dit in by die week se Parashah gedeelte?)
Tav wat die teken van verbond is, sluit direk aan by die Tien Gebooie as ‘n verbondsteken. Soos in Esegiël 9:4, waar ‘n seël of merk beskerming bring, bring die gehoorsaamheid aan die gebooie, seën en lewe vir Israel (Eks. 20:6).
Die letter Resh, wat die 20ste letter van die Alef-Bet is, simboliseer 'n hoof, leier of ‘n begin. In Genesis 1:1 kom die eerste Resh voor in die woord Bereshit (“In die begin”), waar dit reeds Yeshua as die Hoof van Abba Vader se huis uiteensit. Die woord Bereshit bevat ook die term "Beit" wat verwys na ‘n huis, ons kry ook die term "Rosh" daarin wat verwys na ‘n (kop), wat bevestig dat die Seun die hoof in Abba Vader se huis is. In Effesiërs 1:22-23 sien ons dat Yeshua alle gesag ontvang het en as die Hoof van die liggaam aangestel is. Tog wys Resh ook op nederigheid, soos gesien in die piktogram van 'n gebuigde kop. Hosea 11:3-4 toon hoe Abba Vader Sy mense lei en voed, en Markus 10:43-45 leer ons dat ware leierskap deur diensbaarheid kom. Yeshua het Sy kop gebuig om ons te dien, en in Johannes 13:14-15 was Hy ons hoe Hy voete was as ‘n voorbeeld.
(Hoe pas dit in by die week se Parashah gedeelte?)
In Eksodus 19 roep Abba Vader die volk na die berg Sinai en verklaar dat hulle ‘n koninkryk van priesters moet wees, wat wys op die Resh as ‘n teken van gesag en leierskap. Die ware Resh in hierdie prentjie is Abba Vader wat as Koning regeer oor Sy volk, met Moses as Sy instrument. Moses het daardie nederighied, leierskap en gesag uitgeleef. Soos Yeshua, wat gekom het om nie gedien te word nie, maar om te dien (Markus 10:45) het Moses as middelaar opgetree tussen Abba Vader en die volk, om vir hulle in te tree by Abba Vader.
Die letter Vav, wat die sesde letter van die Alef-Bet is, verwys na ‘n middel van verbinding. In Genesis 1:24-31 sien ons dat die mens op die sesde dag geskep is, wat hierdie letter direk met die mens verbind. Die oorspronklike prentjie van Vav is 'n spyker of tentpen, wat gebruik word om twee dinge saam te bind. Hierdie betekenis word duidelik in Yeshua se kruisiging: die spykers wat Hom aan die kruis vasgeslaan het. 'n Weg wat Hy gemaak het vir ons. Net soos die tentpenne die Tabernakel anker en verbind, is Yeshua die brug tussen hemel en aarde. Die eerste keer waar die Vav in die Woord voorkom, is in Genesis 1:1 in die sesde woord, ve’et (en), wat hemel en aarde verbind – net soos Yeshua dit vir ons gedoen het. Abba Vader het dus van die begin af voorsiening gemaak vir ons redding deur Sy Seun. Hierdie prentjie wys ons hoe Abba Vader intensioneel van die eerste woord af Sy plan vir verlossing openbaar – 'n liefdesverbond tussen Hom en ons.
(Hoe pas dit in by die week se Parashah gedeelte?)
Ons sien Eksodus 19:5-6 beskryf hoe Israel geroep word om ‘n priesterlike volk te wees, ‘n volk wat in verbond wandel en geanker is in die Wil van Abba Vader. Net soos Vav dinge verbind, verbind die Tien Gebooie die mense aan Abba Vader se hart en Sy weë.
Hierdie vier letters saam gee vir ons ‘n bloudruk van Abba se verlossingsplan – hoe Abba Vader deur Sy reddende regterhand ons verlos deur die Yod, Sy verbond (Tav) vestig, Sy gesag (Resh) openbaar en Sy kinders (Vav) aan Hom verbind deur gehoorsaamheid en liefde. Hierdie week se Parashah is nie net ‘n verhaal met instruksies of wette nie – dit is ‘n bloudruk vir ons eie verhouding met Abba Vader. Dit is ‘n roeping om deel te wees van Sy geestelike huis, om Sy verbond te dra, om onder Sy gesag te wandel en om in Yeshua met Hom verbind te wees.
Related Media
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.